• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

'n Sjampanje Oktaaf

Started by Meraai vannie Baai, April 17, 2013, 04:20:13 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai


'n Sjampanje Oktaaf word geskep deur 8 gesentreerde reëls, wat kreatief minder word om 'n glas voor te stel. Die laaste reël vorm die voetstuk en dien dan ook as eenwoordtitel van jou oktaaf.
In hierdie struktuur weerspieël sinonieme sprankelend soos die borrels in vonkelwyn.

Reël 1 is die 'rand' van jou glas en lesers vorm hier 'n beeld van die toneel wat in die lewensglas afspeel. Die handeling/werkwoord wat hier gebruik word, word in reël 2 ook in sinonieme vorm herhaal.
Vryf/poets in my voorbeeld.

In reël 2 kom 'n uitdrukking voor, met 'n verduideliking/uiteensetting daarvan in reël 3. My uitdrukking was poer-poer en die woordeboek gee dit aan as onproduktief.

Reël 4 is 'n saamgestelde woord, weereens as sinoniem, vir die 'voetstukwoord' (reël 8) wat dan ook die titel van jou oktaaf vorm. Hier kan die skrywer kreatief skep aan eie samestellings.

Reëls 5, 6 en 7 vorm die 'steel' van jou glas. Ek wou graag die © teken gebruik as 'n stom bewys van die reg op ons besluite om te vergewe of nie.

Voorbeeld van woorde sonder beeld

Ons vryf oor die merke van onthou
soms al poer-poer blink gepoets,
weerspieël dit onproduktief
-verbitterdstom-
met
'n
©
-onvergewendsgesind-

PM

Baie dankie Raaitjie.  Sodra ek 'n kansie kry sal ek kom saam speel.
Om te weet is om te verstaan.