Author Topic: Ek wil net graag weet!  (Read 40329 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #60 on: November 24, 2011, 07:11:16 AM »
Vir my was jy nog altyd 'n bestendige mens wat nie allerhande nukke en giere het nie.  Ons is seker maar almal so, dat wanneer iemand "ongelyk" gaan, dan soek hy/sy moeilikheid.
Dit is beter om reguit te wees as agteraf.  As iemand 'n probleem het, kan net die persone wat daarby betrokke is dit oplos. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #61 on: April 07, 2012, 04:38:29 PM »
Hoekom gaan dit tyd so gou verby? 
Trappies, waar is jy, is ek nie meer jou maatjie nie?  :icon_biggrin:  Jy dwarrel seker daar by KKNK rond?  Ek  MIS  jou!

Ek  MIS  julle almal!   :crybaby2:

Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #62 on: April 08, 2012, 12:24:31 PM »
Intersant hoe almal anders is ...

PM ek het so bietjie van jou - as jy my kwaad maak - ontplof ek en my bek het dan ook geen brieke nie  ... maar dan is dit oor en verby - vergete!

Maar as dit seer maak ... dan ontrek ek en kruip soos Angelica onder die bed se donkerste hoekie weg en weier om te maak of ek leef ....

maar deur alles bly ek smile .. of ek nou donderweer of hartseer reen of sommer net sommer is ... ek smile altyd  :bootyshake:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #63 on: April 08, 2012, 12:33:53 PM »
Dit is ander mense se skuld!   :icon_biggrin:
'n Mens kry mense wat net die mooi in jou uitbring, jy wil hulle net lief hê, alles vir hulle doen, hulle op die hande dra.  Sulke mense kan maar altyd oor my pad kom.   :icon_biggrin:

As ek in die Kaap kom gaan grou ek almal onder die beddens uit, stof hulle af en dan gaan ons fees vier!   :sign10:


Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #64 on: April 08, 2012, 08:53:43 PM »
Giggles... ek loop heerlik in die son en is op 'n high oor my pragtige kinders se geluk.
Maar ja, ons is maar net mens en as die jas oor jou skouers val, val hy swaar.  Ons byt vas en hou ons kop laag en ons oe op die grond tot die spoke koers kry, dan lig ons maar weer onsself op en stof af en gryp die dag.
Ons vra nie om die jas te dra nie.  Ons vra nie om heeltemal tred te verloor met die wereld en met tyd.  Ons vra net dat ons erken moet word as nog steeds mens wat worstel met 'n toestand waaraan 'n stigma kleef.
Ons moet baie verdra oor mense se oningeligtheid.
Wees geduldig, wees nog lief, wees steeds vriend in hierdie tyd.
Ons sal weer by julle aansluit wanneer die jas droogskoonmakers toe gaan.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #65 on: April 09, 2012, 02:12:48 AM »
Ek sê mos, om te weet is om te verstaan!

Gister het ons oppad terug van die substasie na RSG geluister.  'n Vrou het 'n gesprek gehad met mense wat liggaamlik gestrem is.  Hoe hulle ander mense se onkunde aangaande hulle toestand ervaar en wat sou hulle graag wou verander het as hulle kon ens.  'n Blinde man het gesê hy is gewoond aan die situasie en die ander wat slegs liggaamlik geraak is, sou graag 'n gesin wou hê, maar die mense wie se spraak erg geraak is, wou almal net graag in 'n beter situasie wees om met ander te kommunikeer.  Buiten vir die feit dat ander mense dink hulle is koolkoppe, of idiote, omdat hulle spraak ook aangetas is, frustreer die feit dat hulle nie maklik kan kommunikeer nie, hulle die meeste. 

Wat eintlik treffend is, een vrou het gesê dat daar soveel mense is wat 'n innerlike gebrek het, iets wat die oog nie kan sien nie en wat mense nie verstaan nie en dit is nog moeiliker. 

Vir my is dit altyd moeilik as ek met 'n onbekende gebreklike persoon te doen kry, omdat ek nie weet hoe om die persoon te behandel om hom/haar nie ongemaklik te laat voel nie. 
Dit geld dan ook vir die "swartjasdraer".  Wat sê ek of doen ek om daardie persoon te help?  Ek kan jou mos nie sommer net uitlos nie!  Ek lief jou dan te veel!
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #66 on: April 09, 2012, 09:25:11 AM »
jy weet mos hoe ek ook swaarkry, vriendin, om op die wal te moet staan en haar daar uit te trek, gereeld, soms met moeewiese trekkrag, soms ligter, maar ek bly haar lief en wie anders sal dit nou doen?
maar daardie dae wanneer sy saam met my op die wal staan sodat ek haar net kan vashou en laat voel hoe lief ek haar het....dit gee haar seker die krag om vas te byt wanneer sy weer afgly...is vir my wonderlik, dan kan ek ontspan en ook leef en lag sonder kommer oor drama en bang wees vir vreemde foonoproepe ens.

maar dis erg, om jaarin en jaaruit op daardie wal te bly staan, soms gaan sit ek ook op my wortels wat al redelik stewig geanker groei, soms gaan le ek om te keer dat 'n orkaanwind my daar uitruk....dan gryp ek weer na Bo wanneer ek onthou dat Hy die stormwinde laat bedaar.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #67 on: April 09, 2012, 01:00:35 PM »
Julle moet almal 'n kopie van Hope Heals Heart kry - dis presies waaroor dit gaan ... sal julle laat weet as dit klaar is - ons neem DVD die 17de April op ...

PM - elke persoon is so anders ... God laat juis daarom paaie kruis, want Hy weet presies wie bied wat vir wie ... so wees 100% jouself, maak nie saak wat die ander persoon se mental/emosiese/fisiese gestremdheid is nie - God het jou paket nes soos JY is nodig in die persoon voor jou se lewe en juis daarom het Hy toegelaat dat jul paadjies kruis ... en dink net watse blessings wag ook vir jou wanneer jou 100% terugval in Sy hande sodat Hy jou voetstappe bepaal - selfs in die persoon voor jou se lewe ...

in al my donker gate waarin ek al geval het, was dit die mens wat die minste plastiek na my gewys het, wat my kon optrek en weer kom help anker het aan ons Vader se voete ...

daar is geen reg en verkeerd in hoe mens iemand help nie ... daar is net plastiek of 100% eg   :love7:

lief julle almal  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #68 on: April 11, 2012, 02:52:55 PM »
Nee wat ek is nog hier rond....

Het nou net my naam met 'n plank geslaan. Gelukkig het niemand dit gesien nie. Ek is so gewoond om af te gaan na die volgende blad en so aan. Toe dog ek weer (en ek is regtig nie blond nie hoor) die masjien werk agterstevoor. want al die goed het ek mos al gelees. Nou ja nie toe kom ek eers weer agter ek moet op beweeg en nie af nie. ja ja lag maar kon met jou ook gebeur het ha ha ha ha....

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #69 on: April 11, 2012, 04:14:52 PM »
Ja, dit sal jou leer om nie jou e-pos te lees nie!   :angel4:  Ek het dit so verander in jou profielblad en vir jou 'n briefie geskryf.  As dit nie vir jou makliker werk nie kan jy dit weer terug verander of ek sal dit vir jou doen.  Jou nuwe e-pos op die forum sal ook nou heel bo verskyn.   :love7:  Dit is makliker as om deur alles te rol totdat jy die heel laaste plasing sien. 
As daar nog van julle s'n is wat nie so werk nie, verander dit of laat my weet.  Ek doen dit graag.   :love7:

Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #70 on: April 11, 2012, 04:45:10 PM »
Is dit wanneer jy sommer vir geen rede nie blou voel en in jou skulp wil wegkruip of is dit blou as gevolg van eksterne omstandighede of iets traumaties wat gebeur het? Afhangende van eersgenoemde verskil my reaksie daarop, maar omgee se arms rig altyd na 'n wyle weer op.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #71 on: April 12, 2012, 05:44:38 AM »
Dit is daardie omgee wat ons stewig aan mekaar vasbind.   :love5: Dit is wat die lewe die moeite werd maak en die son weer laat skyn.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #72 on: April 12, 2012, 11:18:03 AM »
 :toothy4:
Nee, ek het die pos gekry. Ek het dit ook gelees. Ek het dit ook weer vergeet  :icon_biggrin: .
Nou moet ek eers gewoond raak aan-anders-om-werk.  :icon_scratch:

Moenie worrie ek sal by-kom ...... eendag  :icon_biggrin:

 :angel12:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #73 on: April 12, 2012, 06:59:02 PM »
Hi Fransi,  yip, dis daardie blou wat grou en dan swart word.
Ek ervaar dit altyd as 'n baie swaar swart jas wat my skouers en later my hele wese in die modder intrek.
Die punte sleep hierdie modder saam, want alhoewel ek dan net onder die bed in die verste hoek wil gaan le, MOET jy voortbeur.  Nie lekker nie.
Later begin die sonstrale weer in jou gesig skyn.   :hello2:

Nog 'n 'ervaar' is:  Ek is binne myself vasgekeer.  Soos binne 'n kokon of 'n gipsomhulsel.  Wil uit maar kannie.  Weird gevoel.  Tot die gips krummel en jy stadig begin deurbreek.  Jy word weer bewus van jou fisiese.  Geen wonder ek is al as 'mal' beskryf en beskou nie. 

elle

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Ek wil net graag weet!
« Reply #74 on: April 13, 2012, 08:58:02 AM »
Of asof jy onder water is en nie kan asemhaal nie en daar is glas aan die bokant van die water waar jy jou eie lomp refleksie sien en die vae bewegings van ander buite die  glas en selfs al kry jy die energie om teen die glas te stamp, hoor niemand jou nie.