• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Terse Verse & Prettige raaisels

Started by Meraai vannie Baai, September 08, 2011, 05:39:15 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

'n Trio.   :icon_biggrin:   Bring die antwoord Raaitjie, blief!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Jy het 'n grappie natuurlik PM'pie  :icon_biggrin:

Naas

Ek wil weer bietjie raai raai speel.
Uit my sub A boek... (1) Oordags vreet hulle rou vleis, maar snags lê hulle oopbek.

'n Paar skoene

(2) Hier wierts-wierts, daar wierts-wierts, wierts-wierts in die hoekie staan.

'n Besem

Oupa se gunsteling... Daarbo op die berg staan 'n bul en brul dat sy knaters so dril.
(Die een se antwoord later.)


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai


Naas

#34
As 'n mens raaisels van nader bekyk is julle dikwels gebeidsgebonde en meer dikwels gesins of persoons gebonde. Maw as jy nie in die gebied bly of die gebied goed ken nie, maak die raaisel geen sin nie. Selde geld vir gesin of persoonlike raaisels.
Ek dink bv. aan:  Withoed op die klipkop. Waar is ek?
Of: Embrio in die platkopbaai. Waar is ek?
Of: Kleurloos lê ek wyd end Suid. Waar is ek?
Wanneer die raaisels meer persoonlik raak, raak hul heeltemal onoplosbaar.(As jy nie die persoon ken nie.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Naas

Nog 'n leidraad vir Oupa se gunsteling. Sommige klim daai bult gereeld en ander nooit maar almal hoor hom as hy brul.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Naas, jy het my vas.  Is jy op Kanonkop?
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Om te weet is om te verstaan.

Naas

#39
Soos dit nou maar gaan kry ons geen reaksie nie so ek gee maar die antwoorde ter wille van die besoekers wat hier rond dwaal.

Withoed op die klipkop. Waar is ek?
Klapmuts
Of: Embrio in die platkopbaai. Waar is ek?
Robben eiland
Of: Kleurloos lê ek wyd end Suid. Waar is ek?
In die Swartland.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

En net daar maak jy my dag Naas. Soooooooooooo bly jy het ook weer kom inloer. Dankie vir die oplossings. Nou weet ons ook. Net so tussen ons, so pas Lorraine se plasing gesien waarin sy ons getag het, waar sy gevra het of daar nog iewers in die kuberruimte 'n kuierplekkie is soos wat ons gehad het djares gelede. Dalk, net dalk as ons almal hard probeer met die insette van nuwe en ou lede trek ons weer die woordwa deur die drif. Ek wil nie meer alleen lag en huil nie  :icon_biggrin:

Naas

 Op Woes was daar sekere onderwerpe wat op die ou end net baklei gesoek het. Wanneer ek daardie onderwerpe op ander plekke sien slaan ek toe. Miskien is dit ook n raaisel?


Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#42
Ek weet presies wat jy bedoel Naas en het self gevoel om totaal en al toe te skulp a.g.v daarvan. Hier op die forum is my enigste kontak met my geliefde moedertaal in skerts, lag en huil, nuwe strukture aanpak en soveel meer wat net 'n woordverslaafde sal verstaan.

Behalwe my geselssies daagliks met ou Gawie het ek geen ander kontak met mede sielematers en sou ek weer terugkruip en wegkruipertjie speel wag daar 'n donker gat waarvoor ek banger is as vir die duiwel homself  :`ip2: :pottytrain2:  so ek kuier maar 'onheilig' voort en sien waarheen dit lei/ly.

PM

Ek hoop regtig dit bring net vreugde.  Woes was woes ja.  Soms glo ek dit was al die gevegte op Woes wat die wereld daarheen gelok het. 
Ek dink en dink en probeer 'n oplossing vind vir die stilte.  Ek dink nog, as julle idees het deel dit asseblief met my.
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek dink regtig nie die forum is stil nie. Dit sal nooit stil wees nie al sê ons niks. Ek kuier baie stomstil hier omdat ek in my eie grysmassa nie geraas soek nie. Ek Kom bitter selde hier wanneer daar nie ten minste dertig besoekers saam met my kuier nie. Net so stomstil soos ek. MAAR dit bewys dat mense waarde heg aan dit wat ons hier doen  en sê. Ek/ons plaas baie keer goed wat geen kommentaar lok nie. Maar dit word oor en oor deur besoekers gelees.
Ons moet aanvaar dat die tyd na Woes ons almal verander het. Ons sal nooit weer woes nie. Ons sal ook nooit weer 2011 en 2012 en 2013 nie. Maar ek/ons het mekaar nodig. Vir van ons is daar dalk nie 2019 of 2020 of 2021 nie en daarom moet ons nou hande vat en mekaar liefhê. Moet ons mekaar onvoorwaardelik aanvaar soos ons is. Ek weet ek praat nie baie nie maar ek het elke woord van julle nodig.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.