Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Nuwe woordskeppings => Topic started by: PM on October 04, 2011, 09:44:02 AM

Title: Iemand wat min slaap
Post by: PM on October 04, 2011, 09:44:02 AM
Ons het altyd gepraat van 'n "nagvreter" en vanoggend skryf Marion vir my dat ek 'n regte "nagbraker" is.
Braak, vir ons, het twee betekenisse:  opgooi en nuwe grond "braak" of "breek".

So, sou ek dit direk vertaal sou dit seker "braker" in die tweede sin van die woord beteken.  Nagbreker.

Nagwolf
Nagkind
Naguil

wat nog?
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: PM on May 15, 2012, 04:32:41 AM
Willa, hier het ek ook 'n woord probeer, maar sonder sukses.  150 keer gelees en nie een antwoord nie. 
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Ah Willa on May 15, 2012, 12:27:15 PM
Nagsiel  
Aanduiltjie

Digters, skeppende mense is heel dikwels 'n nagsiel - die beste tyd om te skep is in die middel van die nag.

Jy is 'n regte ou aanduiltjie en dan loop slaap jy met oop oe in die dag!

dis my probreer - wat dink jy
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Naas on May 15, 2012, 01:00:44 PM
Wat van 'n nagmerrieboer? of dalk Nagmerrie wagter.
Nagbraker is iemand wat a.g.v. siekte nie kan slaap nie.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Ah Willa on May 15, 2012, 06:03:22 PM
Ek hou van Nagmerrie Wagter  :toothy4:
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: PM on May 15, 2012, 07:50:39 PM
Ek hou nog van "nagbreker".  Dit is iemand wat die nag in stukkies breek!  Dit is ek daai! As almal slaap dan worstel ek met die nag! My flippedie flip, hoekom kan ek nie in die nag slaap nie! Almal slaap dan! Ek is seker die "security watch" hier rond!  Dan is ek drie uur in die oggend nog steeds wakker en ek slaap nie in die dag nie!  Dit klink vir my na 'n ernstige mediese probleem.  Dalk is dit soos my ou vader geseg het:  Jy moes defnitief 'n klein "te lank in die oond" vermoor het toe jy jonk was!  Maar waar?  Hoekom onthou ek dit nie?
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Ah Willa on May 16, 2012, 08:01:51 AM
Dis 'n digterlike/skeppende kreukelkaMer wat jou aan die gang hou - soos baie van ons ... ek slaap so ongereeld ... soms in die middel van die dag .. soms vir 72 uur en meer glad nie ...

maar, ons probeer by routine hou ... elke aand tussen 7/8  kry ons vir Theo rustiger en aan die slaap (nie altyd nie - hy is ook nie te lief vir slaap nie) en dan probeer ons tussen 9/10  in die bed klim ... maar meer male klim ek weer uit en kom skryf .... :hello2:
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: PM on May 16, 2012, 09:28:47 AM
 :hello2: Pragtig Willa, jy het dit!  :hello2:

Ja, ek dink ook dit is omdat my brein te besig is en aan die ander kant is ek te nuuskierig.  Bang ek mis iets!
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Ah Willa on May 16, 2012, 10:41:01 PM
jy moet Theo se ouma wees want hy wil ook nie slaap omdat hy bang is hy mis iets  :hello2:
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Ah Willa on May 17, 2012, 09:58:01 AM
ek is eerder 'n kinders as 'n ouer of ouPaMa :-)
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Angelica on May 17, 2012, 07:34:02 PM
Hi julle,  trap ek sommer binne-in hierdie gat vanaand.
My counsellor in hierdie tyd van byna klaar gewerk, het juis vanmiddag vir my gevra of ek genoeg slaap.
NEE, EK SLAAP NIE.   :sleepy1:  !!  My brein is te besig.   :snorting:
Het weer net tot middernag geslaap. 
Sy se vergeet van skapies en bokkies tel. 
Staan op, gaan piepie en klim terug in die bed. 
Dan...  skakel alles uit / dink aan niks wat emosie bevat of aanwakker (? Nou toe nou, klink dit nou nie soos iets wat jou wakker kan hou nie?)
'n Blom se kleur, rustige skakerings ens ens ens.
Ek moet dit probeer vanaand, gaan my slaapmus opsit,  'n warm melkie met heuning drink  :icon_bigsmurf:,   :sleepy1:     :sleepy2:   anders gaan ek inmekaar val more.
Nou as daai mus en heuning nie help....  steel ek klaas vakie se sandsakkie en dop dit op my kop uit.

Sleep tight. 
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: PM on May 18, 2012, 07:51:43 AM
Jy is reg, dit is nie die slaap wat die probleem is nie, dit is daardie omval as jy nodig het om staande te bly.  Ek het ook al die telding probeer, maar daar is nie genoeg skapies of bokkies nie.  :icon_biggrin:
Ek staan op en doen iets, of skakel die TV aan. More sal maar vir homself sorg. 
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Naas on May 18, 2012, 01:04:14 PM
Ek het ook al probeer skape tel. Dit werk tot ek aan die slaap raak... dan skrik ek met 'n slag wakker en wonder hoeveel skape het nou deurgeglip terwyl ek geslaap het. Dan moet ek al die verdomde skape oor tel anders kan ek nie slaap nie.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Ah Willa on May 18, 2012, 04:30:56 PM
Julle kan darem nog tel ... ek kan nie eens tel nie ... so ek kyk die skaapies so innie die oe en se loop wei laat ek kan aangaan met skryf ...  :angel8:
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Meraai vannie Baai on May 20, 2012, 01:52:41 AM
Naas wat verlore skape weer moet tel ... heheheheh ek giggel diekant. Ons het nou al mooi klompie woorde hier. Erf gemerk  :book1: :notworthy:

Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: PM on May 20, 2012, 09:06:57 AM
Ek hoop van harte dat Jan Dink 'n kansie kry om vir jou die woordeboekplekkie te skep Raaitjie. 
Willa, sal jy vir my 'n e-possie stuur met julle bankbesonderhede asseblief.
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Meraai vannie Baai on May 20, 2012, 10:30:33 AM
 :toothy4: So opgewonde myself ek druk sommer modify i.p.v reply
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: PM on May 20, 2012, 10:34:05 AM
Dit is juis daardie opgewondenheid wat 'n ou snags uit die slaap uithou!  :icon_biggrin: Dit het al baie met my gebeur hoor! 
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Meraai vannie Baai on May 20, 2012, 10:35:53 AM
Praat jy wat lippe het sal neefgoed Joe nou geskryf het  :toothy4:
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Ah Willa on May 20, 2012, 06:34:25 PM
PM watse bank besonderhede van ons soek jy dan nou ... ons het verskeier rekeninge waaring geld verduidster word - nie deur ons nie - maar deur die bank - ons dink ons het dit, dan is dit weg ... daar is Theo se spaar rekening, my eie en andre se eie en die besigheid sin en AJ Awarness Projects ....

maar sover ek weet is daar niks wat van jouse bank na enige van onse banke moet oorloop nie  :hello2:

Ek voel soos 'n uitgetroogde Einstein_Egg_omelet vandag! Heelnag niks geslaap nie. Vanoggend meeting met vrou gehad oor 'n projek wat ons saam doen - vanmiddag kom 'n ander vroutjie, wat voorheen Andre se baas was, ha ha;  ek moet haar help na 'n  operasie ...

Eintlik voel dit ek moet gaan slaap. Gin oog wou op mekaar kleef gisteraand toe die res van Suid Afrika geslaap het nie ... mmm ... sal nog moet wakker bly totdat sy klaar hier kom draai het ... en daar is daar Theo wat soveel energie het dat hy uitbundig gil en dit klink afof hy vermoor word - ons hardloop eers elke keer uit na buite en se - dis okay - ons slaan hom nie, niemand slaan ons nie - hy laat net energie uit ... en nou verstaan ek hoekom my pa my vir 'n sirener wou uit huur ha ha ha






------------------------
dis nou supper tyd --- wat 'n tag - die post was onderbreek .. die vrou en haar verloofde het gekom - mmm soms dink jy, jy gaan iemand anders help, maar dan draai die wiel ... toevallig het sy 'n kontrak wat sy na Andre se kant toe wil laat kom - so sy het gekom vir healing .. maar ook om shop te praat - dit was nou cool ... fruits sal later wys of dit goed is of nie :-)  Plus my ouboet het kom kuier - iets wat NOOIT gebeur nie, omdat hy net so aan die gang is - Theo is na hom vernoem .. en toe ken die vrou se verloofde en my broer mekaar baie goed ... hulle duik saam ... nie vir fun nie - gevaarlike werk ... en toe praat die vrou en Andre IT tale wat ek nog nei gesap het nie en die Verloofde en my broer duik-jargon wat bo my kop verby vlieg ... Theo slaap ...   ek en die couple moes ook gou 'n hondjie help wat siek is ... en toe draf twee van ons tieners by die hek uit en ek met my groot-boude-wat-darem-al-cm-kleiner-is-as laas ... agter na ... die vierpotige kinders het nie gedink die twee-been kan so vinnig hol nie ....

en toe is daar stilte ... rustigheid .... en hier sit ek nou voor die skermpie en julle ken die res ...
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Meraai vannie Baai on May 21, 2012, 12:08:02 AM
En so deel ons in die lief en leed van maters. Hehhehe, Willa ek hoor amper daai sireneskreeu van jou  :headbang: Op ernstiger noot: mag julle koffers gevul word met rande,seeninge en voorspoed wat verstande te bowe gaan!!
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Angelica on May 21, 2012, 05:04:06 AM
Projeksie Willa...
Abarakedabara...
Mag alle oorvloedige munte rol in een rigting:  Willa s'n.
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: PM on May 21, 2012, 08:03:23 AM
Willa, ek wil vir jou geld oorbetaal vir die webblad en die woordeboek wat AndrĂ© vir ons skryf.  Dit is mos niks minder as reg nie.  Arbeider is mos sy loon werd.  Dit kom uit die forum se rekening uit.
Julle kan self besluit in watter rekening dit moet gaan.  Stuur vir my 'n privaat-e-possie met die besonderhede asseblief. 

Ek hoor ook daai sirene en sien jou hol.    :icon_biggrin:  Dit klink of jy 'n opwindende dag beleef het.


Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Ah Willa on May 21, 2012, 12:33:59 PM
ek sal vir Andre se om oor die afdeling met jou te redeneer PM ... gelukkig is dit nie my afdeling nie ha ha ha ...

Angelina ... stop die lorrie .. as al die geld na my toe kom , wat van jou en elkeen hier??? of Gaan julle dan almal by my geldjies kom haal - ek sal nie myse hande toevou nie - belowe!!  As al die geld hier aankom - gaan koop ek 'n plaas en kom julle alma daar saam bly en deel ons die geldjies wat oor is ;-)
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: PM on May 21, 2012, 03:46:22 PM
Nee Willa, ek wil nie redeneer daaroor nie, dit is 'n uitgemaakte saak.   :hello2:

Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Ah Willa on May 22, 2012, 02:23:59 AM
gie gie - ek het vir Andre gese om jou te e-mail :-)  nou pleit ek bewusteloos en onskuldig  :hello2:
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Joe Daai Ou on March 17, 2013, 10:14:30 PM
Ons in die vervoer bedryf het 'n paar anner uitdrukkings. As jy wil gaan slaap dan gaan jy Lappe trap. Partykeer is jy so moeg, dan leg jy net op die lappe, jy vergeet om die lappe te trap. Die ander een is as jy uitspan vir die dag m.a.w. jy wil gaat lappe trap, is om die draaghout te laat sak! Kyk as die draaghout gesak is kan die wa nie getrek worre nie! Vestaa' djulle! Was dit 'n Trucker program die, dan is 'n anner woord vir slaap Dieseldrome! m.a.w. Ou Jan is in Dieseldroomland, hy doeks! Sjiiieee ons gaat 'n heel nuwe taal hier skep!
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: PM on March 18, 2013, 05:23:46 AM
Dankie vir jou inset Joe.  Ek kan nie wag vir al die ander woorde nie.  Begin 'n nuwe onderwerp dan laat waai jy.   :hello2:

 :bootyshake:
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Meraai vannie Baai on March 18, 2013, 06:49:54 AM
Ek het 'n klompie al gesteel hehehe, gewoonlik vra ek darem toestemming of laat weet ou Joe moet nie te hard soek na sy woord/gesegde  :book1: :notworthy: :hello2:
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Fransi on March 18, 2013, 09:29:42 AM
Nou het ek hier gelag, simpatie gevoel en net lekker gelees. My ouers het my 'n nagwolf genoem, ek verkies om aan myself te dink as 'n maanwandelaar of 'n nag-kwas. :-) Meditasie help vir my om tot ruste te kom. My ma het dit soa genoem: Strekoefeninge, ontspanningsoefeninge en asemhalingsoefeninge.
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: PM on March 18, 2013, 10:18:17 AM
Ek het intussen ontdek wat se wonderlike waarde rooiwyn voor ete het.  :icon_biggrin:
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Meraai vannie Baai on June 05, 2018, 12:11:02 PM
Daardie selfde rooiwyn het ook gehelp dat die rottegif met helfte van die dosis kon verminder. Sodra ek 'n glasie mis, skuif dok die aantal pilletjies per dag op. So ek hou maar getrou my neus toe en sluk. Na soveel jare proe dit al pure medisyne en is die lekker lankal verby :headbang:
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Anastasia on June 07, 2018, 09:31:31 PM
Ek was baie lief vir my rooiwyntjie elke aand, maar met my ingewandsprobleme (my kolon mos gedeeltelik verwyder in November maand) kan ek dit glad nie meer drink nie.  Het ek al ooit hier kom vertel dat die nag voor daardie operasie ons mos deur 8 boosdoeners oorval is in ons huis, ek met 'n pistool teen die kop aangehou is, my man 6 keer met messe gesteek en my seun gesteek en geskiet?  Ai, dit was naar.  Die nag voor my operasie.  Hele familie toe in die hospitaal.  Ek weet soms nie wat die gode se planne is met my lewe nie.  Rerig nie.  Ek het nie meer 'n boek om te skryf nie.  Maar ensiklopedie
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Meraai vannie Baai on June 07, 2018, 10:56:21 PM
Ek onthou die skok toe ons lees wat julle gesin getref het   :crybaby2:  Hierdie uitdrukking van jou soooo treffend: Ek het nie meer 'n boek om te skryf nie.  Maar ensiklopedie  :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Anastasia on June 07, 2018, 11:06:29 PM
Meraai, met al my dinge is dit natuurlik nag vir die Lupus.  Ek is nou weer deur so sielkundige oorloggie.  Ek kan nie meer nie, rerig.  Die gode moet my goedgesind raak
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Naas on June 08, 2018, 04:12:20 AM
Glo in jouself. As jy nie so n sterk mens was nie sou jy nie staande bly deur al die dinge nie.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Meraai vannie Baai on June 08, 2018, 04:58:29 AM
Ek verstaan daardie sielkundige oorlog so goed Anastasie en soos Naas tereg opmerk, as jy nie so sterk mens was nie sou jy nie staande kon bly deur alles maar dit goed om te besef ons is net feilbare mens en dit voel soms of oorgee makliker gaan wees - en dan kom die innerlike sterkte weer na vore en somehow, gaan 'n mens net weer aan. Kry jouself aan die kraag beet en sleep voort   :`ip2:
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Anastasia on June 08, 2018, 08:03:35 AM
Dankie Meraaitjie en Naas.  Gisteraand weer 'n krisis gehad.  Oorkant ons is 'n natuurbewaringsgebied.  Iemand het dit van die pad na Wild Coast Sun se kant brand gesteek.  Ek het nie geweet dit brand nie, want ek is op die oomblik kwaai bedgebonde, het weer 'n kwaai Lupus flare up.  My man los dit en toe die vuur behoorlik handuit ruk, kom se hy my.  Ek was so vies dat hy dit net los.  Ek het die sekuriteit mense gebel en hul die brandweer.  Op die ou einde moes 4 brandweerwaens die vuur probeer beheer.  Dit het gevaarlik naby ons huis gekom.  Toe ek einde ten laaste my katte en papegaai bymekaar kry en hinkende pinkende begin dink aan vlug, het hul die vuur uitgesit.  Gebly tot nog na 12 middernag, ingeval kooltjies weer opvlam. 

Hulle het toe die laaste wortelkoek met koffie gekry as beloning.  Never a dull moment in my life
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Anastasia on June 08, 2018, 08:04:29 AM
Meraai, dalk kan jy daardie vuurfoto's wat ek op gesigboek geplaas het hier geplaas kry?
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Meraai vannie Baai on June 08, 2018, 08:10:26 AM
Ek gaan gou vir jou gaps om kom vassit hoor  :love7:
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Anastasia on June 08, 2018, 08:24:02 AM
Dankie!
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Meraai vannie Baai on June 08, 2018, 08:25:26 AM
Soos versoek, hier is die brandfotos van Anastasia.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Anastasie%20brand%201.jpg)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Anastasie%20brand%202.jpg)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Anastasie%20brand%203.jpg)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Anastasie%20brand%204.jpg)
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Anastasia on June 08, 2018, 08:28:16 AM
Dankie, Meraai.  Die een in ligdag was so twintig oor 5.  Die vuur is toe nog onder beheer en 'n ent weg.  Kieter slaap rustig.  Dis toe dat ek die sekuriteit gebel het.  Die laastes was rerig reg voor ons huis, dit lyk verder agv die selfoon kamera.  Dit het nog nader gekom, tot seker so halwe meter van ons dun stofpad voor ons huis verby.  Was rerig benoude oomblikke. 
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Meraai vannie Baai on June 08, 2018, 09:31:27 AM
Dit moes aaklig gewees het  :crybaby2: en die arme velddiere. Hier in Aus kry ons ook gereeld baie lelike brande. Soms met lewensverlies wat die hele land ruk.  Sodra daar enige rook in ons omgewing is, het ek selfs met suurstofaanvulling ernstige asemhalingsprobleme en ons probeer dus indien moontlik, wegkom. Daar word ook in tye van brande/vloede gereeld terugvoer via selfoondienste van die owerhede gedoen na die omgewings wat geraak word of in die gevaarsones is.
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Anastasia on June 08, 2018, 10:22:41 AM
My eerste gedagte was aan die insekte, koudbloediges en ander velddiere.  Hier is baie blou- en rooiduikertjies.  Kom soms tot op ons dek.  En vandag is my normale mooi uitsig oor die graslande ene pikswart.  Kyk maar see se kant toe vandag
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Anastasia on June 08, 2018, 10:24:17 AM
Een, twee, drie, blok myself!  Toe loop ek en Meraai trompop in mekaar vas by "view who is online"  Ha ha
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Meraai vannie Baai on June 08, 2018, 11:22:46 PM
Hiehiehie. Uitgevang  :icon_bigsmurf: Naas, ek het jou ook nou net gesien dwaal deur die gang  :hello:
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Anastasia on June 09, 2018, 07:26:56 AM
Ai, dis nie lekker dat die gange so hol eggo het nie.  Ek wens ons kan weer so betrokke wees en lekker gesels soos in de oude dagen.  Ek dink dit is omdat gesigboek en whatsup 'n makliker en meer direkte kommunikasiemetode geword het, dalk?
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: PM on June 20, 2018, 05:13:45 AM
Die lewe is nie 'n grappie nie en niemand het ons belowe dit sal maklik wees nie.  Hou moed lief matertjie.  Hou moed!  Hier is 'n drukkie vir jou.  :love7:
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Meraai vannie Baai on October 18, 2018, 11:06:46 PM
Min slaap het gelei tot die vermaak van 'n magnesium verskaffer gister. Ek het 'n advertensie gesien vir organiese magnesium op 'n stiffie (roll-on) dit help glo om beter te slaap en krampe te verlig en blykbaar selfs te verhoed. Op die stadium is die ouvrou bereid om enige iets van perdemis tot byepiepie te probeer as iemand my kon oortuig dit werk  :icon_biggrin:

As kommentaar stuur ek toe die skakel vir Outop: Dalk iets om te oorweeg wat nie sal inwerk (ek moes dalk maar gehou het by die Engelse wolf in Afrikaanse skaapsklere) en geskryf het 'interfere' op die rottegif nie lol.  Die verskaffers span toe prof Google in:
Maybe something to consider that does not work on the rat?

Los toe vir my 'n boodskap:
Amazing Oils - Organic Magnesium Products Hi guys, we put this through Google translate it was rather amusing. If you have any questions then please let us know  :icon_biggrin:

Navorsing het bewys dat magnesium in tabletvorm 96 persent geaffekteer word deur die maagsappe en met die aanwend uit 'n gel in stiffievorm, word die magnesium dadelik geabsorbeer deur die selle en omseil die spyverteringstelsel. Hulle raai dus aan dat jy die middel direk op die vel aanwend soos bo op jou voete.

Outop het vir ons 'n stiffie bestel en ek sal laat weet of daar 'n verandering in die slaappatroon en krampe is.

Terugvoering van die verskaffers: Amazing Oils - Organic Magnesium Products.  Just a tip, for sleeping apply a couple of sprays to the top of  feet, calves and lower back about 15 mins before going to bed each night! 😉
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: PM on October 19, 2018, 12:11:33 PM
Magnesium help vir krampe, maar ek sal graag wil hoor wat julle van die olie dink Raaitjie. 
Title: Re: Iemand wat min slaap
Post by: Meraai vannie Baai on October 19, 2018, 12:14:25 PM
Ons is baie opgewonde mater. Belowe ons sal kom terugvoering gee. Behoort ons eerste besending seker binne die volgende week ontvang.