• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Op reis met Antjie

Started by Antjie Patat, September 24, 2021, 06:03:13 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Trapsoetjie

'n Regte voorreg.
Pragtige fotos.
Ek is net so lief vir die lens, maar ek het nog baie om te leer.

:angel12:

Antjie Patat

Groot voorreg wat ek het, ek koester dit vreeslik.
Baie dankie xxx
Jy sal baie gou leer....  ek leer nog elke keer as ek deur die lens kyk

Antjie Patat

Thula Thula se legendariese storie... gaan lees "van die Elephant whisperer... Anthony Lawrence. Ek ken sy vrou goed.
Die legendariese trop olifante het ek ontmoet. Up close and very personal.
Francoice se boek There is an elephant in my kitchen, se baba olifant is nou n jong sterk olifant.

Meraai vannie Baai

Ek het al die kante toe probeer sniksnik, kan steeds geen fotos sien maar het die beskrywings so geniet liefste ou Antjie.

Antjie Patat

Aggenee Meraai, dit mag mos nie wees nie...
Hoe maak mens dat jy kan sien????

Naas

Waar is Jan Dink met die fototjie probleem.
Ek kan fototjies sien maar moet 'n nuwe topiek begin om fototjie te plaas. Kan nie fototjie as komtaar plaas nie.
Aai toggie toggie.
Gelukkig kan ons in prentjies praat...

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek het hom gekontak en hy het gevra ek moet 'n voorbeeld stuur wat ek toe gedoen het. Nog nie antwoord teruggekry nie.  :crybaby2:

Antjie Patat

Verlede naweek gaan kamp...eerste keer weer in baie lank...
Na baie jare as vrywilliger, is ek gevra om te help in die Groot 5 KZN wildtuin. Oudste Natuur Reservaat in Afrika. Hluhluwe-iMfolozi Game Reserve. My asem en oorlewing oor baie jare heen.
Ingang is gratis vir helpers, Vrydag en Saterdag aand se braai pakke en jy moet jou eie tent he en kamp 3 dae en 2 nagte hoog op n berg, naby n markies tent en n generator. Die atlete betaal baie gelde en ons het dit nodig om die diere en plante te beskerm, want die Vader weet, die Staat sal nie.

Ek sleep oudergewoonte kinners saam, wat moet leer... leer hoe stilte klink, Stinkende anti-bosluis goed en koue stort.... as ons gelukkig is...die brul van n leeu naby...en dae sonder n selfoon, behalwe vir fotos neem... hoe tent opslaan lyk en voel, en n buite toilet, en dat mens maar verniet vir iets baie hard kan werk, dis die beste gevoel... alles kort nie n bak hand nie...
Soms glimlag mens en se bloot... dis my plesier.... want dit is....

Ek vat kinners vir opleiding slegs as hulle by 6 verby is, want die Vader weet, ek kan nie agter n hollende kjent aan hardloop terwyl leeuwyf lippe aflek nie... en skrou so kleintjie langs n olifant verloor ek 3 aambeie gelyk...
Hier kom klompie fotos.... Meraai.... ek hoop jy kan sien...

Antjie Patat


Antjie Patat

nou hoekom draai die foto om???


Antjie Patat

Dokter maak die doring takke, en spuit die spinnekoppe weg

Antjie Patat

jammer, ek weet gladnie hoekom die fotos omdraai nie.

Antjie Patat

Die jongste n 9jarige...ek leer hom kaart lees

Antjie Patat

Die opgestopte leeu wat op die roete gesit is.
Gaan kyk gerus op Youtube onder Still iMfolozi Outrun October 2021

Meraai vannie Baai

Onse Antjie Patat is terug! Al kan ek nikse sneppies sien nie maak jou teenwoordigheid tussen lyne genoeg lig in die forumgang dat ek my weg kan vind  :love7: