• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Plaas toe

Started by Ans Botha, February 26, 2013, 04:21:57 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek is mal oor lekker sterk boeretroos, swart en sonder suiker asseblief.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Wil julle net so 'n bietjie jaloers maak. Dit is vrydag en ek is op die plaas en dit is hoe ons ou plasie my groet as ek tuis kom

PM

Ek is baie jaloers hoor.  Dit kan net lekker wees.  Ans, ek weet nie wanneer nie, maar eendag is eendag dan kom kuier ek vir jou op die plaas.  Net 'n om stukkie van daardie rustigheid in te drink. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha


Ans Botha

Wil net vir julle wys hoe 'n sonsopkoms voor die winter lyk in die mampoer vallei

Fransi


PM

Dis "viskikik" mooi Ansie.  Baie dankie dat jy dit met ons gedeel het.  Toe ek die foto groter maak toe klap daardie pragtige gekleurde wolke my teen die hart.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Jy wat so rond toer moet bAie mooier sonsopkomste as dit sien. Maar die ou mampoer vallei is my hart, als hier is vir mooi wat die natuur aanbetref.

PM

Dit is so, ons sien baie, maar elkeen is uniek en ek lief elkeen, al is dit net 'n kleurtjie in die lug. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

Jy is baie stil Ansie.  Wat doen jy dat ons jou nie hoor of sien nie?
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Behalwe dat die griep my vir twee maande plat gehad het, is ek nou besig om my "hoe noem julle dit?" Autobiografie te skryf. Ek was halfpad met hom toe ek eendag iets raaklees, 'n gebed, toe besef ek, ek is op die verkeerde pad met die boek. Dit is toe dat ek alles delete, en van voor af begin. Ek skryf nou so ek dink as mense my op straat sien sien hulle net hoe die alfabet by my ore uit spiraal. Jy was self ook maar stil. Hoe was julle Vryburg trippie toe gewees?

PM

Ons het besluit om eers 'n paar dae te rus.  Was in Marloth Park vir 10 dae en toe gaan kuier ons by Hannes se sus in Leeupoort.
Ons is besig met die finale houtwerk in die huis en dan is daar 'n boel goed wat agterwege gebly het wat ons op datum moet kry.
Hannes is hierdie week op 'n noodhulpkursus.  Eskom vereis dit nou van alle konsultante.  Dan wil ons nog 'n paar dae leegle, e met 'n kappie op.  :icon_biggrin:
Die griep het ook gedink ek sal my wat verbeel as hy by my verbygaan, maar nou gaan dit baie beter.
Die boek hou my vreeslik besig.  Dit is nou op die puntjie om drukkers toe te gaan.
Hierdie keer nommer ek die bladsye en tot my skok het ek agtergekom dat 80% van die nommers verdwaal geraak het in die kleure.  Ek is nou besig om dit een vir een aan te pas sodat dit leesbaar is. 
Ons vier vandag ons 1ste vloedverjaarsdag.  Dit was laasjaar die 26ste toe ons lewens drasties verander het.  Die berg se versekering baklei nog oor wie se skuld dit was dat daardie 20 miljoen liter water en 10 ton modder en klippe daar van bo van die berg af gekom het.
Verder gaan dit goed en ons kan nie kla nie. Dit is heerlik om by my eie kaia te wees.   :love7:


Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Bly om te hoor dit gaan goed en jy is weer aan die gang. Iewers a long the line het ek die vloed storie gemis. Jy sal moet vertel vriendin.

PM

Dis 'n lang storie.  Ek sal dit in my eie plekkie gaan plaas sodra ek 'n tydjie kry. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha