• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Plaas toe

Started by Ans Botha, February 26, 2013, 04:21:57 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai


Ans Botha

Dit is hoe dit in die Mampoer valei lyk as die wolke na ons aangerol kom, as ons in die ry staan vir 'n moontlike bietjie reën.

PM

Pragtig.  Ons het vanaand 'n stort buitjie gekry.  Net genoeg om 'n lafenis te bring.  More sal ek maar weer tuin water gee. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

So mooi. Ek het oor die naweek net weer besef dat elke plek sy eie mooi het.

Ans Botha

Dit is waar ja. Ek was al op mooi plekke, en elke plek het sy eie tipe mooi. Ek hou van berge watervalle en riviere, maar die plat karoo en die see hou sy eie bekoring in. 'n Mens moet net dit raaksien. Hier word die perde aangejaag huis toe vir hulle dip teen borsluise, en 'n Perdedag op 'n plaas in die omgewing.

PM

Die paadjie lyk so mooi met die groen gras. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Een van die kranse op ons plaas wat ek met julle wil deel. Ongelukkig kan ek nie stap tot daar nie, die tyd is bietjie min as ek gaan stap, as ek dit moet doen sal ek vir seker donker by die huis aankom. Ons gaan kamp party sondae daar, maak kos daar en verkeer maar net rustig. Nuwe jaar sit ons daar tot ou aand toe voor ons huis toe gaan.

PM

Dit is pragtig.  Ek sou wat wou gee om dit te deel, op voorwaarde ek kan daarheen ry.  Ek is bly jy is weer uit en tuis en by die huis.
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Ek sal my man ompraat om jou me sy noagbakkie soontoe te vat.

PM

Dit klink gevaarlik!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Dan moet jy maar saam met my stap vriendin! Of dit of die Noagbakkie

PM

Ek sal die Noagbakkie vat dankie, dan is ek eerste daar!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Hie hie dan kan jy solank  die koffetjie regkry, ek hoop jy bak beskuit, ek nie 'n huisvrou nie!

PM

Dit maak twee van ons, ek koop dit by die tuisnywerheid.   :icon_biggrin:  Sal liewers 'n morg mielies plant.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Ja daai tannies kan vir jou lekker beskuit bak. Maar ek wonder of hulle kan stap en die natuur geniet? Ek kan darem lekker koffie brou!