Author Topic: As woorde dros...  (Read 10920 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: As woorde dros...
« Reply #15 on: September 20, 2021, 05:55:40 AM »
Jy het my diep laat dink Assie! Toe ontdek ek die volgende:

Wat is 'n boek sonder 'n skrywer - gedagtes oor skrywers, skryfwerk en literatuur

Om 'n skrywer te wees, is om die lewe van die dood te steel - Alfredo Conde.

Gedagte vlieg en woorde loop te voet. Hier is die skrywer se drama - Julien groen.

In die skryfproses is verbeelding en geheue verward - Adelaida Garcia Morales.

Skryf is die eensaamste werk ter wêreld - Bill adler.

Die skrywer tree nie af in 'n ivoortoring nie, maar in 'n dinamietfabriek - Max Frisch.

Bron: https://www.actualidadliteratura.com/af/36-gedagtes-skrywers-skryf-literatuur/

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: As woorde dros...
« Reply #16 on: September 20, 2021, 08:49:05 AM »
Skrywers stuipe.

In die skemer van my kamer,
vingers in gelid.
Voor my oorlede tikmasjiem
bly ek moedeloos sit.

Swanger in my skrywers nood.
By die deur... vroedvrou wat hamer,
wag ek vir woordwater om te breek.
In die skemer van my kamer.

Gewoorde pyne kom...
Al korter op mekaar...
Die gewag om sinne uit te baar
met vingers in gelid.

Maar tog die vals alarms
laat woorde stil gebore
oor blanko velle heen verdwaal
Voor my oorlede tikmasjien

En stilstom in my stories
waar helde in stilte fit.
Dwaal gedagtes oor die toetse
terwyl ek moedeloos sit.

Terwyl ek moedeloos sit
voor my oorlede tikmasjien,
Met vingers in gelid
in die skemer van my kamer.

© Naas Breytenbach

 :icon_bigsmurf:

« Last Edit: September 20, 2021, 08:50:51 AM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: As woorde dros...
« Reply #17 on: September 20, 2021, 09:25:24 AM »
Trippel WOW's! As ek my nie misgis nie is hierdie jou eie 'tru rat struktuur' wat my hart lankal gesteel het! PUIK Naas. Puik.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: As woorde dros...
« Reply #18 on: September 20, 2021, 09:36:05 AM »
NAAS, wow...jinne.... dis nou perfek hoor...

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: As woorde dros...
« Reply #19 on: September 20, 2021, 09:46:27 AM »
Ek ly so baie aan stilstuipe en raak dan opreg groentjie wanneer Adele die een na die ander storiedig baar.
So, alhoewel ek meeste gek dryf le die waarheid vlak en wag.
Dankie julle.

  :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: As woorde dros...
« Reply #20 on: September 20, 2021, 11:43:27 AM »
Ons sal iemand moet kry om dit te toonset Naas.  Dit sing tog te mooi.   :book1:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: As woorde dros...
« Reply #21 on: September 20, 2021, 01:31:21 PM »
Ai Ta PM'pie. Ek het die persoonlikheid en die looks maar ek hettie die stem on te sing nie. Het al probeer maar Blommie het vir amper twee weke daarna nog suur melk gegee.

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: As woorde dros...
« Reply #22 on: September 20, 2021, 01:51:20 PM »
Ek sing liewers ook nie, dit is baie gesonder vir die ouens om my.   :icon_cheers:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: As woorde dros...
« Reply #23 on: September 20, 2021, 07:40:57 PM »
Ek was ook vir 'n stemmtoets. Hulle se ek sing bals. Dis erens tussen bas en vals.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: As woorde dros...
« Reply #24 on: September 20, 2021, 09:54:12 PM »
 :icon_biggrin:
Hulle wou my nie eers toets nie, seg ek is en elk geval te kort vir my gewig.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: As woorde dros...
« Reply #25 on: September 21, 2021, 03:51:31 AM »
PM, nou weet ek wat skort met my gewigprobleem - ek is ook te kort  :icon_biggrin:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: As woorde dros...
« Reply #26 on: September 21, 2021, 04:10:55 AM »
Ek moet my lelike geraamte goed pleister om dit mooi te hou.
Die reine waarheid is dat die vroumense my soveel probleme gegee het toe ek nog 'n sixpack en stywe boude gehad het dat ek nou maar die sixpack verbloem met 'n papsak, kraantjie en al, en die boude in 'n winkelsak dra. Ek doen dit onder dwang ter wille van my huwelik.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: As woorde dros...
« Reply #27 on: September 21, 2021, 05:46:05 AM »
O my genadetjie toggie tog! Verkrukkeld gelag diekant van die aardbol. Bid jou aan - kraantjie en al  :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: As woorde dros...
« Reply #28 on: September 21, 2021, 08:42:21 AM »
Ek verstout my nou om te sê dat ons al Outop se kraantjie gesien het.  Naas, 'n papsakkraantjie lyk darem heel anders.  :color:


Is dit agduim of agshame! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: As woorde dros...
« Reply #29 on: September 21, 2021, 09:02:08 AM »
Dis "Ek swyg eerder"
Net goed genoeg vir waterwerke.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.