Author Topic: Terse Verse & Prettige raaisels  (Read 67140 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Terse Verse & Prettige raaisels
« on: September 08, 2011, 04:39:15 AM »
Al ooit gehoor van hierdie prettige korte-korte struktuur? In Engels word Terse Verse begin met 'n vraag of stelling, en die antwoord word verskaf in 'n paar rymende woorde. Ek kon nerens voorbeelde van so struktuur in Afrikaans kry nie en in ons eie weergawe is die antwoorde soms ietwat langer. Hierdie struktuur is lekker vermaak wanneer jy die langpad vat met kleingoed in die motor :angel8:

http://members.shaw.ca/rjbiebrich3/MyWeb3/Poetry/TerseVerse.htm

Paar vertaalde voorbeelde:

Watter danspas
is sitrus-prettig?
Die Mango-Tango!

~~~~~~~~

Wat is die geelsoompie
aan See se blourokkie?
Seesand!

~~~~~~~~

Wat huil weemoedig sonder stem
en kan byt sonder 'n enkele tand?
Die wind my kind!

 :toothy4:
« Last Edit: June 04, 2013, 01:36:13 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Terse Verse & Prettige raaisels
« Reply #1 on: September 08, 2011, 07:00:44 AM »
Dankie vir die aandra Raaitjie.  Jou voorbeelde is pragtig en prettig.  

Wat dra 'n geel kappie
om 'n swart gesiggie?
'n Sonneblom.

Wat kom in pare, twee-twee,
tog is sy maat altyd soek?
'n Kous Kabous.

Wat is dit wat klou,
krul, draai en swaai?
'n Klimop ou slimkop!

Hiermee kan 'n ou heeldag sit en speel.   :icon_biggrin:
« Last Edit: June 04, 2013, 01:36:38 AM by Meraai vannie Baai »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Terse Verse & Prettige raaisels
« Reply #2 on: September 08, 2011, 07:51:27 AM »
Dit is kostelike voorbeelde PM. Ek gaan dit vir die kabouertjies leer in Afrikaans  :love7:
« Last Edit: June 04, 2013, 01:36:57 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Terse Verse & Prettige raaisels
« Reply #3 on: March 11, 2013, 11:52:52 AM »
Bring asseblief nog voorbeelde vir boek twee asseblief.  Kyk hoe mooi vra ek asseblief!
« Last Edit: June 04, 2013, 01:37:17 AM by Meraai vannie Baai »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Terse Verse & Prettige raaisels
« Reply #4 on: March 12, 2013, 04:51:24 AM »
Ek het al vergeet van hierdie prettige versies :toothy4: Hoop daar kom nog 'n hele klompie vir boek twee PM!

Wie kan sy nekkie strek
en langer rek as hy help
soek na 'n bal op die dak?
Die volstruisie in 'n kindergediggie!

*******

Watter vabonde baklei soos kat en hond;
jaag mekaar rond en bont op my skerm?
Tom en Jerry natuurlik!

*******

Wie se asem is suikersoet
en 'n mens kan dit opeet?
Spookasem
 :notworthy:
« Last Edit: June 03, 2018, 01:39:18 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Terse Verse & Prettige raaisels
« Reply #5 on: April 21, 2013, 08:44:53 AM »
PM het hierdie struktuur in Afrikaans herdoop na 'Pret raaisel verse' vir boek twee voorlopig. Dit is 'n pragtige beskrywing vir my!  :notworthy: :icon_salut:

Ek het ons eenjarige kabouter se mondjie 'gecrop' vir hierdie prettige raaisel.



 :angel4:
« Last Edit: June 04, 2013, 01:37:52 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Terse Verse & Prettige raaisels
« Reply #6 on: April 21, 2013, 12:03:24 PM »
Ek loop sonder voete,
het 'n bed maar slaap nooit,
het 'n mond maar spreek geen sprog nie.




 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: June 04, 2013, 01:38:18 AM by Meraai vannie Baai »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Terse Verse & Prettige raaisels
« Reply #7 on: April 23, 2013, 08:08:24 AM »
Dit klink vir my na 'n rivier Naas.  
« Last Edit: June 04, 2013, 01:38:39 AM by Meraai vannie Baai »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Terse Verse & Prettige raaisels
« Reply #8 on: May 22, 2013, 04:51:26 AM »
Gesels ek en Joe nou oor ons aftrede eendag en so word hierdie versie gebore  :icon_biggrin:

Ek het 'n glasoog
wat kan sien
sonder 'n bril.

Die ding het net een skeet;
sy bekkie klik
oor alles wat hy sien!
« Last Edit: June 04, 2013, 01:38:58 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Terse Verse
« Reply #9 on: May 22, 2013, 05:42:10 AM »
Praat julle van 'n kamera? 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Terse Verse & Prettige raaisels
« Reply #10 on: May 22, 2013, 05:46:35 AM »
Smaak my die klikbekkie het ons verraai  :toothy4:
« Last Edit: June 04, 2013, 01:39:16 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Terse Verse & Prettige raaisels
« Reply #11 on: May 22, 2013, 08:00:37 AM »
As ek gaan
dan staan hy,
As ek staan
dan gaan hy.


Uit my kinderjare.


 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: June 04, 2013, 01:39:32 AM by Meraai vannie Baai »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Terse Verse & Prettige raaisels
« Reply #12 on: May 22, 2013, 08:36:50 AM »
Ek en Outop krap lekkker kop Naas  :headbang:
« Last Edit: June 04, 2013, 01:39:47 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Terse Verse & Prettige raaisels
« Reply #13 on: May 22, 2013, 09:44:18 AM »
Nou het jy my vas Naas.   :icon_biggrin:
« Last Edit: June 04, 2013, 01:40:06 AM by Meraai vannie Baai »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Terse Verse & Prettige raaisels
« Reply #14 on: May 22, 2013, 10:06:23 AM »
Dis snaaks, smaak my ek is ouer as julle.  :love7:
Dis 'n kwikstertjie en sy stertjie.
Wanneer die kwikkie vlieg of loop is sy stertjie stil en wanneer hy stilstaan wip sy stertjie op en af.




 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: June 04, 2013, 01:40:24 AM by Meraai vannie Baai »
Ek is maar net een, maar ek ís een.