• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Terse Verse & Prettige raaisels

Started by Meraai vannie Baai, September 08, 2011, 05:39:15 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Al ooit gehoor van hierdie prettige korte-korte struktuur? In Engels word Terse Verse begin met 'n vraag of stelling, en die antwoord word verskaf in 'n paar rymende woorde. Ek kon nerens voorbeelde van so struktuur in Afrikaans kry nie en in ons eie weergawe is die antwoorde soms ietwat langer. Hierdie struktuur is lekker vermaak wanneer jy die langpad vat met kleingoed in die motor :angel8:

http://members.shaw.ca/rjbiebrich3/MyWeb3/Poetry/TerseVerse.htm

Paar vertaalde voorbeelde:

Watter danspas
is sitrus-prettig?
Die Mango-Tango!

~~~~~~~~

Wat is die geelsoompie
aan See se blourokkie?
Seesand!

~~~~~~~~

Wat huil weemoedig sonder stem
en kan byt sonder 'n enkele tand?
Die wind my kind!

:toothy4:

PM

#1
Dankie vir die aandra Raaitjie.  Jou voorbeelde is pragtig en prettig.  

Wat dra 'n geel kappie
om 'n swart gesiggie?
'n Sonneblom.

Wat kom in pare, twee-twee,
tog is sy maat altyd soek?
'n Kous Kabous.

Wat is dit wat klou,
krul, draai en swaai?
'n Klimop ou slimkop!

Hiermee kan 'n ou heeldag sit en speel.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#2
Dit is kostelike voorbeelde PM. Ek gaan dit vir die kabouertjies leer in Afrikaans  :love7:

PM

#3
Bring asseblief nog voorbeelde vir boek twee asseblief.  Kyk hoe mooi vra ek asseblief!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#4
Ek het al vergeet van hierdie prettige versies :toothy4: Hoop daar kom nog 'n hele klompie vir boek twee PM!

Wie kan sy nekkie strek
en langer rek as hy help
soek na 'n bal op die dak?
Die volstruisie in 'n kindergediggie!

*******

Watter vabonde baklei soos kat en hond;
jaag mekaar rond en bont op my skerm?
Tom en Jerry natuurlik!

*******

Wie se asem is suikersoet
en 'n mens kan dit opeet?
Spookasem
:notworthy:

Meraai vannie Baai

#5
PM het hierdie struktuur in Afrikaans herdoop na 'Pret raaisel verse' vir boek twee voorlopig. Dit is 'n pragtige beskrywing vir my!  :notworthy: :icon_salut:

Ek het ons eenjarige kabouter se mondjie 'gecrop' vir hierdie prettige raaisel.



:angel4:

Naas

#6
Ek loop sonder voete,
het 'n bed maar slaap nooit,
het 'n mond maar spreek geen sprog nie.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

#7
Dit klink vir my na 'n rivier Naas.  
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#8
Gesels ek en Joe nou oor ons aftrede eendag en so word hierdie versie gebore  :icon_biggrin:

Ek het 'n glasoog
wat kan sien
sonder 'n bril.

Die ding het net een skeet;
sy bekkie klik
oor alles wat hy sien!

PM

Praat julle van 'n kamera? 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#10
Smaak my die klikbekkie het ons verraai  :toothy4:

Naas

#11
As ek gaan
dan staan hy,
As ek staan
dan gaan hy.


Uit my kinderjare.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#12
Ek en Outop krap lekkker kop Naas  :headbang:

PM

#13
Nou het jy my vas Naas.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

#14
Dis snaaks, smaak my ek is ouer as julle.  :love7:
Dis 'n kwikstertjie en sy stertjie.
Wanneer die kwikkie vlieg of loop is sy stertjie stil en wanneer hy stilstaan wip sy stertjie op en af.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.