• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Plaas toe

Started by Ans Botha, February 26, 2013, 04:21:57 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

Die kraalmure word met leiklippe gepak en dan word die pot in 'n opening gesit amper heel bo op die muur. 'n Paar leiklippe word dan bo op die pot gepak om die pot te versteek. Daar is spesifiek vir die vee trekkers kos daarin gelos. Wie dit gedoen het weet ek nie. Maar die kos was vir hulle bedoel en hulle het geweet van die versteekte pot. Die pot is maar net versteek sodat dit nie nat moet word as die reen nie.

Fransi

Dit is regtig baie interessant.

PM

Daardie pot moet regtig bewaar word.  Ek wonder hoe oud dit is?  Kan jy skat?
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Ek gaan terug kom na julle toe wil net eers in my argiewe 'n draai gaan maak.

Angelica

'Seblief. 
Wat ek oor wonder:  Mag jy die pot jou eiendom maak, in jou besit he?
Sien jy kans om dit aan 'n museum te skenk? 
elle

PM

Ek glo wat jy op jou eie plaas ontdek behoort seker aan jou?  Dit is 'n baie interessante vraag. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Jare gelede toe ons die plaas gekoop het was hier novorsing gedoen op die plaas oor al hierdie dinge, hulle het niks gese nie. Die bobbejane verwoes in elk geval nou alles. Ek gaan daardie pot verwyder net om hom te red. Anders word hy stukkend gegooi van die kraarlmuur is daar in elk geval nie veel meer oor nie.

PM

Ja beslis, doen dit.  Dit is te waardevol om aan die bobbejane se genade oor te laat. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Ek stem saam. Hierdie pot hoort in die Mampoer vallei, en as julle hierdie museums sien wat hier is, sal julle verstaan dat ek dit gaan hou. As ek eendag hier weggaan sal ek dit aan iemand skenk wat net so lief is vir hierdie wêreld as wat ek vir dit is. Sodat hier kan bly waar dit hoort.

PM

 :icon_salut: Dit is 'n uitstekende antwoord.  My oom het familiegeskiedenis-dokumente en 'n ou familiebybel aan 'n museum geskenk en toe ons daarna wou gaan kyk het dit net voete gekry.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

By ons museum het daar blykbaar ook al 'n paar dinge voete gekry. Veral die speelgoed. Dit is jammer, want ek glo dat as jy iets so besonders ontdek wil jy dit graag met ander deel. Dit maak my vies as ek bv. hoor van 'n kunswerk deur 'n meester wat privaat gekoop is en weggebêre word in 'n kluis, maar ek verstaan beslis hoekom jy dit eerder self wil bewaar.

Angelica

 :hello2:
Ek stem, sommige mense heg geen, maar geen waarde aan die historiese en nalatenskap van ons voorgeslagte.
So, ons kan hulle in dieselfde kamp jaag as die bobbejane... :headbang:
elle

PM

Daar slaan jy die spyker op die kop Els. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

'n Sonsondergang se strale in my tuin. Dit is so mooi ek moes dit net gou met julle deel.

PM

Pragtig.  Baie dankie Ans.  Nou sien ek waar jy jou inspirasie gekry het vir jou gediggie.  Pragtig.  Dankie vir die deel Nooi.
Om te weet is om te verstaan.