• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

?????

Started by Naas, January 16, 2018, 12:36:14 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

adele

adéle  :grommit:

PM

Hiier's ons weer.  André het opgradering gedoen.  Nou werk my gatseggies weer.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Van ????? is die tronke vol en kry die forum besoekers van die agies :toothy4: :bootyshake: :hello2:

PM

Om te weet is om te verstaan.

adele

 :toothy4:  vreeeeslik om 'n leë woordetronk te vind toe ek nou juis daardie tyd kom deurstap het .... gedink my gedagtenis uitgegooi (bloos)
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

As jy nou weer hier verby stap sal die daar paar woorde deur die tralies loer  :icon_biggrin:

MY WOORDLOSE GEDAGTES OP SWART EN WIT

?
!
©

Van Gogh het sy krulle en strepe in blou
- alles eens as belaglik afgemaak
en wie lag nou laaste vra ek jou?

Ek het my woordlose gedagtes in swart op wit
- soos stokmannetjies in gelid
en ek wonder self oor ons swye!
©

PM

Dalk is dit net die lewe se dolke en
die donker wye wolke wat
verantwoordelik is vir die swye?
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Baie waar PM. Ek kry so baie oefening want elk maand, drie dae na ek betaal is hardloop ek uit geld uit. Die regtig nou nie meer snaaks nie. Ek se julle ek raak nou net 'n las vir my gesin want ek moet elke maand heel maand bakhand staan by hulle omdat ek nie geld oor het nie.
Weet nie meer hoekom ek hier is nie.
Voel al soos arme lastige Naas.
Het heel desember in my stoortjie gewerk om kersgeskenke te maak omdat ek nie geld het om by die hek uit te ry om te gaan koop  nie.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ai mater, wens ek kon jou 'n drukkie gee  :crybaby2: :love7:

PM

Jammer om te hoor matertjie.  Hoop dit sal gou beter gaan.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Wonder ek of jou mense hierdie jaar weer die beste geskenke wat daar is (handgemaak met liefde en omgee) gaan ontvang Naas?

Naas

Is goed jy herinner my. Ek sal moet begin want Naas is steeds bankrot. Ek weet nie waar my land heen gaan nie maar my geld is al minder werd.

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Vir my is daar niks mooier of beter as 'n handgemaakte geskenk nie. Jy moet groot asb wys waarmee woel jy om die herte weg te hou mater van ons!

Assie

Oom Naas, Oupa is besig om 'n nuwe Doef-poef te bou net langs die skaapkraal. Hy se Oom kan maar die planke van die ou Doef-poef kry. Dis teen die tyd tyd al stinkhout.


:mumum: