• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar

Started by Meraai vannie Baai, June 10, 2020, 06:27:51 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Antjie Patat


Naas

Ont hou?

Bleek lê die karkasse
op gister se vlaktes.
Kaal gevreet
deur die kake van vergeet

Omkyk word 'n woestyn
waarin gedagtes verdrink,
versmoor...
verdwyn...

Fotos van geliefdes,
bekendes...
vervaag...
verdof...
verdwyn...

Leë oë staar soekend
na bleek karkasse,
toe gewaai
deur breinloos wind.

Seldsame oases
verdor tot vergetelheid...
Verdwyn uit gedagtes...
Kaal vlaktes...

Verlossing kom
met ewig rus...

© Naas Breytenbach

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Antjie Patat

NAAS !! Ongelooflik.
Hemelweet..... treffend treffend.....

Meraai vannie Baai

#78
Rillings hardloop deur my hele lyf. Naas, Naas, Naas!!! Sjoe sjoe. Reeds met die titel het jy 'n dolk-beeld geskep en dan volg die rou woorde. Ek staar na die skerm met my hand voor my mond in totale verwondering mater.   :notworthy: :icon_salut:

Ek deel die skakel na my plasing oor hallusinasies hier vir lesers wat inligting soek rakende die voorkoms:
https://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4667.msg34478;topicseen#msg34478

PM

Shoe.  Naas sê jy kry drie soorte. Die wat kan tel en die wat nie kan tel nie.
Kyk hoe tel ek!  Ek tel my seeninge tien by tien!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ons sal altyd met trots kan sê dat ons hier op die forum 'n deeltjie bygedrae het om bewusmaking te doen rakende pulmonale hipertensie. In 2012 het Denneys op Facebook gevra of daar iemand is wat kan help om hulle bewusmakingsblad te vertaal in Afrikaans. So gevra, so gedaan. Met die onskatbare hulp van jou PM kon ons koppe bymekaar sit en die vertaling doen.

:hello2: :notworthy: :icon_salut:





https://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2203.msg13956#msg13956

PM

Ek sit ook nou weer met trane in my oge en probeer om daardeur te fokus. 
Raaitjie, die klein deeltjie wat ek bygedra het is niks.  Jy het al die navorsing en werk wat daarmee gepaart gaan gedoen en daarvoor knik ek my kop en  buig my knie.  :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#82
 'n Voorreg gewees om die navorsing te kon doen mater.