• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Iemand wat min slaap

Started by PM, October 04, 2011, 10:44:02 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Anastasia

Een, twee, drie, blok myself!  Toe loop ek en Meraai trompop in mekaar vas by "view who is online"  Ha ha
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Hiehiehie. Uitgevang  :icon_bigsmurf: Naas, ek het jou ook nou net gesien dwaal deur die gang  :hello:

Anastasia

Ai, dis nie lekker dat die gange so hol eggo het nie.  Ek wens ons kan weer so betrokke wees en lekker gesels soos in de oude dagen.  Ek dink dit is omdat gesigboek en whatsup 'n makliker en meer direkte kommunikasiemetode geword het, dalk?
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

PM

Die lewe is nie 'n grappie nie en niemand het ons belowe dit sal maklik wees nie.  Hou moed lief matertjie.  Hou moed!  Hier is 'n drukkie vir jou.  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#49
Min slaap het gelei tot die vermaak van 'n magnesium verskaffer gister. Ek het 'n advertensie gesien vir organiese magnesium op 'n stiffie (roll-on) dit help glo om beter te slaap en krampe te verlig en blykbaar selfs te verhoed. Op die stadium is die ouvrou bereid om enige iets van perdemis tot byepiepie te probeer as iemand my kon oortuig dit werk  :icon_biggrin:

As kommentaar stuur ek toe die skakel vir Outop: Dalk iets om te oorweeg wat nie sal inwerk (ek moes dalk maar gehou het by die Engelse wolf in Afrikaanse skaapsklere) en geskryf het 'interfere' op die rottegif nie lol.  Die verskaffers span toe prof Google in:
Maybe something to consider that does not work on the rat?

Los toe vir my 'n boodskap:
Amazing Oils - Organic Magnesium Products Hi guys, we put this through Google translate it was rather amusing. If you have any questions then please let us know  :icon_biggrin:

Navorsing het bewys dat magnesium in tabletvorm 96 persent geaffekteer word deur die maagsappe en met die aanwend uit 'n gel in stiffievorm, word die magnesium dadelik geabsorbeer deur die selle en omseil die spyverteringstelsel. Hulle raai dus aan dat jy die middel direk op die vel aanwend soos bo op jou voete.

Outop het vir ons 'n stiffie bestel en ek sal laat weet of daar 'n verandering in die slaappatroon en krampe is.

Terugvoering van die verskaffers: Amazing Oils - Organic Magnesium Products.  Just a tip, for sleeping apply a couple of sprays to the top of  feet, calves and lower back about 15 mins before going to bed each night! 😉

PM

Magnesium help vir krampe, maar ek sal graag wil hoor wat julle van die olie dink Raaitjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ons is baie opgewonde mater. Belowe ons sal kom terugvoering gee. Behoort ons eerste besending seker binne die volgende week ontvang.