• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Op reis met Antjie

Started by Antjie Patat, September 24, 2021, 06:03:13 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Antjie Patat

Groot passie in my lewe is 'Wildlife photography'. Op my reise as Toer Operateur oor soveel jare het my oë behoorlik fees gevier, en soms sonder n kamera naby.
Ek sal van tyd tot tyd kom deel.

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Antjie Patat, myse plek is geboek. Mis dit vir niks nie.  :love7: :hello2:

Antjie Patat

Hallo julle...
Kom sit om n kampvuurtjie, en geniet die bederf wat my eie oge al gesien het, en waarvan ek die voorreg gehad het om deur n lens te kyk.
Meeste natuur en wildslewe is maar in die Olifant-kus, Dolfyn kus, sommige by die hawe, sommige minder in Swaziland, sommige in Lesotho, Kruger, en Hlhluwe-iMfolozi natuur reservaat. Laasgenoemde het ek bietjie meer as 20 jaar as vrywilliger gewerk.

My fotos neem ek so natuurlik as moontlik. Ek probeer gewoonlik die beeld vang wat op daardie oomblik vir my mooi is. Soms is dit die blur effek, soms die pote, en soms het ek n hele sitasie sien afspeel, en kon ek net by die nadraai by n kamera kom.
Ek sal probeer verduidelik soos ek plaas...

Antjie Patat

Die eerste foto was van 2 Wit renosters (roadblock) waarop ek afgekom het. Hulle was rustig, en ek moes maar stadig agter hulle aanry. Deel van die groot 5 (Nie die 5 grootste diere nie, wel die 5 gevaarlikste diere). Daar is natuurlik geen kleur verskil tussen ons swart en wit renoster nie. Die grootste verskil is die bek. Wit renoster vreet gras en het plat vierkantige lippe, en die kleiner, kwaaier swart renoster, vreet bossies, en het n gepunte lip.
Die tweede foto is ons buffel (ook een van die groot 5, en in my opinie die gevaarlikste van al 5)
Die ou grote word ook in lokale taal 'dagga of dagha boy' genoem, maar hoofsaaklik omdat dit baie groot ou bulle gewoonlik is, wat of alleen loop of in 'bachelor groepe' rond beweeg.

Antjie Patat

Die buffel koei en haar kalfie het my lank opgehou hierdie dag. Daar was n klein troppie buffels, maar omdat daar kalfies was, was hulle gou geirriteerd met die voertuie. Die bosluise kan duidelik om die uier van die koei gesien word. Buffels word gewoonlik gereeld behandel teen TB, omdat hulle groot draers van die siekte is.  Buffels se temperament is baie onvoorspelbaar en het geen rede nodig om uit die bloute te storm nie. Hulle kan ook kilometers agter jou aanhardloop omdat hulle 'trigger knoppie' in die rooi is.... Hou veilige afstande weg van die groot 5.

Antjie Patat

#6
Op my roete in die Industriele hawe van Richardsbaai. Ek gaan gereeld by die kaai (berth) staan om stil te raak. Die vragskepe kan tot 150 000 ton produk laai. Hulle is gewoonlik so 230m en langer in lengte

Antjie Patat

Hierdie foto sommer met die selfoontjie, ook by kaai 801. Ek kan soms nie wegkom by die verniet skilderye nie.

Antjie Patat

Ek sal later weer kom hout op die vuur gooi, en blikbeker vol maak, net eers gou weer werk toe ....

Assie

Hoe laai jy die fotos?
Hulle is pragtig.

:mumum:

Antjie Patat

Dankie Assie.
Onder aan die "reply" boksie is "attachments and other options"...

Meraai vannie Baai

 :crybaby2: en ekke sien kale woorde sniksnik. Nugter weet wat aangaan met my tikker. Hy werk gatkantboontoe.

adele

 :dis pragtig, dankie!
Dis hoekom ek op gehou foto's oplaai het, op dieselfde manier, maar Raaitjie kan dit nie sien nie.
adéle  :grommit:

Assie

Ta Raaitjie stuur vir een van die twee/albei 'n boodskap en vra hoekom Ta Raatjie nie die fotos kan sien nie. Ek vermoed dat die laaste update van die forum die fotos vir ons ander weer beskikbaar gestel het want dit was af.
andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

:mumum:

Meraai vannie Baai

Oe aarde Assie, wat sal ek tog doen sonder jou en oom Naas? Gaan nou dadelik probeer.  :hello2: