• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ekphrasis ('n Woord en beeld duet)

Started by Meraai vannie Baai, December 02, 2012, 05:29:42 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.


Meraai vannie Baai

#1
Hier kruis woorde soos in 'n blokkiesraaisel en die vorm die beeld.






Fransi

Ek lief hierdie vorm en jy doen dit meesterlik.

Meraai vannie Baai

#5


Die woorde in 'n kringloopgedig moet kloksgewys en ook anti-kloksgewys gelees kan word. Dit stel 'n groot uitdaging aan die skrywer.

Hier is Strofe 2 en 3 van my gedig. Ek plaas albei vorm (van links na reg en visa versa.)

Deur menswees-seisoene
teister hoekoms en waaroms;
getoom en gesaal -
vrees/haat word een, 
verbrysel toekomsdrome ...

Onbereikbaar is vrede,
maar blindelings soek ons.
Klein en nietig so is menswees.
Moedverlorene; 'n banneling -
sinloos Godsverlate ...

           ****

Godsverlate, sinloos
banneling - 'n moedverlorene.
Menswees is so nietig en klein.
Ons soek blindelings maar
vrede is onbereikbaar.

Toekomsdrome verbrysel -
een word haat/vrees;
gesaal en getoom...
Waaroms en hoekoms teister
menswees-seisoene deur.

Fransi


PM

Hierdie een is my gunsteling.  Ek lief dit. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dankie Naas, jou kommentaar op die foto is die perfekte dansmaat vir die sonneblomduet :notworthy:
                                           

Naas

Haai Oe Allie! boor ek nou my groottoon 'n gat in die teer, al sy dulux van die nael af.
Dank Ta' Raatjie.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek giggel alweer diekant vir jou prentjiewoorde Naas  :love7:

PM

Hierdie is werklik pragtig.  Sommer 'n aanloopbaan vir die bye ook. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

PM, nou soek ek alweer die 'ek like, ek like' knoppie  :`ip2:


PM

Skuus dat ek hier "intjip", ek wil net graag Naas se ekphrasis gebruik as 'n voorbeeld vir die ouens wat wil weet hoe om hul eie werk vir boek 2 saam te stel. 
Ek kan wel die voorbeelde wat hier op die forum geplaas is haak en plak in my Power Point program.  Daar is twee probleme met die sonnebloempie.  Dit is in "portrait" formaat en nie in "landscape" gedoen nie.  Ek kan dit in my program rek en strek maar dan trek sonnebloempie skewebek.  Let op na die volgende probleem, as die boek drukkers toe gaan, sal die bewoording aan die linkerkant afgesny word. Ek sou die sonnebloempie kon gebruik sonder om dit te rek en strek, en die bewoording langsaan plaas, maar ek kan nou niks daaraan verander nie.  Indien ek die prent het en die woorde apart, kan ek dit rondskuif tot waar dit mooi inpas.  Capish?
Om te weet is om te verstaan.