• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Naas se boek

Started by Naas, April 18, 2012, 09:48:36 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Terwyl ek vir skoondogter haar daaglikse fototjies opsit waarmee ons kleingoed besig hou, het ek gesien hoe onse Naas se voorblad lyk en dit was PUIK!!! Die titel verklap daar gaan met kwart voor drie gevrietjies gelees word aan daardie ware liegstories  :notworthy: :icon_salut:


PM

Ag dankie tog jy is terug!  Ek vrek van alleen wees hier in die bos en op die forum.

Ek het van die stories gelees en dit is puik.  Nou verstaan ek nie wat Naas pla nie.  Hy willie mee my pratie!    :crybaby2:  :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek is nog hier maar verdrink in die verkoue strome. (Nies, proes, hoes poep)
Paar spelfoutjies en die drukkers se program wat my stories rondskuif maar verder druk ons volgende week.
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Is jy tevrede met die eindproduk Naas!  Ek wil weet of jy regtig daarvan hou. Is alles soos wat jy dit wou gehad het?
As iets nie reg is nie moet jy nou praat.  Moenie dit maar net los nie.  As daar foute is, maak dit reg en bestel nog 'n proefboek.  Aan die einde van die dag sal dit die moeite en die geld werd wees. 
Dit was vir my 'n plesier om met Breyten te werk.  Hy was baie geduldig met my en dit wil gedoen word!
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Naas jy moet net laat weet as ek kan help  - ekke is hier

Willa
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Naas

31 Mei 2012. My finale boek is gebore.
Ek het die finale druk ontvang en is in my noppies met die produk.
Nou moet ek dit net verkoop.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ag dankie tog!  Ek het al al my naels opge-vreet! 
Baie geluk Naas.  Ek stuur voor die einde van die week vir Gawelina twee boeke, sy sal die geld direk by jou inbetaal. 
Die naweek het ek nog twee verkoop waarvan die geldjies in Hannes se sak is.
Ek hou vir jou styf duime vas dat jy sommer gou nog boeke laat druk.
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Baie geluk Naas!

Laat weet as ons kan help om 'n Launch te reel

stuur ook vir my 'n foto van die buiteblad, plus 'n bietjie inligting oor die boek,
plus die contact besonderhede waar mense dit kan bestel - dan plaas ek dit op
die Afrikaanseforum se webtuiste http://afrikaanseforum.co.za
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Angelica

Fantasties, Naas.  Baie geluk daarmee.
Ek wil 'n boek koop, asseblief.
Stuur per e-pos vir my jou bank besonderhede dan EFT ek.
Of as Willa 'n launch reel, kom ek een haal.
elle

Ah Willa

Angelica ek sal nooit aleen reel nie ha ha - ons kan dit saam doen, en Trappies ook - drie koppe beter as een -

Naas on hou in twee weke party vir Theo - hy word drie - dis 'n baie oulike venue - nogal oulik vir 'n Boek launch - jy kan so 40/50 mense daar he - en ons kan Wener van Bokradio daar he - dan kan hy oor jou boek praat en ook jou uitnooi na sy sondag program (Wener is 'n persoonlik vriend van my - so ek weet ons kan dit gereel kry)

laat weet maar as jy ons drie dames se hulp wil he ... dan kom ons onmiddelik bymekaar en dinkskrum
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Naas

Daai kan dalk net pret raak Ah Willa. Gesels julle dames oor 'n tyd en Naas is daar.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

adele

   :crybaby2:     :crybaby2:     :crybaby2:    :crybaby2:    :crybaby2:
hoekom is die middel vd land so ver van almal af   :dontknow:   

:grommit: 
adéle  :grommit:

Naas

Ons sal maar 'n kersie opsteek vir jou Adele.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Ah Willa

Adele : jy kan altyd 'n Vrystaatse launch reel - dan vlieg Naas en sy se boekie in.

Angelica, Trappies, en Willa - wanneer kan julle bymekaar kom om dan aan Naas te raporteer??
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Angelica

Hey Willa,  dit klink na 'n spoggerige idee:  die venue en Bokradio.
Ek dink net nie dit moet in dieselfde tydgleuf wees as jou baba se verjaarsdagpartytjie.  Of is dit nie die bedoeling nie?  Jammer, maar dit is hoe ek persoonlik voel.
Onthou van die ander Kaapse forumvriende wat dalk ook sal wil bywoon.
Druk maar op my knoppie, ek het op die oomblik nie baie verpligtinge nie wat my tyd in beslag neem.
elle