• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ek wil net graag sê!

Started by PM, July 19, 2011, 08:20:49 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Chichi

hehe as hierdie vir my geld ingebring het het ek dit heeldag gesit en doen PM!!! hehe
*The one and only AWESOME-EST


PM

Dit kan nogal verslawend raak.  Hierdie jaar is 'n vreeslike besige jaar.  Die ouens kry min tyd om te kuier.  Tog glo ek dit sal binnekort beter raak. 
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Maar dit is mos goed as die mense besig is!!! dit bedoel dat watookal aangaan in hul lewens dat dinge gebeur! hehe

Toema PM ek sal maar elke daggie vir jou kom hallo se..... as ek 'n kansie kry haha
*The one and only AWESOME-EST


PM

Dankie Chichi.  Ek is beslis verslaaf aan julle geselskap.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Goeie more!   :hello2:

Is dit by julle ook so 'n pragtige, vars, sonskyn oggend?
Dit is so lekker om weer al die deure en vensters oop te maak om die vars lug in te nooi.  Ek is so viskikkik drankbaar dat die lente hier is.  Binne 'n week hang al die klimoppe se takke vol pers en pienk blommetjies en die lentegroen- blaartjies steek orals hul koppies uit.

♫♪  DIS  HEERLIKE  LENTE  ♫♪  DIE  WINTER'S  VERBY ♫♪

:love7:

:bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek en skoonsus gesels nou net oor die wonder van lente ... ek sing kliphard saam met jou mater  :hello2: Ekke lieffffff die geure en kleure wat nou orals kom vermaak  :toothy4:

Trapsoetjie

Ek wil net graag sê! .... dit reen, dis nat, dis grys! Ek sit by die werk, dis koud,dis donker, in 'n stoor, waar mens nie eers 'n lente blommetjie kan optoor nie. Geniet julle lekker weer, hoop onsin is agter die verdomde koueband! maar ek lief julle  :love7:

:angel12:

PM

Ai Trappies, ek verlang so na julle ek skink sommer vir my 'n ou rooietjie.   :crybaby2:
Dit is dan blommetyd daar by julle, maar alles is mos toe as dit so reën.
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ek wil net sê, ek is "frekken" moeg Frikkie.  Nadat ek weer voor begin het trek ek nou by bladsy 30. 
Nou het ek gou 'n bietjie kom kuier maar almal is reeds weg en hier sit ek alleen.   :crybaby2:

Wat het tog van al my maatjies geword?   :crybaby2:

Hoe moet ek nou voel?
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

hier is maar vir jou 'n drukkie PM.... *drukkie*
*The one and only AWESOME-EST


PM

Ja, my pa het altyd gesê:  My kind, die lewe gaan aan.  Jy wen soms en jy verloor soms.  Moenie op die klip gaan sit en huil nie, die lewe sal net by jou verbygaan. 

Hier is vir jou ook 'n drukkie, dankie Chichi.  ((((((((((((drukkie))))))))))))  (Nog een vir die snoesige baadjie)
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

sjoe my bersie lyk al mooi hoor! jy moet voel hoe lekker slapies mens as jy in hom toegevou is!  :icon_biggrin: :icon_biggrin:

My pa se, mens moet verloor om sterk genoeg te wees om te kan wen!

*The one and only AWESOME-EST


PM

Dit is werklik die waarheid.  'n Mens kan nie die lekker regtig geniet voordat jy nie die sleg geproe het nie.

My meisiekind het 5 jaar gelede begin gholf speel.  Sy het twee jaar gelede haar eerste knievervanging gehad en nie lank daarna nie die tweede een.  April hierdie jaar het sy Emirates kampieonskappe gewen en ook derde ge-eindig by Zwartkop.  Van deursettingsvermoë kan niemand haar niks leer nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


PM

Ek het al dikwels gewonder of dit ingebore is en of 'n mens dit aanleer.  Dit is nou goeie kwaliteite waarvan ek praat.
Ons het gister 'n bespreking gehad oor 'n ouer wat vir sy kind 'n bestuurslisensie koop, in stede daarvan om die kind aan te spoor om sy eie mylpale te bereik en ook sodoende 'n selfbeeld en selfversekering te bou.  Hoe kan 'n ouer vir 'n kind leer dat dit reg is om teen die wet op te tree.  Wat se toekoms gaan daardie kind hê?
Om te weet is om te verstaan.