PM watse bank besonderhede van ons soek jy dan nou ... ons het verskeier rekeninge waaring geld verduidster word - nie deur ons nie - maar deur die bank - ons dink ons het dit, dan is dit weg ... daar is Theo se spaar rekening, my eie en andre se eie en die besigheid sin en AJ Awarness Projects ....
maar sover ek weet is daar niks wat van jouse bank na enige van onse banke moet oorloop nie
Ek voel soos 'n uitgetroogde Einstein_Egg_omelet vandag! Heelnag niks geslaap nie. Vanoggend meeting met vrou gehad oor 'n projek wat ons saam doen - vanmiddag kom 'n ander vroutjie, wat voorheen Andre se baas was, ha ha; ek moet haar help na 'n operasie ...
Eintlik voel dit ek moet gaan slaap. Gin oog wou op mekaar kleef gisteraand toe die res van Suid Afrika geslaap het nie ... mmm ... sal nog moet wakker bly totdat sy klaar hier kom draai het ... en daar is daar Theo wat soveel energie het dat hy uitbundig gil en dit klink afof hy vermoor word - ons hardloop eers elke keer uit na buite en se - dis okay - ons slaan hom nie, niemand slaan ons nie - hy laat net energie uit ... en nou verstaan ek hoekom my pa my vir 'n sirener wou uit huur ha ha ha
------------------------
dis nou supper tyd --- wat 'n tag - die post was onderbreek .. die vrou en haar verloofde het gekom - mmm soms dink jy, jy gaan iemand anders help, maar dan draai die wiel ... toevallig het sy 'n kontrak wat sy na Andre se kant toe wil laat kom - so sy het gekom vir healing .. maar ook om shop te praat - dit was nou cool ... fruits sal later wys of dit goed is of nie :-) Plus my ouboet het kom kuier - iets wat NOOIT gebeur nie, omdat hy net so aan die gang is - Theo is na hom vernoem .. en toe ken die vrou se verloofde en my broer mekaar baie goed ... hulle duik saam ... nie vir fun nie - gevaarlike werk ... en toe praat die vrou en Andre IT tale wat ek nog nei gesap het nie en die Verloofde en my broer duik-jargon wat bo my kop verby vlieg ... Theo slaap ... ek en die couple moes ook gou 'n hondjie help wat siek is ... en toe draf twee van ons tieners by die hek uit en ek met my groot-boude-wat-darem-al-cm-kleiner-is-as laas ... agter na ... die vierpotige kinders het nie gedink die twee-been kan so vinnig hol nie ....
en toe is daar stilte ... rustigheid .... en hier sit ek nou voor die skermpie en julle ken die res ...