Author Topic: Op reis met Antjie  (Read 10083 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Op reis met Antjie
« on: September 24, 2021, 05:03:13 AM »
Groot passie in my lewe is 'Wildlife photography'. Op my reise as Toer Operateur oor soveel jare het my oë behoorlik fees gevier, en soms sonder n kamera naby.
Ek sal van tyd tot tyd kom deel.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Op reis met Antjie
« Reply #1 on: September 24, 2021, 07:07:24 AM »
Kan nie wag nie.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Op reis met Antjie
« Reply #2 on: September 26, 2021, 08:50:07 AM »
Antjie Patat, myse plek is geboek. Mis dit vir niks nie.  :love7: :hello2:

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #3 on: September 28, 2021, 03:22:58 PM »
Hallo julle...
Kom sit om n kampvuurtjie, en geniet die bederf wat my eie oge al gesien het, en waarvan ek die voorreg gehad het om deur n lens te kyk.
Meeste natuur en wildslewe is maar in die Olifant-kus, Dolfyn kus, sommige by die hawe, sommige minder in Swaziland, sommige in Lesotho, Kruger, en Hlhluwe-iMfolozi natuur reservaat. Laasgenoemde het ek bietjie meer as 20 jaar as vrywilliger gewerk.

My fotos neem ek so natuurlik as moontlik. Ek probeer gewoonlik die beeld vang wat op daardie oomblik vir my mooi is. Soms is dit die blur effek, soms die pote, en soms het ek n hele sitasie sien afspeel, en kon ek net by die nadraai by n kamera kom.
Ek sal probeer verduidelik soos ek plaas...

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #4 on: September 28, 2021, 03:29:05 PM »
Die eerste foto was van 2 Wit renosters (roadblock) waarop ek afgekom het. Hulle was rustig, en ek moes maar stadig agter hulle aanry. Deel van die groot 5 (Nie die 5 grootste diere nie, wel die 5 gevaarlikste diere). Daar is natuurlik geen kleur verskil tussen ons swart en wit renoster nie. Die grootste verskil is die bek. Wit renoster vreet gras en het plat vierkantige lippe, en die kleiner, kwaaier swart renoster, vreet bossies, en het n gepunte lip.
Die tweede foto is ons buffel (ook een van die groot 5, en in my opinie die gevaarlikste van al 5)
Die ou grote word ook in lokale taal 'dagga of dagha boy' genoem, maar hoofsaaklik omdat dit baie groot ou bulle gewoonlik is, wat of alleen loop of in 'bachelor groepe' rond beweeg.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #5 on: September 28, 2021, 03:34:54 PM »
Die buffel koei en haar kalfie het my lank opgehou hierdie dag. Daar was n klein troppie buffels, maar omdat daar kalfies was, was hulle gou geirriteerd met die voertuie. Die bosluise kan duidelik om die uier van die koei gesien word. Buffels word gewoonlik gereeld behandel teen TB, omdat hulle groot draers van die siekte is.  Buffels se temperament is baie onvoorspelbaar en het geen rede nodig om uit die bloute te storm nie. Hulle kan ook kilometers agter jou aanhardloop omdat hulle 'trigger knoppie' in die rooi is.... Hou veilige afstande weg van die groot 5.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #6 on: September 28, 2021, 03:35:55 PM »
Op my roete in die Industriele hawe van Richardsbaai. Ek gaan gereeld by die kaai (berth) staan om stil te raak. Die vragskepe kan tot 150 000 ton produk laai. Hulle is gewoonlik so 230m en langer in lengte
« Last Edit: September 28, 2021, 03:37:45 PM by Antjie Patat »

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #7 on: September 28, 2021, 03:40:02 PM »
Hierdie foto sommer met die selfoontjie, ook by kaai 801. Ek kan soms nie wegkom by die verniet skilderye nie.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #8 on: September 28, 2021, 03:40:57 PM »
Ek sal later weer kom hout op die vuur gooi, en blikbeker vol maak, net eers gou weer werk toe ....

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Op reis met Antjie
« Reply #9 on: September 28, 2021, 06:04:01 PM »
Hoe laai jy die fotos?
Hulle is pragtig.

 :mumum:

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #10 on: September 28, 2021, 07:38:11 PM »
Dankie Assie.
Onder aan die "reply" boksie is "attachments and other options"...

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Op reis met Antjie
« Reply #11 on: September 28, 2021, 11:04:41 PM »
 :crybaby2: en ekke sien kale woorde sniksnik. Nugter weet wat aangaan met my tikker. Hy werk gatkantboontoe.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Op reis met Antjie
« Reply #12 on: September 29, 2021, 01:12:27 AM »
 :dis pragtig, dankie!
Dis hoekom ek op gehou foto's oplaai het, op dieselfde manier, maar Raaitjie kan dit nie sien nie.
adéle  :grommit:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Op reis met Antjie
« Reply #13 on: September 29, 2021, 01:47:40 AM »
Ta Raaitjie stuur vir een van die twee/albei 'n boodskap en vra hoekom Ta Raatjie nie die fotos kan sien nie. Ek vermoed dat die laaste update van die forum die fotos vir ons ander weer beskikbaar gestel het want dit was af.
andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Op reis met Antjie
« Reply #14 on: September 29, 2021, 06:19:50 AM »
Oe aarde Assie, wat sal ek tog doen sonder jou en oom Naas? Gaan nou dadelik probeer.  :hello2:

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #15 on: September 29, 2021, 06:10:53 PM »
Hierdie Europese Byvretertjie laat my toe in Hluhluwe amper n miershoop om ry soos ek my nek afruk.
02 Januarie 2021 laat middag en oppad hek toe.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #16 on: October 08, 2021, 10:24:39 PM »
Hele paar jaar gelede in my tuin in die Noordkus

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #17 on: October 08, 2021, 10:29:02 PM »
Weet julle, hierdie lappet faced or swart aasvoël, kan vieslik intimiderend wees hoor. Hulle het net so vuil manier van kyk as jy naby is... maar wag, ek soek gou n ander kiekie wat ek geneem het van een van sy boeties wat my koue rillings gegee het... hou vas....

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #18 on: October 08, 2021, 10:31:54 PM »
Wat vir my na die Wit-rug aasvoël gelyk het...  vergroot gerus om daardie oë te sien...

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #19 on: October 08, 2021, 10:33:45 PM »
Die befaamde lilac-breasted roller, of troupand. Ook in die Noordkus, ek dink die een was in Imfolozi game reserve.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Op reis met Antjie
« Reply #20 on: October 09, 2021, 02:46:15 AM »
Die gevleueldes is alyd so pragtig. kan my verkyk aan hulle. Jou fotografie is uitstekend.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #21 on: October 09, 2021, 07:17:42 AM »
Baie dankie Naas, ek is so versot op die lens voor my oë, en om dan te sien wat ek sien.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #22 on: October 09, 2021, 12:20:58 PM »
Hierdie 'stoutgat' Vervet het ek gekliek terwyl hy natuurlik oudergewoonte kom water drink het. Dit was so paar jaar gelede terwyl ek saam vriende in Marloth was.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #23 on: October 09, 2021, 12:23:25 PM »
Hoog teen n berg in Hlhluwe, kyk ek af en terug na die grondpad wat ek NIE gekies het nie, en ek sien 2 voertuie op n 'snaakse' plek staan... draai ek net daar om, en gaan kyk... en watter fees vir die oog was dit nie

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #24 on: October 09, 2021, 12:27:14 PM »
By die befaamde THULA THULA, ook in KZN, gaan kuier ek en ons word bederf met n wildsrit, en hier kom n wit renoster bul ons groet. Hy het toe pas n nuwe 'vroutjie' gekry wat aangekoop is vir die vermeerdering van sy dna, en wat doen hy? Hy gaan loop op die VERSTE deel van die wildsplaas, wil niks weet nie....

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #25 on: October 09, 2021, 05:26:08 PM »
Ou Kees.... in die hartjie van die iMfolozi Game reserve... diep denkend oor die suur uitjie en klipskerpioentjie wat hy pas gevreet het

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #26 on: October 09, 2021, 05:29:07 PM »
Marloth, en mamma en kleintjie kom soek kos. Ek haaat dit as mense wilde diere voer, en kan 'animal petting' nie voor my oë verdra nie, ek is ook heeltemal teen olifant ritte.
Hier was egter droogte, en baie erg ook. So die inwoners het mielies en groente en vrugte op die grond gestrooi eerder as weggooi, sodat die diere kan vreet wat hulle kry, ook natuurlik is hooi gekoop ensomeer.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #27 on: October 09, 2021, 05:30:26 PM »
hierdie outjie was maar skrikkerig en met rede... hulle moet nooit hulle vrees vir die mens verloor nie

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #28 on: October 09, 2021, 05:31:00 PM »
oge

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #29 on: October 09, 2021, 05:32:22 PM »
By die hek van iMfolozi, bou die mannetjies ywerig om hulle wyfies se goedkeuring te kry.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Op reis met Antjie
« Reply #30 on: October 09, 2021, 05:50:59 PM »
'n Regte voorreg.
Pragtige fotos.
Ek is net so lief vir die lens, maar ek het nog baie om te leer.

 :angel12:

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #31 on: October 09, 2021, 08:15:32 PM »
Groot voorreg wat ek het, ek koester dit vreeslik.
Baie dankie xxx
Jy sal baie gou leer....  ek leer nog elke keer as ek deur die lens kyk

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #32 on: October 09, 2021, 08:19:22 PM »
Thula Thula se legendariese storie... gaan lees "van die Elephant whisperer... Anthony Lawrence. Ek ken sy vrou goed.
Die legendariese trop olifante het ek ontmoet. Up close and very personal.
Francoice se boek There is an elephant in my kitchen, se baba olifant is nou n jong sterk olifant.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Op reis met Antjie
« Reply #33 on: October 09, 2021, 11:10:32 PM »
Ek het al die kante toe probeer sniksnik, kan steeds geen fotos sien maar het die beskrywings so geniet liefste ou Antjie.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #34 on: October 11, 2021, 06:19:23 AM »
Aggenee Meraai, dit mag mos nie wees nie...
Hoe maak mens dat jy kan sien????

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Op reis met Antjie
« Reply #35 on: October 11, 2021, 07:06:53 AM »
Waar is Jan Dink met die fototjie probleem.
Ek kan fototjies sien maar moet 'n nuwe topiek begin om fototjie te plaas. Kan nie fototjie as komtaar plaas nie.
Aai toggie toggie.
Gelukkig kan ons in prentjies praat...

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Op reis met Antjie
« Reply #36 on: October 11, 2021, 08:38:29 AM »
Ek het hom gekontak en hy het gevra ek moet 'n voorbeeld stuur wat ek toe gedoen het. Nog nie antwoord teruggekry nie.  :crybaby2:

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #37 on: November 02, 2021, 01:27:40 PM »
Verlede naweek gaan kamp...eerste keer weer in baie lank...
Na baie jare as vrywilliger, is ek gevra om te help in die Groot 5 KZN wildtuin. Oudste Natuur Reservaat in Afrika. Hluhluwe-iMfolozi Game Reserve. My asem en oorlewing oor baie jare heen.
Ingang is gratis vir helpers, Vrydag en Saterdag aand se braai pakke en jy moet jou eie tent he en kamp 3 dae en 2 nagte hoog op n berg, naby n markies tent en n generator. Die atlete betaal baie gelde en ons het dit nodig om die diere en plante te beskerm, want die Vader weet, die Staat sal nie.

Ek sleep oudergewoonte kinners saam, wat moet leer... leer hoe stilte klink, Stinkende anti-bosluis goed en koue stort.... as ons gelukkig is...die brul van n leeu naby...en dae sonder n selfoon, behalwe vir fotos neem... hoe tent opslaan lyk en voel, en n buite toilet, en dat mens maar verniet vir iets baie hard kan werk, dis die beste gevoel... alles kort nie n bak hand nie...
Soms glimlag mens en se bloot... dis my plesier.... want dit is....

Ek vat kinners vir opleiding slegs as hulle by 6 verby is, want die Vader weet, ek kan nie agter n hollende kjent aan hardloop terwyl leeuwyf lippe aflek nie... en skrou so kleintjie langs n olifant verloor ek 3 aambeie gelyk...
Hier kom klompie fotos.... Meraai.... ek hoop jy kan sien...

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #38 on: November 02, 2021, 01:29:20 PM »
kamp opslaan

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #39 on: November 02, 2021, 01:29:51 PM »
nou hoekom draai die foto om???


Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #40 on: November 02, 2021, 01:31:01 PM »
Dokter maak die doring takke, en spuit die spinnekoppe weg

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #41 on: November 02, 2021, 01:31:37 PM »
jammer, ek weet gladnie hoekom die fotos omdraai nie.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #42 on: November 02, 2021, 01:33:02 PM »
Die jongste n 9jarige...ek leer hom kaart lees

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #43 on: November 02, 2021, 01:34:49 PM »
Die opgestopte leeu wat op die roete gesit is.
Gaan kyk gerus op Youtube onder Still iMfolozi Outrun October 2021

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Op reis met Antjie
« Reply #44 on: November 02, 2021, 10:57:16 PM »
Onse Antjie Patat is terug! Al kan ek nikse sneppies sien nie maak jou teenwoordigheid tussen lyne genoeg lig in die forumgang dat ek my weg kan vind  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Op reis met Antjie
« Reply #45 on: November 03, 2021, 01:51:40 AM »
Baie baie dankie Antjie Patat.  Ek kan die foto's sien, en dit draai nie om nie.   :icon_biggrin:   Dit is net baie groot.  Ek wonder as 'n mens dalk die grootte op jou kamera kan stel, maar ons sal 'n kenner moet kry om te kom help.
AAA  BBBB !!!  Jan Diiinnk!









Om te weet is om te verstaan.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Op reis met Antjie
« Reply #46 on: November 03, 2021, 08:56:14 AM »
Ja ek sien dis groot, en dit was sommer selfoon kiekies, sal stelling moet maak