Dalk het ek nou die kat by die gat beet! Dit is nou daardie gat waar Mabahel (of is dit nou aia Malat) haar stert gesien het.
Ja ek weet, dit is al laat al en die wyn die praat al maar soos myse moeder geseg het, uit die mond van die suigeling en die dronkaard sal jy die waarheid hoor.
My probleem lê nou nie by die IK en die logika nie. Dit lê daar by die sin vir humor en die dankbaarheid.
Dankbaarheid dra my deur die lewe. Die mislike lewe wat my om elke hoek en elke draai wil verongeluk. (Of is dit nou versuip?) (Of is dit nou om my kinders by my weg te steel?) Of is dit nou om my geliefdes by my te kom weg ruk?)
Hoe dit ook al sy! Dankbaarheid dra my deur die lewe en dan kan ek 'n titseltjie humor daarby voeg en dit maak alles draagbaar of is dit "drankbaar".
Met my sin vir humor kan ek vir myself lag. Ek kan ook saam met jou lag. Om te lag is om te oorleef!
As ek al my seëninge tel en ek voeg 'n goeie skoot lag daarby, sal niks en niemand my onderkry nie.
Dan het ek nog 'n hart wat vol liefde is vir almal om my en as ons dan van dankbaarheid praat, staan ek eerste in die ry! Ek is so dankbaar vir 'n ieder en 'n elk van julle. Ek lief julle stinkend!