her-inner dit is een van daai moeilike Afrikaanse woorde wat ons wil skryf soos wat dit deur die oumense uitgespreek is -herhinner- herinner is die regte spelling.
My gaai was baie suur oor daardie boeke! My skoonseun het vanoggend Kaap toe gevlieg en hy sou dit met liefde saamneem. Ek kon nie vir meneer drukker Saterdagoggend in die hande kry nie! Ook nie gister nie!
Sodra ek die boeke het sal ek dit op my elektroniese skaal sit en kyk wat weeg dit, ook die afmetings neem. Daarsonder kan ek ook nie pryse kry nie.
Ons sal ook vandag hoor of ons Kaap toe kom vir daardie projek en wanneer dit sal begin.
Ek glo ons sal die boeke vandag kry dan sal ek die inligting deurgee.
My ma se woorde: - 'n Ander se genade is 'n helse genade - spook weer by my die laaste tyd.
Ek het nog WW se alliminium ook hier by my. Hannes sê hy sal ook vandag hoor watter van sy kontrakteurs gaan Kaap toe. Dit is wonderlik dat almal so hulp aanbied. Dankie julle!