• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ek wil net graag sê!

Started by PM, July 19, 2011, 08:20:49 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Ai, dit maak my hart sommer so week... manlief wat na al die jare nog se hy is lief vir jou. Sweet verby.
Dit is dinge soos hierdie wat alles die moeite werd maak.
Jammer om te hoor van al die hartseer, Fransi.  Dink aan jou.

Het by La Romantica in Durbanville gaan eet.  Wat 'n fees om ordentlike kos met ordentlike diens te kry. 
Die ribbetjie is so sag, jy vat die been met die duim en wysvinger aan die bopunt en gee so 'n draaitjie en dit glip sommer uit die vleis. 
Die aartappel wiggies is krakerig buite en roomsag binne.  Hoe doen hulle dit?
elle

PM

Waar is die roomspinasie?    :angel3:
My seun kook die aartappelwiggies tot halfgaar, verf olie oor en bak dit in die oond totdat dit lekker krakerig is.  Hy sweer daarby om dit in koue water te begin kook.  Seg hy, dan word die aartappel van binne sag.    Die ribbetjies word ook eers in die stoompot gaargemaak en dan in die oond gedruk.  Deesdae koop 'n mens ook mos die ribbetjies, klaar gekook, moet net 'n rukkie gebak word.  Lekker kos was nog nooit sleg nie.  :angel4:
Deesdae, by restaurante, kan 'n mens nie kla oor die diens nie, want daar is nie diens nie.   :icon_biggrin: 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :hello:

Dankie PM en Angelica,

Dit klink heerlik!

Trapsoetjie

Het gisteraand vir die eerste keer aartappelwiggies gemaak, o het my mense my skeef aan gekyk. Nee dit gaan nie werk nie of jy moet dit eerder so maak. EK het net hulle gelos en gemaak. Nou ja, was hulle nou tevrede of was hulle nou gelukkig tevrede. Hulle was mal daaroor. Ek sal dit weer maak.
PM ek het hom ook eers gekook soos jouse seun.
:angel12:

PM

Ek vlieg sommer Kaap toe en kom proe!   :icon_biggrin:

Om te weet is om te verstaan.

Naas

En ek word nie genooi nie???

PM moenie beloftes maak nie. Klim oppie vliegtuig en kom.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ag, ek wens ek kon.  Die boek gee my nog steeds nagmerries.  Wag nog steeds vir die buiteblad.  'n Ander se genade is mos 'n helse genade. 


Om te weet is om te verstaan.

PM

Ek wil net graag sê!  Baie dankie aan almal wat so lekker saam gesels.  Dit voel vir my asof ek weer tuis is! Al my vriende saam onder een dak!  Wat meer kan ek vra!
Ek lief julle stinkend!  Drankbare ekke!
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

elle

PM

Jy maak my dag Ellé.   :hello2:   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Lox, ek wil net graag sê,  sterkte vir julle.  Dankie ook vir die ondersteuning wat julle aan julle ouers bied.  Ons hou duime vas dat alles vinnig beter sal gaan.   :wave:
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Ek wil net graag sê, ek gaan nie Negatief wees nie, maar magtig kan die jaar nou sy twee weke van werk nie nou ook onder sy gat skop nie.
:angel12:

PM

Gaan julle met vakansie Trappies?
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

O ja, ons gaan Bonnievale toe vir 7 dae en dan Beaverlac toe vir (hangaf van hoe warm die plek is)  :icon_biggrin:

:angel12:

PM

Ag lekker!  Ons wil ook 'n mobiele huisie koop.  Verblyf raak nou so duur, ons kan dit net nie bekostig nie. 
Om te weet is om te verstaan.