Author Topic: Op reis met Antjie  (Read 9765 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Op reis met Antjie
« on: September 24, 2021, 05:03:13 AM »
Groot passie in my lewe is 'Wildlife photography'. Op my reise as Toer Operateur oor soveel jare het my oë behoorlik fees gevier, en soms sonder n kamera naby.
Ek sal van tyd tot tyd kom deel.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Op reis met Antjie
« Reply #1 on: September 24, 2021, 07:07:24 AM »
Kan nie wag nie.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Op reis met Antjie
« Reply #2 on: September 26, 2021, 08:50:07 AM »
Antjie Patat, myse plek is geboek. Mis dit vir niks nie.  :love7: :hello2:

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #3 on: September 28, 2021, 03:22:58 PM »
Hallo julle...
Kom sit om n kampvuurtjie, en geniet die bederf wat my eie oge al gesien het, en waarvan ek die voorreg gehad het om deur n lens te kyk.
Meeste natuur en wildslewe is maar in die Olifant-kus, Dolfyn kus, sommige by die hawe, sommige minder in Swaziland, sommige in Lesotho, Kruger, en Hlhluwe-iMfolozi natuur reservaat. Laasgenoemde het ek bietjie meer as 20 jaar as vrywilliger gewerk.

My fotos neem ek so natuurlik as moontlik. Ek probeer gewoonlik die beeld vang wat op daardie oomblik vir my mooi is. Soms is dit die blur effek, soms die pote, en soms het ek n hele sitasie sien afspeel, en kon ek net by die nadraai by n kamera kom.
Ek sal probeer verduidelik soos ek plaas...

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #4 on: September 28, 2021, 03:29:05 PM »
Die eerste foto was van 2 Wit renosters (roadblock) waarop ek afgekom het. Hulle was rustig, en ek moes maar stadig agter hulle aanry. Deel van die groot 5 (Nie die 5 grootste diere nie, wel die 5 gevaarlikste diere). Daar is natuurlik geen kleur verskil tussen ons swart en wit renoster nie. Die grootste verskil is die bek. Wit renoster vreet gras en het plat vierkantige lippe, en die kleiner, kwaaier swart renoster, vreet bossies, en het n gepunte lip.
Die tweede foto is ons buffel (ook een van die groot 5, en in my opinie die gevaarlikste van al 5)
Die ou grote word ook in lokale taal 'dagga of dagha boy' genoem, maar hoofsaaklik omdat dit baie groot ou bulle gewoonlik is, wat of alleen loop of in 'bachelor groepe' rond beweeg.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #5 on: September 28, 2021, 03:34:54 PM »
Die buffel koei en haar kalfie het my lank opgehou hierdie dag. Daar was n klein troppie buffels, maar omdat daar kalfies was, was hulle gou geirriteerd met die voertuie. Die bosluise kan duidelik om die uier van die koei gesien word. Buffels word gewoonlik gereeld behandel teen TB, omdat hulle groot draers van die siekte is.  Buffels se temperament is baie onvoorspelbaar en het geen rede nodig om uit die bloute te storm nie. Hulle kan ook kilometers agter jou aanhardloop omdat hulle 'trigger knoppie' in die rooi is.... Hou veilige afstande weg van die groot 5.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #6 on: September 28, 2021, 03:35:55 PM »
Op my roete in die Industriele hawe van Richardsbaai. Ek gaan gereeld by die kaai (berth) staan om stil te raak. Die vragskepe kan tot 150 000 ton produk laai. Hulle is gewoonlik so 230m en langer in lengte
« Last Edit: September 28, 2021, 03:37:45 PM by Antjie Patat »

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #7 on: September 28, 2021, 03:40:02 PM »
Hierdie foto sommer met die selfoontjie, ook by kaai 801. Ek kan soms nie wegkom by die verniet skilderye nie.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #8 on: September 28, 2021, 03:40:57 PM »
Ek sal later weer kom hout op die vuur gooi, en blikbeker vol maak, net eers gou weer werk toe ....

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Op reis met Antjie
« Reply #9 on: September 28, 2021, 06:04:01 PM »
Hoe laai jy die fotos?
Hulle is pragtig.

 :mumum:

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #10 on: September 28, 2021, 07:38:11 PM »
Dankie Assie.
Onder aan die "reply" boksie is "attachments and other options"...

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Op reis met Antjie
« Reply #11 on: September 28, 2021, 11:04:41 PM »
 :crybaby2: en ekke sien kale woorde sniksnik. Nugter weet wat aangaan met my tikker. Hy werk gatkantboontoe.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Op reis met Antjie
« Reply #12 on: September 29, 2021, 01:12:27 AM »
 :dis pragtig, dankie!
Dis hoekom ek op gehou foto's oplaai het, op dieselfde manier, maar Raaitjie kan dit nie sien nie.
adéle  :grommit:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Op reis met Antjie
« Reply #13 on: September 29, 2021, 01:47:40 AM »
Ta Raaitjie stuur vir een van die twee/albei 'n boodskap en vra hoekom Ta Raatjie nie die fotos kan sien nie. Ek vermoed dat die laaste update van die forum die fotos vir ons ander weer beskikbaar gestel het want dit was af.
andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Op reis met Antjie
« Reply #14 on: September 29, 2021, 06:19:50 AM »
Oe aarde Assie, wat sal ek tog doen sonder jou en oom Naas? Gaan nou dadelik probeer.  :hello2: