• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Terse Verse & Prettige raaisels

Started by Meraai vannie Baai, September 08, 2011, 05:39:15 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Jy is reg Naas.  Ek sien ook dikwels hoeveel gaste lees en deel die forum. 
Ek weet ek is lief vir elkeen van julle, dit is hoekom ek die ouens wat nie so gereeld kom saampraat nie, soveel mis. 

Hier is 'n drukkie vir julle almal. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Beter kan iemand dit nie stel nie! Jy het alles perfek opgesom Naas. Ons het mekaar nodig. Dankie vir die drukkies lief PM  :love7:

Assie

Oom Naas, Oupa vra of jy weet: "Wat het twee oe maar kan nie sien nie, het vier bene maar kan nie loop nie en spring so hoog soos Tafelberg?"



:mumum:

Naas

Nee Assie. Nie n idee nie maar miskien weet Ta Raaitjie of PM.


  :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek het juis gesit en wag vir die antwoord.  Miskien sal ta Raaitjie weet?

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ta Raaitjie het roekeloos gekroek - so vergewe assembliefie die ou tannie:
'n Houtperd (hy kan ook, net soos die berg, nie spring nie)
*met dank aan Prof Koekeloer en Assie se wyse oupa :toothy4:

Assie

Ai maar die Gogeloog is darem maar slim.





:mumum:

PM

Ek het nooit aan die berg wat nie kan spring nie gedink, dag die ding spring so hoog soos die berg is. 
Om te weet is om te verstaan.