Author Topic: Naas se boek  (Read 16192 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Naas se boek
« on: April 18, 2012, 08:48:36 AM »
Ek wil nou nie hoes, poep of skinder nie maar...
Naas se boek, Woeste Willie en ander ware liegstories, het 'n ISBN nommer en Breyten is besig om die proefboek te druk vir goedkeuring.
Baie dankie PM vir jou hulp en dankie vir almal se aanmoediging.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Naas se boek
« Reply #1 on: April 18, 2012, 10:51:31 AM »
Ek wil ook nou nie 'n wind, kramp of kroep kry nie maar gewis is dit nou merske voorreg om jou geluk te wens mater!!  :icon_cheers: :book1: :notworthy: :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Naas se boek
« Reply #2 on: April 18, 2012, 03:35:14 PM »
Hartlik geluk Naas.   :hello2:
Dit was my voorreg. Ek hoop dit sal al jou verwagtinge oorskry. Kan nie wag om 'n kopie te kry nie.
Hoeveel kos Woeste Willie?  Bespreek solank een vir my asseblief.   :love7:

Oe Naas, ek wil iets byvoeg.  Baie dankie dat jy my ge-cc het in jou brief aan Breyten.  Jou agerblad is wragtig pragtig en dit gaan treffend lyk. 
« Last Edit: April 18, 2012, 03:51:21 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Naas se boek
« Reply #3 on: April 19, 2012, 09:36:32 AM »
Ek gaan hom kaas Naas .. laat weet sodra hy mooi klaar is en watse $$ jy gaan nodig he vir ons om ons eie kopie te he!!

PM - gaan ons sy boek op die Forum se webblad laat pruik as een van die Forum lede se prag boeke ???  Laat weet maar :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Naas se boek
« Reply #4 on: April 20, 2012, 07:14:27 AM »
Willa, so 'n bek moet jam kry!
Natuurlik sal sy boek 'n ereplek kry op die webblad.
Ons wil almal se boeke daar hê. 

Pryk is:  windgat blink
Pruik is 'n nagemaakte kapsel.   :icon_biggrin: 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Naas se boek
« Reply #5 on: April 21, 2012, 04:45:51 PM »
ek sal my pruik oor my oe trek en sodra Naas vir my die voorblad en ingligting gee - sal sy boek pryk op die web blad
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Naas se boek
« Reply #6 on: April 21, 2012, 09:12:24 PM »
Ag dankie Wils, jy is so dierbaar, ek lief jou stinkend! 
Nou toe Naas, kom gee al die besonderhede vir Willa, sodat sy 'n mooi uiteensetting kan doen. 
Willa, webblad is een begrip, een woord! Ek lief jou my matertjie, dankie vir al jou moeite!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Naas se boek
« Reply #7 on: April 22, 2012, 10:05:04 AM »
Ek het 'n hik probleem - so elke keer as ek by web (hik) blad kom dan spring dit uitmekaar

dankie vir die hulp Petra - iewers gaan dit vaskop dan gaan ek ophou hik en dan is dit webblad :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Naas se boek
« Reply #8 on: April 22, 2012, 12:34:20 PM »
Naas, dit is vir my so lekker om jou geluk te wens met jou boek.. al is dit nou 'n klomp ware liegstories.
Dit gaan ure se leesgenot afgee.
Het altyd gedink dit is iets wat so ver wink, dat dit nooit sal realiseer nie, maar ons almal het ons geleentheid gekry en ons boek is gebore.
Nou het Naas se geleentheid weer gekom om hom 'n alleeneienaar te maak van 'n klomp liegstories op papier gedruk en gebind.  Wonderlike gebeurtenis, Naas.
Jy het lank aan jou boek gewerk en uiteindelik is ook jou boek gebore.
 :occasion14: Tjorts, Naas.  Ek is baie bly vir jou.

Ons sal seker later ons bestellings kan plaas?
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Naas se boek
« Reply #9 on: April 23, 2012, 03:28:50 AM »
Naas kan 'n onderwerp begin waar hy besonderhede oor die boek gee en dan kan almal daar bestellings plaas. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Naas se boek
« Reply #10 on: April 23, 2012, 08:47:04 AM »
As hy vir my die details gee dan kan ek so 'n vorm op die website opstel http://afrikaanseforum.co.za/node/6

dan is dit ook beskikbaar vir non-members :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Naas se boek
« Reply #11 on: April 23, 2012, 12:07:20 PM »
Baie baie geluk, Naas. Mag daar nog baie boeke uit jou pen kom.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Naas se boek
« Reply #12 on: April 24, 2012, 07:20:07 PM »
Ek sit met Woeste Willie in my hand en twyfel in my hart.
Weet nie of PM ook so gevoel het nie maar ek is al soveel keer deur die stories dat hulle nie meer vir my dieselfde voel nie.
Kan ongelukkig nie 'n foto plaas nie. Naas weet nog nie hoe nie om fotos te plaas nie en die nuwe metode werk ook nie by my nie.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Naas se boek
« Reply #13 on: April 25, 2012, 05:44:53 AM »
Baie geluk Naas.  Waaroor presies twyfel jy. 
Hou jy van die boek se uitleg, die voorblad, die formaat, papier, ens. Is die eindproduk na jou sin, is dit wat jy verwag het?

Ek het dieselfde gevoel met die kortverhale in ons boek.  Die emosie het later, na oor en oor lees, afgestomp, maar die gedigte het my elke keer net meer en meer getref.  Ek dink dit is logies dat kortverhale hul trefkrag verloor na al die proeflees. 

Ek het nooit vir 'n oomblik getwyfel aan die inhoud van ons boek nie. Dat daar mense sal wees wat nie van AL die inhoud in die boek sal hou nie, was ek oortuig van, van die begin af.  Smaak verskil en dit is elke persoon se reg.  Bepaal jou by die ouens wat wel van die inhoud hou. Moenie bang wees vir kritiek nie, maar Oumagrootjie Naas het mos nie bang kinders groot gemaak nie. 

Stuur asseblief vir Willa die foto van die boek en vra dat sy dit vir jou plaas.  Bring dit ook onder haar aandag dat jy nie die plasing kan doen nie asseblief.  Ek het hier van die lodge af probeer, maar dit werk nie.  Kan ongelukkig nie vandag kantoor toe gaan nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Naas se boek
« Reply #14 on: April 26, 2012, 04:31:02 AM »
Naas, jy antwoord nie?
Wat het jy besluit aangaande die boek?
Ek hoop regtig nie jy besluit om nie die boek uit te gee nie. 
Kom praat met my!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Naas se boek
« Reply #15 on: April 26, 2012, 06:06:08 AM »
Terwyl ek vir skoondogter haar daaglikse fototjies opsit waarmee ons kleingoed besig hou, het ek gesien hoe onse Naas se voorblad lyk en dit was PUIK!!! Die titel verklap daar gaan met kwart voor drie gevrietjies gelees word aan daardie ware liegstories  :notworthy: :icon_salut:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Naas se boek
« Reply #16 on: April 26, 2012, 03:35:28 PM »
Ag dankie tog jy is terug!  Ek vrek van alleen wees hier in die bos en op die forum.

Ek het van die stories gelees en dit is puik.  Nou verstaan ek nie wat Naas pla nie.  Hy willie mee my pratie!    :crybaby2:  :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Naas se boek
« Reply #17 on: April 26, 2012, 06:20:07 PM »
Ek is nog hier maar verdrink in die verkoue strome. (Nies, proes, hoes poep)
Paar spelfoutjies en die drukkers se program wat my stories rondskuif maar verder druk ons volgende week.
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Naas se boek
« Reply #18 on: April 26, 2012, 09:15:10 PM »
Is jy tevrede met die eindproduk Naas!  Ek wil weet of jy regtig daarvan hou. Is alles soos wat jy dit wou gehad het?
As iets nie reg is nie moet jy nou praat.  Moenie dit maar net los nie.  As daar foute is, maak dit reg en bestel nog 'n proefboek.  Aan die einde van die dag sal dit die moeite en die geld werd wees. 
Dit was vir my 'n plesier om met Breyten te werk.  Hy was baie geduldig met my en dit wil gedoen word!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Naas se boek
« Reply #19 on: April 27, 2012, 11:58:34 AM »
Naas jy moet net laat weet as ek kan help  - ekke is hier

Willa
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Naas se boek
« Reply #20 on: May 31, 2012, 09:02:03 AM »
31 Mei 2012. My finale boek is gebore.
Ek het die finale druk ontvang en is in my noppies met die produk.
Nou moet ek dit net verkoop.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Naas se boek
« Reply #21 on: May 31, 2012, 11:12:25 AM »
Ag dankie tog!  Ek het al al my naels opge-vreet! 
Baie geluk Naas.  Ek stuur voor die einde van die week vir Gawelina twee boeke, sy sal die geld direk by jou inbetaal. 
Die naweek het ek nog twee verkoop waarvan die geldjies in Hannes se sak is.
Ek hou vir jou styf duime vas dat jy sommer gou nog boeke laat druk.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Naas se boek
« Reply #22 on: May 31, 2012, 03:27:50 PM »
Baie geluk Naas!

Laat weet as ons kan help om 'n Launch te reel

stuur ook vir my 'n foto van die buiteblad, plus 'n bietjie inligting oor die boek,
plus die contact besonderhede waar mense dit kan bestel - dan plaas ek dit op
die Afrikaanseforum se webtuiste http://afrikaanseforum.co.za
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Naas se boek
« Reply #23 on: May 31, 2012, 04:47:55 PM »
Fantasties, Naas.  Baie geluk daarmee.
Ek wil 'n boek koop, asseblief.
Stuur per e-pos vir my jou bank besonderhede dan EFT ek.
Of as Willa 'n launch reel, kom ek een haal.
elle

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Naas se boek
« Reply #24 on: May 31, 2012, 05:23:08 PM »
Angelica ek sal nooit aleen reel nie ha ha - ons kan dit saam doen, en Trappies ook - drie koppe beter as een -

Naas on hou in twee weke party vir Theo - hy word drie - dis 'n baie oulike venue - nogal oulik vir 'n Boek launch - jy kan so 40/50 mense daar he - en ons kan Wener van Bokradio daar he - dan kan hy oor jou boek praat en ook jou uitnooi na sy sondag program (Wener is 'n persoonlik vriend van my - so ek weet ons kan dit gereel kry)

laat weet maar as jy ons drie dames se hulp wil he ... dan kom ons onmiddelik bymekaar en dinkskrum
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Naas se boek
« Reply #25 on: May 31, 2012, 06:15:23 PM »
Daai kan dalk net pret raak Ah Willa. Gesels julle dames oor 'n tyd en Naas is daar.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Naas se boek
« Reply #26 on: May 31, 2012, 06:59:49 PM »
   :crybaby2:     :crybaby2:     :crybaby2:    :crybaby2:    :crybaby2:
hoekom is die middel vd land so ver van almal af   :dontknow:   

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Naas se boek
« Reply #27 on: May 31, 2012, 07:03:56 PM »
Ons sal maar 'n kersie opsteek vir jou Adele.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Naas se boek
« Reply #28 on: May 31, 2012, 08:56:29 PM »
Adele : jy kan altyd 'n Vrystaatse launch reel - dan vlieg Naas en sy se boekie in.

Angelica, Trappies, en Willa - wanneer kan julle bymekaar kom om dan aan Naas te raporteer??
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Naas se boek
« Reply #29 on: June 01, 2012, 06:35:44 AM »
Hey Willa,  dit klink na 'n spoggerige idee:  die venue en Bokradio.
Ek dink net nie dit moet in dieselfde tydgleuf wees as jou baba se verjaarsdagpartytjie.  Of is dit nie die bedoeling nie?  Jammer, maar dit is hoe ek persoonlik voel.
Onthou van die ander Kaapse forumvriende wat dalk ook sal wil bywoon.
Druk maar op my knoppie, ek het op die oomblik nie baie verpligtinge nie wat my tyd in beslag neem.
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Naas se boek
« Reply #30 on: June 01, 2012, 11:29:36 AM »
Ek stem saam Engeltjie. Het dit nie so gelees nie.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Naas se boek
« Reply #31 on: June 01, 2012, 12:28:11 PM »
Nee genade -nie saam met THeo se verjaarsdag partytjie nie ... Naas sal geen shine kry nie  :love7:

Ek het net bedoel die venue is dalk ideal - maar dis nie 'n moet nie :-) ha ha ha

Maar ek dink dit moet 'n spog geleentheid wees sodat mense buite die forum kan weet van die boek - die dat ek aan Werner van Bokradio gedink het - hulle trek 'n groot luiter-groep van Afrikaanse mense ...

En natuurlik moet die forum-familie gaste by die geleentheid wees :-)

maar ek wil nie oorneem nie - net saam opgewonde en wil my alles insit vir Naas - ek het vir julle 'n email gestuur vir 'n brainstorm session ... its all really up to oom Naas :-)   :angel12: :hello:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Naas se boek
« Reply #32 on: June 01, 2012, 12:36:01 PM »
en al die ladybugs wat deel vorm van die theme sal ook te veel rondvlieg en die grootmense kielie :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Naas se boek
« Reply #33 on: June 01, 2012, 11:13:55 PM »
Trippel WOW Naas. GALUK mater en ek glo dit gaan reuse sukses wees. Willa wat 'n wonderlike idee,dit sal onse Langenhoven se  lyne op die troon stoot waar dit hoort en almal besef die boek is 'n MOET!!  :icon_salut:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Naas se boek
« Reply #34 on: June 02, 2012, 04:39:02 AM »
Nou toe, hier gaan ons. Willa, paar vrae aan jou.

Waar is daardie venue.
Wat is die kostes verbonde aan die huur van die venue.
Hoeveel mense kan gelyktydig daar bymekaar kom.   
Hoe lyk dit binne tov tafel vir verversings, bar....
Met wie word kontak gemaak en reelings getref.
Watter tye is suitable vir 'n boekbekendstelling.
Waar kan Naas 'n tuxedo huur en sal daar versterkings vir die man in die kleedkamer wees.

As ons die boonste vrae se antwoorde bymekaar het, kan ons bymekaar kom om te begin met die reelings en verdere besluite neem.

elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Naas se boek
« Reply #35 on: June 02, 2012, 08:32:05 AM »
Dit klink uitstekend.   :hello2:
Julle moet asseblief nou net nie van my en Hannes vergeet nie.  Ons sal ook baie graag daar wil wees.
Laat weet asseblief vroegtydig sodat ons kan reëlings tref.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Naas se boek
« Reply #36 on: June 02, 2012, 11:08:28 AM »
Die Venue kan 50 mense lag-lag gelukkig hou,
daar is 'n bar en 'n prag kaggel vir die koue winter
Dis by Joostevlakte - maar ek weet ook van 'n baie oulike teater wat meer mense kan neem

Albei venues het tafels/stoele/bar/en genoegsame geriewe ... kostes billik en mens kan onderhandel ...

oh ja - daar is ook 'n gastehuis in Durbanville watse konferensie kammers ideal is!

Daar is verskeie plekke waar onse Langenhoven 'n Tuxedo kan huur - maar ons moet tog eers hoor of hy gemaklik is in 'n Tuxedo of jeans :-)
Dis onse Naas se boek - so hy moet se of hy 'n formele of informele gevoel aan die geleentheid wil gee

Ek dink onse Naas se innerlike is baie sterk - maar net so vir keel natmaak kan mens seker maak daar is 'n nat-happie byderhand...

maar nou ... om te breinstorm en te beplan ... moet onse Naas laat weet of hy die aangebiede hulp wil he - hy het dalk iets heel anders ingedagte
en ander helpende hande ...

either way - onse Naas kan op my reken as hy wil en hy het my support ...

nou moet onse Naas maar net laat weet ...

ek wil nie oorneem of lyk of ek oorneem of so iets nie ... ek het 'n e-possie gestuur waarop net onse Engeltjie reageer het ... die K9-kids by ons nut-huis is so effe baie vir haar - so ons moet by 'n Mugg-a-bean iewers ontmoet vir brein-krap-beplan-koffie-drink ...

Naas se net ... en ek is daar of as nie ,
hou ek dood te vrede dop waar en wanneer ek die geleentheid moet ondersteun :-)

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Naas se boek
« Reply #37 on: June 03, 2012, 07:37:58 AM »
Dankie vir jou aanbod om hulp Wils.  Ek antwoord maar solank, want onse Naas is druk besig met eksamenvraestelle.

Intussen sal ek my inset lewer.
In die eerste plek is geld maar skaars tussen ons almal.  Naas het vir my hulle saal gratis gereël. Elmarie het die tafeldoeke voorsien en dit weer laat was daarna. Ons het die glase en koppies gehuur wat Naas met liefde gaan oplaai en weer terug besorg het. 
Almal het hulle deel gedoen deur 'n bordjie eetgoed en hulle eie drinkgoed saam te bring.
Trappies het die wyn gereël, ook gratis. 
Samantha het die klank gereël, gelukkig ken sy mense in "hoë" plekke. 
Engeltjie het gehelp met die aankope ens. en Ouma Naas het gehelp met die vleisbolletjies, kaasstokkies ens.  en as ek moet aanhou skryf, skryf ek die forum vol. 

As ek nog 'n paar vragies kan vra:
Waar is Joostevlakte? 
Hoeveel presies sal die saal kos?
As daar 'n kroeg is, sal mense toegelaat word om hul eie drank te bring?
Tafeldoeke, glase, koppies ens.



Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Naas se boek
« Reply #38 on: June 03, 2012, 02:01:55 PM »
Dis oorkant Kraaifontein



Ek sal moet uitvind wat die saal sal kos .. ons het vir 10 kinders met eetgoed en partytjie pakkies, plus ry op ponie en bottemlose koffie vir ouers R1060.00 betaal.

Al die eetgerye/stoele is ingelsuit - mens kan tafeldoeke extra huur (of tussen ons dit voorsien)

Die venue laat mens toe om jou eie catering te doen ... so mens kan ook reel dat elkeen van ons 'n bordjie eetgoed bring ...

Ek sal skryf en vra wat net die uur van die venue sal wees ... 3 ure is seker meer as genoeg?  En dan sal ek terug voer gee.

Die teatertjie sal so bietjie meer uitwerk .. so dis dalk nie 'n plan vir nou nie ...   

Dalk kan Samantha weer die klank gereel kry :-)
en Trappies die wyn aandra ha ha

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Naas se boek
« Reply #39 on: June 03, 2012, 02:04:54 PM »
Geld is 'n probleem - maar onthou net - die launch is ook 'n bekendstelling ... anders wat is die doel - dan kan ons saam bymekaar kom en net fees vier oor die prag boek wat nou ook beskikbaar is ...   :toothy4:

Of is die hele idee om dit net beskikbaar te maak vir Naas se eie family en vriende ne die forum-family??
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Naas se boek
« Reply #40 on: June 04, 2012, 06:53:14 AM »
Yip, geld is 'n probleem.
Die venue waar RK&V ge-launch is, is perfek.
As Naas dit weer kan kry en dit is weer gratis, spaar ons 'n hele clip blou note.  En dit is sentraal en almal weet presies waar dit is.
Ons weet daar is tafels en jou eie cool bag staan sommer hier onner by jou voete met jou verversings.
Almal dra weer 'n bord eetgoed aan en sorg vir jou eie 'nat-happie'.  (Lief die woord, Willa.)

Tux vir Naas... sommer net 'n grappie-poging.

PM, natuurlik wag ons vir julle.  Hoe dan anders?

Kom ons wag vir Naas om klaar eksamen te skryf.
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Naas se boek
« Reply #41 on: June 04, 2012, 10:07:31 AM »
Dankie julle ouens. Die mense by die skool raas ook oor die geleentheid en ek dink dit sal maar weer hier by ons gehou word. Ek maak nie genoeg geld uit die boek om "uit te hang" nie so ek gaan dit maar weer op die spaarmetode doen. Sal egter bly wees as ons Bokradio kan bysleep.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Naas se boek
« Reply #42 on: June 04, 2012, 12:37:25 PM »
Sodra jy 'n tyd het - laat weet - dan nooi ons Werner uit

Gaan jy die saaltjie van kaggelvuur gebruik - of die groter saal dalk?

Nou moet jy vir ons kom se wat jy alles nodig het ...

ek kan help met programe / uitnodigings ens te ontwerp - ek bied my skills en tools gratis aan

ons is aan diens vir jou Naas - so se net wat ons kan doen ...

hier is Theo se verjaarsdag uitnodiging - net om te wys wat ek tot instaat kan wees ... (dis nou ongelukkig nie 'n uitnoding vir julle nie ha ha)  :icon_bigsmurf:



Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w