• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Plaas toe

Started by Ans Botha, February 26, 2013, 04:21:57 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

Net om julle weer lekker jaloers te maak.

Ans Botha

Nog so 'n ou enetjie.

Fransi


PM

Baie dankie vir die deel Ans.  Jy maak my baie jaloers hoor! 
Ek is bly om te sien dit gaan beter met jou. 
Ek het toe die eisbeintjie probeer, dit was heerlik, baie dankie vir jou raad. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Het dit toe uitgekom soos jy dit wou gehad het?

PM

Die vel wou nie kraak nie, maar ek reken dit is van die gerokery.  Aartappels, wortels en uie in groot stukke gesny, het saam met die coke gekook tot amper sag en dit saam in die oond gedruk.  Sustertjie, dit was koningskos.   :hello2:
Al wat ek daar in die bos gehad het was 'n soet-suursousie uit 'n bottel.  Het jy dalk 'n reseppie van hoe jy dit maak?
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Ja gewoonlik maak die gerokery die vel te sag. Ek is natuurlik nie baie lief vir gerookte kosse nie, hoewel dit manlief se beroep is, as 'n mens dit so mag noem. Hy maak van Eisbein tot kabbenoisies, tot salamies alles van wild.

Suursous om self te maak. Ek gaan nie hoeveelhede noem nie, jy moet toets tot dit vir jou reg is. Chutney (maak nie saak watter maak jy vat nie) appelkooskonfyt, asyn, pynappel, (jy kan net die sous gebruik maar is vir my lekker as jy die crushed pynappel gebruik), gemmer, en 'n bietjie sout, en water om mee te verdun. Ek is 'n kerrie mens, maar kerrie vir smaak nie kerrie vir brand nie, jy kan dan 'n telepel matige kerriepoeier bygooi. En as jy die spulletjie gemeng het proe jy dit en jy maak hom soet na smaak met bruin suiker.

En Sussa as jy lekker vet briskit (o gonna ek weet nie of daai spelling reg is nie! maar jy sal weet), het, en jy het 'n swart pot sonder pote, dan pak jy daai vleisie saam met 'n aartappeltjie daarin, en jy gooi hierdie sousie bo oor, en jy sit jou oond op 160 grade, en jy vergeet vir drie ure van daardie pot. Sorg net dat jou vleis en aartappels onder die sous le as die sous te min is gooi water by tot alles toe is. Mmmmm. Ai togggie. Lekker eet.

PM

Baie dankie Ans, dit voel werklik of ek daar by jou oppie plaas kuier.  Manlief is mal oor briskit, ek sal dit beslis probeer. 
Dit is ook wat heerlik is van die forum, ek hoef nooit reseppies af te skryf nie, dit is sommer net hier.  Dankie dat jy dit deel, ek sal dit sommer by resepte ook gaan plaas.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Alles reg so. Ek stem saam met jou manlief daardie briskit is heerlik.

Ans Botha

Ons braai plekkie in die somer na die Augustus winde gewaai het.

PM

O dis pragtig Ans.  Dankie vir die deel matertjie.  'n Mens kan werklik ure daar deurbring. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Hierdie pot het ons op ons plaas in 'n klipkraalmuur ontdek. Hy was toegebou toe ons hom die eerste keer gekry het. Die vee trekkers het vroeër jare mielies of koring daarin gebere om te eet as hulle met hulle vee daar oornag het. Die bobbejane het die muur nou al so beskadig ek gaan nou maar die pot uithaal en dit by my huis kom bewaar.

Angelica

Sjoe, dis super interessant, Ans.
Sou hulle dit daar weggesteek het tot die volgende keer as hulle daar verbykom?
Goed dat jy dit bewaar.
elle

PM

Wow!  Wat lê nog daar verskuil?  Dit is so interessant, ek stem saam met Els. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Dit is werklik besonders.