• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

... en toe swem ons...

Started by PM, July 24, 2012, 12:09:52 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Fransi


PM

Nee wat, teen hierdie tyd is dit 'n moerse grap!   Skuus my mooi Afrikaans.  Kan jy jou dit indink?   Maak nie saak waar jy vat of los nie, alles is onder water.  O halle  ha!!!!   Vertel 'n ander outjie vir my:  en tannie is 'n waterdraer?
Jaa well, so asof ek dit self gekies het! 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :icon_biggrin: ek nou vir jou: " Vertel 'n ander outjie vir my:  en tannie is 'n waterdraer? Jaa well, so asof ek dit self gekies het! "

Sterkte met al die water. Sê maar vir jouself dat dit "compassion" en liefde simboliseer en dat jou lewe daarmee oorvloei word.

PM

Ek skud nog steeds my kop sodat my ore my kan wakker klap.   :icon_biggrin:  Dit is soooooo snaaaaaks.  Snaaks soos in vreemd en snaaks soos in lag jou 0 af. 
Ek lief lief die reën en seg altyd dit is seëninge van bo, nou kom dit sommer van orals af.   :angel4:
Gelukkig is dit skoon water en gelukkig het ons alles gou droog gemaak.  Geen skade nie.  Of sal ek seg, niks meer skade as wat reeds gedoen is nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Nee o magtag! Ek dink dis tyd dat jy en Hannes woestyn toe trek en 'n nuwe oase begin want oral waar julle vat is daar sitkamers en kombuise vol waters.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ja wraggies, dit is die oplossing!  Het nooit daaraan gedink nie!    :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Waar ons ookal gaan vat ons die reën saam!

Gister kom ons huistoe van Grootvlei af.  Die weervoorspelling seg 38 grade met  GEEN  reën nie.  Ek sien geweldig baie uit daarna om tuis te wees.  Ons kan 'n vuurtjie maak en heerlik in ons eie groen-groen tuin kuier en 'n vleisie braai.  (Onthou, vir drie jaar weke  :icon_biggrin: het ek net plaveisel gesien.) 
Ons hou stil en koop  GTOENTE  en nog groente en groente.  Dis warm! 
Al's uit- en weggepak sak ons tuin toe.  Onder die avoboom se koelte.  Ek hoor 'n dreuning.  Nee, dit kannie wees nie.  Dit kannie reën wees nie, maar Kannie is lankal dood van kruiwastoot. 
'n Rukwind smyt Hannes se wynglas om.  Verbaas kyk ons na mekaar. Toe val die groot druppels uit die lug uit.  Inderhaas rol Frans die laaste stuk van die tuinslang op en stap weg.
Nog 'n rukwind en ons hoor 'n geweldige slag.  Een van die avoboom se takke het losgeskeur. Dit hang nog net aan 'n flentertjie vas. Dit het mooi tussen die houthuis en 'n palmboom ingeval, net daar waar Frans sekondes tevore gestaan het.    Die skade is minnimaal, maar die tak is oor die ses meter lank en dit hou 'n bedreiging in.  As daardie laaste stukkie los skeur is my stoepteëls in hul moerby in. 
Ons vat toe 'n band, maak dit om die tak vas, kap die laaste stukkie af en laat dit stadig sak tot op die grond. 
Natuurlik is ons Saterdagprogram heel verander, maar ons is baie gelukkig en dankbaar dat ons nie erge skade gekry het nie en niemand is beseer nie.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Gawelina

Ag vaderyjie tog. Ek kan ook nie my rug draai nie of jy beleer die een of ander drama. Ek is nietemin baie dankbaar dat julle okey tuis is.

PM

Dit was 'n heeldag operasie om die tak, plus 'n paar ander wat gevaarlik swaar gedra het, af te sny.  Ek dink alles is nou veilig. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Grote Grietjie!! Saam julle dankbaar dat daar niemand seergekry het PM. Diekant is ons cowboydorpie alweer afgesny en ons kinders het kom kuier. Daar is op die oomblik nie een pad oop na die Gold Coast toe van hier af nie. Die bergpas na hulle huis bo op die berg lyk op sommige plekke soos woedende watervalle! Ons kry maar net die puntjie van die storms en om ons lyk die landerye en paaie reeds soos riviere en mere!


PM

Ek is so dankbaar dat julle voorsorg getref het Raaitjie.  Ek neem aan dat julle almal veilig is.  Dit is ook so gelukkig dat die kinders by julle is, dit kortwiek daardie geweldige stresfaktor.
Sterkte en voorspoed vir julle.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Oi, ekke diekant omtrent in trane hoor. Kinders moes vandag inderhaas pak en ons Jeep neem. Hulle het kom kuier met hulle ligte gesinsmotortjie en die paaie is nou slegs oop vir vier by vier voertuie. Die polisie het laat weet daar is erge vloedwaters oppad en die brug gaan vanmiddag gesluit word vir onbekende tyd. Die rivier wat alles weer gaan oorstroom is dieselfde monster wat in 2011 soveel skade berokken het. Daar is een lyn van die hoofweg oop na Brisbane vandag. Ons weet nie hoe lyk die rotstortings op die bergpas na hulle huis nie. Ek alles wat ek aan kan dink ingesit vir hulle indien daar dalk lang rye motors teen slakke pas gaan wees wat die polisie vermoed. Spenewese garings diekant. Ek weet nie eers of die pad volgende week oop gaan wees vir my toetse in Brisbane nie  :crybaby2:

PM

Ons sit op hete kole en wag vir die nuus dat julle kroos veilig anderkant is sustertjie. 

Verseker sal die pad oop wees, moenie nog daaroor ook komkommer nie, jou spenewese sal nie die ekstra stres kan hanteer nie.   :icon_biggrin: Vat die garings vas en hou moed! 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dankie matertjie. So pas nuus gehad dat die twee selfone se batterye gees gegee het. Daar was nie nog tyd vir herlaai voor hulle weg is nie en enigste ander kommunikasiemiddel was daar slegs 3 persent kraggies oor wat slegs gehou sal word vir noodgevalle. Geen inligting verder  :crybaby2:

Meraai vannie Baai

#44
Dit is nou offisieel: ons is afgesny na al die paaie na die buitewereld soos tydens die vloede van 2011. Die pluspunt: geen vragmotors verby die pandokkie - nadeel is brood en melk seker by more 'n luukse  :`ip2: en terwyl ons krag het is die internet ons enigste kontak. As ek swygsaam raak moet julle weet ons funksioneer op parrafien en gas  :love7: