• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Naas se boek

Started by Naas, April 18, 2012, 09:48:36 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Ek wil nou nie hoes, poep of skinder nie maar...
Naas se boek, Woeste Willie en ander ware liegstories, het 'n ISBN nommer en Breyten is besig om die proefboek te druk vir goedkeuring.
Baie dankie PM vir jou hulp en dankie vir almal se aanmoediging.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek wil ook nou nie 'n wind, kramp of kroep kry nie maar gewis is dit nou merske voorreg om jou geluk te wens mater!!  :icon_cheers: :book1: :notworthy: :icon_salut:

PM

#2
Hartlik geluk Naas.   :hello2:
Dit was my voorreg. Ek hoop dit sal al jou verwagtinge oorskry. Kan nie wag om 'n kopie te kry nie.
Hoeveel kos Woeste Willie?  Bespreek solank een vir my asseblief.   :love7:

Oe Naas, ek wil iets byvoeg.  Baie dankie dat jy my ge-cc het in jou brief aan Breyten.  Jou agerblad is wragtig pragtig en dit gaan treffend lyk. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Ek gaan hom kaas Naas .. laat weet sodra hy mooi klaar is en watse $$ jy gaan nodig he vir ons om ons eie kopie te he!!

PM - gaan ons sy boek op die Forum se webblad laat pruik as een van die Forum lede se prag boeke ???  Laat weet maar :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Willa, so 'n bek moet jam kry!
Natuurlik sal sy boek 'n ereplek kry op die webblad.
Ons wil almal se boeke daar hê. 

Pryk is:  windgat blink
Pruik is 'n nagemaakte kapsel.   :icon_biggrin: 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

ek sal my pruik oor my oe trek en sodra Naas vir my die voorblad en ingligting gee - sal sy boek pryk op die web blad
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Ag dankie Wils, jy is so dierbaar, ek lief jou stinkend! 
Nou toe Naas, kom gee al die besonderhede vir Willa, sodat sy 'n mooi uiteensetting kan doen. 
Willa, webblad is een begrip, een woord! Ek lief jou my matertjie, dankie vir al jou moeite!
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Ek het 'n hik probleem - so elke keer as ek by web (hik) blad kom dan spring dit uitmekaar

dankie vir die hulp Petra - iewers gaan dit vaskop dan gaan ek ophou hik en dan is dit webblad :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Angelica

Naas, dit is vir my so lekker om jou geluk te wens met jou boek.. al is dit nou 'n klomp ware liegstories.
Dit gaan ure se leesgenot afgee.
Het altyd gedink dit is iets wat so ver wink, dat dit nooit sal realiseer nie, maar ons almal het ons geleentheid gekry en ons boek is gebore.
Nou het Naas se geleentheid weer gekom om hom 'n alleeneienaar te maak van 'n klomp liegstories op papier gedruk en gebind.  Wonderlike gebeurtenis, Naas.
Jy het lank aan jou boek gewerk en uiteindelik is ook jou boek gebore.
:occasion14: Tjorts, Naas.  Ek is baie bly vir jou.

Ons sal seker later ons bestellings kan plaas?
elle

PM

Naas kan 'n onderwerp begin waar hy besonderhede oor die boek gee en dan kan almal daar bestellings plaas. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

As hy vir my die details gee dan kan ek so 'n vorm op die website opstel http://afrikaanseforum.co.za/node/6

dan is dit ook beskikbaar vir non-members :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Fransi

Baie baie geluk, Naas. Mag daar nog baie boeke uit jou pen kom.

Naas

Ek sit met Woeste Willie in my hand en twyfel in my hart.
Weet nie of PM ook so gevoel het nie maar ek is al soveel keer deur die stories dat hulle nie meer vir my dieselfde voel nie.
Kan ongelukkig nie 'n foto plaas nie. Naas weet nog nie hoe nie om fotos te plaas nie en die nuwe metode werk ook nie by my nie.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Baie geluk Naas.  Waaroor presies twyfel jy. 
Hou jy van die boek se uitleg, die voorblad, die formaat, papier, ens. Is die eindproduk na jou sin, is dit wat jy verwag het?

Ek het dieselfde gevoel met die kortverhale in ons boek.  Die emosie het later, na oor en oor lees, afgestomp, maar die gedigte het my elke keer net meer en meer getref.  Ek dink dit is logies dat kortverhale hul trefkrag verloor na al die proeflees. 

Ek het nooit vir 'n oomblik getwyfel aan die inhoud van ons boek nie. Dat daar mense sal wees wat nie van AL die inhoud in die boek sal hou nie, was ek oortuig van, van die begin af.  Smaak verskil en dit is elke persoon se reg.  Bepaal jou by die ouens wat wel van die inhoud hou. Moenie bang wees vir kritiek nie, maar Oumagrootjie Naas het mos nie bang kinders groot gemaak nie. 

Stuur asseblief vir Willa die foto van die boek en vra dat sy dit vir jou plaas.  Bring dit ook onder haar aandag dat jy nie die plasing kan doen nie asseblief.  Ek het hier van die lodge af probeer, maar dit werk nie.  Kan ongelukkig nie vandag kantoor toe gaan nie. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

Naas, jy antwoord nie?
Wat het jy besluit aangaande die boek?
Ek hoop regtig nie jy besluit om nie die boek uit te gee nie. 
Kom praat met my!
Om te weet is om te verstaan.