• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

?????

Started by Naas, January 16, 2018, 12:36:14 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Soos met enige ander medisinale middels is daar 'n groot verskil tussen gebruik en misbruik. 
Ek ken 'n hele paar ouens, wel opgevoed en finansieel wel daaraan toe, wat die seweblaarvingertjie sewevingerblaarjie vir ontspanning gebruik.  'n Mens moet werklik 'n onderskeid kan tref tussen die gebruik en misbruik daarvan.
Toe Hannes, juis daar in Richardsbaai, na drie weke uit die ICU uitkom, was hy baie swak en ons het vir hom tee gemaak van die groengoud (in my oe)  Dit het hom rustig gemaak en heerlik laat slaap. 
Antjie, ek verstaan goed waar julle vandaan kom met die veroordeling van die groenblaartjies, maar dit is misbruik.  Dan glo ek opreg daaraan dat elkeen geregtig is op sy opinie en ek sal dit altyd respekteer. 


My pa het ook altyd gesê dat geen werk is 'n skande nie.  Al dra jy die emmer.  Kan julle nog die "emmers" onthou?  Dit is waar die gesegde vandaan kom:  Dit is al laat al, die jamwa is op straat al.  Hulle het mos na middernag die emmers keeg gemaak.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Antjie Patat

Liefste PM

Nes jy daar se. Ek glo ook dat die regte "strain" gekweek moet word vir die regte behandeling. Ek glo vas dit werk, mits dit reg gebruik word.

Ek kan nie meer met jou saamstem as dat MISBRUIK soos in alles, die fout is nie.
My ouma aan ma se kant het ook altyd gese "alles wat "te" aan het, is  onheil, behalwe 'tevrede'.."



Naas

Dis waar.
Die rook daarvan is egter altyd onversigtig.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek is seker die tweetjies, jou Ouma en my oupa was getroud.  My oupa het ook so gesê, hy het net geglo dat te perd ook nie sleg is nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Antjie Patat

 Oe dalk was hy reg, (ek net altyd gedag dis kan nie n 'ding' wees soos, n mens, kar of dier nie...) Wat is tog nou weer die mooi Afrikaanse gramatika hiervoor? Stelfstandige naamwoord dalk?  Ieder geval, dit werk so mooi in.

te dronk
te slim
te maer
te vet
te rond
te ryk
te arm
te vuil
te skoon
te slim
te verslaaf
te arrogant