• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

PM in Pretoria

Started by PM, May 08, 2012, 05:47:51 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Hi ouens, ek laat weet net gou ons is uit en tuis en veilig by die huis. 
Die spinneskoppe en die miere het 'n groot partytjie gehou hier, maar dit is niks, binne drie dae het ek weer alles onder beheer.  Dit is  HEERLIK  om tuis te wees!  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

adele

so baie dankbaar dat julle veilig is, ons Vader sy hand oor julle gehou het, hoekom is ons land so groooot ?   :love7: 

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

Dit is erg ja, die ergste van als is die baie kilometers waar daar niks is nie en dan 'n klompie mense in 'n dorpie en dan weer kilometers niks. 
Die tolgelde is astronomies hoog en daar is net nie ander paaie om te ry nie.  Die pad van Zeerust af is 'n ou bestaande pad, vol hobbels, op plekke kan jy net 60 km per uur ry, of 80, maar jy betaal jou stert af. Die brug word nog gebou en orals is padwerke, maar jy betaal al klaar tolgeld.  Amper R150.00 tot in Pretoria.  Dit is om van te huil.  Iemand skep baie lekker. 
Als is uitgelaai, maar die wegpak moet maar wag en more kan ek eers my kleinkind gaan ontmoet.  Ons het te lank by die grens vas gehaak om dit vandag te doen. 
Ek is nou vodde en gaan inkruip.  Julle moet lekker slaap en ek gaan my bed behoorlik omhels.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Staan ek suutjies hier by die deur en kyk hoe omhels jy daai geliefde kooi van jou. Sooooo dankbaar ook dat julle veilig tuis is. Jou Bosswana geskrifte moet beslis bewaar word, dit het soveel plesier verskaf met goeie skoot simpatie  :love7:

AB

welkom tuis, en ja nou waardeer mens jou eie kaia meer na jy vir 'n tyd nie die geriewe gehad het wat by jou huis is nie.

Naas

Hoepela! Poepela! Tjorts!
Dis lekker om te weet my maatjies is weer veilig en dat die donkies in die bosse nou eers gaan weeklaag as hulle begin besef wat hulle nou gaan mis.
Jy moet daai huis vinnig regruk, Breyten se my boek sal teen Vrydag klaar wees dan moet jy diot vir my bring... Hie hie haaa tjie, hie hie haaaa!



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Ah Willa

Nou wanneer kom die bakkie af Kaapstad toe ... tolgelde en al .. ons wag opgewonde die kant  :hello2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

AB

Quote from: Ah Willa on May 09, 2012, 07:23:21 PM
Nou wanneer kom die bakkie af Kaapstad toe ... tolgelde en al .. ons wag opgewonde die kant  :hello2:

seg net wanneer, sodat antionette kan begin konfyt kook en ek die rosyne uitweeg en verpak, en dat ons darem iewers saam kan hallo seg verkieslik om 'n bottel rooiwyn.

Ah Willa

ek is besig om myse lyf kleiner te maak - so julle kan die bottel rooi wyn kuier - ek sal maar by die zero sprite bly - maar kuier gaan kuier ... 'n hond uit 'n bos uit  :triplets:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Hallo julle, Hannes sal Maandag hoor van die Kaapse projek. Hou hierdie spasie dop!  :icon_biggrin:

Naas, ek kan Vrydag jou boeke gaan afhaal en kyk of ek iemand kan kry wat daardie rigting gaan.
Dalk kan ons ook kyk na "Intercape", hulle tariewe is ook nie te vrot nie.  Gerhard is in Sjina tot die einde van die maand, maar Dennis kan ook vir my 'n prys gee met hulle koeriers.  Ons sal koppe bymekaar sit. 

Dit is heerlik om terug te wees by ons mense en ons het ons kleinkind gesien en sy is te pragtig.  Ek skuld julle so baie sneppies, sal my 0 in rat moet kry.  Moet net eers ons huis weer leefbaar kry.  Die tuin gil ook vir aandag.  Hannes bly deur die huis dwaal, hy sê hy verlustig hom aan die spasie.  Dit is so wyd soos die Heer se genade, seg hy.  :icon_biggrin:

Dit is heerlik om stil te staan en te stort.  'n Ou het nie nodig om op jou knieë te snaan nie!  :icon_biggrin:

O ja, Naas, daai donkies het gerou en geweëklaag toe ons daar ry.  Die laaste wat ons gehoor het was iets van "sê groete vir Na-aaa-Na-aaa-s."  :icon_biggrin:


Om te weet is om te verstaan.

Naas

Breyten het gese dit behoort vandag of more klaar te wees maar het nog niks laat weet nie. Ek sal die koereirgeldjies betaal maar ek is mos nou nie daar om dinge self te doen nie.

O die donkoie is 'n wonnerlike ding
hy kla as ek gaan
maar stuur tog sy groete saam
o die donkie laat ons wonner, die ou ding.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Mooi man Naas, hierdie donkies is wonderlike goed! 

Ek het nou net met Breyten geskakel, hy sê die boeke sal moremiddag reg wees, dan sal ons dit gaan afhaal.  Ons kan kyk wat die beste opsie is om dit so gou moontlik by jou uit te kry.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

O die donkie is 'n wonnerlike ding,
om Naas se boeke nader te bring,
laat my sommer op en afspring.    :hello2: :hello2: :hello2: :hello2:
Julle wil regtig nie hoor hoe ek sing nie,

Die donkie is 'n wonnerlike ding.

:toothy4:

:angel12:

Naas

Trappies, jy moet sagter sing. Jy weet mos hoe trek 'n kleurvroutjie se stem innie donkerte. Hier by ons het al die katte saam geserenade.
Dankie PM, ek waardeer die moeite.
Sit vandag sonder internet so sal later weer met julle praat. SMS  maar as daar moeilikgeid is.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek is bly jy sing so vrolik Trappies.   :toothy4:

Ek sal die boeke afhaal en weeg Naas, dan kan ons sien van watter gewig praat ons vir die versending.
Intussen het ons al 'n paar oproepe gemaak, maar nog niemand opgespoor wat Kaap toe gaan nie.  Sal aanhou probeer hoor. 

Dit sal dalk ook 'n goeie plan wees om eers net 'n paar boeke te stuur, die res kan dan wag vir 'n geleentheid. 
Om te weet is om te verstaan.