• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)

Started by Meraai vannie Baai, December 27, 2012, 02:06:27 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

PM

Ek het nou net gou gaan kyk wanneer hierdie onderwerp geplaas is, toe sien ek weer hoe pragtig jy die toestand verduidelik het.  Weet jy hoeveel is 123,000 kere gelees?  Dit wil gedoen word!   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#406
Dankie vir jou gereelde ondersteuning en omgee mater. Ek besef dat dit nie opbeurend is om oor die onderwerpe te gesels nie maar die leserstal staaf die feit dat daar wel mense is wat opsoek is na inligting in Afrikaans oor skeet en kwaal hetsy (on)geneesbaar.

Ons PH gemeenskap treur vandag na nog 'n mater haar vlerke verdien het en nou vrylik asemhaal. Sy was 'n inspirasie vir ons met haar unieke humorsin. Met haar toestemming vooraf verleen, wil ek graag hierdie deel ter nagedagtenis. Haar byskrifte by geleende fotos is kosbaar en sy het gereeld genoem dat ons asb. vrymoedigheid moet neem en deel.

RIP Lilly.




Anastasia

Kosbare foto.  Ek het op facebook gelees, en het direk hierheen gekom om met jou te gesels.  Sonder dat ek geweet het jy het hier gedeel.  Ek wou vir jou sê dat elke keer as 'n mater of geliefde aan dieselfde swaar pakkie wat jy self dra, struikel en die ewigheid in vlieg, dit hard aan jou eie vel pluk.  Ek weet.  So, ek hou jou styf vas in my metaforiese arms vandag.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Ek weet jy verstaan, spesiale drukkie vir jou Anastasia.  So hou ons mekaar in die gees vas. Soos jy se, elkeen het sy eie swaar pakkie om te dra maar die omgee van maters soos wat ons hier het, is kosbaar!
:love7:

Anastasia

Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Nie alle siektes is sigbaar of geneesbaar nie maar midde kroniese ongesteldhede is daar innerlike heling te vind in iets so alledaags as 'n glimlag - al lyk dit soms meer na 'n grimlag  :icon_biggrin:


PM

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Meraai vannie Baai

#413
UITEINDELIK! Is dit moontlik dat daar vir pasiënte met linkerhartversaking in die asemdief-oorlog, 'n lig in die PH tonnel begin skyn?

:read2: :notworthy: :icon_salut:

Behandeling met Milrinone verbeter hartfunksie by pasiënte met PH as gevolg van linkerhartsiekte het 'n nuwe studie bevind

Tot op hede is daar geen goedgekeurde terapieë vir pasiënte met PH as gevolg van linkerhartsiekte (PH-LHD) nie. Ten spyte van die feit dat verskeie pulmonale arteriële terapieë ondersoek is, het niemand nog kon bewys dat hierdie behandelinge, effektief vir PH pasiënte met linkerhartsiektes is nie.
:crybaby2:

Gevolglik is daar 'n behoefte om "alternatiewe middels te ondersoek wat effektief is teen hierdie vorm van PH en om hul doeltreffendheid te bewys," het navorsers geskryf.

Milrinone, beskikbaar onder die handelsnaam Primacor (onder andere), is 'n algemene behandeling vir hartversaking, en kan waarskynklik 'n terapeutiese effek op PH-LHD hê.

Navorsers het die gebruik van milrinon getoets in 60 pasiënte met PH-LHD, wat almal konvensionele behandeling vir hartversaking ontvang het. Die navorsingsdwelm wat in die studie gebruik is, was 'n milrinone-inspuiting, vervaardig deur Nonan Bate Pharmaceuticals in China.

Voor en na behandeling het al die pasiënte (die wat behandel was met milrinon en die wat konvensionele behandeling ontvang het) 'n ekkokardiogram ondergaan sowel as 'n ultraklankskandering wat intern na die hart en nabygeleë bloedvate kan kyk,  Bloedmonsters is ook geneem en ontleed.

Resultate het getoon dat behandeling met milrinone die PH-LHD-pasiënte se pulmonale arteriële sistoliese druk (PASP) aansienlik verminder het, terwyl geen effekte gesien is by pasiënte wat met konvensionele terapieë behandel is nie.

Verder, met 'n dosis van 0,5 mikrogram / kg / minuut, het milrinoon uitstekende doeltreffendheid getoon en die hart se linker ventrikelstruktuur en funksie van pasiënte met ligte tot matige PH-LHD het aansienlik verbeter.

Aangesien net 2 uit die 60 pasiënte ernstige PH-LHD gehad het in groepe A en groep B, kon navorsers nie die effektiwiteit van die terapie in hierdie spesifieke groep evalueer nie.

Die instandhoudingsdosis van milrinoon het gedurende die verloop van die behandeling geen beduidende nadelige reaksies veroorsaak nie.

Algehele resultate dui daarop dat "'n klein dosis milrinoon PASP aansienlik kan verminder in pasiënte met ligte (mild) en matige (moderate) PH-LHD, en die hartstruktuur, hartfunksie en biochemiese indekse aansienlik verbeter," het navorsers geskryf.

In toekomstige studies kan die milrinone instandhoudingsdosis binne die vermelde dosis verhoog word, om te sien of hartfunksie en -struktuur, PASP en toetsaanwysers van pasiënte met PH-LHD verbeter kan word en of nadelige effekte gaan toeneem met hoër dosisse het hulle bygevoeg.

Bron: https://pulmonaryhypertensionnews.com/2018/08/23/study-examines-milrinone-role-patients-ph-due-to-left-heart-disease/?utm_medium=desktop-push-notification&utm_source=Notifications&utm_campaign=OneSignal

PM

Ek glo almal staan saam en hou styf duime vas dat daar 'n helder lig in die tonnel is Raaitjie.  Dankie nogmaals vir die inligting wat jy so getrou oordra.  Jy is in elk geval 'n liggie in ons gange. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

As jy nie die gange vir ons geskep het en in stand hou liefste PM, kan niemand se liggies hier skyn nie. Wil net weer kom dankie skryf vir ses jaar se omgee en ondersteuning. Die forum is vir my 'n toevlug in baie opsigte.

:love7: :notworthy:

Naas

Ditto Ta Raaitjie. Onse Forummoeder het 'n groot omgee hart. Ek wil vir Hannes hierby insluit. As hy nie so mooi na mammie kyk nie...


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#417
Voorwaar is ons geseend Naas! As dit nie vir die forum was nie sou ek beslis nie soveel persone kon bereik deur 'n bewusmakingsveldtog van die asemdief nie. Sal PM ewig dankbaar bly vir die groot voorreg. Onderstaande bewusmakings plasings word gedeel op versoek van die PH Assosiasie.org









Meraai vannie Baai

#418
Ek glo vas dat positiewe denke (selfs al is dit net 'n illusie) 'n kragtige helingsmiddel is. Ons besit die © op hierdie voorreg!



Muhammad Ali
"To be a great champion, you must believe you are the best. If you're not, pretend you are."

Meraai vannie Baai

#419
PH Medikasie dra by tot verergerde simptome

'n Groot deel van die hantering van pulmonale hipertensie is die neem van nodige medikasie om simptome te verlig en om progressie te vertraag. Omdat pulmonale hipertensie meer as net die longe affekteer, het baie PH pasiënte 'n lys van ten minste 'n dosyn verskillende medikasie om verskillende dele van die liggaam te behandel.

Medikasie is nodig, maar hierdie hulpmiddel kom nie sonder 'n prys nie en die newe-effekte dra by die uitdagings van die hantering van chroniese siekte. Ongelukkig kom medikasie saam met 'n lys van newe-effekte wat oorvleuel met simptome wat diegene met pulmonale hipertensie reeds ervaar.

Om jou liggaam  se waarskuwingstekens en die oorsake te bepaal en herken, is moeilik. Wanneer jy dus ekstra simptomaties voel, is dit natuurlik dat jy gaan wonder of simptome voortspruit uit die verergering van PH of is dit weens medikasie? Moet jy bekommerd wees dat jou toestand versleg of moet die medikasie-dosis aangepas of iets bygevoeg word?

Baie pulmonale hipertensie simptome - soos duiseligheid, moegheid en naarheid - oorvleuel met medisyne se newe-effekte.

Sommige hartmedikasie (vir probleme soos aritmieë) wat van die simptome verhoog, sluit in beta-blokkers, waterpille (diuretika), inhalors en steroïede.

Die beta-blokkers werk deur blokkasie van die dele van die hart wat jou harttempo verhoog. Dit verlaag die hartklop maar vererger die tamheid wat jy gewoonlik ervaar a.g.v. PH,  veral tydens hittegolwe.

Waterpille verminder oortollige vloeistof in die liggaam, maar verlaag ook jou bloeddruk. Dit kan duiseligheid veroorsaak wanneer jy opstaan. Soms beinlvloed dit ook jou kaliumvlakke, wat kan lei tot onaangename newe-effekte soos hoofpyn en moegheid.

Geen wonder dat ons soms wonder of dit selfs die moeite werd is om die medikasie te neem? Al hou ons nie van die newe effekte van verergerde simptome wat baie van die medikasie veroorsaak nie, gaan jy slegter voel sonder dit want hierdie medikasie wat jy daagliks neem is nodig vir die funksionering van jou liggaam met die minste fisiese stres wat daarop geplaas kan word. Sonder hierdie medikasie moet jou organe baie harder werk.

Brittany Foster stel voor in haar artikel dat jy jou simptome dokumenteer en sodoende 'n aktiewe rol speel in die versorging van jouself en die neem van medikasie. Dit help veral wanneer jy buitengewone simptome begin ervaar. Op dié manier kan jy agterkom of daar 'n patroon is.

Sy skryf: "Wanneer ek iets aan die dokter rapporteer wat kommerwekkend is, ontleed ek tendense. Het ek op daardie stadium 'n nuwe medikasie begin? Het ek onlangs 'n dosis verhoog of verminder? Is die simptoom op 'n spesifieke tyd van die dag of ongeveer dieselfde tyd van die maand? Op soek na hierdie patrone help om my simptome te verduidelik, wat dit vir die dokters makliker maak om vas te stel of die probleme medikasieverwant is, of lewenstylveranderinge kan help of as die onsekerheid verdere ondersoek benodig.

BRON:
https://pulmonaryhypertensionnews.com/2018/08/31/ph-medications-add-symptoms/?utm_medium=desktop-push-notification&utm_source=Notifications&utm_campaign=OneSignal