Dankie vir jou aanbod om hulp Wils. Ek antwoord maar solank, want onse Naas is druk besig met eksamenvraestelle.
Intussen sal ek my inset lewer.
In die eerste plek is geld maar skaars tussen ons almal. Naas het vir my hulle saal gratis gereël. Elmarie het die tafeldoeke voorsien en dit weer laat was daarna. Ons het die glase en koppies gehuur wat Naas met liefde gaan oplaai en weer terug besorg het.
Almal het hulle deel gedoen deur 'n bordjie eetgoed en hulle eie drinkgoed saam te bring.
Trappies het die wyn gereël, ook gratis.
Samantha het die klank gereël, gelukkig ken sy mense in "hoë" plekke.
Engeltjie het gehelp met die aankope ens. en Ouma Naas het gehelp met die vleisbolletjies, kaasstokkies ens. en as ek moet aanhou skryf, skryf ek die forum vol.
As ek nog 'n paar vragies kan vra:
Waar is Joostevlakte?
Hoeveel presies sal die saal kos?
As daar 'n kroeg is, sal mense toegelaat word om hul eie drank te bring?
Tafeldoeke, glase, koppies ens.