Ek glo met my hele menswees dat Megan Marjorie se woorde 'n spieëlbeeld sal wees vir elkeen wat lewe met 'n kroniese siektetoestand. Haar uitdrukking van 'ek is 'n professionele pasiënt' het my diep getref en wil graag haar wysheid deel met diegene wat ook 'professionele pasiënte' is.
Om siek te wees, is nie wie jy is nie. Dit is net iets waarmee jy moet saamleef.
Ek sal lieg as ek sê my siekte het my nie beperk nie. Dit het om 'n "suksesvolle" lewe te lei volgens anders se maatstaf, verfonkfaai.
As gevolg van my siekte het ek geleer dat ek krag besit wat die meeste gesonde mense sou beny.
As gevolg van my siekte het ek geleer dat die lewe 'n geskenk is wat nie vermors moet word nie, so ek behandel dit dienooreenkomstig.
Wanneer die geleentheid vir avontuur kom, gryp ek elke geleentheid aan, alhoewel ek later later fisies gaan betaal vir die pret beleef. Ek maak seker dat die genot ervaar, elke ons van pyn agterna die moeite werd gaan maak.
As gevolg van my siekte kan ek skoonheid en vreugde vind in selfs die mees alledaagse of pynlike ervarings.
As gevolg van my siekte het ek my 'stem' gevind. Ek het my passie gevind. Ek wil hê ander moet weet dat 'n lewe vol pyn en stryd nog steeds 'n pragtige en wonderlike vol lewe kan wees.
Dit mag nie vir 'n gehoor van duisende wees nie, maar ek het geleer dat wat ek moet sê en wat ek skryf, saak maak.
Deur my ervarings te deel, kan ander minder alleen voel, maak nie saak wat hulle beleef en ervaar nie.
My lewe mag nie wees wat ander as "suksesvol" beskou nie - maar ek is trots op wie ek is en wat ek bereik het.
En my toekoms, hoe lank dit ookal gaan wees, mag dalk nie die wêreld se weergawe van "suksesvol" wees nie maar dit sal pragtig en die moeite werd wees, want ek werk hard daaraan om my lewe te laat draai om die dinge wat ek lief het en ek is trots daar op.
BRON:
https://themighty.com/2018/09/hearing-im-sorry-being-chronically-ill/?utm_source=engagement_bar&utm_medium=facebook&utm_campaign=facebook_share