• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)

Started by Meraai vannie Baai, March 07, 2015, 06:58:59 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

#195
Inderdaad het ons heerlik saam gekuier. Ai ek het die soort lyntjiekuiers ongelooflik gemis. En nou het ons sommer hier in die pandok se kombuis ook gou so paar lyne kon deel. So bly ek het 'n maat gekry wat ook nog murg geniet. Wonder wie lief dit nog? Daardie moerbei sop kan net 'n fees wees!

Naas

murg en breins, daais mos soos die rooinekke seg deliekatessens.  :icon_biggrin: :icon_biggrin:



Ek is maar net een, maar ek ís een.

Anastasia

So lief as wat ek murg het, hou ek verby breins.  Hie hie.  Genoeg van my eie, dankie!  Hie hie
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

#198
Ek moet darem erken, by brein hou ek ook verby al is dit 'n deliekatessen  :icon_biggrin: maar murg (selfs uit die kleinste tjoppie) het altyd my naam op en as daar nog pap (polenta by ons) en gebakte eier daarby is, word dit 'n koningsmaal!

:headbang:


Meraai vannie Baai

#199


Hierdie dis was met die oog gesteel en toe self probeer. Aangepas met wat ons in
die pandok beskikbaar gehad het was dit 'n reuse treffer! Gaan van nou af beslis
weer op die menu verskyn.



Ons het 4 hoenderdytjies gebruik in die plek van die voorgestelde borsies en Outop
het dit lekker bruin gebraai in 'n klein bietjie olyfolie. Geur met sout en peper na smaak.

Daarna het hy dit uitgeskep en in dieselfde wok was 'n halwe pak gesnyde sampioene
ook gebraai en uitgeskep.

Hierna is 2 huisies knoffel liggies gebraai in 'n ¼ koppie botter. Roer dan 1 hoogvol
lepel koekmeel in om 'n witsous te maak met 1 Oxo blokkie opgelos in 'n halwe koppie kookwater
(as jy nie hoenderaftreksel het nie) en 1 koppie room en ½ koppie gerasperde parmesan kaas. 

Geur met sout, peper en knoffelsout na smaak as jy sterker knoffelsous wil he.
Roer goed tot sous verdik.

Volgende stap voeg jy ongeveer 1 koppie gesnipperde spinasie by (ons het sommer 'n hele bos
'beetroot' gesnipper en ingegooi.)  Kook liggies tot spinasie begin verwelk.

Gooi die sampioene en hoender ook by en prut stadig saam vir nog so paar minute.
Bedien met rys of pasta.

Anastasia

Mmmm, gaan nou op slag hoender ontvries, dis geboek vir aandete!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

PM

Heerlik heerlik!  Dit is my soort kos!  Ek sal dit ook probeer.  Dankie Raaitjie.


Ek pak 'n oondskottel vol murgbene en bak dit tot gaar en dan eet ons dit ook op roosterbrood.  Njammies!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#202
Oe la la. PM, dit klink mos na 'n feesmaal! Vanoggend het ek myself weer 'n slag bederf,
(Maandae altyd moeilik vir my na 'n naweek van geselsskap rondom my en skielik weer
net ek en myself). Die omelet is geurig en vullend. Vinnig en maklik op die koop toe.

Jy gebruik 2 geklitsde eiers met 1 eetlepel water, sout en peper na smaak. 
Smelt 'n bietjie botter in 'n pan en gooi die eiermengsel in. Wanneer die kante
begin verkleur en eier bo-op begin tekens toon van stol, vul jy een helfte van
omelet met gerasperde kaas en enige groente/slaai of vulsels van jou keuse.

Vou omelet oor en dien op. Garneer na willekeur.


PM

Hierdie onderwerp se naam moet verander word!  Die vetmaakplek!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#204
Die Vetmaakplek  :headbang:

Vandag se veerligte, smelt-in-die-mond omelet is my bydrae tot PM se vetmaakplek
en die verskil tussen die vorige resep en die ene was in 'n egskeiding. Om die spulletjie
'n veerligte smaak in die kies te gee was die eierwitte styf geklop en eiergele liggies ingevou
:icon_biggrin: 


PM

Heerlik heerlik.  Ek terg maar net.  Ek hou van die titel soos dit is.  (En weg is my gatseggies) 
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

En so was dit twee dae gelede weer tyd vir ons sop bederfie.  Simpel van my, neem ek geen foto's nie!  Ek sal dit kiek sodra ons weer sop kry!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Mater, vanaand is weer ons sop aand diekant van die aardbol. Die skaapnekkie is net so na ses vanoggend in die slow cooker gegooi en ek gaan netnou die no-knead-bread aanslaan. Niks kom mos by lekker dik groentesop en 'n varsgebakte broodjie nie! My plek geboek vir jou sopfoto hoor!

PM

Raaitjie, het jy al daai broodjieresep geplaas en waar? 


Ek sal ook rustig wag vir daardie foto'tjies Anastasia.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#209
Knie-vrye-broodjie

Hier is hy matertjie. In die winter rys ons brode maar sleg en dan span ek
die klein oondjie in vir die rysproses. Dit werk soos 'n droom. Die oond moet
net baie laag gestel word sodat wanneer jou deeg dubbeld gerys het, die bak
met jou kaal hande uitgehaal kan word.

So paar weke gelede kon ons nog buite bak en brou. Nou is dit te koud en word
die gasoond van die pandok maar weer ingespan as daar brood gebak word.
Vandag se broodjie het ek in 'n glasbak laat rys en bak. Jongste beloer die storie
op die internet en se dit lyk pure dan nes koek Moekie  :icon_biggrin:



Verlede naweek ene gemaak in 'n broodpannetjie en Outop het dit in die Weber gaargemaak.



En so slaan ek my broodjie aan  :book1:



Ek neem 1 koppie lou water (nie te warm nie) en los 1 pakkie kits-suurdeeg daarin op.
Dan gebruik ek 'n klein bietjie van 'n kwart koppie bruinsuiker om by die suurdeeg te gooi
en laat staan dit vir omtrent so tien minute totdat dit skuim/borreltjies bo op begin maak
soos op die saamgestelde foto.

Sodra dit 'n lagie skuim gemaak het gooi ek dit in 'n mengbak met 'n kwart teelepel sout (jy
kan meer insit, ek moet ligloop vir soute)  en 1 lepel olyfolie. Gooi die res van die bruinsuiker
ook by as jy van 'n soetbroodjie hou.

Dan begin ek die broodmeel bietjie-bietjie byvoeg en roer met langsteelvurk.
Hou aan meel byvoeg totdat die deeg elasties word en nie meer aan die kante van jou mengbak
vassit nie. Sien saamgestelde foto waar die degie uit die mengbak in die glasbak gesit is.



Ek plaas dit met 'n deksel op in die conventional oond op baie laag en laat rys tot dubbeld die grote.
Gewoonlik 'n uur en half in die winter.



Plaas in voorafverwarmde oond van om en by 180 grade en bak tot goudkleurig en brood van die kante
van bak of pan begin wegtrek. As dit uit die oond kom smeer ek met bietjie botter en maak toe vir
'n rukkie voordat ons begin sny en geniet  :icon_biggrin: