• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

'n Hand en tand bekgeveg teen die asemdief PH (Pulmonale Hipertensie)

Started by Meraai vannie Baai, December 27, 2012, 02:06:27 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

#195
Die volgende inligting wil ek deel met pasiente wat nuut gediagnoseer is en dalk van die verdoemende skakels op die internet raakgelees het waarin skrikwekkende, verouderde inligting oor Pulmonale Hipertensie nog beskikbaar is. Dit is soms een van die moeilikste toestande om te diagnoseer en in die geval van PH verskyn simptome eers wanneer die siekte reeds te ver gevorderd is. Gewoonlik is daar 'n tydsverloop van gemiddeld twee tot drie jaar voor korrekte diagnose gemaak word.

Een feit wat nog steeds bly staan soos 'n paal bo water is dat PAH beskou word as 'n raar mediese toestand.

Wanneer word 'n mediese toestand as 'raar' beskou? The European Union meld dat wanneer minder as 5 persone in 'n groep van 10,000 lei aan 'n siekte, dit beskou sal word as 'n 'rare disease'.

Onbehandeld is en bly sommige takke van PH 'n lewensbedreigende toestand. Daar is intussen 'n magdom navorsing gedoen rakende die asemdief en verskeie medikasie en hulpmiddels beskikbaar om die lewensgehalte van pasiente te verbeter.

Behandeling:

Hoewel daar nog geen kuur vir pulmonale hipertensie is nie, is daar baie behandelings wat die lewensgehalte van lyers kan verbeter.

Pulmonêre hipertensie word eerstens behandel met medikasie na korrekte diagnose gemaak is. Hierdie medikasie word soms in kombinasie gebruik vir verligting van simptome.

*Medikasie om bloeddruk te verlaag

*Bloedverdunningsmiddels

* Medikasie om vernoude bloedvate te verwyd

* Middels om die hart se pompaksie meer effektief te maak

* Vogafdrywende medikasie om hartversaking te voorkom

* Sommige pasiënte kan aanvullende suurstof benodig

Pasiënte met PH wat nie reageer op mediese behandeling nie kan 'n dubbel-longoorplanting benodig. Tydens 'n longoorplanting, word die siek longe vervang met skenkerlonge.

Meraai vannie Baai


Meraai vannie Baai


Meraai vannie Baai


Meraai vannie Baai

#199
Nuwe navorsing: Kan dit dalk lei tot die uitwissing van 'n geen wat PH veroorsaak?

http://yaledailynews.com/blog/2015/11/10/professor-finds-likely-key-to-cure-for-pulmonary-hypertension/

Yale researches performed a study on the cardiovascular system of mice and found that a specialized cell known as a 'progenitor' is responsible for increasing lung vessels in a place where smooth muscle cells should not exist. According to the study, pulmonary hypertension can be prevented if the gene that causes the progenitor to become a muscle cell is deleted.

Dokter Maarman (wat self besig is met sy eie navorsing oor hierdie onderwerp) het die volgende geantwoord op die Asemdief se blad waar ek hierdie artikel gedeel het: This is a very important finding my goodness. Thanks for sharing, it confirms what we've been suspecting all along.

*Een uit elke vier sterftes in die USA is weens hartverwante siektes waarvan pulmonale hipertensie, 'n deel vorm.

Marinda Kemp

Upington is nie vir sissies nie.

Meraai vannie Baai

Ek is dankbaar dat jy die inligting handig gevind het liefste mater  :love7: Sterkte vir jou.

Marinda Kemp

 :love7: Dankie Meraaitjie, nou maak baie dinge sin, meer sin as die altyd se gewonder. Jy is 'n  :angel7:
Upington is nie vir sissies nie.

Meraai vannie Baai

#203
Omdat hierdie toestand so raar is matertjie, kan ons nie altyd (daar is uitsonderings) soos ander pasiente na 'n dokter gaan vir antwoorde nie. Jy is deel van 1 uit 'n miljoen en dit beteken dat jy dit aan jouself verskuldig is om navorsing te doen oor waarom jou liggaam reageer met simptome en meestal gepaardgaande met verkeerde diagnose indien jy sou hulp soek.  Sommige pasiente het tot soveel as tien dokters gaan spreek voordat die asemdief as verdagte ge-identifiseer was. Dan volg die horde toetse en wag.... watter soort PH? 

As ek 'n lysie sou maak van mede PH'ers wat verkeerd gediagnoseer is sou dit nie 'n baie goeie lig op die mediese professie gooi nie en glo my vry, hulle sal dit ten alle koste wil ontken maar waar dit die asemdief aanbetref, word hulle foute letterlik 'begrawe'.


Meraai vannie Baai



So dikwels vra mense hoe voel jy vandag? Te skaam om 'broken'  :crybaby2: te antwoord, glimlag ons met 'OK' dankie  :icon_biggrin:

*Baie dankie vir toestemming verleen deur Pretty with PH vir die gebruik van hulle grafiese voorstelling  :notworthy:

Meraai vannie Baai

Hierdie grafiese voorstelling is sekuur in die kol!



*Geleen met erkenning/toestemming.

Meraai vannie Baai

#206
*Grafiese embleem geleen met erkenning: Deb Brownell, Carnation, WA



Hoekom 'n Zebra embleem vir PH?

Dokters word geleer om algemene simptome met algemene kwale te assosieer. "Wanneer jy hoefslae hoor, dink perde, nie sebras."

Pulmonêre hipertensie is 'n mediese sebra. Net soos 'n sebra se hoefslae klink soos 'n perd, so is PH simptome dikwels soos iets meer algemeen. Soms kan hierdie algemene simptome aanleiding gee tot verkeerde diagnose van asma, COPD, slaapapnee, vetsug of ander algemene siektes en word PH gemisdiagnoseer.

Korrekte diagnose is tydrowend. Gemiddelde oorlewing sonder behandeling is ongeveer 2.8 jaar, en daarom is die tydsduur van akkurate diagnose lewensbelangrik. Ongelukkig is die gemiddelde duur van simptome se aanvang om 'n bevestigde diagnose te maak deur 'n regterhart kateterisering, ook 2.8 jaar.


Bron:http://www.phassociation.org/SometimesItsPH/AboutTheCampaign

**********************************************************************************************************

*"When doctors hear hoof beats, they think horses, not zebras. Pulmonary hypertension is a medical zebra."

Breathless?

You are just unfit...
I must admit,
you are too fat!

Do you hear the hoof beats?

You are stressed...
I have no doubt,
you are just depressed!

Do you hear the hoof beats?

Just huffing and puffing...
tossin' while coughin'
puts the nail in the coffin!

©Asemdief (Meraai vannie baai) 2015


Meraai vannie Baai

Ons beleef op die oomblik 'n hittegolf  :crybaby2: en dit dreineer selfs die sterkstes onder ons se energie :icon_biggrin: so ek gaan nie skuldig voel oor die behoefte om ergens te gaan wegkruip tot dit weer winter is nie  :toothy4: 

adele

Dit moet erg wees vir jou. Ai Raaitjie, dink so baie elke dag aan julle ...
hier was ook vir lank, twee keer nou al, 'n hittegolf maar as ek dinge so beluister, is die ergste nou eers weer gebreek en die somer terug na normaal ...hie hie, wat normaal ookal moet beteken.
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Waardering vir omgee mater  :love7:

People most at risk of heat-related illness

Anyone can suffer from heat-related illness, but those most at risk are:

People over 65 years, particularly those living alone or without air conditioning

Babies and young children

Pregnant and nursing mothers

People who are physically unwell, especially with heart disease, high blood pressure or lung disease

People on medications for mental illness.

Elderly people are more prone to heat stress than younger people because their body may not adjust well to sudden or prolonged temperature change. They are also more likely to have a chronic medical condition and be taking medication that may interfere with the body's ability to regulate temperature.

Bron: https://www.betterhealth.vic.gov.au/health/healthyliving/heat-stress-and-heat-related-illness