• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)

Started by Meraai vannie Baai, March 07, 2015, 06:58:59 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

PM

Manne, ek kan my vereenselwig met so 'n broodjie.  Heerlik verby!   "Gog, kom laat jy gou vir ons 'n broodjie bak!"   :icon_biggrin:   
Dit is heerlik om Goggie weer terug te hê by die huis.  Nou kan ek blommetjies plant terwyl hy kosmaak!   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#211
Jy moet bietjie kom spog met jou geplante blommertjies PM!

Ek skep intussen maar vir jou 'n ietsie op as jy dalk hier verby kom.
Die uwe wou Outop bederf om dankie te se dat hy so hard werk vir ons
en sy gunstelinge waarmee hy homself saans bederf voor bedtyd is
bessies en joghurt. As ek kon kies sou myne pannekoek wees.

So daar is 'n mengelmoes-nagereg van ons gunstelinge op die menu
vanaand vir Vadersdag.



Jy kan jou gewone pannekoekdeeg gebruik vir die resep.
Hier het ek van die bessies ook in die beslag gegooi.



Ek met 'n eier-ring klein pannekoekies uit groot pannekoeke gedruk.
Het 3 klein pannekoekies uit een grote gekry en toe 6 kleintjies opmekaar gestapel.
Die repies pannekoek wat oorbly word opgerol en ook met versiersuiker bestrooi.



Elkeen bygekom met versiersuiker en bessies in helftes gesny en ook
opgesit, dan die volgende pannekoekie. Afgerond met 'n skep natuurlike
Griekse joghurt en Outop se gunsteling, die bessies en goue stroop oorgegooi.



As die tyd my inhaal word die heel pannekoek opgedis as ontbyt vir Outop.
:icon_biggrin: :bootyshake:







Naas

Ta Raaitjie, Ta Raaitjie, Ta Raatjie. Nou is my tikker weer so nat gekwyl dat my vingers oor die tikkers vgly. Moenie dit aan mens doenie man!
:love7: :toothy4: :hello2:




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#213
Naas, Naas, Naas, nou net vir Noorderliggie meegedeel dat ek liewers niks wil weet
van wat al die disse aan my mates doen nie. Wat nie gehoor word nie, kan nie skaad nie,
of iets in der voege.

Dit is dan ook my manier om vir Outop dankie te se vir sy liefde en omgee.
Die spreekwoord lui mos nie verniet dat die pad na 'n man se hart deur sy spensie loop nie!



:bootyshake: :icon_biggrin:

Anastasia

Ek het anderdag lekker saamgesmul aan die lekker (en mooi) pannekoek deur die kombuisvenster van gesigboek!  Jy het 'n absolute vernuf om lekker en mooi te bak en kook en dit dan boonop te stileer en af te neem in erfstuk foto's
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

#215
Dankie vir mooiste kompliment. Ek waardeer opreg. Het dit al voorheen gese maar ek weet soms nie wat ek die meeste geniet nie - die aanmekaarslaan van 'n dis of craft projek, of die fotosessies  :icon_biggrin:


Meraai vannie Baai

Een van die gunsteling 'brekkies' op die Lock pandok se menu is 'n slaaigevulde omelet.
Ek weet baie ouens trek hulle neuse op vir die vulsel maar ons is baie lief daarvoor.



Die drie groot druppels sous is met 'n doel daar - Outop is glad nie lief vir sous nie
maar as ek dit so opdien bly daar nie 'n druppeltjie oor nie en agterna vertel hy
baie in sy skik dat die 'sous' net genoeg was  :icon_biggrin:

Anastasia

Jou kos lyk nie net altyd lekker nie, ek verwonder my aan die stilering daarvan en pragtige foto's!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

#218
Jy is so dierbaar!  Wens ons kon eendag saam kuier. Ek sou met graagte jou wou bederf
met ietsie moois/lekker. Nou deel ek maar intussen my 'pepper egg brekkie' van vanoggend
met jou matertjie. Dit is nou aarbei-seisoen en ek maak deeglik gebruik van die groot lekkerte
wat enige bord opkikker in 'n japtrap.

  :icon_biggrin:



Die vrugte was oorskiet van 'n tafelversiering (hier mors ekke niks nie.)
Eet alles op voor dit kan verlep :bootyshake:


Anastasia

Ek sou jou graag wou inspan hier by my klein gastehuis vir ontbyt bereiding en idees.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Ek sou dit soooooooo geniet het!! Ai was ek maar nader  :crybaby2:

PM

As julle twee sonder my kuier kom slaat ek julle met my besem!   :bootyshake:


Heerlik verby! 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#222
Ek het gou eers die besem weggesteek PM. Sal mos nooit sonder jou kuier nie hoor. Ek het die ene gegaps, spesiaal vir ons saamkuier!

Blonde Cook Book

Monday
It's fun to cook for Tom. Today I made angel food cake. The recipe said beat 12 eggs separately. The neighbors were nice enough to loan me some extra bowls.

Tuesday
Tom wanted fruit salad for supper. The recipe said serve without dressing. So I didn't dress. What a surprise when Tom brought a friend home for supper.

Wednesday
A good day for rice. The recipe said wash thoroughly before steaming the rice. It seemed kind of silly but I took a bath anyway. I can't say it improved the rice any.

Thursday
Today Tom asked for salad again I tried a new recipe. It said prepare ingredients; lay on a bed of lettuce one hour before serving. Tom asked me why I was rolling around in the garden..

Friday
I found an easy recipe for cookies. It said put the ingredients in a bowl and beat it. There must have been something wrong with this recipe. When I got back, everything was the same as when I left.

Saturday
Tom did the shopping today and brought home a chicken. He asked me to dress it for Sunday. I don't have any clothes that fit it, and for some reason Tom keeps counting to ten.

Sunday
Tom's folks came to dinner. I wanted to serve roast but all I had was hamburger. Suddenly I had a flash of genius.. I put the hamburger in the oven and set the controls for roast. It still came out hamburger, much to my disappointment.

GOOD NIGHT DEAR DIARY. This has been a very exciting week! I am eager for tomorrow to come so I can try out a new recipe on Tom. If I can talk Tom into buying a bigger oven, I would like to surprise him with a chocolate moose.

:hello2: :headbang:

PM


:icon_biggrin:   Jy kan nou  maar weer die besem gaan uithaal en jou inkopies gaan doen.   :icon_biggrin:

Dankie, ek het die glimlaggies baie nodig. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#224
Die besem vat my toe na 'n afdraai, reguit oppad na spekvette verleiding PM.  :icon_biggrin:

Wonder wie van ons lesers is ook versot op 'crackling'? Gisteraand wou die varkspekkie
nie lekker saamspeel op die weber om krakerig genoeg te word nie en toe haal Outop dit af.
Ek het dit toe in die convention oven vir so half uur teen 200 grade gebak.
O my wereld - dit was kraaklekker en gesmelt soos heuningkoek in jou mond.
Hier by ons is dit baie gewild en as jy pork roast bestel, kom daar gewoonlik so pasellatjie by - crackling!



Soos gewoonlik het die oorskiet vandag op my bord beland...
daar was gelukkig ook nog 'n skeppie pampoen- en aartappelslaai oor.



Daarna het ek spekvetrond, getooi in 'n servet (omdat niks meer pas na al die selfbederwery)
saam kersvader en 'n engeltjie koffie gedrink... omtrent uit my goue slippertjies geseend :icon_biggrin: