• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)

Started by Meraai vannie Baai, March 07, 2015, 06:58:59 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

#165
 :toothy4: Alles reg PM! Dankie baie vir inloer. Laat weet hoe jou piesangbrood gesmaak het.
Vandag deel ek gou 'n geroosterde vis-dis wat my 'n duim-na-bo-kompliment van Outop se kant
af gegee het. Oorskiet spinasie, gevulde sampioene met roomkaas en 'n tamatie-en-komkommerwiel
het die ene baie smaaklik afgerond.



Nog 'n variasie indien jy nie van spinasie hou nie...



Opgedien saam 'n voorgereg en die flikker van 'n kersie of twee, word dit 'n feesmaal.





Meraai vannie Baai

#166
Ieder en elk weet ons lief eet en daarom is kosmaak deel van die lekkerte vooraf.
Hierdie voorliefde is natuurlik dan ook deel van die lekker as ons kamp. Ontbyt is
gewoonlik 'n spanpoging maar soms trek ek die brekkie-tekkies aan en bederf
Outop terwyl hy die kampeerders om ons se doen en later aan my beskryf. 

'n Geroosterde 'stone baked' broodjie is ingespan vir ons bacon-burger. Met gebrek
aan vars advokadopeer het ek die 'n avo-smeer nadergesleep. Dieselfde ontbyt by
die restaurant sou ons $15 per persoon uitgewerk het en dan sluit dit nie tamatie
en sampioene in nie! Geen wonder Outop glimlag so wyd nie  :icon_biggrin:



Afgerond met 'n geurige boeretroos, was ons reg vir die dag se staptogte om alles
te verken. Ek het hierdie :coffee2: 'n baie spesiale naam gegee wat my familie oor
die waters almal nou ken: skudkoffietjie.

Daar word 'n klein bietjie melk in die kartonhouer gegooi (net genoeg vir twee koppies)
en dan skud jy die houer paar keer baie goed. Strooi oor koffie en geniet.
Daai skuim hou tot onder in die koppie!




PM

Lekker lekker!  Ek lief vis en sal hierdie baie geniet.
Daardie koffie lyk ook heerlik!  Sal dit bietjie vir Hannes maak.
Om te weet is om te verstaan.

adele

adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

#169
So paar weke gelede besluit my wederhelf dit is tyd om 'n nuwe kamp-meghefter aan
te skaf. Tot nou was ons aangewese op fynhout en kole. Toe ek uitvind die nuwe gier is
gasaangedrewe was ek nie baie beindruk nie. Al moes ek vlug terwyl ons vuurtjie nog rook
was die saamkuier rondom die kosmaakproses, deel van die kampery se hoogtepunte.

Na afloop van 'n paar toetsgeregte moes ek elke keer erken dat indien ek nie geweet het
waarop die disse voorberei was, die uwe so kon sweer daar was 'n hardekoolvuurtjie iewers
ter sprake  :icon_biggrin:

Oordeel vir jouself...



So lyk 'n man as hy beindruk is met die bord voor hom  :bootyshake:



Hoender was net so geurig en smaaklik op die nuwe gedoentetjie  :notworthy:



Daar was tot 'n broodjie aanmekaargeslaan...






adele

mensig maar dit lyk na koningskos! Ek moet miskien so bietjie rondloer .... Alleen is dit nie juis iets nie, maar ....   :love7: 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

#171
Dankie vir inloer mater Adele. Hoop jou rondloer werp vrugte af  :toothy4:

Vandag se poging uit die kombuis is weer 'n 'steel-met-die-oog en self-probeer'.
Telkens as ek dit raaklees juk my vingers en werk die speekkliere oortyd.
Gisteroggend wou die uwe vir manlief bederf met 'n brunch wat ons hopenlik
sou deurtrek tot aandete.

Met 'n lepel het ek 'n nessie gemaak vir die eier. Die rande van die brood
is met kaassmeer bedek.



Daarna is dit oond toe tot die eiergeel 'n witlagie bo-op begin vorm en die kaassmeer
lekker gesmelt het.



Opgedien met die oorskietvulsel van ons spek-en-sampioenring van
die vorige aand op sy blare jas, was dit 'n smaakvolle dis en daar was die duim na bo
gegee van die man in die huis, as goedkeurende stempel op die poging.




Meraai vannie Baai

#172
Na afloop van 'n suksesvolle bewusmakingspoging van die Asemdief vir 2017,
het ek besluit om myself te bederf. 

En so was my "Old Wife's Treat" geskep:
Kleine bietjie sherrie is gemeng met Indian tonic water en 'n skeutjie suurlemoensap.
Ek is totaal en al versot op enige iets met 'n suur smaak. Outop het geproe en sy pruimgesig
agterna my laat besef die suurliefde deel hy beslis nie met my nie  :icon_biggrin:




Meraai vannie Baai

Ons Weber word oor naweke ingespan as oefensessie vir die komende toer van die jaar saam met
my sus en swaerie uit SA. Die afgelope Sondag het Outop 'n piepkleine skaapboudjie vir ons in hom
gaargemaak.

Die vleis is eers bestook met 'n paar kepe vir die knoffel. Toe met olyfolie vertroetel en
daarna is 'n vleisaftreksel-blokkie fyngemaak en oor die vleis gegooi. Omdat ons laat begin het met
voorbereiding is daar net mielies en 'n heerlike vars suurdeeg-broodjie by bedien. Dit was 'n fees.




Meraai vannie Baai

#174
Vullende Maalvleis Gereg



Die geheim van hierdie gereg is verskuil in die smaakvolle ontploffing van die onderskeie
gebraaide bestanddele wat apart voorberei is. Dit is nie vir die ou wat leef op 'n slaaiblaar
al om die tweede dag nie.   

Jy kan jou eie kapokaartappels maak of die kits weergawe uit 'n pakkie gebruik.
Ek het my 'mash' gegeur met 'n handvol parmesan en grofgemaalde swartpeper.
Maak 'n bietjie spinasie gaar.  Dreineer goed.
Geur maalvleis na smaak. (Sout, peper, kerrie, knoffel ens.)
Braai in 'n pan tot gaar. Skep uit.
Kerf rooi & groen peppers en 'n bietjie sprietuitjies in blokkies.
Braai liggies met bietjie olyfolie of botter en voeg gaar spinasie by.
Braai nog 'n minuut of twee en skep uit.
Hou alles in aparte houers sodat die onderskeie smake behoue bly!
Kerf 'n paar sampioene en braai liggies tot al die vog geabsorbeer is.

Dan maak jy so:
Smeer 'n pasteibak en skep jou kapokaartappels in.
Plaas nou jou peppers- en spinasiemengsel bo op aartappels.
Strooi liggies met gefrommelde feta.
Hierna word die sampioene oorgestrooi en laag gerasperde kaas.
Heel laaste word die gaar maalvleis bo-oor geplaas en afgerond met kaas
van jou keuse.
Plaas in warm oond totdat die kaas gesmelt is en die maalvleis verkleur het.
Bedien met 'n slaai en geniet.

Wil net gou byvoeg - die versoeking was groot om die kapokaartappels net
so op te dien nadat die sampioene oorgestrooi was. Sou maklik die maalvleis
apart bedien het. Dalk gebak het met 'n eier- en melkmengsel soos vir bobotie.







Meraai vannie Baai

Ontbyt Ring ala Spaanse Omelet



Hierdie ene was nog 'n loer en self probeer skepping. Hier en daar verander en kan
getuig dit was 'n ware treffer. Basies is dit soos 'n omelet wat jy nie toevou nie
en in sommige kuberkombuise word dit dan ook 'n Spaanse Omelet genoem.

Die voorbereiding neem 'n bietjie tyd. Ek het maar geloer wat in die yskas is wat
na my mening smaakvol sal wees. Onder andere ook oorskiet vleis van die vorige
aand fyngekerf.

Braai die uie, pepers en wat jy ook al besluit om by te voeg. Breek eiers in 'n bak.
Die resep het heelwat meer eiers gevra. Ek het net vier gebruik. Klits goed en voeg
jou gebraaide bestanddele by.
Gooi olyfolie in pan en plaas 'n omgekeerde (hittebestande houertjie) in die middel.
Skep nou jou eiermengsel versigtig al om die houertjie.
In die aanlynresep het hulle 'n bord bo oor die pan geplaas.
Ek het 'n glasdeksel gebruik want het besluit om nie die omelet om te draai aan die
einde van gaarmaakproses nie - wou seker maak die eier is gestol en gaar.
Klein handjievol gerasperde kaas indien verkies en 'n groenigheidjie bo op vir afronding.

Die volgende oggend het ek vir my die laaste twee stukkies opgewarm en dit was nog
steeds vars en heerlik.




Meraai vannie Baai

#176
Ons het van die maalvleisgereg wat oor was, gevries.
Ek het dit vanoggend vir ons ontdooi vir 'n eenvoudige,
vinnige 'brunch' - is daar nie iewers 'n mooi Afrikaanse
woord vir die terme nie?
:book1: :notworthy:



So was die kaal kolletjies van die ingewande smaakvol
en geurig gevul; kon ons twee krummels weer die dag
verder aanpak en ek was tevrede dat die gereg suksesvol
gevries en ontdooi het  :notworthy:




Meraai vannie Baai

#177
Warm groete vanuit die pandok se kombuis vanoggend. Wens ek kon vir jou 'n koffie skink  :coffee2:

Meraai vannie Baai

#178
Outop se Mango Hoender



Vir hierdie ene het jy die volgende nodig:



Manlief braai so lepel van die green curry paste in olyfolie. Dan voeg hy 2 hoenderborsies wat vooraf
in groterige blokkies gesny is by en braai dit saam. In plaas van die aanbevole jogurt het hy 'n blikkie
klapperroom by die inhoud van die mango sous gegooi.

Die spulletjie is toegelaat om deeglik kennis te maak voordat die bamboo shoots en groente
bygevoeg was. Laat prut totdat groente se tekstuur na jou smaak is.
Dien op saam met rys en nog so brandsousie 'on the side'.



:hello2: :notworthy: :book1:

Meraai vannie Baai

#179


Min dinge so lekker soos 'n brekkie in die tuin vroeg oggend. Die laaste snytjie tuisgemaakte brood
so bietjie gerooster in die oond - opgedollie met eier en 'n skyf of twee tamatie. Hou maar dop totdat
die eier gaar genoeg na jou smaak is. Sodra die eiergeel bo 'n witlagie begin vorm weet ek hy is perfek
vir my  :icon_biggrin:

Moet nie die blertsie uie en handjie vol kaas vergeet nie ... 'n fees vir een!