• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

... en toe swem ons...

Started by PM, July 24, 2012, 12:09:52 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek het sommer vanoggend in trane uitgebars toe die loodgieter sê daar het 'n pyp gebars, in die muur of onder die vloer.  Nou moet die wasbak met kas en al uitkom om die fout te soek.  Die water die loop en ons wag vir die versekering.  Ek dink dit het tyd geword om die versekeringsmaatskappye by Carte Blanche te gaan verkla.
Dit is om van siek te word.   Ons het die Saterdag aangemeld, maar natuurlik was dit naweek.  So teen 11 uur het hulle iemand gestuur om eers 'n verslag te kom doen! Dit was al drieuur en ek wag nog.  Eish!
Om te weet is om te verstaan.

AB

ek dink sommige versekering maatskappye het so iets soos noodwerk en daai behoort daaronder te val. soos die krag wat by ons weer so gou as kan moes aankom na die brand. die elektriesiën was die eerste persoon wat geskakel is na die brandweer en dit sonder vooraf toestemming en santam het nie 'n probleem daarmee nie want die krag moes weer aankom anders het die skade in vrieskaste wat afsmelt groter geraak en ons en die werkers het sonder water gesit.


ek ken 'n bouer, sy vrou sê in haar huis geen waterpyp in die muur of onder die vloer nie, net pype wat deur die muur gaan krane toe. dit lyk nie so nice buite nie maar sy is op van sukkel met pype wat weggesteek is en lek.

PM

Ons s'n het ook 'n nooddiens, ongelukkig het ons daardie inligting eers gister gekry.   :munky2:
Nogtans kom die loodgieter eers tienuur vanoggend. 
Vleis was die laaste ding waaraan ek gedink het met die vloed.  Hannes het dadelik die krag afgesit en die muurproppe moes eers skoon en droog voordat die krag kon aankom.  Na drie dae sonder krag was alles afgesmelt. Dit is asof my brein my verlaat het. 

Hier is soveel aanbouings en pype wat verander is.  Ons het die hooftoevoerpype laat herlei aangesien die pype so vol roes was.  Dit is ook bogronds gedoen en lyk nie so mooi nie. Die res sal ons seker vandag vasstel. 

Ons huise is baie onprakties gebou.  Die warmwatersisteem is of ver van die badkamers of ver van die kombuis.
Dit neem 'n ewigheid om warm water te kry.

Hoe vorder julle plek?  Kan ons weer 'n paar foto's sien?

Om te weet is om te verstaan.

Fransi


AB

PM
die bouers het vir 2 weke nie gekom nie agv reent. gister met hulle gepraat, hulle het geseg hulle sal vandag kom, sal moet sien. gister is hier 50 sakkies sement afgelaai. daar is nog so een dag se breek oor dan kan hulle begin met die fondamete grawe en vloere ovul. daar mot so min of meer 10 meter se nuwe fondament gemaak word.

klink of hulle vandag sal laaste afbreek en môre begin met die inmekaar sit van die huis.

ja ons het ook daai probleem van die badkamers is ver van kombuis. op die ou end het ons 2 warmwater silinders ingesit en elkeen met 'n horlosie. mens het tog nie in die nag warm water in di ekombuis nodig nie en sy element is aan in oggend van 4 tot 6 en middag van 12 tot 1. die badkamer se element s aan van 4 tot 6 in oggend en van 4 tot 6 in middag en dis genoeg.

as daar mense kuier en ons het meer warm water nodig kan ek die horlosie uitskakel en dan die element op daai manier aansit.

ons het ruraflex krag, 3 verskillende pryse deur die dag en nag, hang af van hoe laat mens krag gebruik en in winter en somer verskil die pryse ook.

in winter in duur tyd is dit meer as R3 per eenheid en in somer in die nag in af tyd is dit sowat 38 c per eenheid.


PM

Ek sien julle gaan lekker koue weer hê hierdie week.  (My skoonsus hanteer die projek met die nuwe hospitaal in Paarl. Hulle het so twee weke gelede oopgemaak.)
Hier by ons het dit nog nie begin reën nie.  Gister was 'n heerlike warm dag en ek het nou my baadjie uitgetrek, lyk my ons somer is sterk oppad. 
Sterkte matertjie. 

Ons opwas lyk of 'n orkaan dit beet gekry het.  Eers het die ou die kas gebreek en toe seg hy ek het gese die kas moet uit.  (Ja, maar nie stukkend nie!) In dieselfde asem seg hy vir sy handlanger om die nat planke in die son te sit om droog te word.  Vir wat?  Hy gaan die kas weer terug sit!  Jy kon my met 'n veertjie om tik. 
Hy het twaalf rye spore in die mure gekap om die lek te vind.  Wil nie die pype herlei nie, want hy wil nie die muurteels bokant die wasbak beskadig nie, wil ook nie daar grou waar die water uitkom nie, want hy wil nie die vloerteels beskadig nie.  Op die ou einde moes hy maar grou. 
Nou wonder ek wat gaan gebeur met die 50 meter koperpyp wat nie gebruik is nie.  Dit is net R4 500.00
Om te weet is om te verstaan.

AB

klink my dis 'n laerskool loodgieter daai?

PM

Ek glo nie hy is 'n gekwalifiseerde loodgieter nie.  Hy het dalk papiere, maar dit is in sy sak.   :icon_biggrin:
Hy werk vir 'n firma wat net werk vir die versekering doen.  Hulle is so besig, seg hy, dat daar nie tyd is vir privaatmense se werk nie.   :dontknow: 
Hy het gisteroggend net sy seun (17) hier afgelaai om die slote in die muur toe te pleister.  Ek wys toe vir hom die oliemerke op die plaveisel soos wat hulle bakkie olie lek.  Ja sê hy, sy pa gebruik 5 liter olie 'n week.   :icon_scratch:
'n Rukkie later kom mnr. loodgieter hier aan en sê hy het in 'n ander ou se voertuig vas gery.  Die ou het nie sy motor se flikkerlig aangeskakel nie, sommer net gedraai.  Sy seun praat toe met hom oor die olie-gemors op die plaveisel.  Haai nooit, sy bakkie het nie voorheen olie gelek nie, dit is nou van die stamp. 
Dit is sulke mense wat die hele ekonomie in sy "glorie" het. 
Om te weet is om te verstaan.

AB

ek sal hom by die makelaar aangee oor die olie gemors want dis dan sakde wat hy vir jou ongevragd gebring het.
nou die dag ook uitgevind daar is 'n ombudsman vir die versekering, kan hom dlak daar ook aangee as hy swak werk doen en jy nie tevrede is hoe hulle die saak oplos nie.

dlak kla ons te min dat ons so swak diens kry.

PM

Ek dink die makelaar weet presies wat aangaan.  Hulle gebruik ongekwalifiseerde mense sodat hulle meer geld in hul eie sakke kan sit.  Ek weet wat die regte ding is om te doen, die probleem is ek sal soos 'n rugsteker voel.  Die man het 'n gesin om voor te sorg en as hy sy werk verloor sal ek soos 'n hond voel. 
'n Saak het mos maar twee kante en dit lyk mos nou so al vir my of ek hierdie jaar aan die verkeerde
kant is.  :icon_biggrin:
Die regte ding om te doen is om nie eers met die werkers kontak te hê nie.  Jy moet dikbek groet in die oggend en dan met niemand praat nie, net besigheid.  Omdat ek 'n mens mens is, sal ek altyd daardie probleem hê, want ek raak te gou betrokke by die mens. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Jinne, en ek dink ek het probleme...
elle

PM

Ek haat dit as mense vir my lieg.  Hoekom lieg?  Ek sal meer begrip hê as jy die waarheid praat.

Gistermiddag skakel Hannes die loodgieter en vra dat hy vandag, 'n paar van daardie teëls wat hy gebreek het, saam bring en dit kom regmaak.  (Hy het dit perongeluk gepreek en geseg dat hy wel daarvan by sy huis het.)
Hy moet vandag hier kom klaar maak.  Nee, seg hy vir Hannes, hy het nie daarvan nie!  Hy sal gaan soek iewers.

Die jaar moet homself maar uitwoed.  Jy kan verseker wees dat dinge sal verander en  ek glo dit kan nie erger nie.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

AB

Nou kan hy seker nie onthou dat hy geseg het dat hy van daai teels by die huis het nie. hy het dit geseg om net weg tekom en nou speel hy vir tyd en hoop die probleem gaan vanself weg.

PM

Hy het dit net ontken.  Toe vra ek sy seun wat bygestaan het en hy antwoord toe dat dit nie dieselfde is nie. 
Ek wonder hoeveel ouers besef nie dat hulle eintlik 'n voorbeeld vir hul kinders is nie.  Hoe leer jy 'n kind die regte dinge as jy dit self nie doen nie. 
Ek sal nog uitvind wat van die 50 meter koperpype geword het wat hulle nie gebruik het nie. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

en toe swem ek weer...
toe kom die omie wat die nuwe kaste in die opwasplek moet insit
toe bou hy die kaste halfpad
toe boor hy 'n skroef deur die waterpyp
toe spuit dit water al die nuwe kaste nat
toe is die plek weer half vol water voordat hy die water kan toedraai
toe hoep die poender en toe hak die kaan
wat nou?
Om te weet is om te verstaan.