• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Plaas toe

Started by Ans Botha, February 26, 2013, 04:21:57 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

Net 'n begin om vir julle te wys hoe dit van tussen die klowe deur op ons plaas lyk. Dit is hier waar ek elke dag 6 km ver stap. Ek gaan nou weer die pad aandurf. Met die wete dat daar dalk vir my 'n luiperd of 'n slang op die pad kan wag. Maar die natuurskoon is so mooi, en die vars lug maak alles die moeite werd.

Meraai vannie Baai

Watter voorreg is dit nie Ans! Dankie vir die deel. Ons sien uit daarna om saam met jou te kan kuier rondom die woordtafel en julle lieflike omgewing te leer ken.

PM

Dankie vir die wys Ans.  Ons is klaar gepak en durf die lang pad Kaap toe aan.  Sodra ek weer opvangs het kom kuier ek weer hier.  Hoop jy kry nog 'n paar mooi foto's. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Een aand terwyl ek oppad is die veld in. Die wolke het soos 'n klein paradys gelyk, die aantrekkingskrag so groot, en met die blote oog kon 'n mens die wonderwerk ervaar en met die wind wat deur die blare gewaai het, kon mens die Grote Heer hoor met jou siel werk.

Fransi


PM

...kon mens die Grote Heer hoor met jou siel werk.  Prikkel die mooi woorde van jou rillings teen my ruggraat af.  Mooi gesĂȘ Ans.  Pragtig!
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Wil net hierdie veldblommetjie met julle deel. Hierdie jaar was daar min van hulle al het dit so baie gereen hier by ons.

PM

Baie dankie Ans.  Dit is die klein diamantjies in die natuur.  'n Voorreg om dit met jou te deel.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Soms is die grootste skatte daar reg teen ons voete, ons moet net afkyk! Dankie vir die deel Ans, ons het geniet!

Ans Botha

Dan is daar ook die hartseer oomblikke, as een van die bobbejane dit nie gemaak het nie.

Meraai vannie Baai

'n Tyd om te kom en 'n tyd om te gaan ...  :crybaby2:

Ans Botha

'n Uitsig van daardie selfe grot af waar ons die bobbejaan geraamte gekry het. Daardie bobbejaan het gesterf met die mooiste uitsig langs hom. Daar waar hy ver oor die mampoer vallei kon uitkyk, die golwende natuur kon sien. Daar glo ek sou hy weet, sy lewe was die moeite werd.

PM

Ag dis so mooi.  Eendag is eendag dan gaan ons dit ook kom waardeer.  Dankie vir die deel Ans.
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

'n Sonsopkoms vanuit my voordeur.

PM

As ons meer tyd gehad het kon ons maklik die pad verby gehou het reguit plaas toe!  Ek droom maar net drome, 'n mens mag mos maar! 
Dit is baie mooi. 
Om te weet is om te verstaan.