Toe ek hierdie artikel op die forum begin het, was ons besig om te probeer bewys dat lugbesoedeling kan bydra tot ernstiger newe effekte vir persone met PH weens onbekende oorsake.
Uiteindelik het daar vir ons na vier jaar van intense navorsing en dokumentering, 'n lig in die tonnel begin brand en maak soveel van die ongemak en asemnood skielik meer sin. Na nog 'n nare SOB (short of breath) episode gisteroggend het ek radeloos begin grawe na antwoorde hoekom my longe so in opstand kom as daar skerp reuke in my nabyheid is! Soms is onbeheersde hoesbuie my voorland soos reeds vier jaar gelede aangeteken.
Laat ek net vinnig probeer verduidelik. Daar was 'n sak met rooi uie in ons groentekas. Na die maandlange verlof het dit ongebruik bly le en elke keer as ek naby die kas kom, was dit onmoontlik om my asem diep in te trek. Hoe langer ek in die kombuis besig was, hoe meer het my longe protesteer en elke asemteug pynliker geword.
Dieselfde het verlede week gebeur nadat ek by die plaaslike winkel in die ry gestaan het om te betaal vir my aankope. Die vroue om my se parfuumreuke het my longe so affekteer dat my sig dof geword het van suurstof te kort! Dieselfde het ook al gebeur terwyl ek eendag oppad was na Meisiekind op die plaas en boere in die omgewing besig was om gewasse te spuit.
Nog sondebokke is enige bron van rook en selfs stoom terwyl jy kos voorberei. Ek het dit aan my dokter probeer verduidelik.
Vir so lank al soek ons na antwoorde oor hierdie reaksies. Soos met meeste navrae oor PH, loop jy vir jou vas in 'n doodloopstraat. Sou jy nog waag om te noem dat jy iets raak gesnuffel het, word jy onmiddelik verdoem dat jy nie vrede gemaak het met jou situasie nie!
Gesels met mede PH'ers het my ook nie een tree nader aan 'n antwoord of oorsaak gebring nie. Elkeen ervaar simptome en newe effekte anders.
Hierdie artikel het wel antwoorde gebring en nou kan Outop en ek 'n plan van aksie uitwerk om myself sover moontlik te beskerm teen onnodige ekstra asemnood.
ODOR ‘GUARDS’ IN LUNGS CAN MAKE US COUGH
WASHINGTON UNIVERSITY IN ST. LOUISrightOriginal StudyA newly discovered class of cells expressing olfactory receptors in human airways, called pulmonary neuroendocrine cells, act like border guards for the lungs, whose job it is to exclude irritating or toxic chemicals.
*Like the nose, lungs have odor receptors. But instead of sending nerve impulses to the brain that conjure up a burning cigarette or a cup of coffee, these receptors send a signal that may make you cough.
Unlike the receptors in your nose, which are located in the membranes of nerve cells,
the ones in the lungs are in the membranes of the flask-shaped neuroendocrine cells that at times are triggered to dump hormones that make airways constrict.The cells might be responsible for the chemical hypersensitivity that characterizes respiratory diseases, such chronic obstructive pulmonary disease (COPD), and asthma. Patients with these diseases are told to avoid traffic fumes, pungent odors, perfumes, and similar irritants, which can trigger airway constriction and breathing difficulties.
The odor receptors on the cells might be a therapeutic target, Ben-Shahar suggests. By blocking them, it might be possible to prevent some attacks, allowing people to cut down on the use of steroids or bronchodilators.
Ben-Shahar says. “When people with airway disease have pathological responses to odors, they’re usually pretty fast and violent. Patients suddenly shut down and can’t breathe and these cells may explain why.”BRON:
http://www.futurity.org/odor-sentinels-lungs-keep-bad-guys/*************************************************************************************************
Nou is my vraag nog steeds: Is dit moontlik dat langdurige blootstelling aan/van hierdie soort reaksie teenoor die inaseming van reuke op ons longe, Pulmonale Hipertensie a.g.v onbekende bron (deel van WHO Group 5 PH), kan veroorsaak?