• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Op reis met Antjie

Started by Antjie Patat, September 24, 2021, 06:03:13 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Antjie Patat

Hierdie Europese Byvretertjie laat my toe in Hluhluwe amper n miershoop om ry soos ek my nek afruk.
02 Januarie 2021 laat middag en oppad hek toe.

Antjie Patat

Hele paar jaar gelede in my tuin in die Noordkus

Antjie Patat

Weet julle, hierdie lappet faced or swart aasvoël, kan vieslik intimiderend wees hoor. Hulle het net so vuil manier van kyk as jy naby is... maar wag, ek soek gou n ander kiekie wat ek geneem het van een van sy boeties wat my koue rillings gegee het... hou vas....

Antjie Patat

Wat vir my na die Wit-rug aasvoël gelyk het...  vergroot gerus om daardie oë te sien...

Antjie Patat

Die befaamde lilac-breasted roller, of troupand. Ook in die Noordkus, ek dink die een was in Imfolozi game reserve.

Naas

Die gevleueldes is alyd so pragtig. kan my verkyk aan hulle. Jou fotografie is uitstekend.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Antjie Patat

Baie dankie Naas, ek is so versot op die lens voor my oë, en om dan te sien wat ek sien.

Antjie Patat

Hierdie 'stoutgat' Vervet het ek gekliek terwyl hy natuurlik oudergewoonte kom water drink het. Dit was so paar jaar gelede terwyl ek saam vriende in Marloth was.

Antjie Patat

Hoog teen n berg in Hlhluwe, kyk ek af en terug na die grondpad wat ek NIE gekies het nie, en ek sien 2 voertuie op n 'snaakse' plek staan... draai ek net daar om, en gaan kyk... en watter fees vir die oog was dit nie

Antjie Patat

By die befaamde THULA THULA, ook in KZN, gaan kuier ek en ons word bederf met n wildsrit, en hier kom n wit renoster bul ons groet. Hy het toe pas n nuwe 'vroutjie' gekry wat aangekoop is vir die vermeerdering van sy dna, en wat doen hy? Hy gaan loop op die VERSTE deel van die wildsplaas, wil niks weet nie....

Antjie Patat

Ou Kees.... in die hartjie van die iMfolozi Game reserve... diep denkend oor die suur uitjie en klipskerpioentjie wat hy pas gevreet het

Antjie Patat

Marloth, en mamma en kleintjie kom soek kos. Ek haaat dit as mense wilde diere voer, en kan 'animal petting' nie voor my oë verdra nie, ek is ook heeltemal teen olifant ritte.
Hier was egter droogte, en baie erg ook. So die inwoners het mielies en groente en vrugte op die grond gestrooi eerder as weggooi, sodat die diere kan vreet wat hulle kry, ook natuurlik is hooi gekoop ensomeer.

Antjie Patat

hierdie outjie was maar skrikkerig en met rede... hulle moet nooit hulle vrees vir die mens verloor nie

Antjie Patat


Antjie Patat

By die hek van iMfolozi, bou die mannetjies ywerig om hulle wyfies se goedkeuring te kry.