• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Iemand wat min slaap

Started by PM, October 04, 2011, 10:44:02 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek het intussen ontdek wat se wonderlike waarde rooiwyn voor ete het.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Daardie selfde rooiwyn het ook gehelp dat die rottegif met helfte van die dosis kon verminder. Sodra ek 'n glasie mis, skuif dok die aantal pilletjies per dag op. So ek hou maar getrou my neus toe en sluk. Na soveel jare proe dit al pure medisyne en is die lekker lankal verby :headbang:

Anastasia

Ek was baie lief vir my rooiwyntjie elke aand, maar met my ingewandsprobleme (my kolon mos gedeeltelik verwyder in November maand) kan ek dit glad nie meer drink nie.  Het ek al ooit hier kom vertel dat die nag voor daardie operasie ons mos deur 8 boosdoeners oorval is in ons huis, ek met 'n pistool teen die kop aangehou is, my man 6 keer met messe gesteek en my seun gesteek en geskiet?  Ai, dit was naar.  Die nag voor my operasie.  Hele familie toe in die hospitaal.  Ek weet soms nie wat die gode se planne is met my lewe nie.  Rerig nie.  Ek het nie meer 'n boek om te skryf nie.  Maar ensiklopedie
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Ek onthou die skok toe ons lees wat julle gesin getref het   :crybaby2:  Hierdie uitdrukking van jou soooo treffend: Ek het nie meer 'n boek om te skryf nie.  Maar ensiklopedie  :notworthy: :icon_salut:

Anastasia

Meraai, met al my dinge is dit natuurlik nag vir die Lupus.  Ek is nou weer deur so sielkundige oorloggie.  Ek kan nie meer nie, rerig.  Die gode moet my goedgesind raak
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Naas

Glo in jouself. As jy nie so n sterk mens was nie sou jy nie staande bly deur al die dinge nie.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek verstaan daardie sielkundige oorlog so goed Anastasie en soos Naas tereg opmerk, as jy nie so sterk mens was nie sou jy nie staande kon bly deur alles maar dit goed om te besef ons is net feilbare mens en dit voel soms of oorgee makliker gaan wees - en dan kom die innerlike sterkte weer na vore en somehow, gaan 'n mens net weer aan. Kry jouself aan die kraag beet en sleep voort   :`ip2:

Anastasia

Dankie Meraaitjie en Naas.  Gisteraand weer 'n krisis gehad.  Oorkant ons is 'n natuurbewaringsgebied.  Iemand het dit van die pad na Wild Coast Sun se kant brand gesteek.  Ek het nie geweet dit brand nie, want ek is op die oomblik kwaai bedgebonde, het weer 'n kwaai Lupus flare up.  My man los dit en toe die vuur behoorlik handuit ruk, kom se hy my.  Ek was so vies dat hy dit net los.  Ek het die sekuriteit mense gebel en hul die brandweer.  Op die ou einde moes 4 brandweerwaens die vuur probeer beheer.  Dit het gevaarlik naby ons huis gekom.  Toe ek einde ten laaste my katte en papegaai bymekaar kry en hinkende pinkende begin dink aan vlug, het hul die vuur uitgesit.  Gebly tot nog na 12 middernag, ingeval kooltjies weer opvlam. 

Hulle het toe die laaste wortelkoek met koffie gekry as beloning.  Never a dull moment in my life
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Anastasia

Meraai, dalk kan jy daardie vuurfoto's wat ek op gesigboek geplaas het hier geplaas kry?
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Ek gaan gou vir jou gaps om kom vassit hoor  :love7:

Anastasia

Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Soos versoek, hier is die brandfotos van Anastasia.








Anastasia

Dankie, Meraai.  Die een in ligdag was so twintig oor 5.  Die vuur is toe nog onder beheer en 'n ent weg.  Kieter slaap rustig.  Dis toe dat ek die sekuriteit gebel het.  Die laastes was rerig reg voor ons huis, dit lyk verder agv die selfoon kamera.  Dit het nog nader gekom, tot seker so halwe meter van ons dun stofpad voor ons huis verby.  Was rerig benoude oomblikke. 
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Dit moes aaklig gewees het  :crybaby2: en die arme velddiere. Hier in Aus kry ons ook gereeld baie lelike brande. Soms met lewensverlies wat die hele land ruk.  Sodra daar enige rook in ons omgewing is, het ek selfs met suurstofaanvulling ernstige asemhalingsprobleme en ons probeer dus indien moontlik, wegkom. Daar word ook in tye van brande/vloede gereeld terugvoer via selfoondienste van die owerhede gedoen na die omgewings wat geraak word of in die gevaarsones is.

Anastasia

My eerste gedagte was aan die insekte, koudbloediges en ander velddiere.  Hier is baie blou- en rooiduikertjies.  Kom soms tot op ons dek.  En vandag is my normale mooi uitsig oor die graslande ene pikswart.  Kyk maar see se kant toe vandag
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!