• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ekphrasis ('n Woord en beeld duet)

Started by Meraai vannie Baai, December 02, 2012, 05:29:42 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

#15
Dankie vir jou passie, harde werk met boek 2 en liefdevolle toewyding PM! Om 'n klompie skrywers gelukkig te hou, wil beslis gedoen word!  Ek weet dat die fotos met woorde op, 'n groot kopseer vir jou is om dit perfek geplaas te kry. Dankie vir die moeite wat jy alreeds gedoen het met myne. Dit is die wonderlikste gevoel om te weet dat jou eie woorddisse knussies gaan pronk tussen ander skrywers se pragwerke. Ek trippel al opgewonde as ek net dink hoe dit gaan voel om boek 2 in my hande te hou!
:love7: :icon_salut: :notworthy:

Dit is  baie goeie raad wat jy hier vir ons gee, matertjie. Sal dit beslis onthou in die vervolg as ek weer so iets skep dat ek ingedagte hou dat die foto en woorde dalk later opgeneem kan word in 'n bundel/boek wat in ander formaat gedruk is.


PM

Dit sal so baie help, dankie Raaitjie. 
Om te weet is om te verstaan.