Hallo julle, Hannes sal Maandag hoor van die Kaapse projek. Hou hierdie spasie dop!
Naas, ek kan Vrydag jou boeke gaan afhaal en kyk of ek iemand kan kry wat daardie rigting gaan.
Dalk kan ons ook kyk na "Intercape", hulle tariewe is ook nie te vrot nie. Gerhard is in Sjina tot die einde van die maand, maar Dennis kan ook vir my 'n prys gee met hulle koeriers. Ons sal koppe bymekaar sit.
Dit is heerlik om terug te wees by ons mense en ons het ons kleinkind gesien en sy is te pragtig. Ek skuld julle so baie sneppies, sal my 0 in rat moet kry. Moet net eers ons huis weer leefbaar kry. Die tuin gil ook vir aandag. Hannes bly deur die huis dwaal, hy sê hy verlustig hom aan die spasie. Dit is so wyd soos die Heer se genade, seg hy.
Dit is heerlik om stil te staan en te stort. 'n Ou het nie nodig om op jou knieë te snaan nie!
O ja, Naas, daai donkies het gerou en geweëklaag toe ons daar ry. Die laaste wat ons gehoor het was iets van "sê groete vir Na-aaa-Na-aaa-s."