• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

... en toe swem ons...

Started by PM, July 24, 2012, 12:09:52 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Om te weet is om te verstaan.

PM

Om te weet is om te verstaan.

PM

Om te weet is om te verstaan.

PM

en so lyk dit as die water by die vensters ingekom het. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

ek wou net 'n lee' antwoord pos, maar die program sal seker iets soek ...
nou swyg ek, maar ek stuur drukkies saam met elke sonstraal.

:grommit: 
adéle  :grommit:

Ah Willa

sal mens ooit regtig verstaan hoe dit voel om tans in jou en Hannes se skoenne te loop - ai - ek kan net drukkies oorstuur
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Ek het angsrillings vir julle part. Matertjie wens dat woorde kon vlieg en dade word (((((((PM & Hannes)))))))  :crybaby2:

PM

#7
Dankie vir al die drukkies.  Dit maak my skielik nie meer so koud voel nie. 

Soos julle almal weet wys foto's nie emosie nie. 
'n Mens kan sekerlik die ramp oorleef as daar mense is wat omgee en drukkies uitdeel.
Ons het ook met die koue kant van die saak te doen gekry.  Versekeringsmaatskappye wat jou nog wil uitbuit en vat wat hulle nie toekom nie. 
Ons huis is vir R2,176,000.00 verseker.  Volgens hulle is ons wraggieswaar nog steeds onderverseker. 
Ons het gister 'n onderhoud gehad met die bemiddelaar tussen ons en die versekering.  Hy reken, die feit dat ons 'n adviseur het, wat maandeliks kommissie verdien, dit sy plig was om seker te maak dat ons nie onderverseker is nie. Dit is nou ten koste van die feit dat hy weer 'n nuwe polis saamgestel het en nog steeds die bogenoemde bedrag as die versekerde bedrag aantoon. 
Hy reken ook dat dit nog 'n lang tyd gaan duur voordat die saak uitgeklaar sal word.  Intussen wag ons... en ons wag... huisloos. 
Om te weet is om te verstaan.

Gawelina

Ai toggie.  En as daai mense in dieselfde bootjie was, sou hulle bereid wees om te wag?  Dink so baie aan julle. ((hug))

PM

Dankie Gawelientjie.   :love7:
Nee, hulle sou nie.  Die voordeel by die nadeel is dat die krake nou begin en as alles klaar herstel sou gewees het, sou ons self daarvoor moes betaal.  AB het ons ook in die begin gewaarsku om nie te haastig te wees nie. 
Ons soek ook nog elke dag na goed wat net weg is.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

ai - dis een seisoen wat ek glo Hannes en jy nooit weer wil oor he nie,
ek hoop 'n nuwe seisoen is sommer gou hier
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Elizabeth

Toemaar: MOEDHOU!! Voor in die wapad brand 'n helder lig!

PM

Ek sê mos altoos, dit wat jy nie kan verander nie moet jy maar aanvaar.  Ons probeer verander wat ons nie kan aanvaar nie en moet maar vrede maak met dit wat ons nie kan verander nie. 
Elke dag gaan dit 'n bietjie beter.  Ons het pragtige vriende wat gereeld moed inpraat en dit dra ons werklik deur die moeilike tyd.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

AB

byt vas PM, die tonnel is lank, maar voor kant skyn lig en dis nie die trein van voor af nie.

PM

 :icon_biggrin:  Dankie AB, ek is bly dit is nie die trein nie. 

Karin (Juenka) het kom koffie drink en sy sê sy wens sy kon die tyd vir ons "fast forward". 
As ek dit kon "rewind" sou ek om verskeie redes nooit hier gekoop het nie.  As dit 'n trein was kon ek dalk duimgery het na twee jaar gelede?
Om te weet is om te verstaan.