Hierdie lyne van jou het vir my soveel persoonlike betekenis: "Ons dra elkeen 'n kruis na diagnose van kroniese toestande en soms is die graffiti daarop eers verstaanbaar wanneer ons die simptome een vir een probeer baas raak"
My stryd met Lupus plaas my in 'n appelmandjie van verstaan wat in die peermandjie aangaan. Lupus is ook 'n siekte waarvan min mense bewus is. Soos in jou geval, is daar nie daaglikse sigbare simptome nie, en kan ander nie jou daaglikse stryd verstaan nie.
Ek moet myself tog net sover bring en 'n topic begin hieroor, en my pad daarmee. Maar ek dink dit is moeiilik om eers te begin. Soos met die boek wat halfpad is oor my ander stryd. Dis of die skryf daarvan my in 'n donker plek plaas. Maar dis dalk net deurdruk. Om die rowe vir eenmaal en klaar af te trek, al is dit pynlik