Die Afrikaanse Forum

Woordskuur => Pret met woorde => Topic started by: Meraai vannie Baai on December 02, 2012, 02:44:07 AM

Title: As woorde dros...
Post by: Meraai vannie Baai on December 02, 2012, 02:44:07 AM
PM:
Dit is verbasend hoe woorde kan "awall". 
Soek jy dit is dit weg, kry jy dit
is iemand anders besig om te praat.
Soek jy dit weer, is dit weer weg.   

Sorg dat jy pen en papier byderhand het, net vir wanneer die ontmoeting weer plaasvind.   

Naas:
Die ou grysmassa
tussen die klankhorings
se vertakkings, is al so baie
dat die woorde verdwaal
in die gange.

As hulle ontmoet sal ek hulle kom voorstel.

Meraai:
Tien getroue vriende rus op 'n sleutelbord
en tongkieswoorde, lettergrepig afgedruk
op my gees, waarop ek heeldag wou teer;
nou net 'n nagmerrie      in 'n woordtronk.

As hulle uitgelaat word op parool, sal ek hulle aantree, in gelid.
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Assie on September 06, 2021, 08:24:10 AM
Ek wou nog altyd hierop antwoord maar het vergeet wat ek wou se.

 :mumum:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: PM on September 06, 2021, 08:52:00 AM
Jou stoute kabouter, ek dink jy moet weer dink en kom seg.   :love7:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Assie on September 06, 2021, 09:32:23 AM
Oom Naas het blowe hy bring vir my 'n woordeboek as die kouewit nou eers verby is.

 :mumum:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: PM on September 06, 2021, 09:34:07 AM
Hy moet dit liewers pos, die kouwit gaan nog lank met ons wees en jy weet mos, ek haat dit om te wag.   :notworthy:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Assie on September 06, 2021, 09:50:51 AM
Sal vir neef Wouter vra om dit te koerier. Miskien is die koerier outjie oulik.


 :mumum:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: PM on September 06, 2021, 09:53:15 AM
Dalk as hy van New Zeeland kom my kind! 
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Assie on September 06, 2021, 11:09:56 AM
Gee nie om waarvandaan hy kom nie. Dit raak maar alleen hier oppie plaas veral met die kouewit ding wat mense in hulle eie huise tronk.

 :mumum:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: PM on September 06, 2021, 12:38:10 PM
Ja swaer, dit is maar swaar swaer.
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Naas on September 12, 2021, 05:40:48 PM
Ja wragtag Assie, jy sal moet opskud Nanja soek 'n niggie of nefie. Smaak my Wouter en Anna is ook maar stadig.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Assie on September 13, 2021, 02:04:21 PM
Aai Oom Naas, mens ka net die lotto wen as jy speel.

 :mumum:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Meraai vannie Baai on September 17, 2021, 11:41:25 PM
As woorde dros...

My tien getroue vingervriende verstyf gereeld op die sleutelbord van die tikkertjie soos ek tussen die voue in my kreukelkamer soek na die drosters.
Dink Outop sal my al in sy slaap kan antwoord so gereeld reageer hy op vrae soos die volgende: "Wat noem 'n mens dit nou weer as iemand net wegraak?"

Dan sal hy geduldig antwoord: "Dros."

Soms sal ek die spasie waar die verlore woord(e) moet inkom net so los en verder tik. Die witspasies word al hoe meer.  :icon_biggrin: Een van die dae het ek tien styfdomvingers en naakte blaaie sonder lettergrepe. O die skande en sonde. Vra ek Outop gisteraand wat dink hy gaan gebeur as ek die reuse sleutel met sy gegote ysterwerke om hom (wat teen ons gordyn verskyn het) probeer gebruik om die onbekende oop te sluit?

Sou ek myself in die woordtronk bevind, omring met al die drosters? Dalk ontdek ek Alice se Wonderland en val alles weer in plek, dan kan ek die Wonderboek Van Woorde vir Assie en Naas gee om te illustreer sodat almal die woorde wat van kies-tot-kies gerol was 'wyl ek my verlustig het in die klanke, kan verstaan.

Wat gebeur as 'n skrywer niks skryf nie?  :dontknow:
R.W. Watkins het 'n gedig geskep met slegs drie naakte lyne as spasies waar woorde geplaas kan word! 
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Antjie Patat on September 19, 2021, 10:04:22 PM
Skrywers gaan soms na plekke waar hulle kan kop skoonmaak, dan bevlie die woorde hulle se vingers soos n skuins-bemoerde-volstruismannetjie n indringer bevlie... Dan dans daai klompe oor die sleutels hoor....
Maar soms gebeur dinge wat die dros se deur oopruk, en as hy te lank oop is, wil die slotte nie meer toemaak nie.
Ek dink omstandighede kan mens se kreatiwiteit erg beinvloed omdat dit so sinkroniseer met jou brein en hartsnare.

 
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Meraai vannie Baai on September 19, 2021, 10:43:07 PM
Antjie weet jy wat is vir my die wonderlikste van ons klompie? Die hoeke waaruit ons na dieselfde ding kyk. Klompe sal nooit weer vir my dieselfde wees nadat ek jou kommentaar gelees het nie. Dit is so beskrywend. Wonderlik om jou terug te he in ons midde!
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Assie on September 20, 2021, 03:27:51 AM
As skrywers se gedagtes dwaal raak hul vingers stom...

 :mumum:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Meraai vannie Baai on September 20, 2021, 05:55:40 AM
Jy het my diep laat dink Assie! Toe ontdek ek die volgende:

Wat is 'n boek sonder 'n skrywer - gedagtes oor skrywers, skryfwerk en literatuur

Om 'n skrywer te wees, is om die lewe van die dood te steel - Alfredo Conde.

Gedagte vlieg en woorde loop te voet. Hier is die skrywer se drama - Julien groen.

In die skryfproses is verbeelding en geheue verward - Adelaida Garcia Morales.

Skryf is die eensaamste werk ter wêreld - Bill adler.

Die skrywer tree nie af in 'n ivoortoring nie, maar in 'n dinamietfabriek - Max Frisch.

Bron: https://www.actualidadliteratura.com/af/36-gedagtes-skrywers-skryf-literatuur/
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Naas on September 20, 2021, 08:49:05 AM
Skrywers stuipe.

In die skemer van my kamer,
vingers in gelid.
Voor my oorlede tikmasjiem
bly ek moedeloos sit.

Swanger in my skrywers nood.
By die deur... vroedvrou wat hamer,
wag ek vir woordwater om te breek.
In die skemer van my kamer.

Gewoorde pyne kom...
Al korter op mekaar...
Die gewag om sinne uit te baar
met vingers in gelid.

Maar tog die vals alarms
laat woorde stil gebore
oor blanko velle heen verdwaal
Voor my oorlede tikmasjien

En stilstom in my stories
waar helde in stilte fit.
Dwaal gedagtes oor die toetse
terwyl ek moedeloos sit.

Terwyl ek moedeloos sit
voor my oorlede tikmasjien,
Met vingers in gelid
in die skemer van my kamer.

© Naas Breytenbach

 :icon_bigsmurf:

Title: Re: As woorde dros...
Post by: Meraai vannie Baai on September 20, 2021, 09:25:24 AM
Trippel WOW's! As ek my nie misgis nie is hierdie jou eie 'tru rat struktuur' wat my hart lankal gesteel het! PUIK Naas. Puik.
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Antjie Patat on September 20, 2021, 09:36:05 AM
NAAS, wow...jinne.... dis nou perfek hoor...
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Naas on September 20, 2021, 09:46:27 AM
Ek ly so baie aan stilstuipe en raak dan opreg groentjie wanneer Adele die een na die ander storiedig baar.
So, alhoewel ek meeste gek dryf le die waarheid vlak en wag.
Dankie julle.

  :icon_bigsmurf:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: PM on September 20, 2021, 11:43:27 AM
Ons sal iemand moet kry om dit te toonset Naas.  Dit sing tog te mooi.   :book1:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Assie on September 20, 2021, 01:31:21 PM
Ai Ta PM'pie. Ek het die persoonlikheid en die looks maar ek hettie die stem on te sing nie. Het al probeer maar Blommie het vir amper twee weke daarna nog suur melk gegee.

 :mumum:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: PM on September 20, 2021, 01:51:20 PM
Ek sing liewers ook nie, dit is baie gesonder vir die ouens om my.   :icon_cheers:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Naas on September 20, 2021, 07:40:57 PM
Ek was ook vir 'n stemmtoets. Hulle se ek sing bals. Dis erens tussen bas en vals.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: PM on September 20, 2021, 09:54:12 PM
 :icon_biggrin:
Hulle wou my nie eers toets nie, seg ek is en elk geval te kort vir my gewig.   :crybaby2:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Meraai vannie Baai on September 21, 2021, 03:51:31 AM
PM, nou weet ek wat skort met my gewigprobleem - ek is ook te kort  :icon_biggrin:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Naas on September 21, 2021, 04:10:55 AM
Ek moet my lelike geraamte goed pleister om dit mooi te hou.
Die reine waarheid is dat die vroumense my soveel probleme gegee het toe ek nog 'n sixpack en stywe boude gehad het dat ek nou maar die sixpack verbloem met 'n papsak, kraantjie en al, en die boude in 'n winkelsak dra. Ek doen dit onder dwang ter wille van my huwelik.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Meraai vannie Baai on September 21, 2021, 05:46:05 AM
O my genadetjie toggie tog! Verkrukkeld gelag diekant van die aardbol. Bid jou aan - kraantjie en al  :toothy4:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: PM on September 21, 2021, 08:42:21 AM
Ek verstout my nou om te sê dat ons al Outop se kraantjie gesien het.  Naas, 'n papsakkraantjie lyk darem heel anders.  :color:


Is dit agduim of agshame! 
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Naas on September 21, 2021, 09:02:08 AM
Dis "Ek swyg eerder"
Net goed genoeg vir waterwerke.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: PM on September 21, 2021, 09:06:25 AM
Onthou jy Outop se kraantjie?  :icon_biggrin:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Meraai vannie Baai on September 21, 2021, 09:49:15 AM
Hehehehehe, sal ek dit ooit vergeet  :toothy4: Kraanvogeltjie se moses.
Title: Re: As woorde dros...
Post by: PM on September 21, 2021, 05:25:11 PM
Lag ek elke keer as ek daai kraanvogeltjie sien.  Wens ek kon 'n foto hier kry vir almak se genot.  Antjie Patat is seker skoon deurmekaar oor hierdie gevogelry van ons.   :icon_biggrin:
Ek sukkel om my stamboom aanhaling geplaas te kry.  Hou daar, ek is nou-nou daar.  Probeer eers 'n voedseltjie aanmekaar geslaan te kry.
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Antjie Patat on September 21, 2021, 09:37:33 PM
ek wag in spanning... oge soos litchies vasgeplak  teen die lense, willie dit missie
Title: Re: As woorde dros...
Post by: PM on September 21, 2021, 09:55:26 PM
Is ek regtig nou opgebruik!  Ek gaan 'n bietjie saam met Bacchus skuins lê, sal julle more weer raak kuier.
 :wave:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Naas on September 21, 2021, 10:43:54 PM
Gaan kyk in die "gorrelplek : re rooiwyn.
Daar is 5 fotos. Outop se kraanvoel is die middelste een.
https://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2244.0

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Assie on September 22, 2021, 03:19:14 AM
O hallie ha. Ons het paar van daai oppie plaas.

 :mumum:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Naas on September 22, 2021, 03:39:26 AM
Hier by ons is dit twintig voor vier en buurman se honde jaag al weer nagskadus in my slaap.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: PM on September 22, 2021, 05:40:15 AM
Ons omgewing se honde raak eers hier sesuur se kant parmantig.  Hulle is lui diere.  Hier bgin die dag nou breek, jy sal hulle wel nou-nou hoor. 


Dankie Naas, ek het gou gaan loer.   :notworthy:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Meraai vannie Baai on September 22, 2021, 06:15:53 AM
Ek kon net saamgestelde foto van die pandok se grot sien. Nikse kraanvogeltjie nie. Kan julle dit nog sien?
Title: Re: As woorde dros...
Post by: PM on September 22, 2021, 06:18:29 AM
Ja ek kon dit sien Raaitjie. 
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Meraai vannie Baai on September 22, 2021, 06:19:11 AM
 :dontknow: :crybaby2: weet nie wat aangaan met die tikker van my.
Title: Re: As woorde dros...
Post by: PM on September 22, 2021, 06:19:54 AM
(https://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?action=dlattach;topic=2244.0;attach=393;image)


Kan jy dit nou sien?
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Meraai vannie Baai on September 22, 2021, 06:23:26 AM
Nope  :crybaby2:  My tikkertjie het 'n ingeboude voëlverskrikker  :icon_bigsmurf:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: PM on September 22, 2021, 06:27:32 AM
 :sign10:   O genade!  :read2:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Naas on September 22, 2021, 06:35:44 AM
As daai voelverskrikker van Ta Raatjie daai kraan in rigger mortis in skrikmaak gaan dit die plaffon natspuit.
Spyt kom altyd te laat...

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Meraai vannie Baai on September 22, 2021, 06:39:57 AM
 :sign10: Skielik sien ek  :pottytrain2: beelde Naas (mind you, niks nuut nie ne!)
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Antjie Patat on September 22, 2021, 06:44:47 AM
 :sign10:
Wat de helsdingens....
Is daai Outop se kraanvogeltjie...
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Meraai vannie Baai on September 22, 2021, 06:47:53 AM
Ek het lankal 'n foto gegaps wat iemand gedokter het waar daar 'n kraantjie uit 'n oop gulp gehang het ... so lyk 'n kraanvogel - iets in daardie lyn. Ongelukkig weier my tikker om die foto te wys so ek maak staat op geheue. Dit was djares gelede.
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Assie on September 22, 2021, 06:50:50 AM
Hier by ons sal hulle daai kraantjie steel vir skrootmetaal..

 :mumum:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: PM on September 22, 2021, 06:52:15 AM
Dit was bykans tien jaar gelede, die ou kraantjie het nog 'n "shine" gehad.   :icon_biggrin:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Meraai vannie Baai on September 22, 2021, 06:56:06 AM
Droewig is ek nou.  :crybaby2: Ouderdom speel nie saam nie.  Die goeie ou dae voor verroesting ingetree het. Sug. :icon_biggrin:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Meraai vannie Baai on September 22, 2021, 06:58:30 AM
As woorde dros, kom hulle swanger terug. Ek besef dit nou. Kyk waar trek die onderwerp al  :toothy4:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Assie on September 22, 2021, 07:01:34 AM
Miskien moet ek ook dros...

 :mumum:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: PM on September 22, 2021, 07:04:07 AM
Sodra jy net nie met 'n broodjie in die oond terugkom nie.  Bly jy maar liewers hier waar ons jou onder die oog kan hou!   :walk:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: Assie on September 22, 2021, 12:28:17 PM
Ta PM is erger as Oupa.

 :mumum:
Title: Re: As woorde dros...
Post by: PM on September 23, 2021, 04:10:09 AM
Jip, ek ken die lewe, ou kalant lank in die land.   :evil6: