• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie

Started by Meraai vannie Baai, January 19, 2018, 04:42:04 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Duisend en tien dankies Naas vir hierdie terugvoering. Aan die einde is dit vir my belangrik dat 'n mens die tydjie wat jy nog saam geliefdes kan wees, so sinvol (sonder ekstra lyding van newe effekte van behandeling) en beste lewensgehalte moontlik onder omstandighede vir jouself kan skep. Veral wanneer die kanker so ver versprei is dat jy letterlik met chemo net tyd met jou lyding koop.

Naas

Ek persoonlik dink nie die kwaliteit van die tyd wat chemo gee is die moeite werd nie. (Wel vir die dr se beursie) Kobus se gekoopte tyd was van goeie gehalte en hy kon tot twee weke voor sy heengaan nog 'n sinvolle bestaan maak met behulp van pynpille alleen.
Hierdie is egter 'n baie persoonlike reis wat elkeen moet aanpak saam met hul geliefdes... hand aan hand soos jy en Outop gewoond is.
Sterkte wens ek jou toe uit die diepte van my hart.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#17
Baie dankie vir jou pragtige inset Naas. Die pad is ene wat my geliefde ou sustertjie op die oomblik stap na sy nou reeds die tweede keer met die groot K kennis gemaak het. Die keer is dinge ver gevorder  :crybaby2: en Dinsdag kry my ander sus haar uitslae van die knoppe wat uit haar borste gesny is. Asof dit nie genoeg is, kry ons Maandagoggend kwart oor agt my geliefde Outop se verslae om te hoor of hulle die gogga op sy rug met 'wortel en tak' kon uitsny. Wat 'n nare paar weke.  So skielik kom maak die groot K hom tuis in ons familiekringetjie.

Ons hoor (en die familie in SA sien) hoe my sus letterlik uitteer binne weke vandat sy met chemo begin het.  Niemand anders sien kans om deur dieselfde lyding te gaan nie en soos die navorsings bewys - daar is so klein kans op werklike sukses met die behandeling wat sy nou ontvang dat mens onwillekeurig wonder of dit werklik die moeite werd is.

Sou so graag daar wou wees vir my ou sussatjies maar my 'verhouding' met die asemdief plaas my in 'n te groot risiko en word vlieg (veral sulke lang vlugte) ten sterkste afgeraai. Die lewe maak snaakse draaie ne!

PM

Gatta patatta!  Ons was net drie dae weg en kyk hierdie pragtige bydraes.  Dankie julle.

Dankie vir die verwysing Raaitjie.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#19
Soos altyd, 'n voorreg om te kan deel. Ons het goeie nuus gekry gister. Outop se uitslae van die pataloog het ons weer laat asemhaal. Seker die wonderlikste woorde vir enige pasient in dieselfde omstandighede. Benign lichenoid keratosis.

Nie kwaadaardig nie!!  :notworthy: :icon_salut: :hello2:

Nou wag ons op die uitslae van my sus wat sy vandag 10 uur SA tyd kry. Tot dan maak ons so...



PM

Daardie gewag rafel 'n mens heeltemal uit.  Ons is so dankbaar dat julle goeie nuus ontvang het Raaitjie.  Hoop van harte dat jou sus se uitslae ook goed sal wees.  Laat weet tog so gou as wat jy dit ontvang het. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

Ds Stefaan de Jager, Ng Kerk Humansdorp-Oos (vanaf fb geknip en plak)

Iemand wat terminaal siek was, is onlangs oorlede. Die berig in die koerant lui "hy het sy stryd teen kanker verloor." `n Vrou lê kritiek in die hospitaal na `n motorongeluk en daar word berig dat sy "veg om haar lewe." As gelowiges het ons so gewoond geraak aan hierdie soort uitdrukkings maar as ons mooi daaroor besin dan is dit tog nie die waarheid nie.

`n Gelowige verloor nie sy stryd teen kanker nie. Die kanker het die stryd verloor toe die Here die gelowige kom haal en in heerlikheid opgeneem het. Die gelowige wat aan die Here behoort veg ook nie vir haar lewe nie. Haar lewe is in die Here se hande en al sterf sy, is die sterwe `n wins omdat Christus haar lewe was.
adéle  :grommit:

adele

ek is so dankbaar vir julle Raaitjie, jul geluk en geloof is 'n voorbeeld vir elkeen van ons  :love7:   :love7: 
adéle  :grommit:

PM

Dit is werklik die waarheid.  Daar is soveel onwaarhede wat by Christene ingeprent is.  Hierdie is 'n boodskap wat maar weer en weer herhaal kan word.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dankie liefste maters vir julle omgee. So pas gehoor my sus se uitslae was soos Outop sin gister, ook goedaardige vergroeisels. Vanaand slaap ek soos 'n klippertjie. Die afgelope weke was regtig egtig loutere hel en my wankelrige geloof het 'n hupstootjie ontvang  :icon_bigsmurf: Nou kan ons almal daar wees vir my ander brawe ou sustertjie in haar stryd met die groot K.

PM

Ag wonderlik!  Dit is wonderlike nuus my sustertjie.  Ons is sooooo dankbaar.  Slaap lekker matertjie. 
Sterkte vir jou ander sustertjie.
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Hoekom is dokters so ongevoelig eerlik? Waarom nie net eers die toetse doen en wag vir die uitslae voordat hulle jou vertel wat jou makeer nie. Ek onthou nog soos gister daardie dag by die dokter toe hy my meedeel dat daar moontlike kwaadaardige groeisels in my longe is en indien dit wel kwaadaardig is is dit onomkeerbaar en daar gaan jy. Ons sal eers oor drie maande weet... Dit was "die beste" nuus wat ek nog voor kersfees gekry het. En so moes ek vir drie maande met my eie kopwroegings saamleef voordat ek gelukkig gerus gestel is. WAAROM nie net se dat ek oor drie maande moet kom vir 'n opvolgondersoek nie. As dit dan die ergste is het hy my ten minste drie maande se wroeging gespaar.
Ek sal daai donnerse dokter NOOIT vergewe vir daai drie maande in my lewe nie.
Die gerustelling dat dit God se wil en besluit is doen niks aan die siellestryd wat ek moes deurgaan nie. Ek glo dat Ta Raaitjie se suster en Outop altwee deur dieselfde hel in hulle koppe is. As jy nie self daar was nie is daar geen manier om dit te verstaan nie. Dit is 'n pad wat elkeen vir homself moet loop maar dit is nie 'n afdraende teerpad nie.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Jy praat waar en ek het baie simpatie met jou.  'n Mens voel of jy kan moord pleeg. 
Hannes se dokter wou sommer die hele familie spreek, maar ek het 'n stokkie daarvoor gesteek. 
Gelukkig het ons ook anderkant uitgekom, baie hel gehad, maar ons is daardeur.  Sterkte vir almal wat die paadjie moet stap. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Oi joi joi. Naas, PM - staan asseblief nader vir 'n stywe drukkie. Verstaan alte goed. En soos Naas skryf, jy moet self deur hierdie goete wroeg om die impak tot jou uitslae daar is, te verstaan. Stem saam met julle - sommige dokters is werklik so ongevoelig wanneer dit by 'doodsvonnis' kom. Reguit op die man af, skud jou hand en wag in die oop deur vir die volgende kranke (lees tjek-op-voete).

Meraai vannie Baai

#29


Dink hierdie plasing sal 'n goeie aanvulling wees by dit wat Naas en PM (ek self ook) menige male ervaar het op die pad van onsekerheid.

Ek het 'n pragtige bydrae ontvang via die gevreetboek se poskoets. Hierin noem Dr. Jonathan Stegall tien dinge waarna ons kan oplet wanneer jy, veral na diagnose van kanker, seker maak dat jou dokter in die omstandighede waarin jy jou tans bevind, jou persoonlike belange op die hart dra. Die tien kan basies saamgevat word dat jy 'n pasiënt-gefokusde geneesheer aan jou sy wil hê op die onbekende pad. Ek gaan so paar dinge aan raak wat hy bespreek het.

Soms voel ons skuldig om die dokter te 'pla' met ons vrae en dink dat die voorgestelde behandeling sonder twyfel in ons eie belang sal wees en oorweeg nie eers alternatiewe nie. Sommiges dokters is openlik kortaf en val jou in die rede nog voor jy eers 'n vraag voltooi.   

Jy moet jou dokter kan vertrou. Troos vind in die feit dat hy vertroud is met jou mediese geskiedenis EN jou emosionele sy van menswees. Nie twee persone is dieselfde nie en sal derhalwe verskillend reageer op uitslae wat jou kniege kan knak.

Ongelukkig het ons hier in die kleiner dorpies nie altyd die voorreg dat jou verslae deur 'n dokter bespreek gaan word wat vertroud is met alles nie. Veral wanneer dit 'n opleidingskliniek/spreekkamer is en die besoekende dokters weet hulle gaan jou nooit weer sien nie. Hoe gouer jy by die deur uit is, hoe beter. Geskok het jy aanvaar dat die voorgestelde behandeling die beste is sonder dat jy eers presies weet wat dit behels.

Ons besef nie altyd dat ons die keuse het wanneer behandeling ter sprake is nie. Meestal het die dokter reeds gereel met die onkoloog en is jou 'bed' al bespreek nog voordat jy eers 'n enkele vraag kon vra.  Daar is so baie wat jy later wel aan gaan dink en dit veroorsaak onnodige stres. Jy behoort ingelig te word oor wat die newe effekte gaan wees. Hoe groot is die suksessyfers.

Wat ons nooit eers aan dink nie is die feit dat ons die volgste reg het om aan te dring om verwys te word na gesondheidsorg wat die beste moderne medisyne kombineer met die beste natuurlike terapieë.

Chirurgie, bestraling en hoë dosis chemoterapie is nie die enigste wapen in die oorlog teen kanker nie en elkeen het  sy eie onderskeie risiko's en jy moet jouself bemagtig met kennis en die vrymoedigheid neem om dit met jou dokter en mediese span te bespreek voor daar besluit word op die behandeling.

Integratiewe onkologie kombineer beide die wetenskap van moderne medisyne en die kuns van pasiëntsorg.

Die skakel het wonderlike inligting sou jy belangstel om meer te lees.
https://www.cancertutor.com/10-things-look-cancer-doctor/