Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Bekgeveg => Topic started by: Naas on January 16, 2018, 12:36:14 PM

Title: ?????
Post by: Naas on January 16, 2018, 12:36:14 PM
Title: Re: ?????
Post by: adele on January 16, 2018, 03:38:11 PM
Title: Re: ?????
Post by: PM on January 16, 2018, 05:59:45 PM
Hiier's ons weer.  André het opgradering gedoen.  Nou werk my gatseggies weer.   :hello2:
Title: Re: ?????
Post by: Meraai vannie Baai on January 16, 2018, 10:41:09 PM
Van ????? is die tronke vol en kry die forum besoekers van die agies :toothy4: :bootyshake: :hello2:
Title: Re: ?????
Post by: PM on January 17, 2018, 09:38:31 AM
Lekker lag ek nou.
Title: Re: ?????
Post by: adele on January 17, 2018, 06:42:52 PM
 :toothy4:  vreeeeslik om 'n leë woordetronk te vind toe ek nou juis daardie tyd kom deurstap het .... gedink my gedagtenis uitgegooi (bloos)
Title: Re: ?????
Post by: Meraai vannie Baai on January 17, 2018, 10:59:49 PM
As jy nou weer hier verby stap sal die daar paar woorde deur die tralies loer  :icon_biggrin:

MY WOORDLOSE GEDAGTES OP SWART EN WIT

?
!
©

Van Gogh het sy krulle en strepe in blou
- alles eens as belaglik afgemaak
en wie lag nou laaste vra ek jou?

Ek het my woordlose gedagtes in swart op wit
- soos stokmannetjies in gelid
en ek wonder self oor ons swye!
©
Title: Re: ?????
Post by: PM on January 18, 2018, 07:31:30 PM
Dalk is dit net die lewe se dolke en
die donker wye wolke wat
verantwoordelik is vir die swye?
Title: Re: ?????
Post by: Naas on January 19, 2018, 11:59:01 AM
Baie waar PM. Ek kry so baie oefening want elk maand, drie dae na ek betaal is hardloop ek uit geld uit. Die regtig nou nie meer snaaks nie. Ek se julle ek raak nou net 'n las vir my gesin want ek moet elke maand heel maand bakhand staan by hulle omdat ek nie geld oor het nie.
Weet nie meer hoekom ek hier is nie.
Voel al soos arme lastige Naas.
Het heel desember in my stoortjie gewerk om kersgeskenke te maak omdat ek nie geld het om by die hek uit te ry om te gaan koop  nie.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: ?????
Post by: Meraai vannie Baai on January 19, 2018, 12:00:37 PM
Ai mater, wens ek kon jou 'n drukkie gee  :crybaby2: :love7:
Title: Re: ?????
Post by: PM on January 19, 2018, 06:22:56 PM
Jammer om te hoor matertjie.  Hoop dit sal gou beter gaan.   :love7:
Title: Re: ?????
Post by: Meraai vannie Baai on November 12, 2018, 11:08:46 PM
Wonder ek of jou mense hierdie jaar weer die beste geskenke wat daar is (handgemaak met liefde en omgee) gaan ontvang Naas?
Title: Re: ?????
Post by: Naas on November 13, 2018, 03:32:00 AM
Is goed jy herinner my. Ek sal moet begin want Naas is steeds bankrot. Ek weet nie waar my land heen gaan nie maar my geld is al minder werd.

Title: Re: ?????
Post by: Meraai vannie Baai on November 13, 2018, 05:09:02 AM
Vir my is daar niks mooier of beter as 'n handgemaakte geskenk nie. Jy moet groot asb wys waarmee woel jy om die herte weg te hou mater van ons!
Title: Re: ?????
Post by: Assie on November 13, 2018, 08:18:31 AM
Oom Naas, Oupa is besig om 'n nuwe Doef-poef te bou net langs die skaapkraal. Hy se Oom kan maar die planke van die ou Doef-poef kry. Dis teen die tyd tyd al stinkhout.


 :mumum:

Title: Re: ?????
Post by: Meraai vannie Baai on November 13, 2018, 08:42:16 AM
O my liewe genade - Assie Assie Assie!!!  Stinkhout sal na dese nooit weer dieselfde wees nie  :pottytrain5:  :bootyshake:
Title: Re: ?????
Post by: Assie on November 13, 2018, 11:02:48 AM
Ek wens Oom Naas wil vir my 'n juwelekissie bou. Dit hoef nie groot te wees nie want ek het nie baie juwele nie. Dit moet asseblief net nie uit stinkhout wees nie.



 :mumum:
Title: Re: ?????
Post by: Meraai vannie Baai on September 19, 2021, 05:56:57 AM
Ek is verlore sonder Naas en Assie se humoristiese kwinkslae, dit is verseker. Waar anders gaan jy die volgende kry:

Oom Naas, Oupa is besig om 'n nuwe Doef-poef te bou net langs die skaapkraal. Hy se Oom kan maar die planke van die ou Doef-poef kry. Dis teen die tyd tyd al stinkhout.
Title: Re: ?????
Post by: PM on September 20, 2021, 04:09:22 PM
Lag ek weer te heerlik.  Ai tog Naas, ek het intussen gedink aan baie goeie idees vir jou geldloosheid.  Laat die gesin bietjie vir alles betaal dan kan hulle weer by jou kom bakhand staan.   :dontknow:   :angel12:


Naas, ek is mal oor stinkhout, dalk kan jy vir my 'n mooi stoel bou met daai stinkhout?  Ongelukkig sal jy dit hier moet kom doen!  Ek het ongelukkig nie meer 'n opblaasmatras nie, maar ons sal 'n ander plan maak.  :angel12:


(Die opblaasmatras is 'n privaat grappie tussen my en Naas en natuurlik was Ouma Naas ook daar, maar sy sou kon getuig dat ek nie lieg nie.)
Title: Re: ?????
Post by: Antjie Patat on September 20, 2021, 05:01:50 PM
Hahahahaha...doef-poef..... ai ai dis die beste nog!
En dis nou as daar nie n swerm bye nes gemaak het nie...

Julle weet, korrupsie 'trip' mos nou maar n land se gesonde ekonomie.
So word ons in ons maai in verneuk met belasting, afgryslike petrol stygings, 'n allemintige 15% VAT, en n kragstelsel wat deur die vet katte gemelk word soos hulle wil...
Dit beteken bloot dat ek en Naas en n paar ander presies in daardie bootjie sit.
En kan ek jou vertel, om vandag as n enkel persoon broodwinner te wees, kort n dabbeljoe dabbeljoe dabbeljoe gordel en n ikoon status.
Waar nog mense op pensioen. Jy kan sowaar nie meer karg koop nie, dis belaglik, en nerens heen ry nie, dis nog erger, en die versekeing en rentekoerse blystaan.
Ek moes my enigste 2 annuteite kanselleer in 2018, my mediesefonds opgee, en ook n werk prysgee waar ek besig was om my albasters konstant te verloor. (korporatiewe boelies en n direkteur wat haar maatjie van JHB in die pos wou he... nou ja genoeg van daardie drekvolle onthou).

Punt is, ons bloei... en om heeltyd in n winkel om te draai en om te draai, en elke keer iets terug te sit, sal enige persoon se maag laat steier.

Laat mens voel waarvoor het jy jou hele lewe afgesloof? Waar is die jaarlikse vakansie of lekker bederf nou heen? Ons is n lewe ontneem agv van vraatsig (vraatsug?) van ongekwalifiseerde 'leiers' wat veronderstel was om al die mense in die land op te lig, te bemagtig, n beter lewe te gee, en voorspoedig te maak.
My grootste diepste simpatie met elkeen wat swaar trek, ek loop reg langs daardie persoon, en dalk help die gedeelde ou juk wat ons dra so effens... ek wens ek kon net naby Naas en sy houtwerk toorkuns bly.
Lekker ou houtvuurtjie van stinkhout, lekker koppietjie koffie en groot planne om iets nuut aan te pak... met die klompe van hierdie forum as geselskap....
Title: Re: ?????
Post by: Assie on September 20, 2021, 05:13:02 PM
Ek hoor Antjie, ek hoor.
Nie so lank terug nie het ek ook jammerlik toegekyk as die krommes van dae met seerkry in die oe daardie broodjie twee keer omdraai, in die mandjie sit en dan... maar weer terugsit op die rak.
En net eergister vang ek myself dieselfde doen. Ek het net nie genoeg geld gehad daarvoor nie... en die mes het diep gesny.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: ?????
Post by: PM on September 20, 2021, 10:03:38 PM
Wat wel vir my wonderbaarlik is, is dat ons ou nasietjie nog die kop hoog hou en altyd 'n glimlaggie om die mond het.
Dit is afgryslik om 'n blanke bedelaar op elke hoek van die strate hier in Pretoria te sien.  'n Mens se hart gaan uit na hulle, maar hoe versorg jy almal.  Daar is nie 'n manier nie!

Title: Re: ?????
Post by: Assie on September 21, 2021, 04:31:59 AM
Oupa se welsyn begin by die huis. As jy nie eers sorg dat jy self versorg is nie staan jy more langs hom by die robot.
Hier in ons omgewing is daar een vir wie ek altyd help as ek 'n ekstra het. Ek help hom omdat hy 'n opregte welsyn geval is. Ek weet want ek kon sien hy is anders en het uitgevind waaroor dit gaan. Hy het geen keuse nie en is eintlik pragtig met so 'n danbaar persoonlikheid.
Maar ek is jammer, die Martie martelgat gesiggies met kartonadvertensies kry geen simpatie van my kant nie. Dis reeds oor en oor bewys dat hierdie, meestal dwelmverslaafde, bedelaars tot R2000 per dag verdien en so hulle slegte gewoontes voer.
Die ander kant van die munt is dat hulle "verslaaf" raak aan bakhandrykdom en dan weier om te werk vir geld.
Ongelukkig se die groot boek dat jy in die sweet van jou aangesig jou brood moet verdien. Hierdie mense ry op hul verslawingstreine in die sweet van ander se aangesigte. En elkeen wat vir hulle iets in die hand stop versterk hul net in hulle kwaad.

 :mumum:
Title: Re: ?????
Post by: Meraai vannie Baai on September 21, 2021, 05:40:57 AM
Ons het hierdie ook al teegekom: Hierdie mense ry op hul verslawingstreine in die sweet van ander se aangesigte. En elkeen wat vir hulle iets in die hand stop versterk hul net in hulle kwaad. Die ander sy van die munt: Swaarkry is 'n bl*ks*m.  :crybaby2:

Title: Re: ?????
Post by: Naas on September 21, 2021, 06:49:12 AM
Partykeer breek my hart en murmereer my meegevoel maar ek kyk ook ander pad omdat ek nie wil deel word van die probleem nie.
Ek het in Malawi geleer.
Malawi is 'n arm land. Gemiddelde inkomste van R30 per persoon per dag en werkloosheidsyfer van oor die 80%. Maar niemand gee enigiets vir bedelaars nie. Nie eers kinders wat bedel word geduld nie. Met die gevolg... Geen bedelaar op straat nie. Ons wat daar gewerk het het eerstehands ondervind dat jy begin werk en as jy opkyk is daar vyf of ses rondom jou wat ewe hard werk en help. En ek bedoel... EWE HARD. Aan die einde van die dag sit hulle gereedskap neer en gaan huis toe sonder om geld te verwag. More is hhulle terug. Al het hulle nie geweet of hulle betaal gaan word nie.
Ons moes later die mense stop as daar te veel is.
Het elkeen wat gewerk het kos gegee aan aan einde van die week R30 per dag betaal. Wanneer ons die projek voltooi R30 bonnus vir almal wat gehelp het.
Maar niemand het gebedel nie.
Dan kom jy terug is SA en as jy oor die grens kom wag die mense bakhand.
Hoeveel keer ondervind hier in Bellville dat hulle loop en bedel maar weier as jy werk en betaling aanbied. Of werk half vir 'n dag lank en more oormore het jy inbraak.
Nee. Ek is jammer. Ek gee niks met 'n hart wat wil breek in sommige gevalle.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: ?????
Post by: Antjie Patat on September 21, 2021, 08:16:50 AM
Ja dis n hartseer storie, en baie waar julle.
Oupa se welsyn begin by die huis. As jy nie eers sorg dat jy self versorg is nie staan jy more langs hom by die robot.
bakhandrykdom, in die sweet van jou aangesig jou brood moet verdien. Hierdie mense ry op hul verslawingstreine in die sweet van ander se aangesigte

Hier in Richardsbaai, het ons n hawe dorp en groot industrieë. Dit beteken dat elke keer wanneer een van die reuse n "shut" het, kom mense van elke uithoek hier aan. As jy sien dan kom daar n man (en meestal) met n vrou. Met n groot verslete rugsak en hulle stap see se kant toe, dan weet jy....hy of sy is volgende by n robot sodra die shut klaar is.
Die gehuggies in die modder geboude kamers in die reserwes waar hull blyplek kry is net stroois en klaar. Ek het al dogtertjies daar gesien van so 3 jaar, met blonde haartjies, en muishond vuil.... genade, jy kan nie die verskil tussen haar blonde hare en vuil klere of kaal beentjies sien nie... Dan wonder jy met rillings hoe sy oorleef tussen die goedkoop dwelms wat gesnuif word om die honger stil te kry.
Ek het jare gelede ook gehelp, maar gou gestop toe ek besef die werke wat die mense aangebied word, word nee voor gese.

En almal het n struktuur, elke robot word beheer deur die een daar, en ander durf nie soontoe gaan nie, en dan is Nigeriers n GROOOOOOT probleem hier. Hulle maak die armes verslaaf en gee verniet dwelms en dan word jy hulle slaaf. Wat jy ookal inkry, kom vat hulle n pond van.
Sekere besighede hier moet maandeliks aan die Nigerier mafia R2500 gee om besigheid oop te hou, anders word die gebou beroof, geplunder of kliente beroof. Daar is besigheids eienaars wat se dis nou maar hulle assuransie geld en betaal dit.

Hoe sal die jonges vandag ooit weet hoe die polisie en weermag die vrees van die lewende hel in jou geblaas het in ons jong dae.
HOE MIS EK NIE WET EN ORDE NIE...

As jy so gelukkig was om n 4% verhoging te kry 2021, moet jy weet krag is 23% op hier. Petrol kos nou meer as R17 n Liter. As jy n huiseienaar is, het erfbelasting, water en vullisverwydering met 20% gestyg (afhangend van die munisipaliteit). Vleis is die hoogtes in, en tamaties kos skielik n 3de emmer vol geld. So jy is ver swakker daaraan toe, en kry baie minder geld uit as voor jou verhoging.

Iets anders
Ek is op die Bestuurs kommitee van die Seafarers Mission hier, en laat ek julle se. Daardie manne en vroue is in n ander verarmde boot.
Van 27 Maart 2020 tot nou mag hulle nog nie voet aan wal sit nie. Sommiges is al 18 maande op see en kan oor sekere lande se hawens nie tuis kom nie (hulle kontrakte is meestal tussen 6 en 9 maande en dan 2 of 3 maande tuis voor die nuwe kontrak begin).
Die selfmoord statistiek het met 30% onder hulle gestyg agv depressie omdat hulle nie hulle familie sien nie.

Dis werklik vreeslik


Title: Re: ?????
Post by: PM on September 21, 2021, 08:39:21 AM
Ons (baie suidafrikaners) help so graag ander, maar die dag as jy hulp nodig het staan jy maar alleen.  So vra ek 'n man wat vir my broer werk (al 20 jaar) en ook by hom bly, om my te kom help om die tuin skoon te maak.  Graag, hy vra R250.00 'n dag.  (Die normale betaling is R200 per dag) Dir man op straat betaal R100 per dag vir sy taxi heen en weer.)  Hy het nie vervoerkoste nie. 
Vra ek hom hoeveel hy my sal vra om 'n muur van so 20 meter, net 21,5 meter hoog, te verf.  Dit is 'n waterbasis verf. 
R4 000 is die antwoord.  Ek sê ek sal hom laat weet as ek gereed is, en ons almal weet ek sal nie gou gereed wees nie.
Verlede week skakel hy vir Hannes.  My broer het sy huis verkoop en nou soek hy blyplek.  Hy sal een dag in 'n week werk vir die blyplek. Hier betaal hulle tot R2500 per maand vir 'n kamer. 
Sê nou net hy het my gratis kom help, gratis kom verf, omdat ons hom al dikwels in die verlede gratis gehelp het. Sê nou net, dan het hy gratis blyplek gekry!  Nou kan hy maar blyplek op 'n ander plek gaan soek.  In my boek werk ons saam. 
Title: Re: ?????
Post by: Meraai vannie Baai on September 21, 2021, 09:59:16 AM
My mond hang oop as ek so lees. Hier werk blanke vrouens as skoonmakers en hulle verdien $40 per uur. Nie seker wat die wisselkoers nou is tussen julle Rande en ons dollars nie maar dit goeie geld! My Suid Afrikaanse vriendin maak verskeie mense se huise asook besighede se persele skoon en is baie trots op haar handewerk. Dan is daar diegene wat eerder bakhand in die ry staan vir die staatshulp want dan hoef hulle nie 'n steek te werk nie.
Title: Re: ?????
Post by: Antjie Patat on September 21, 2021, 12:13:04 PM
Die oumense het nie doekies omgedraai nie...
Nie met gesegdes nie, en nie op die real deal se agterstewe nie.

As n mens sleg is, het my oupa altyd gese, dan is jy k.k sleg, maar die een wat wil werk, sal werk, al vee hy strate.
En my oupa was n groooot kerkman.

Ek gee veel eerder n fooitjie (wanneer ek kan) vir iemand wat in die son staan en karre oppas, as vir een by n robot.

Ek het my kwota van in die strate bly weg dankie, maar ek het nooit by n robot gestaan nie.
Nooit dwelms gebruik omdat ek daar was nie, en nooit gesteel nie.

Meraai $40 n uur is koningsgeld. Die gemiddelde gesin in SA het merkwaardig verarm, terwyl die wetters wat ons beroof, op privaat partytjies in Swede rondbaljaar met belasting geld.
Die gaping tussen middelklas en ryk is 2x groter as ooit tevore.
Doen jou die guns en gaan google WIT PLAKKERSKAMPE in SA. Mense julle sal nie glo nie. Daar is so fb blad ook.
En word gerus deel van PIXIE, wat graag kinders en vroue en oumense help. Vanoggend weer berig van n 6 jarige mooi dogtertjie wat deur haar pa verkrag word, en uiteindelik weggevat is.
Is dit armmoede se skuld? Is dit die stront wat jy rook wat jou vertraag maak? Nee hel, jy moet n spesiale soort van gemors wees om so iets te doen.
Ek kom met n allemintige skok agter hoeveel van my tydgenote en familie en vriende dagga rook? Julle ek oordeel nie. Dalk rook n ieder en elk van julle ook die omkyk-twak, maar slaat my om met n nat vis..... iewers het ek agter geraak in die samelewing....
En ek praat nou van of elke naweek of deur die week ook, baie gereeld, soos hulle het altyd n zol iewers.

Weereens, laat dit jou van die werklikheid vergeet? Ek weet CBD olie help medisinaal, ens ...maar as jy aap-twak rook om op n Griekse eiland te "beland" terwyl jou twee oe soos nat litchies teen jou bril vasklou, is dit nie vir my of jou gesondheid nie...
Flippit, sit ek dalk nou my poot reg binne die brandende vuur?
Hierdie is net my opinie hoor...
Ek trek nou my palestina-plakkies aan en klap n toon gou weg voor ek moeilikheid kry...

Title: Re: ?????
Post by: Naas on September 21, 2021, 01:58:20 PM
Giggelgras is nie die antwoord nie. Ek het gesien hoe goeie studente agteruitgaam met daai gewoonte.
Ek stem 100% saam met fooitjie vir iemand wat probeer om te werk.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: ?????
Post by: PM on September 21, 2021, 03:05:07 PM
Soos met enige ander medisinale middels is daar 'n groot verskil tussen gebruik en misbruik. 
Ek ken 'n hele paar ouens, wel opgevoed en finansieel wel daaraan toe, wat die seweblaarvingertjie sewevingerblaarjie vir ontspanning gebruik.  'n Mens moet werklik 'n onderskeid kan tref tussen die gebruik en misbruik daarvan.
Toe Hannes, juis daar in Richardsbaai, na drie weke uit die ICU uitkom, was hy baie swak en ons het vir hom tee gemaak van die groengoud (in my oe)  Dit het hom rustig gemaak en heerlik laat slaap. 
Antjie, ek verstaan goed waar julle vandaan kom met die veroordeling van die groenblaartjies, maar dit is misbruik.  Dan glo ek opreg daaraan dat elkeen geregtig is op sy opinie en ek sal dit altyd respekteer. 


My pa het ook altyd gesê dat geen werk is 'n skande nie.  Al dra jy die emmer.  Kan julle nog die "emmers" onthou?  Dit is waar die gesegde vandaan kom:  Dit is al laat al, die jamwa is op straat al.  Hulle het mos na middernag die emmers keeg gemaak.   :crybaby2:
Title: Re: ?????
Post by: Antjie Patat on September 21, 2021, 03:28:41 PM
Liefste PM

Nes jy daar se. Ek glo ook dat die regte "strain" gekweek moet word vir die regte behandeling. Ek glo vas dit werk, mits dit reg gebruik word.

Ek kan nie meer met jou saamstem as dat MISBRUIK soos in alles, die fout is nie.
My ouma aan ma se kant het ook altyd gese "alles wat "te" aan het, is  onheil, behalwe 'tevrede'.."


Title: Re: ?????
Post by: Naas on September 21, 2021, 03:32:56 PM
Dis waar.
Die rook daarvan is egter altyd onversigtig.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: ?????
Post by: PM on September 21, 2021, 03:43:44 PM
Ek is seker die tweetjies, jou Ouma en my oupa was getroud.  My oupa het ook so gesê, hy het net geglo dat te perd ook nie sleg is nie. 
Title: Re: ?????
Post by: Antjie Patat on September 21, 2021, 04:58:27 PM
 Oe dalk was hy reg, (ek net altyd gedag dis kan nie n 'ding' wees soos, n mens, kar of dier nie...) Wat is tog nou weer die mooi Afrikaanse gramatika hiervoor? Stelfstandige naamwoord dalk?  Ieder geval, dit werk so mooi in.

te dronk
te slim
te maer
te vet
te rond
te ryk
te arm
te vuil
te skoon
te slim
te verslaaf
te arrogant