Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Meraai vannie Baai => Topic started by: Meraai vannie Baai on June 10, 2020, 05:27:51 AM

Title: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on June 10, 2020, 05:27:51 AM
*As jy enige kommerwekkende simptome ervaar - besoek jou geneesheer. Tussen hierdie lyne en ander plasing rakende gesondheid, teken ek net aan wat ons as familie/gesin (en ander gesinne) beleef. Ek het van my mediese plasings eers na my eie hoek verskuif sodat ek dit op hoogte kan bring.

In bodemlose rakke
pak sy die ure van haar skuifelgang
een-een weg...
Blink gepoetsde gisters
staar grootoog uitgestal
en die vreemdeling
noem haar Mamma.

© Meraai vannie baai

*Blink gepoetsde gisters verwys na die onvermoë van demensielyers om byvoorbeeld te onthou dat hulle wel ontbyt gehad het maar 'n ete van 20 jaar gelede saam ou vriende sal onthou word tot op die fynste detail en die storie herhaaldelike kere weer oorvertel asof dit gister plaasgevind het.

WAT IS DEMENSIE?

Seker een van die ongenadigste terminale siektes wat die mens kan tref en meer gevrees as die groot K op die oomblik.  :crybaby2:
Dimensie kan deur 'n wye verskeidenheid van siektes en toestande veroorsaak word soos o.a vaskulêre siektes, sklerose, motorneuronsiekte en Parkinsons terwyl Korsakoff-sindroom en MIV skaarser oorsake daarvan is. Die mees bekendste vorm is natuurlik Alzheimer's en tweede is die minder bekende vorm nl. Lewy Body Dementia (LBD).

Die persoon se brein krimp stelselmatig weg weens die vernietigingsproses van lewensbelangrike neurons en verbindings in die brein. Demensie simptome wissel afhangende van die oorsaak, maar algemene tekens en simptome sluit in:

Kognitiewe veranderinge

Korttermyn geheueverlies, wat gewoonlik deur 'n eggenoot of iemand anders opgemerk word.
Probleme met sekere woorde om funksioneel te kommunikeer.
Probleme met visuele en ruimtelike vermoëns, soos om te verdwaal.
Moeilike redenering of probleemoplossing.
Moeilikheid om komplekse take te hanteer.
Probleme met beplanning en organisering.
Probleme met koördinasie en motoriese funksies.
Verwarring en disoriëntasie.
Sielkundige veranderinge

Persoonlikheids veranderinge

Depressie.
Angs.
Onvanpaste gedrag.
Paranoia.
Opstandig.
Hallusinasies.

Bronne:
https://www.mayoclinic.org/diseases-conditions/dementia/symptoms-causes/syc-20352013
https://www.nia.nih.gov/health/what-happens-brain-alzheimers-disease

Feite wat ons moet onthou oor demensie:
1. Dit is 'n sambreel-terme vir baie soorte tipe gedragsprobleme en persoonlikheidsafwykings soos alzheimer byvoorbeeld. Daar is +- 90 vorme van demensie. Daar is selfs nou sprake van +- 200 soorte demensies.
 
2. Die siekte is kronies en word dus stelselmatig erger en tydsduur kan ook wissel van persoon tot persoon.

3. Dit is terminaal. Gemiddelde lewenstydperk na diagnose is gemiddeld 8 tot 12 jaar en selfs minder. Hierdie tydperke kan verskil van persoon tot persoon afhangende van gesondheid en sekere medikasie voordat die dementia gediagnoseer was. Daar is wel ander vorme van demensie, veral waar bloedtoevloei ter sprake is en persone enige tydperk van 3 tot 30 jaar kan leef met die siekte (Lewy dementia).

'n Blywende verandering in die persoon se algemene doen en late kan 'n aanduiding wees van die vroeë stadium van demensie en 'n behoorlike diagnose moet gemaak word sodat die regte behandeling vir verligting van simptome toegepas kan word.

Daar is nog geen kuur vir demensie op die oomblik nie alhoewel baie navorsing gedoen word.

Ek wil graag 'n nuwe onderwerp begin oor Demensie en hoop dat versorgers en pasiënte voordeel sal strek uit die deel van ons eie pad en verwysings na talle skakels/videos ens. Hierdie onderwerp lê teer in die holtes van my hart. Die volgende was 'n samestelling wat ons uit eie ervaring agtergekom het toe 'n geliefde se geaardheid en optredes al hoe meer kommerwekkend en soms selfs komies begin raak het.

Agterdog:
* Daar is iemand wat haar/sy goed 'steel'.
* Familie wou haar/hom 'vergiftig'.
* Neem self dinge en steek dit weg.

Emosionele verandering:
* Raak selfsugtig en uiters onsimpatiek.
* Jaloesie.
* Kritiserend uitgesproke teenoor versorger(s).

Higiëne verswak:
* Persoonlike higiëne verswak. Vergeet/weier om te bad of stort, skoon aan te trek.
* Raak 'verslons'.
* Herhaal dieselfde takies onophoudelik terwyl ander belangrike take agterweë gelaat word.
* Oortuig dat hulle nog elke dag alles netjies hou en skoon aantrek terwyl daar kommerwekkende agteruitgang bespeur word. 

Gedragsveranderinge:
* Eetgewoontes verander en ontstig mede familielede tydens ete.
* Vertel dieselfde gebeure/verhale oor en oor.
* Leef in 'n sekere tyd van die verlede en kan nie cope met die huidige nie.
* Korttermyngeheue veroorsaak spanning en kommer.

Versorgers leer gou dat die optredes van hulle geliefdes 'n taak is wat baie simpatie, Salomo se geduld en wysheid gaan verg. Dit is nie moontlik om die persoon met demensie te probeer oortuig dat hulle optredes verkeerd is nie. Dit gaan jou duur te staan kom as jy verwag dat hulle jou rasionele benadering gaan insien aangesien hulle in denkwyse totaal verward en irrasioneel is.

Drie dinge wat sielkundiges voorstel wat ons liefs nooit moet noem of doen vir mense met tekens van demensie nie:

1. Moenie probeer argumenteer nie. Hulle het die vermoë verloor om te kan redeneer en dinge uit te pluis soos normale persone. Ontlont situasies rustig en bly kalm.  Haal diep asem en blaas uit. Hierdie eenvoudige tegniek is BAIE belangrik want as jy gespanne raak haal jy vlakker asem en jou liggaam stel 'n hormoon vry wat jou nog meer gespanne en opstandig gaan maak het navorsing bewys.

Voorbeeld: As hulle jou beskuldig dat jy hulle besittings steel - stel dan rustig voor dat jy sal help soek en noem dat julle dit dalk sommer gou gaan opspoor. (Hulle aandagspan is heelwaarskynlik alreeds baie kort en sal tien-teen-een vergeet wat hulle soek).

Moenie verwyt wanneer die 'verlore' voorwerpe gevind word en jy weet dat die hele toneel homself weer gaan oorspeel nie.

Vermy die instinktiewe gevoel om jou humeur te laat opvlam en jy kwaad word vir die persoon, onthou - dit is die simptome van die breinsiekte wat tevoorskyn kom en is nie willekeurige optredes nie.

2. Moenie hulle in die rede val en korregeer nie. Stem saam en verander die rigting van gesprek. As jy 'go with the flow' is dit vir jouself, jou gesin en die pasient die beste oplossing. Sodra jy hulle verkeerd probeer bewys of uitwys raak hulle aggressief en kan baie onredelik optree en lelike beskuldigings gooi wat hulle binne 'n uur nie eers gaan onthou dat hulle dit gese of gedoen het nie!

Voorbeeld: As hulle voel iemand wil hulle leed aandoen, noem dat jy dit by die polisie aangegee het of sal aangee en hulle gaan die saak opvat. Weereens - trek die aandag af, bied koffietjie aan of se kom ons stap ek wil mamma 'n blommetjie in die tuin wys ens.

3. Moenie hulle probeer betrek in jou lewe en alledaagse gang nie. Hulle leef in hulle eie ruimte. Jy moet inskakel by dit en deel word van die tydperk wat hulle in die oomblik is. Dit gaan weer verander. Sommige pasiente (87 jaar oud) antwoord dat hulle 22 of 23 is wanneer hulle ouderdom gevra word! Vra uit oor wat hulle van gehou het of wat hulle geniet het om te doen soos byvoorbeeld vorige stokperdjies, ontspanning ensovoorts.

Witleuentjies om die dementia-vuur te blus is een van die magtigste wapens in 'n versorger se arsenaal!



Title: Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on June 10, 2020, 08:07:51 AM
Ek het die volgende skets en samestelling gemaak na aanleiding van 'n opmerking dat die sterwende brein soos 'n gehekelde kantlappie is. Dat ons sal onthou om tussen die 'gate' nog die pragtige patroontjies raak te sien en waardeer. Dat die 'mens' nog daar is maar dat die vermoë om normale funksies (soos onthou wat 'n rukkie gelede gebeur het en nugter denke en optredes) verdwyn het in die openinge - 'n rak sonder bodem waarna ek verwys in my gedig in die eerste plasing...

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/Dementia_brein_4(2).jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://app.photobucket.com/u/raaitjie/p/62452e18-1ec1-4b65-a6e6-38aed3a71d94)

Hier is die verskil tussen 'n normale brein (bo) en 'end of stage dementia' brein (onder) skokkend sigbaar.  Weens die siekte word die selle in die brein mettertyd vernietig en derhalwe krimp die brein.

Die gesonde menslike brein bevat tien biljoen neurone - gespesialiseerde selle wat inligting verwerk en oordra via elektriese en chemiese seine. Hulle stuur boodskappe tussen verskillende dele van die brein, en van die brein na die spiere en organe van die liggaam. Alzheimersiekte ontwrig hierdie kommunikasie tussen neurone, wat lei tot verlies aan funksie en seldood.

In die 1900's het dr Alzheimer die brein van sy pasiënt, mev Deter, ondersoek na haar dood. Hy het gevind dat die buitenste laag van die brein of korteks gekrimp het. Dit is die streek van die brein wat betrokke is by geheue, taal en oordeel. Neerslae is gevind in die breinselle wat bekend staan as “neurofibrillêre verstrengelings". Hierdie gedeeltes beïnvloed sinapse, sodat seine nie tussen breinselle kan deurgaan nie. Die verstrengels maak breinselle dood deur die normale vervoer van voedsel en energie deur die breinsel te voorkom.

Alzheimer ontwrig prosesse wat noodsaaklik is vir neurone en hul netwerke, insluitend kommunikasie, metabolisme en herstel. Afhangende van hoeveel selle in die onderskeie dele van brein reeds vernietig is, kan die simptome 'n aanduiding wees van hoe ver die siekte reeds gevorderd is.

Aanvanklik vernietig Alzheimersiekte neurone en hul verbindings in dele van die brein wat by die geheue betrokke is, insluitend die entorhinale korteks en hippokampus. Dit beïnvloed later gebiede in die serebrale korteks wat verantwoordelik is vir taal, redenasie en sosiale gedrag. Uiteindelik word baie ander dele van die brein beskadig. Met verloop van tyd verloor 'n persoon met Alzheimer geleidelik sy of haar vermoë om onafhanklik te leef en te funksioneer. Uiteindelik is die siekte fataal.

https://cureup.org/the-person-there/?fbclid=IwAR2CAnTeO-YO8nGGQ_YjzB3cCnm6ORp0uoOXn5pv9lVUAczgTnRXweabJMo

Wat gebeur in die brein met Alzheimer's?
https://www.youtube.com/watch?time_continue=2&v=0GXv3mHs9AU&feature=emb_logo
https://www.youtube.com/watch?v=dj3GGDuu15I

Title: Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on June 11, 2020, 05:35:13 AM
Ek het vandag ingeskryf vir 'n kursus by die University of Tasmania - Understanding Dementia. Hopenlik sal ons dan nog 'n tikkie meer betroubare inligting kan deel. Kursus begin Julie 2020. Hou styf duim vas dat dit vlot sal verloop en ons 'n wyer veld sal kan dek vir ons lesers.

Hier is 'n klompie skakels wat vir ons as gesin ongelooflik baie beteken het:

https://www.youtube.com/watch?v=EpV83BVhXr4
Dementia 101

https://www.youtube.com/watch?v=t--mkzfHuIE
What is Dementia?

https://www.youtube.com/watch?v=pqmqC-702Yg&t=25s
Teepa Snow Discusses the Ten Early Signs of Dementia

https://www.youtube.com/watch?v=sbJvguaVp6Q
Dementia Toileting problems

https://www.youtube.com/watch?v=Lfm9R5c9Tho
Dementia Bathroom Tips: How to stop your loved one from having toileting accidents

https://www.youtube.com/watch?v=FiIbTDVKcH0
Traveling with someone who has dementia- 5 tips

https://www.youtube.com/watch?v=ycIgcdOKOoo
How to deal with Dementia and Family Conflict: 4 Tips to bring your family together in dementia care

https://www.youtube.com/watch?v=qawtq4q9twI
Why do people with dementia lie?

https://www.youtube.com/watch?v=YJLHgm1hLNE
Does your loved one with dementia resent you? Try this!

https://www.youtube.com/watch?v=OuCSkaXX7pQ
10 tips for responding to dementia anger

https://www.youtube.com/watch?v=y1YDut5uBcc
Dementia and Delusions, Hallucinations, & Illusions

https://www.youtube.com/watch?v=3ZuhqHK8wDE&t=2s
Top 3 signs your loved one with dementia needs nursing home care

https://www.youtube.com/watch?v=OSxKLowkCRc
How to reduce dementia caregiver stress- 2 tips

https://www.youtube.com/watch?v=GYb8ZOiT3BU
DENIAL AND DEMENTIA

https://www.youtube.com/watch?v=yycvLvwhdEs
Avoid the argument: Find answers that make sense to the person with dementia
Title: Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: adele on June 11, 2020, 08:17:11 AM
Vriendin, ek hoop jy geniet daardie kursus tonne baie en kom deel asb met ons. Hoeveel van ons het al van hierdie simptome by geliefdes beleef en nie verstaan nie ....
Title: Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on June 11, 2020, 10:00:21 AM
Ek glo dat dit 'n verrykende ervaring gaan wees lief Adele. Die kursus dek 'n wye veld en ek is baie opgewonde.


Title: Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on June 11, 2020, 11:18:56 PM
So baie versorgers van geliefdes het genoem dat die dood genadiger sou wees as demensie en dan leef met ongelooflike selfverwyt oor die gedagte. Om 'n geliefde te sien verander in 'n persoon wat jy nie ken of selfs sou WOU ken nie is 'n lydingsweg op sy eie. Die lang groet noem hulle dit...
 
https://www.youtube.com/watch?v=54Rs4ckp6hs
Alzheimer's: The Long Goodbye

https://www.psychologytoday.com/au/blog/trouble-in-mind/201203/the-long-goodbye-alzheimer-s-disease

https://www.homewatchcaregivers.com/resources-and-specialty-care/dementia/support-for-caregivers/the-long-goodbye/

https://www.youtube.com/watch?v=Q4niKCFltOM&t=57s
FEELING GUILTY FOR WISHING YOUR LOVED ONE WITH DEMENTIA WOULD DIE?
Title: Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: PM on June 12, 2020, 10:26:08 AM
Baie dankie vir hierdie insiggewende onderwerp Raaitjie.  Iemand wat nog nie hierdie situasie beleef het nie, besef nie hoe drasties dit die versorgers be-invloed nie.  Ek glo jy sal die kursus opslurp en dit met ons deel. 
Title: Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on June 14, 2020, 11:59:28 PM
Dankbaar vir die voorreg om in hierdie tegnologiese eeu te leef waar inligting so vrylik beskikbaar is PM en dat ons kennis en ervaring kan deel met mekaar.  Ek besef al hoe meer dat die versorgers van demensie pasiënte ondersteuning en die nodige kennis beskik om te weet die optredes van geliefdes  is slegs 'symptoms of a dying brain'.

Soos jy genoem het, soms weet die familie nie eers dat die persoon 'n vorm van dementia gehad het nie en derhalwe die optredes, beskuldigings, verbale en fisieke mishandeling niks meer was as net simptome nie. Ons het dit self nie besef nie! Die toestand kon jare gelede al gediagnoseer geword het en onverstaanbare optredes sou soveel meer sin gemaak het.

Ongelukkig is dit nie altyd moontlik om pasiënte in 'n gevorderde stadium van die siekte, in betroubare versorgingsoorde te laat opneem weens die onkoste daaraan verbonde.

Nog 'n groot struikelblok wat tevoorskyn kom in soveel families is die seer feit dat die ouer wat drie/vier/vyf kinders grootgemaak het nou oorgelaat is aan die een wie ook al kans sien om die massiewe rol van versorger te vertolk. Diegene wat nie gereelde toegang het tot die dementia lyer,  kan twyfel aan die nodigheid van versorging en selfs ontkenning van die toestand. Die finansiële impak is nog 'n feit wat onderskat word en tot groot rusies in families  gelei het.

:crybaby2:

SUNDOWNER-SINDROOM:
'Choose your battles' - die dag is nog lank en kom 'sundown' voorspel dit nagmerries vir die versorger van persone met dementia want die een beteken beslis nie ontspan met 'n glasie wyn langs hardehoutvuurtjie terwyl jy die sonsondergang bewonder nie!

Vir diegene wat nie bewus is wat sundowner-sindroom is nie, dit is nie 'n siekte op sigself nie, maar eerder 'n duidelike verskynsel of simptome patroon wat voorkom by mense wat aan Alzheimersiekte of ander tipies van demensie ly. Diegene wat aan hierdie sindroom ly, ondervind gewoonlik simptome rondom sonsondergang of snags, wat die sindroom dus die naam gee. Simptome van die sononder-sindroom sluit in opwinding, rusteloosheid, prikkelbaarheid, verwarring, woede. Daar word soms ook van hallusinasies gerapporteer, tesame met skerp gemoedskommelings en tempo.

Wetenskaplikes het dit geassosieer met die ontwrigting van die sirkadiese ritme (ons biologiese klok) saam met verskillende omgewings- en sosiale faktore. Volgens die Mayo Clinic is faktore wat die gevolge van die sundowner-sindroom kan vererger, onder meer moegheid, lae beligting en verhoogde voorkoms van skaduwees.

https://www.youtube.com/watch?v=dGC7yWO-OJA
Sundowning Syndrome - What is it and why does this happen?

https://www.seniorlifestyle.com/resources/blog/understanding-sundowners-syndrome-people-dementia/

https://www.nursenextdoor.com/blog/how-to-ease-sundowners-syndrome-symptoms-4-ways/






Title: Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on June 15, 2020, 01:30:10 AM
Badtyd  :`ip2:

'n Nagmerrie op sy eie. Daar is soveel dinge wat die weiering van bad/stort beinvloed. Kom ons loer na 'n paar wat Teepa Snow uitlig:

*Die tyd van die dag (onthou dat simptome vererger met sundowning syndrome.) Kies 'n tyd wat in die skedule van die versorger ook pas.
*Gemoedstoestand van versorger. 'n Stresvolle uitdrukking of handeling weerspieël!
*Pasiënt ervaar dalk verhoogde sensasies van hitte/koue van die water.
*Tekstuur verandering van klere teen lyf en skielik 'n klomp water wat oor die naakte liggaam spuit.
*Vrees vir nou spasies (engtevrees) byvoorbeeld in die stort.
*Gesondheidsprobleme soos artritus wat pynvoller kan wees tydens beweging.
*Persoon wat betrokke gaan wees met bad/stort sessie.
*Veiligheidstoerusting beskikbaar in bad/stort (handvatsels, badmatjies, 'n stoel om te kan sit ens. vir persone met balansprobleme)

Voorstelle om in gedagte te hou/probeer:

*Verstelbare stortkop vergemaklik die taak van versorgers.
*Indien die persoon nog self die stortkop kan hanteer gee dit hulle 'n gevoel van eie waarde en in beheer van die situasie.
*Oorweeg om die persoon na 'n salon te neem wanneer hulle aanhou weier om hare te was in die stort.
*Beskerming wanneeer 'n stoel gebruik word tydens 'n tuis-haarwas om te verseker dat die persoon se gesig/klere nie nat word nie.
*Manspersone wat weier om te skeer kan ook na 'n barber shop geneem word as 'n spesiale bederf.
*Dalk 'n ander familielid vra om te help met die badsessies veral wanneer daar reeds spanning tussen versorger en pasiënt is a.g.v konfrontasie.
*Neem die persoon se agtergrond/geskiedenis in ag. Het hulle voorheen gereeld hulle hare/skeer van baard ens. in salonne laat doen in plaas van tuis self versorg?
*Oorweeg die gebruik van droë sjampoo tussen haarwas-sessies.
*Gebruik babasjampoo/-reinigers wat nie persoon se oë sal brand nie.
*Gebruik nat waslappe in plaas van 'n stroom water. Plaas net 'n klein bietjie sjampoo op die een en konsentreer meer naby die kopvel waar haarwortels is.
*Goeie idee is om 'n klein bietjie massering vooraf toe te pas om die persone te kalmeer. Selfs net sagte borsel vooraf kan wondere verrig as die persoon  tas-sensitief is.
*Oorweeg om 'n opblaas-wasbakkie te gebruik vir persone wat nie meer kan opstaan nie. Dit is makliker as daar twee persone is in die geval om te help met die was en afspoel. Een persoon hou die wasbakkie en die ander was en spoel af. Die sagte wande van so hulpmiddel is van groot hulp vir persone met nekprobleme!

As jy nog voorbeelde het om bad/stort sessies te vergemaklik, kom deel asb.
 :book1: :notworthy:

https://hellocaremail.com.au/5-dementia-and-bathing-tips-for-carers/

https://www.youtube.com/watch?v=sl3Dc1kERto
Caregiver Training: Refusal to Bathe | UCLA Alzheimer's and Dementia Care

https://www.youtube.com/watch?v=lvQtjY3-bcE
Ch. 4: Bathing & Dressing (Caregiver College Video Series)

https://www.youtube.com/watch?v=g-KAjjHh78U
Bathing Suggestions for Dementia Patients





 
Title: Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on June 17, 2020, 03:47:54 AM
Lagwekkend of kommerwekkend - het jy ook al spottenderwys genoem dat alzheimer's jou in die gesig staar wanneer jy soek na woorde of vergeet wat jy wou doen en meestal vergeet waar jy iets gebêre het sodat jy dit maklik sal kan opspoor?  Dit is algemeen in ons huishouding en nuuskierigheid het my gedwing om te gaan grawe na hoeveel keer ons as mens dieselfde bekommernis ervaar. Was glad nie verbaas oor die uitslag nie.
 :toothy4: :icon_biggrin: :bootyshake:

Terug na die werklikheid. Wanneer is dit net normale gang van ouer word en wanneer moet ons bekommerd raak oor hierdie voorkoms? Ek het 'n pragtige verduideliking raakgelees by die ondersteuningsgroep van dokter Natali en ander Demensie Versorgingsgroepe in die kuberruimte.   

Dit is nie demensie wanneer jy vergeet waar jy jou motorsleutels gebêre het nie. Demensie is wanneer jy jou sleutels vind maar nie 'n idee het wat jy dan daarmee moet maak nie.

Wanneer jy 'n bord kos voor jou het en die gebruik van eetgerei jou totaal ontgaan het, is daar beslis rede tot kommer en wanneer jy snags wegglip in jou nagklere om 'n afspraak na te kom en (dankbaarlik vir die versorgers) dan nie weet hoe om 'n deur oop te maak nie, is daar groot rede tot kommer.

As jy op 70 jarige ouderdom skielik nadat jy jou bene buite gaan strek het, rigting-bedinges begin soek na die huis waar jy 50 jaar gelede gebly het sal jy ook nie jou kind herken as hulle jou tot hulp snel nie want jy het op daardie stadium in jou lewe nog nie kind of kraai gehad nie.  Dit is wanneer ons of ons familie, rede het tot kommer.

Ek het ook by 'n plasing wat Elsabe gedeel het, die volgende raakgelees:

Neuroscientist Deborah Burke, of the Project on Cognition and Ageing at Pomona College in California: When older sixty-something adults find it difficult to retrieve individual words, this is a by-product of atrophy in the left insula of the brain. This is the region associated with the phonological form of the word.

What does this mean?

It means that at sixty-something, we don’t actually forget the word itself, just the sound of it. Burke says this is why it feels as if it’s there on the tip of our tongues. That’s why as soon as somebody says the word, we recognise it immediately – which means we have not forgotten the word. You wouldn’t recognise the word at all if you’d forgotten it.


Wanneer iemand jou reghelp en die woord klink asof dit in 'n vreemde taal is en jy nie 'n idee het wat dit beteken nie, is wanneer ons bekommerd moet raak.

:notworthy: :icon_salut:

Title: Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on June 17, 2020, 04:45:51 AM
Hierdie pragtige uiteensetting van die 'Edelsteen Stadiums' van geliefdes met demensie van Teepa Snow is vir my kosbaar. Ek het dit vertaal maar die skakel na die Engelse weergawe is onderaan die plasing.

Sapphire:
Hierdie is 'n stadium van 'n brein wat normaal verouder, aanpasbaar en georganiseerd is en met al die ander 'edelstene' kan saamwerk. Mense in 'n Sapphire-staat is die ideale versorgerskandidaat vir iemand met demensie, omdat hulle die aanpasbaarheid het om mee te werk en die gepaste interaksie te hê met die edelsteen-staat van die persoon in hul sorg.

Opmerking: selfs as 'n gesonde brein ooreis word, kan dit uit hierdie 'Sapphire-toestand' gly. As dit gebeur, is die beste ding wat jy kan doen om diep asem te haal en (indien moontlik) 'n blaaskans te neem om jouself weer in 'n rustiger toestand te kry.

Diamond:
Mense in 'n diamantstaat se denkwyse is steeds helder en skerp, maar raak toenemend gespanne en is geneig om baie fasette daaraan te gee. Hulle is merkbaar onverdraagsaam (onbuigbaar) en kan jou kwets met woorde. Diamante vaar nie goed met verandering nie, maar kan nog steeds normaal voorkom. Dit kan die versorging bemoeilik want dit is moeilik om agter te kom of die persoon regtig met demensie leef, omdat hulle steeds weet wat hulle doen, maar toenemend hardkoppig voorkom en optree.

Emerald:
Anders as die diamant, is mense wat in die Emerald-stadium verkeer nie meer helder en skerp nie. Dit is gewoonlik die toestand waarin mense begin sukkel en ander besef dat daar iewers iets nie pluis is nie. Smaragde is nog aktief, maar kan verlore raak in tyd of plek en hul woorde is nie altyd so helder en skerp soos voorheen nie. Hulle is onbewus daarvan dat alles nie in orde is nie en sal dus iemand anders die skuld gee. In hierdie toestand sal versorgers waarskynlik die foutiewe optredes/handelinge opmerk. In plaas daarvan om die fout uit te wys, sal die versorgers waarskynlik baie groter sukses behaal deur saam met die stroom te werk. "Go with the flow".

Amber:
Mense wat in 'n Amberstaat verkeer is geneig om binne 'n oomblik vasgevang te word. Baie Ambers sal tas-sensitief wees (hoe iets voel). Hulle is dus nuuskieriger as versigtig en het nie 'n veiligheidsbewustheid nie. Persoonlike keuses sal sterk na vore tree maar kan ook baie sterk reageer op dinge waarvan hulle nie hou nie. Dus is dit die toestand waarin versorgers dikwels sukkel om nie self 'n diamant te word nie, aangesien die persoon se gedrag so strydig is met wie hy/sy voorheen was.

Ruby:
In hierdie toestand van demensie begin fynmotoriese vaardighede in die persoon se oë, vingers, mond en voete versleg. 'n Ruby kan dus probleme ondervind met visie en sukkel met spraakproduksie en soms kou en sluk. Terwyl fynmotoriese vaardighede verlore gaan, kan 'n Ruby nog sekere bewegings uitvoer soos hande klap of iets vashou. In hierdie toestand bly die persoon se sterkte taamlik onveranderd, sodat hulle jouself of items vas kan hou sonder om te weet hoe om te laat gaan. Hierdie stadium kan baie veeleisend vir die versorgers word!

Pearl:
Soortgelyk aan 'n oesterskulp, wat geneig is om lelik aan die buitekant te wees, maar 'n kosbare edelsteen aan die binnekant te huisves, kan versorgers 'n pêrel vind in hierdie laaste toestand van demensie as hulle net weet waar en hoe om te soek en dit te ontdek. In hierdie toestand het die brein verander sodat die reflekse van die persoon onophoudelik aangeskakel word, liggaamsisteme begin faal en groot motoriese vaardighede gaan verlore. Die persoon word vasgevang, maar met die regte sorg kan die pêrel kortstondig, weer bereik word . In hierdie toestand spandeer versorgers soms te veel energie aan die behoud van die skulp en vertroetel/bereik nie meer die pêrel wat nog verskuil is.

Bronne:
https://teepasnow.com/blog/6-gems-you-need-to-know-for-a-positive-approach-to-dementia-care/
https://www.youtube.com/watch?time_continue=4&v=4BobAOavh3k&feature=emb_logo
Title: Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on June 18, 2020, 07:39:20 AM
Hierdie het my dadelik laat dink aan die laaste edelsteen-stadium van demensie: 'Gem stage - Pearl'

The person becomes trapped, but with the right care the shell relaxes just enough to produce the amazing Pearl that is still there. In this state care partners tend to spend way too much energy on preserving the shell, but miss the GEM that’s still residing inside.

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/Canned_by_Joyce_Careirra.jpg) (https://app.photobucket.com/u/raaitjie/p/eb5c4fcf-5a0c-43d7-a519-b89d146c3b2d)

*Canned by Joyce Careirra.
Title: Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on June 19, 2020, 12:08:39 AM
Spesiale dank aan elke persoon wat geliefdes en ander se versorging waarneem.  Hierdie rol plaas 'n emosionele, finansiële en fisiese gewig op die skouers van die 'carer' wat 24/7 betrokke is met aantrek, bad, eet, medikasie voorsiening en die lys gaan aan. Versorgers is dikwels ook die slaansak (verbaal en fisies) van slagoffers wat die knie moes buig voor die breindief in al sy verskuilde vorme.

Dit is onstellend en kommerwekkend as jy daaraan dink dat ons soms in hierdie rolle geplaas word met geen kennis hoegenaamd van hoe om op te tree nie.

Daar is reeds soveel vordering gemaak in die hantering en versorging van demensie pasiënte. Ongelukkig het nie almal toegang tot hierdie kennis nie en is soms nie eers bewus dat daar ondersteuningsgroepe is waar hulle kan stoom af blaas en gesels met ander in dieselfde posisies nie. Daar is talle aanlyn-kursusse beskikbaar met teoretiese en praktiese opleiding vir versorgers maar weereens is dit vir baie ontoeganklik weens die onkostes verbonde aan genoegsame data.

Ek wil net 'n paar struikelblokke/onsekerheid noem op die pad van versorging:

Hoe kan ek suksesvol kommunikeer met my geliefde/pasiënt?
Hoekom tree hy/sy so buite die normale aard op?
Hoe kan ek hom of haar help om nog so ver moontlik onafhanklik te kan optree en menswaardig te bly voel?
Hoe kan ons etenstye meer genotvol maak?
Watter maatreëls kan toegepas word om die veiligheid van geliefdes te verseker?
Wat is die regte optredes wanneer die persoon se toiletgewoontes 'n verleentheid word?
Hoe kan ek my eie emosies beheer en spanning verlig?

Hierdie situasies word meestal almal breedvoerig bespreek in die kursusse. Die naasbeste vir diegene wat nie vrylik toegang het tot die internet nie is die uitreiking na iemand in die familie wat wel toegang het. Sodoende kan hulle 'n insiggewende deel bydra en navorsing doen. Te veel keer rus die verantwoordelikheid van versorging slegs op een persoon en die familie onttrek of weier om die werklikheid te aanvaar en wil nie betrokke raak nie.

Ontkenning weens onkunde is die oorsaak van twis in die families van baie pasiënte.

 :crybaby2:

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/Alzheimers_2.jpg) (https://app.photobucket.com/u/raaitjie/p/5b7a46f4-9969-4317-9ad0-cea3df9ac426)

https://www.caregiver.org/caregivers-guide-understanding-dementia-behaviors
Title: Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on June 19, 2020, 07:08:16 AM
In een van die demensie-seminare wat ek gevolg het was daar voorgestel dat ons 'n lysie moet maak van ons eie voor- en afkeure en dit bewaar by jou persoonlike dokumentasie. Hoekom? Sodat die persone wat ons dalk eendag moet versorg as demensie sy kloue om ons eie grysmassas geslaan het 'n verwysing het om te kan uit reik op 'n vlak wat ons eie vlammetjie van 'ek is nog hier' weer helderder te laat brand.

'n Hele bekvol ne! Onwillekeurig het ek gedink in watter mate het ons onbewus reeds so lysie gedokumenteer op persoonlike 'blogs', Facebook en die talle ander kuberkamers met ons eie belangstellings, stokperdjies, familiefotos, ons geliefkoosde disse ens.

Ek het ook telke male gesien hoe belangrik dit is vir die versorgingsoorde/eenhede en personeel om 'n agtergrond te hê van die pasiënt.

Die voorkoms van demensie is skrikwekkend en persentasiegewys verhoog dit nog steeds! Dalk is dit 'n goeie idee om so 'n lysie te maak en bewaar? Ek weet diegene wat straks na my gaan omsien (as die asemdief tweede kom) het 'n groot voordeel - hierdie siel is 'n ope boek in volkleur (meestal tot verleentheid van my familie.)

Maak jou lysie! Ek gaan nou eers weer 'n paar snare pluk - dit is bewys dat musiek, voorlees van gedigte en kreatiewe talente nog steeds geniet en benut kan word selfs in gevorderde 'stages' van die siekte. So dankbaar ek het op 64 'n snaarinstrument ontdek en leer speel wat my kort vingers kan baasraak.

Hopenlik sal ek nog kan tokkel en diegene om my se trae voete saam laat tydhou, dat my liefde vir die geskrewe woord nog vir ander 'n liggie in die tonnel kan wees, sou demensie my verander na die vreemdeling in spieël.

https://www.sciencedirect.com/science/article/abs/pii/S0197455616301915
Song writing with clients who have dementia: A case study

https://www.theguardian.com/social-care-network/2018/mar/19/poetry-care-homes-dementia

https://www.nextavenue.org/turning-memories-poetry-dementia-care/

http://www.speckled.com.au/uploads/2/6/0/5/26056371/healing_words.pdf



Title: Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: adele on June 19, 2020, 07:58:36 PM
Ekke kom sit by jou voete en lees en luister, dankie dat jy dit deel lief vriendin  :toothy4:  :love7:
Title: Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on June 20, 2020, 11:34:42 AM
Spesiale drukkie vir jou lief Adele.  Deel soos altyd my voorreg en gebore uit nood. Ek het so pas 'n kommentaar ontvang van 'n vriendin wat my bewus gemaak het van nog 'n onderafdeling van demensie wat minder algemeen bekend is. Hopenlik dek my kursus ook hierdie voorkoms.

Wernicke-Korsakoff-sindroom (WKS) is 'n neurologiese afwyking. Wernicke se enkefalopatie en Korsakoff se psigose is onderskeidelik die akute en chroniese fases van dieselfde siekte.

Minder algemeen as Alzheimersiekte, vaskulêre demensie, frontotemporale demensie (FTD) of Lewy body demensie (LBD). Soos meer algemene soorte demensie, kan dit onderdiagnoseer word.

WKS word veroorsaak deur 'n tekort aan B-vitamien tiamien. Tiamien speel 'n rol in die metabolisering van glukose om energie vir die brein te produseer. Die afwesigheid van tiamien lei tot 'n onvoldoende toevoer van energie aan die brein, veral aan die hipotalamus, wat liggaamstemperatuur, groei en eetlus reguleer, en ook 'n rol speel in emosionele reaksie.

Die hipotalamus beheer ook pituïtêre funksies, insluitend metabolisme en hormone waar neurale weë verskillende dele van die brein verbind wat by geheue funksies betrokke is. Die siekte word tipies geassosieer met chroniese alkoholisme, maar kan geassosieer word met wanvoeding of ander toestande wat voedings te korte veroorsaak.

As WKS vroeg genoeg gediagnoseer word, is WKS 'n voorkombare, behandelbare siekte.

Behandeling bestaan uit tiamienvervangingsterapie, soms saam met ander vitamiene. Dosisse kan wissel en moet deur 'n geneesheer fyn dopgehou word. As alkoholverbruik stop en die behandeling behoorlik toegedien word, kan individue met die vroeë stadium van die WKS 'n waarneembare herstel verwag en kan hulle in staat wees om eenvoudige, herhalende take te leer.

Die verwarring van die persoon kan egter 'n tydjie neem om die wyk te neem en onvolledige herstel van die geheue kan selfs tot en met 'n jaar duur. In die latere stadiums, as skade aan die brein onomkeerbaar is, sal individue waarskynlik blywende probleme met geheue en beweging hê (byvoorbeeld 'n gebrek aan spierkoördinasie en gevoelloosheid of swakheid in ledemate).

https://www.caregiver.org/wernicke-korsakoff-syndrome

https://www.alz.org/alzheimers-dementia/what-is-dementia/types-of-dementia/korsakoff-syndrome
Title: Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: PM on June 24, 2020, 11:55:56 AM
Ek slurp al die inligting op en is baie dankbaar vir al jou insette Raaitjie.  Lief jou matertjie.  :love7:
Title: Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on June 24, 2020, 11:14:13 PM
Dankbaar vir jou inloer en woordspore gelaat lief PM  :love7:

My moederlief sal (as sy toegelaat word) net lekkernye eet. Dit is asof sy 'n onversadigbare belustigheid na suiker het en ek het nooit besef dat dit eintlik die liggaam se manier was om te vergoed vir die tekort aan tiamien wat natuurlik 'n rol speel in die metabolisering van glukose om energie vir die brein te produseer. Eintlik 'n bose kringloop want soos vermeld, lei afwesigheid van tiamien tot 'n onvoldoende toevoer van energie aan die brein en die persoon ervaar dit as 'n smagting na suiker. 

Die verminderde toevoer van energie aan die hipotalamus, wat liggaamstemperatuur, groei en eetlus reguleer, en ook 'n rol speel in emosionele reaksie is natuurlik 'n landmyn vir persone met dementia. Dit sal interessant wees om te sien in watter mate die tekort ook ander vorme van dementia beinvloed want my moederlief was nog nooit 'n drinker nie, so alkoholmisbruik is nie ter sprake met haar probleem nie.

By die ondersteuningsgroep vir alzheimers het iemand voorgestel dat ons konsentreer om plantvette te gebruik soos klapperolie, avokado, olyfolie en vlassaad. Vis/krill olie aanvullings en dan ook 50mg sink na elke maaltyd. Nog 'n voorstel was MCT-olie wat op die rug, arms en bene gesmeer moet word om die opname te verhoog.
Title: Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on June 25, 2020, 12:12:20 AM
Nagmerrie mater  :crybaby2: Ek deel graag die volgende inligting (toestemming verleen).

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/Dementia_Brain.jpg?width=590&height=370&fit=bounds) (https://app.photobucket.com/u/raaitjie/p/421997f2-669c-4e5a-9d34-ed649602de99)

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/Dementia_types.jpg?width=590&height=370&fit=bounds) (https://app.photobucket.com/u/raaitjie/p/02a27c30-ad92-43ab-9768-f8ba3634a958)

Hierdie videos van Teepa Snow is 'n ware kruk vir almal betrokke by enige vorm van dementia en baie insiggewend:
https://www.facebook.com/watch/94951408338/
Teepa Snow, MS, OTR/L, FAOTA Teepa is an occupational therapist who specializes in dementia care and dementia education. She has a private practice that allows her to train, speak, and consult nationally. For more info go to www.teepasnow.com


Title: Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: PM on June 27, 2020, 02:20:50 PM
Ek kry sommer koue rillings.   :crybaby2:  My hart haan uit na die mense wat hiermee te doen het. 
Title: Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on July 01, 2020, 12:09:15 AM
Een van die groot struikelblokke met die versorging van demensie pasiënte is die woede uitbarstings en daar is 'n paar voorstelle hoe om die situasies beter te hanteer. Ek deel die volgende skakel en handige inligting met graagte (toestemming is persoonlik verkry van Krista Mesenbrink):

https://www.youtube.com/watch?v=eHK4tiFlFxs&fbclid=IwAR3vb2KjP9SkX86DhABTKtHW6I65FHy67COJoL1N0Wz53xqwfm9kxZa7a9g
Dementia and Anger (3 Mistakes That Cause Anger Outbursts)
 
Fout 1: Te veel woorde, te vinnig
Te veel woorde of om te vinnig te praat met 'n persoon met 'n sterwende brein bemoeilik die verwerking van inligting. Vir baie persone is die enigste manier wat hulle jou kan laat insien dat hulle nie verstaan wat jy sê nie, of dat hulle skaam is daaroor, is onstellend en dit noop hulle dan om te skreeu of selfs hardhandig te raak.

Dit beteken nie dat ons met geliefdes of kliënte soos 'n kind moet praat nie, dit beteken eenvoudig dat die hele gesprek in korter, verstaanbare sinne gevoer moet word.

Fout 2: Beveel in plaas van om te vra.
Bevelende stemtoon in plaas daarvan om te vra laat die pasiënt aggressief of selfs minderwaardig en vernederd voel indien die versorger baie jonger is as die dementia lyer veral met persoonlike versorgings.

Fout 3: Jou stemtoon en lyftaal is gefrustreerd.
Mense met demensie is baie gevoelig vir stemtoon en lyftaal, dus minder bedag op die woordkeuses.
As jy kwaad lyk en gefrustreerd klink, sal hulle jou as 'n bedreiging beskou en hulself verdedig.

Wat om te sê en te doen:
Met 'n rustige stemtoon en inagneming van persoonlike spasie kom jy vriendelik en nie vreesaanjaend voor nie wat kommunikasie vergemaklik

Wat as hulle steeds kwaad word?
Ondanks ons beste pogings word geliefdes of kliënte steeds kwaad en opgewonde. Dit kan wees as gevolg van hallusinasie of dat hulle nie gesond/wel voel nie, hulle word kwaad en ontstig, maak nie saak wat jy as versorger doen nie.

Probeer om rustig te luister na die tirade en dan iets te sê soos "Dit klink moeilik. Kan ek help?"

As dit ook misluk, beteken dit dat jou teenwoordigheid, om watter rede ook al, die rede van hul frustrasie is. As iemand anders daar is, vra dan die persoon om te help. As jy alleen versorger is, plaas die persoon aan die ander kant van die vertrek weg van jou af as hulle nie alleen gelaat kan word nie.
As hulle alleen gelaat kan word, verlaat die kamer/huis vir 'n wyle en haal diep asem tot jy kalmeer en rustiger voel. Gaan dan terug.

Sterkte!

 :notworthy:
Title: Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on July 03, 2020, 12:16:11 AM
Vanoggend wil ek gesels oor die gebruik van musiek as terapie, hetsy dit geluister of self gespeel word. Die volgende video op youtube is 'n wonderlike voorbeeld van hoe 'n persoon met demensie voel as hy op sy fluit speel. Ek heg 'n deel uit sy gesprek aan wat so insiggewend was: "... Music releases my dementia. Once I forgot how to use the tin opener and thought it was broken... I end up with a kitchen draw full of tin openers and then realized it was not the openers that were broken, it was me..."

https://www.youtube.com/watch?v=bpS5lkSW3GQ&fbclid=IwAR0rF0ID2pONZmmTeFS3-4gS-FiR2IFEKQ9vf69jLFr4dwU02apoIx_GjAw

Die helende invloed van musiek

Daar is geen twyfel dat musiek ongelooflike krag het om ons emosioneel en fisies te beïnvloed nie - veral vir persone met demensie of Alzheimersiekte. Neurowetenskaplikes, nou toegerus met 'n beter tegnologie om ons brein te ondersoek, het hernude belangstelling om uit te vind presies hoe musiek die neurale weë en verbindings in ons brein beïnvloed.

Demensie en Alzheimers beïnvloed korttermyngeheue veel meer as langtermyn (vroeë) geheue. Wanneer 'n pasiënt luister na musiek wat hom/haar herinner aan jonger dae maak 'n deur na die verlede oop en stimuleer die vermoë om oor mense en plekke uit die verlede te praat. Musiek wat gekies word uit die tydperk het waarskynlik die sterkste reaksies en die meeste potensiaal vir positiewe betrokkenheid en herinneringe.

Onbekende musiek kan ook voordelig wees omdat dit geen herinneringe of emosies dra nie, wat die moontlikheid van 'n negatiewe reaksie verminder.

As musiek gepaard gaan met die wys van foto's en voorwerpe uit die persoon se verlede, lyk dit asof areas van die brein wat voorheen ontoeganklik was, geaktiveer is. Musiekterapie werk dus deur klank te gebruik om die dele van die brein wat nie deur demensie beïnvloed word nie, te wek deur stimulasie en ontlok reaksies (kort oomblikke van kontak weer met geliefdes).

As die versorger sing of neurie met beweging, open dit ook deure na beter kontak met die pasiënt.

In 'n studie deur die Anglia Ruskin Universiteit in Cambridge in 2015 is die impak van musiekterapie op demensiepasiënte ondersoek en bevind dat dit die deelnemers se demensie-simptome en die algemene gevoel van welstand verbeter, terwyl dit ook lei tot 'n afname in gedragskwessies teenoor versorgers.

Daar is selfs aangetoon dat musiekterapie die behoefte aan sommige medikasie verminder en pyn en ongemak vir sommige inwoners verminder.

Selfs in die laat stadiums van demensie, wanneer musiekterapie gebruik word, kan dit help om buie te verander, 'n gevoel van beheer oor die lewe te gee, stres te hanteer, positiewe interaksies met ander te stimuleer, beter breinfunksie en motoriese bewegings te koördineer.

Die program Musiek & Geheue, ontwikkel deur die Amerikaanse maatskaplike werker Dan Cohen, was die onderwerp van die hartroerende 2014-dokumentêr 'Alive Inside'.

https://www.youtube.com/watch?time_continue=6&v=fyZQf0p73QM&feature=emb_logo

https://www.facebook.com/BeAliveInside

https://www.facebook.com/MusicAndMemory/

https://pursuit.unimelb.edu.au/articles/how-music-could-revolutionise-dementia-care

https://www.dementia.org.au/dementia-news/issue-09/Music-therapy-assists-dementia-care-in-Bendigo

https://www.facebook.com/BeAliveInside/videos/233150457780863/

https://www.youtube.com/watch?v=jOxP3BEgVtQ

https://www.youtube.com/watch?v=yVgeNL6qbFs




Title: Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on July 03, 2020, 12:24:25 AM
Hierdie video het my met nuwe oë laat kyk na die (vir my gewraakte) video speletjies. Spesiaal aangepas vir demendie pasiënt het dit 'n ongelooflike reaksie ontlont!

Demensie is 'n siekte wat meer as 320,000 Australiërs aantas, met meer as 1700 nuwe gevalle wat elke week geïdentifiseer is. Teen 2050 sal hierdie syfer byna 'n miljoen beloop. Hoeveel hierdie syfers in Suid Afrika beloop, wis ek nie. Dalk kan iemand die inligting verkry en met ons deel?

Soos reeds genoem in vorige plasings is ons bewus dat daar geen genesing vir die progressiewe siekte is nie, maar in 'n wêreldwye eerste is 'Alzheimer, Australië'  besig om die lewensgehalte vir lyers te verhoog deur videospeletjies te gebruik.

"Ons het mense nog altyd geleer dat wat hulle moet doen, is om mense se sintuie in te span as jy wil kommunikeer en betrokke raak," sê dr Tanya Petrovich van Alzheimer, Australië.

"Die krag van virtuele omgewings is dat dit ons 'n manier kan gee waarop ons die sintuie kan bereik en benut."

Dr Petrovich sê dit is dikwels moeilik om te sien hoe pasiënte moet versoen met hul nuwe gebrek aan kognitiewe vermoë.

https://www.sbs.com.au/news/thefeed/story/dementia-games-how-video-games-are-being-used-treat-dementia?cid=inbody%3Amusic-awakens-memory-in-those-with-dementia
Title: Re: Dementia - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on July 08, 2020, 12:24:21 AM
'n Nuwe probleem wat kop uitgesteek het by ons moederlief is die gedurige gekrap aan haarself waar sy ook al kan bykom. Ek het gewonder hoeveel ander versorgers ondervind dieselfde probleem met hulle geliefdes en het 'n vraag gevra op die Suid Afrikaanse groep vir demensie. Hierdie probleem is  minder bekend maar kom gereeld voor by demensie pasiënte.

Sommige pasiënte hou selfs aan om hulle hare uit te trek in so mate dat daar bleskolle verskyn.  Sommige sal selfs hulle ooghare en wenkbroue uittrek. Hierdie gebaar kan 'n groot gevaar skep vir infeksie en is dus kommerwekkend. Baie versorgers het voorgestel dat die hande van diegene 'besig gehou moet word' met byvoorbeeld 'n vroetellappie wat gemaak is met verskeidenheid materiaalteksture, knopies, ritssluiters, tossels ens. 

Met die weiering van stort of bad is uitgedorde vel natuurlik 'n groot probleem en is dit nie altyd maklik om die persone te smeer met genoegsame lyfrome op die reeds verdunde vel nie. 

Ek haal die volgende aan:
At the middle stages of dementia, the person becomes less aware of the surroundings and what is going on around him or her. The focus, instead, is on things that are in a narrow field of space around the person. You may have heard or read that you should approach a person with Alzheimer's from the front and to get eye contact before speaking. This recommendation comes from the knowledge that the world the person attends to, does shrink as the disease progresses. Approaching a person from the front and making eye contact, helps to not startle the person and to get their attention before speaking.

In die volgende skakel het ek 'n paar oulike voorbeelde gevind om die 'hande besig te hou'.

https://www.mind-start.com/When-Picking-at-Things-Becomes-an-Issue-with-Alzheimers_b_158.html?fbclid=IwAR1Y0KF8xhTKW_5fDXgSWOvhDntoT5TnNkfXpH8uXbJasn0RV0kwU3Xl-TQ

Vir meer inligting:

Repetitive Skin Picking
There are a variety of reasons why a senior may be engaging in this behavior, one of which is the possibility of having developed a Body-Focused Repetitive Behavior (BFRB) known as excoriation disorder or compulsive skin picking disorder. This is a widely experienced, yet little known disorder characterized by the urge to compulsively pick, scratch or pull at any area of the skin.


Bron:
https://www.agingcare.com/articles/compulsive-skin-picking-in-the-elderly-186225.htm?fbclid=IwAR2Q1MUQ_Rp4pArv3DI3EDST4DOT7xivokgyRT2E2UIXbZglqYpPqlhysgw

Die volgende inligting was vir my baie interessant rakende hierdie kompulsiewe gedrag by dementia lyers:
Pathological hair-pulling or trichotillomania can be a manifestation of compulsive-like, grooming behavior in dementias of different etiologies as they spread to involve frontal areas, with release of a frontal-striatal inhibitory pathway resulting in excessive primitive grooming behavior.

Vir meer inligting:
https://www.hindawi.com/journals/crips/2016/9782702/
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on July 08, 2020, 02:07:20 AM
Ons het al baie keer laggend verwys dat moederlief soms soos 'n rebelse tiener optree en die volgende oomblik 'n tweejarige se vloermoer, ore sal kan aansit. Om die humor altyd raak te sien in hulle optredes vir oorlewing, is makliker geskryf as gedaan. Daar is ook net soveel wat 'n mens kan verduur sonder om self te voel jy verloor jou breinselle een-vir-een as jou geliefde skielik net een woord gebruik soos 'n kleutertjie as antwoord op alles - NEE!

Hulle wil nie eet nie. Wil nie drink nie. Wil nie bad nie. Wil nie skoon aantrek nie. Wil nie dit nie, wil nie dat nie...

Goeie maniere het iewers agterweë gebly en asseblief en dankie daarmee saam. Ongeskikte en kru optredes van voorheen saggeaarde persoonlikhede is moeilik om te verwerk en te verstaan. Om vrede daarmee te maak is 'n persoonlike oorwinning.

Versorgers word aangeraai om konflik so ver as moontlik te probeer vermy of die aandag af te trek en meestal net saam te stem maar hoe gemaak as die situasie 'n gesondheidsprobleem veroorsaak? Ouer volwassenes het 'n laer volume water in hul liggame, en mag mediese toestande hê of medikasie neem wat die risiko van ontwatering verhoog. 

Die weiering om te drink, kan lei na ernstige probleme met blaas- en nierinfeksies wat opsigself dan ook hallusinasies kan veroorsaak of vererger en gewoonlik 'n aanduiding is van ontwatering.

Ongelukkig verloor sommige pasiënte met gevorderde demensie die sensasie van dors/honger.  Hulle kon ook die vermoë verloor het hoe om 'n glas of koppie vas te hou en koordinasie kan ook in so mate versleg het dat hulle selfs nie weet hoe om die funksie van drink uit te voer nie. Die korrekte gebruik van eetgerei word gewoonlik ook 'n probleem in latere stadium van die siekte. In hierdie geval kan dit help deur die aksie self uit te voer as aanduiding/voorbeeld.

Tekens van ontwatering:
Verwarring.
Tamheid.
Ongeduld.
Verswakte spierfunksies.
Duiseligheid.
Hoofpyne.
Naar.
Droë tong/mond.
Verminderde urinering (kleur ook 'n aanduiding).
Gesonkte oë.

In 'n opleidingsprogram was 'n paar handige benaderinge bespreek om die demensie lyer te help om meer vloeistof in te neem al is dit net slukkies vir slukkies op 'n slag deur die verloop van die dag:

*Bedien gegeurde of gekleurde water.
*Kafeïenvrye koffie of tee.
*Sop of gevriesde vloeistof soos byvoorbeeld ysies.
*Klein hoeveelhede vrugte of groente met 'n hoë vog inhoud.
*Meng vrugtesap met 'bubbly water'.







 




Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: PM on July 08, 2020, 10:33:20 AM
Uitmuntend!  Dit is 'n baie goeie opsomming.   :read2:
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on July 20, 2020, 01:20:46 AM
 :icon_salut: :headbang: :love7: PM.

Die groot besluit: "Moet ek my geliefde laat opneem in 'n versorgingsfasiliteit? Hoe weet ek wanneer dit werklik nodig is om 'n persoon met gevorderde demensie in 'n langtermynversorgingsfasiliteit te plaas?"

Dit is natuurlik verskillend vir elke pasiënt, maar dit is ook verskillend vir elke versorger. Soms huiwer versorgers weens 'n belofte wat gemaak was aan geliefdes om hulle persoonlik te versorg tot die dood intree. Ongelukkig is dit nie altyd moontlik nie!

Rick Phelps said placing a loved one is one of the most loving things you will ever do for them. You are doing something your heart tells you not to, but you are doing something that your mind knows is the right thing to do.

This is exactly what you said you would do all those years ago: take care of them. When you can no longer manage, you seek out placement. This is, in fact, taking care of them.


Rick noem ook verder dat as geliefdes 'n hoër sorgvlak benodig en jy stel te lank uit om die plasing te doen, is die aantal dinge wat moontlik verkeerd kan gaan, eindeloos en jy gaan gebuk gaan onder 'n geweldige skuldgevoel wat natuurlik ook kan gebeur indien jou geliefde nie kan aanpas in die versorgingsoord of nog erger, mishandel word!

Daar is nagmerrie verhale van versorgingsoorde waar pasiënte emosioneel en selfs fisies mishandel word. Vooraf beplanning en ondersoek na die onderskeie beskikbare instansies/oorde is dus van uiterste belang voordat die geliefde se plasing geskied.

Wat is daar wat ons in ag moet neem oor die groot besluit van plasing of tuisversorging? Kan jy volhou soos wat die siekte sy verloop neem en jou geliefde 24 uur versorging gaan benodig? Beplanning moet vooraf gemaak word!

Agressie:
Fisiese of seksuele aggressie in demensie pasiënte kan baie gevaarlik word en 'n besliste aanduiding wees dat professionele versorging benodig gaan word. Hierdie toestand kan dan ook tydens "Sundowning" vererger en baie ontwrigting in die familieverband veroorsaak.

Medikasie toediening:
In 'n fasiliteit soos 'n geheue-versorgingseenheid word alle medikasie sorgvuldig gereguleer. Dit word op 'n streng skedule toegedien, die verpleegpersoneel kyk na enige aanduidings dat 'n inwoner se behandeling moet verander, en hulle kan hierdie veranderinge gewoonlik vinnig implementeer sodra die dokter dit goedgekeur het.

As jou geliefde tuis bly, berus alle medisyne-toesig en toedien op jouself. Alhoewel baie familieversorgers baie leer tydens die versorging van hul geliefdes met demensie, is daar sekere tekens en probleme wat slegs mediese persone sal waarneem en doelgerig optree. Selfs al sou jy self die probleem opgemerk het, kan dit 'n stryd wees om die pasiënt na die dokter te neem om hul medisyne te verander.

Mobiliteitskwessies
Teen die eindfases van demensie en Alzheimersiekte het pasiënte buitengewoon beperkte mobiliteit. Dit is 'n ernstige gevaar vir beide die pasiënt en hul versorger. Om die pasiënte gereeld badkamer toe te neem kan gevare van ernstige beserings tydens 'n val vir beide die versorger en pasiënt inhou.
Bad, aantrek en ander daaglikse aktiwiteite hou ook risiko's in, maar 'n fasiliteit is baie beter toegerus om dit alles veilig te hanteer. Hulle het die nodige toerusting, opleiding en mannekrag om inwoners te help en ongelukke te voorkom.

Rond-/wegdwaal (Wandering)
'n Geliefde kan maklik uit die huis/erf gaan sonder dat hul versorger dit besef, en dit kan 'n lewensgevaarlike situasie wees. Wegdwaal ook in versorgingsgeriewe gebeur, maar die inwoners is beperk tot ruimtes binne die gebou en in sommige gevalle 'n veilige omgewing buite. Daarom is die professionele toesig so waardevol vir demensiepasiënte en hul familielede.

Die inwoners kan rondbeweeg, maar die perseel word fyn dopgehou en bevat dikwels spesiale veiligheidsmaatreëls om te voorkom dat hulle van die fasiliteit af wegdwaal en beseer raak. Die reaksietyd wanneer iemand wel dwaal, word ook baie verhoog, as gevolg van die aantal werknemers wat beskikbaar is om na hulle te soek.

Versorgerstres
Dit maak nie saak of die versorger jonk of oud is nie; die spanning wat demensie op 'n versorger plaas, is dieselfde. As jy nog in jou dertigerjare is, is die kans goed dat jy nog gesond is, maar ouer versorgers is meer geneig om mediese toestande van hul eie te ondergaan. Stres kan vinnig manifesteer by mense van enige ouderdom, en dit is bekend dat dit selfs geringe kwale kan vererger. Wees eerlik met jouself oor jou emosionele en fisieke grense tydens versorging. Soms is die plasing in 'n fasiliteit die beste vir beide die versorger en die algemene gesondheid en welstand van die geliefde.

Langafstand versorging
Versorging van ver af werk selde, veral vir geliefdes met progressiewe siektes soos demensie. Sommige plaaslike gesinslede kan intermitterende ondersteuning bied, maar hulle sukkel steeds om op hoogte te bly van die sorgvlak en hulp wat hul geliefdes benodig. Voldoende toesig en sorg kan nie van ver af voorsien word nie. Die behoefte van die pasiënt sal aanhou toeneem, en dit sal die versorger net meer benadeel en die persoon met demensie kwesbaarder laat.

In 'n langtermynversorgingsfasiliteit is daar is meer pasiënte, maar daar is ook meer verpleegkundiges en hulpverleners dag en nag aan diens om te verseker dat inwoners veilig is en dat hul behoeftes bevredig word.

Vertrou op 'n plan, nie 'n belofte nie
Die belangrikste rede om 'n plan te hê voordat dit tyd is om selfs net oor die plasing te dink.  Soms huiwer die versorger(s) weens die feit dat hulle (waarskynlik) jare gelede 'n belofte gemaak het om self die versorging van 'n geliefde waar te neem. Dit is algemeen dat mense belowe om hul ouers, eggenoot, broers en susters, wie dit ook al mag wees, te belowe om hulle om nooit in 'n verpleeginrigting te plaas nie.

Soms is dit ook 'n kwessie van trots vir versorgers wat nie wil hê dat hul familie moet weet dat hulle met 'n geliefde se versorging sukkel nie en doen hulle bes maar besef nie dat die versorging wat hulle probeer lewer, onvoldoende is nie. Elke pasiënt verdien om behoorlik versorg te word. Die pasiënt kan moontlik nie meer kommunikeer of eers 'n idee hê van wat rondom hulle aangaan nie, maar hulle verdien steeds om hulle waardigheid te behou.

Elkeen wat hierdie besluit moes neem en oorgaan tot die daad van plasing sal getuig watter emosionele oorlog en skuldgevoel dit veroorsaak.  By die ondersteuningsgroepe word die vraag dikwels gevra HOE gaan of moet ons dit doen sodat 'n geliefde die minste ontstel word vooraf? Ek het 'n lys saamgestel van wat voorgestel was:

* Onthou dat witleuentjies genadiger is as die waarheid vir jou geliefde in sommige omstandighede.

*Pak slegs die nodige klere (seisoengebonde) aangesien die pakspasie in versorgingsoorde/instansies beperk is. Die temperature word beheer en dit gaan nie so koud wees nie, dus sal een warm jas of baadjie vir eers genoeg wees. Bring dan 'n warmer kledingstuk saam as jy jou geliefde gaan uitneem vir die dag (indien moontlik).

*Gebruik verskoning van skoonmaak/was ens. vir die rede van pak of wag tot jou geliefde slaap sodat hy/sy nie sien wat jy doen en onnodig vooraf onsteld word nie.

*Indien vrae gevra word: hou jou antwoorde so kort as moontlik want jou geliefde gaan dit dalk nie eers onthou nie.

*Dit is 'n goeie idee om iemand te kry wat tuis kan toesig hou oor jou geliefde terwyl jy die oorneem van persoonlike toerusting na die instansie waarneem.

*Moenie te veel probeer doen op een dag nie. Pas jouself op! Dit is 'n emosionele proses wat sy tol gaan eis op jou as versorger en jy kan siek word weens die verhoogde stres.

*Terwyl die meubliment en persoonlike artikels verskuif word kan jy of iemand anders 'n kort rit onderneem met die persoon totdat die kamer gereed is.

*Dit word voorgestel dat hulle nuwe blyplek/kamer naastenby ingerig word soos wat dit tuis was om die aanpassing te vergemaklik en stel die instansie in kennis dat jou geliefde opgeneem gaan word sodat hulle gereed is.

Daar is baie versorgers wat hierdie taak tot die einde volbring het en daar is diegene wat weens omstandighede dit nie kon volhou nie. Die besluit berus by elkeen persoonlik.

Berei jouself voor indien die keuse op 'n plasing geval het, dat die aanpassing vir jou geliefde net so moeilik kan wees en hulle optredes vir 'n hele ruk totaal veranderd en selfs aspris sal voorkom en jy jouself weer in 'n oorlog van emosionele selfverwyt en twyfel gaan bevind. Tyd bring heling. Soms neem dit net baie langer.

Sterke.
 :love7:
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on July 21, 2020, 05:19:03 AM
https://www.verywellhealth.com/is-covid-19-causing-broken-heart-syndrome-5071348

Het jy al gedink wat die emosionele en fisiese impak van die nare C. Virus op pasiënte met demensie het in versorgingsoorde? Ons wat nog geseend is met gesonde breine vind die afsonderings alreeds moeilik, hoeveel te meer as jy 'n sterwende brein het?

Teepa Snow het die onderwerp vandag aangeraak en my hart was stukkend vir almal betrokke. Versorgers getuig dat dit 'n nagmerrie kombinasie is en vertel hoe geliefdes se algehele toestand agteruit gegaan het in die tyd van afsondering.

In sommige instansies was die mag van besluitneming buite verband geruk en is inwoners onnodig in totale afsondering geplaas sonder enige bewyse dat  hulle in aanraking was met persone wat positief getoets was. Van hierdie persone se fisiese voorkoms het so verander weens gewigsverlies en die emosionele mishandeling van afsondering, dat hulle feitlik onherkenbaar was vir hulle familielede. Skokkende waarheid wat gestaaf was met fotos.
 :crybaby2:

Die belangrikheid van fisiese kontak word by verre onderskat en midde die chaos van beperkinge met die vrees vir verspreiding van die virus, het ons almal (ieder en elk) 'n tekort aan drukkies. Hoekom is daardie onskuldige drukkie so belangrik?

A famous quote by psychotherapist Virginia Satir goes, “We need 4 hugs a day for survival. We need 8 hugs a day for maintenance. We need 12 hugs a day for growth.” Whether those exact numbers have been scientifically proven remains to be seen, but there is a great deal of scientific evidence related to the importance of hugs and physical contact.

A 10-second hug a day can lead to biochemical and physiological reactions in your body that can significantly improve your health.
Hugs can help reduce stress. Our bodies release the stress hormone cortisol when we’re stressed. However, when we receive a hug, oxytocin is released which helps us feel calmer and more relaxed, thereby reducing stress levels.

Hugging may help lower blood pressure. When we hug, pressure receptors are activated, which send a signal to the part of our brain that is responsible for lowering blood pressure.​

Cuddles boost our immune system and lower the risk of infections. According to the founder of the Touch Research Institute, Dr. Tiffany Field, touch increases the number of natural killer cells in our body, which are “the frontline of the immune system.” Natural killer cells help reduce disease and illness by warding off viral and cancer cells.​

Hugs protect against heart disease. It’s been suggested that hugs can help protect against heart disease as they lower the stress hormone cortisol, which is responsible for blood pressure and heart disease.​

Cuddling increase levels of serotonin. Hugs release serotonin into the body, which can make us feel happier and more confident. Some health issues such as obesity and depression are linked to a serotonin imbalance in the body. Hugs may therefore be able to help some people suffering from these conditions.​

Cuddles can help balance the nervous system. A network of small, egg-shaped pressure centres within our skin can sense touch and they connect to our brain via the nervous system. The parasympathetic nervous system is said to be more balanced as a result of the change in skin conductance of people giving and receiving hugs.​

Hugs help people suffering from touch deprivation. Touch deprivation is a condition that affects people who lack skin contact and touch in their lives. Hugs are a great way of providing both the touch and social connection we need to thrive as individuals. You can find out more about the signs of touch deprivation here.

Hugging can help lower feelings of social isolation. Research from UCL has shown that affectionate touch can reduce feelings of social isolation, meaning that hugs can help reduce loneliness.​

Cuddles can help people suffering from anxiety. Hugs release feel-good hormones such as oxytocin and serotonin, which help us feel more relaxed and happier. Tiffany Field describes serotonin as a ‘natural antidepressant’, which also helps fight depression.

Hugs can help improve self-esteem and happiness. Tactile sensations and self-worth from our early years remain embedded in our nervous system into adulthood. This means that affection from our parents and family remain with us on a cellular level, and hugs we receive throughout our lives remind us of this at a somatic level.​

Hugging can help relieve pain. Tiffany Field notes that serotonin is “the body’s natural pain killer”. Serotonin is one of the chemicals released when we cuddle, which explains why hugs are seen to be a natural analgesic that people turn to when they’re emotionally or physically hurt.

​Hugs can help fight fear. A study published by Psychological Science showed that touch can reduce fears about mortality, while also providing comfort and reassurance at the same time.​

Cuddles are a form of caring communication. When we hug, oxytocin is released which is known as the bonding hormone and helps create trust between two individuals. Not only do hugs act as a form of support, but they also calm us down and help us feel emotionally and psychologically connected to one and other.​

Hugs increase muscle relaxation. Hugging can release tension and relax muscles. They soothe aches and pains by increasing circulation into soft tissue.​

Hugging can increase empathy. One of the many positive impacts of oxytocin release, is an increase in levels of empathy between people who are hugging one and other, even as strangers.

Bronne:
https://www.nordiccuddle.com/benefits
https://communitycare.com/News/Health-Blog-Article?URLName=Surprising+Health+Benefits+Hugs
https://www.theartofhealing.com.au/hugging.html

Insiggewende video oor afsondering en die invloed wat dit op demensie pasiënte het en die versorgers...
https://www.facebook.com/teepasnow.dementiaexpert/videos/575073803368648/
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on July 22, 2020, 12:27:40 AM
Hierdie inligting is van onskatbare waarde vir versorgers! Dit is soos 'n handleiding op een bladsy  :book1: :hello2: :icon_salut:

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/Demensie_Stres_samestellings.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds)[/URL (https://app.photobucket.com/u/raaitjie/p/59fef8c6-1b80-48b2-a0af-da379c40e7a2)
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on July 26, 2020, 08:27:19 AM
My sus het 'n groot probleem met die feit dat ons moederlief nie verstaan dat sy nie meer in beheer is van haar optredes en reaksies nie. Sy ontken ten sterkste dat sy belangrike dinge vergeet en dit 'n reuse invloed het op almal betrokke by die situasie. Daar is 'n 'swaar' woord vir hierdie ontkenning:
Anosognosia (ah-no-sog-NOG-zee-uh).

Dit beteken letterlik 'om nie te weet van die siekte nie' en weens die skade aan die brein is dit feitlik onmoontlik vir verskeie persone om te besef dat daar wel fout is met die werking van hulle breine. Dit verskil ook van persoon tot persoon en sal sommiges met tye besef daar is iewers fout en ander mag dit glad nie besef nie en dus ontken. Hierdie skakel het wonderlike inligting:

https://dailycaring.com/6-ways-to-help-someone-who-doesnt-know-theyre-ill-anosognosia-in-dementia/

Ek gaan net 'n paar voorstelle gee vanuit die skakel:

1. Moenie jou geliefde probeer oortuig dat hulle demensie het nie. Dit veroorsaak stres en onnodige angs.
2. Werk saam as 'n span met die onderskeie mediese/sielkundige personeel betrokke by die behandeling.
3. Skep 'n veilige omgewing sodat hulle en die versorger(s) beskerm is. Dit sluit kreatiewe manier om hulle te verhoed om sekere funksies uit te voer soos motor nog self bestuur, finansiele hantering ens.
4. Hou op om hulle 'reg te help' en jou standpunt in te sien. Hulle leef in 'n eie wereld waar nugter denkte en rasionaliteit totaal verdwyn het.
5. Hanteer probleme wat opduik, kreatief en subtiel sonder dat hulle voel jy dwing jou wil af. Weereens, choose your battles!
6. Bestudeer handleidings hoe om die korrekte tegnieke en benadering van persone met demensie toe te pas.
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: PM on July 26, 2020, 11:00:08 AM
My dierbare vriendin wat ernstig siek was hieraan, is voorverlede week oorlede.  Dit is werklik die lag met die traan.  Dit is weereens die geval waar dit erger is vir die versorgers as vir die lyers. 
Hou moed en lief hulle. 
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on July 28, 2020, 08:35:49 AM
So jammer om dit te hoor lief PM. Die sterfte syfers weens Alzheimer's is skokkend en sorgwekkend.  :crybaby2:

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/Demensie_sterfte_syfers.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://app.photobucket.com/u/raaitjie/p/bea8d868-f8c1-43a6-b328-823ef67387eb)
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on August 17, 2020, 11:54:36 AM
Gedeel op versoek:

PLEASE DON'T
"Mock " my Dementia, I was once like you, I once worked full time to keep and provide for my family. I had so many hopes and dreams, i STILL DO !! You don't even know me, you have no idea what i have achieved in the past and what i hope to still achieve now, please don't mock me just for being ill, i wouldn't if roles where reversed, you don't even know me, please dont mock me just because i have dementia.

PLEASE DON'T
" Stare at me, let's stare together at the changes that are now being made within the world of dementia, let us stare together in wonderment at how the stigma of this disease is being disassembled before our very eyes, brick by brick the wall of Stigma is coming down.

PLEASE DON'T
"Ignore Me" Ihave so much to say, I have early stages of dementia, have you even heard of that? Dementia doesn't just suddenly "Happen" it creeps up on you slowly, in stages, but if you LISTEN to me I can help you recognize the signs of early dementia so you can help your loved ones to carry on living a full life.

PLEASE DON'T
"Tell THAT Joke" about dementia, I have heard them all, and they are not funny!! When you forget something, why do you think it's funny to say "Ha ha, i must have dementia" If you got a pain in the back or abdomen would you say "Ha ha, I think I may have Cancer ??? I think not!!! Dementia is a terminal disease with no cure at the moment, nothing much funny about that!!

PLEASE DON'T
Write us off " We have so much to give, so much to do, so many more people to meet, to laugh with, to love, to cherish. So many more grandchildren to see born and to teach the ways of the world, I am not finished, in fact I am just beginning to see life for what it really is, short, but beautiful, and so can you, if only you embrace it fully.

I am me, Iam Norrms, Just a boy from Bolton who has been diagnosed with the awful disease of dementia, please see me and not my disease xxxxxxxxxxxxxxxxxxx

CC Norrms Mc Namara Diagnosed with Dementia

Please share, please copy, please print off and please put up in workplaces etc
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: PM on August 18, 2020, 12:17:31 PM
Mense wat so optree het 'n groter probleem as die lyers van dimentia.   :crybaby2:
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: adele on August 21, 2020, 12:47:34 PM
EK lees nou weer deur jou plasings, liefliewe Raaitjie, en dan tref dit my soos 'n klap .... ek het 'n dierbare vriendin wat nou al paar jaar sukkel en die laaste weke omtrent aanmekaar huil .... en nou kry ek haar nie eers in die hande nie, sy was ook twee dae laas op haar fountjie.

Liewe vriende, 'n krisis soos hierdie brein-en sielmoordenaar, kan jou geliefdes breek. Ek lees en verstaan so bietjie hoe die 'pasiënt' sukkel om sy/haar eie onvermoë te erken, maar dat dimentia en verwante aftakeling jou geliefdes en versorgers in stukkies kan breek, geestelik laat uitrafel, is so waar.
Ek mis my vriendin nadat sy agter haar man aangetrek het ... nadat sy deur diepe waters is en maande lank gesukkel het om haar skuldgevoel te probeer verwerk ... maar als verniet. Sy moes nou aanvaar dis nie veilig vir haar om saam met hom in een woonstelletjie te bly nie. Hy haal al sy frustrasies onbeheers op haar uit.

My hart huil saam met haar. Sy wou hom nie alleen laat nie, sy wou hom nie in 'n inrigting laat opneem nie, sy is so bang mense gaan dink sy "drop" hom, laat hom in die steek, verwerp hom, noem dit wat jy wil. Maar ons weet hoe het sy alles probeer om hom self te versorg, hoeveel jaar sy nou in vrees geleef het dat hy haar weer en weer sal aanval. En ons weet hy is siek. Sy weet dit ook, maar sy mis haar man, die pa van haar kinders. Hulle mis hom ook, maar die man wat hulle nou moet besoek, waarteen hulle hul ma moet beskerm, is nie meer die man en pa wat hulle so lief het nie.
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: PM on August 21, 2020, 05:12:41 PM
Dit is so hartseer, ek huil sommer hardop.   :crybaby2:
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on August 23, 2020, 08:32:04 AM
Ai lief Adele, dit is en bly 'n hartbrekende besluit en die selfverwyt is hel vanself maar soms is dit weens die veiligheid van versorgers, die beste besluit. Ek dink iewers tussen die plasings het ek iets gedeel oor wannneer dit nodig raak om die besluit te neem. My hart gaan uit na jou vriendin en ander in dieselfde omstandighede. Geen wonder hulle noem hierdie die lang groet... PM ek huil saam met jou mater  :crybaby2:

https://www.seniorlink.com/blog/50-tips-on-transitioning-a-loved-one-to-memory-dementia-or-alzheimers-careyour-blog-post-title-here
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: adele on August 23, 2020, 02:55:27 PM
"die lang groet" .... liewe goeiste tog, wat 'n waar gedagte, eg menslik, en dit lei tot soveel seer. Dis nou soos om jou geliefde of kind aan die lewe af te staan, baie erger as aan die dood af te staan. Ek kry nog glad nie my vriendin in die hande nie, en te laat kom mens agter jy het geen kontak met haar kinders of iemand nie, so ek wag maar om te kyk of iemand tussen ons vriende, dalk iets kan uitvind. Haar briefie van 'n maand gelede is so erg, maar twv haar privaatheid kan ek dit nie hier deel nie. Eendag sal ek dit verwerk. Dankie Raaitjie, ek deel met haar hierdie inligting sodra ek kan, as ek gaan kans kry  :dontknow:
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: PM on August 23, 2020, 05:49:17 PM
Ons hou jou in ons gedagtes en sodra jy iets hoor sal ons graag wil weet.  Sterkte my lief matertjie. 
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on August 24, 2020, 12:23:59 AM
Ai julle, my hart bloei vir diegene wat 'n prooi geword het van hierdie aaklige breindief. Dit raak almal betrokke by die situasie.. en inderdaad is hierdie 'lang groet' soveel moeiliker in die opsig dat diegene wat 'n lewensmaat/ouer/vriend stukkie vir stukkie verloor weens demensie, nie altyd die simpatie en emosionele ondersteuning verkry wat 'n ander ervaar as die persoon skielik oorlede is nie.

Soos iemand dit vandag beskryf: there is no cards, no flowers, no hugs... this slow loss is real and hard! You lose them two times - once to the horrible disease as we knew them and once to death when they are finally at peace.

Ek het nooit voorheen besef in watter mate demensie jou hele menswees letterlik beroof nie en 'n stempel van 'fataal' daarop laat nie.

Na ons besef het wat fout is met my geliefde moedertjie het die onkunde rakende hierdie breinmoordenaar my inderhaas laat soek na betroubare inligting en ervarings van die pasiënt en versorger self, was traumaties.  Hoekom ons nie besef het dat daar groot fout met my ma was nie gaan my verstand te bowe. 'n Mens het net aanvaar dat dit 'ouderdom' is.

Skandelik was ek later sku om my ma te bel want ek het geweet sy gaan uitwei oor wie haar besteel het en die lelike aanmerkings van jaloesie en onsimpatieke optredes waarop ek haar moes teregwys het my telkemale met so skuldgevoel gelaat dat ek met 'n swaar hart telefoniese kontak behou het.
My ma het telkemale ligtelik verwys dat Alzheimer's haar ingehaal het.

Nou weet ek, as iemand se persoonlikheid so totaal verander en hulle vir jou soos 'n vreemde raak moet jy dieper delf. Nog minder was ons bewus van die feit dat Alzheimer's foutief beskou word as 'n algemene terme vir demensie. My ma het verander in 'n persoon wat ons nie meer geken het nie en selfs later skaam was oor haar uitgesprokenheid en kru openlike aanmerkings wat oor die jare vererger het.

As ons maar toe kennis kon gehad het oor *Frontotemporale demensie  heel tereg verwys word na as 'the cruelest disease you've never heard of'

*FTD Frontotemporal Dementia or degeneration - no treatments, no cure :crybaby2:

https://www.youtube.com/watch?v=_frvVBgRHYI
https://www.youtube.com/watch?time_continue=4&v=Gi9c5mxplH4&feature=emb_logo
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on August 24, 2020, 12:34:02 AM
*Frontotemporale demensie is 'n sambreelterme vir 'n groep ongewone breinafwykings wat hoofsaaklik die frontale en temporale lobbe van die brein beïnvloed. Hierdie dele van die brein hou gewoonlik verband met persoonlikheid, gedrag en taal.

By frontotemporale demensie krimp gedeeltes van hierdie lobbe (atrofie). Tekens en simptome wissel, afhangende van watter deel van die brein geraak word. Sommige mense met frontotemporale demensie het dramatiese veranderinge in hul persoonlikheid en word sosiaal onvanpas, impulsief of emosioneel onverskillig, terwyl ander die vermoë verloor om taal behoorlik te gebruik.

Frontotemporale demensie word dikwels verkeerd gediagnoseer as 'n psigiatriese probleem of as Alzheimersiekte. Maar frontotemporale demensie is geneig om op 'n jonger ouderdom voor te kom as wat Alzheimersiekte doen. Frontotemporale demensie begin gereeld tussen die ouderdomme van 40 en 65.

Gedragsveranderinge
Die algemeenste tekens van frontotemporale demensie behels uiterste veranderinge in gedrag en persoonlikheid. Dit sluit in:

Toenemende onvanpaste sosiale gedrag.
Verlies aan empatie en ander interpersoonlike vaardighede, soos om sensitiwiteit te hê vir 'n ander se gevoelens.
Gebrek aan oordeel.
Gebrek aan belangstelling (apatie), wat verkeerdelik as depressie gediagnoseer kan word.
Herhalende kompulsiewe gedrag.
Afname in persoonlike higiëne.
Veranderings in eetgewoontes, gewoonlik ooreet of die voorkeur vir soetighede en koolhidrate.
Oneetbare voorwerpe te probeer eet.
Onbeheerbare gevoel om dinge in die mond te plaas.

Spraak- en taalprobleme
Sommige subtipes van frontotemporale demensie lei tot taalprobleme of gestremdheid of spraakverlies. Primêre progressiewe afasie, semantiese demensie en progressiewe agrammatiese (nie-vloeiende) afasie word almal beskou as frontotemporale demensie.

Probleme wat deur hierdie toestande veroorsaak word, sluit die volgende in:

Toenemende probleme om geskrewe en gesproke taal te gebruik en te verstaan, soos om probleme te vind om die regte woord te gebruik om voorwerpe te gebruik of voorwerpe te noem.
Probleme om dinge op te noem, vervang moontlik 'n spesifieke woord met 'n meer algemene woord soos 'dit' vir pen.
Ken nie meer woordbetekenisse nie.
Aarselende spraak wat telegram-agtig klink.
Foutiewe sinskonstruksie.

Bewegingsversteurings
Skaars subtipes van frontotemporale demensie word gekenmerk deur bewegingsprobleme, soortgelyk aan dié wat verband hou met Parkinson-siekte of amyotrofiese laterale sklerose (ALS).

Bewegingsverwante probleme kan die volgende insluit:

Bewing.
Rigiditeit.
Spierspasmas.
Swak koördinasie.
Probleme om te sluk.
Spierswakheid.
Onvanpaste lag of huil.

Oorsake
In frontotemporale demensie krimp die frontale en temporale lobbe van die brein. Boonop versamel sekere stowwe in die brein. Wat hierdie veranderinge veroorsaak, is gewoonlik onbekend.

Daar is genetiese mutasies wat gekoppel is aan frontotemporale demensie. Maar meer as die helfte van die mense wat frontotemporale demensie ontwikkel, het geen familiegeskiedenis van demensie nie.

Onlangs het navorsers gedeelde genetika en molekulêre weë tussen frontotemporale demensie en amyotrofiese laterale sklerose (ALS) bevestig. Meer navorsing moet egter gedoen word om die verband tussen hierdie toestande te verstaan.

Risiko faktore
Die risiko om frontotemporale demensie te ontwikkel, is groter as daar 'n familiegeskiedenis van demensie is. Daar is geen ander bekende risikofaktore nie.

Bronne:
https://www.mayoclinic.org/diseases-conditions/frontotemporal-dementia/symptoms-causes/syc-20354737

https://www.wellmedcharitablefoundation.org/caregiver-support-caregiver-teleconnection-events/frontotemporal-degeneration-what-it-is-what-it-isnt-and-what-are-the-signs-and-symptoms-2/?fbclid=IwAR2KcyTrL_UdBOJ7MhVzYYEyPYbntRO6Be8RBQIpmRuc_GhksLlXW9VPIK8









Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: adele on September 02, 2020, 03:49:24 PM
Raaitjie, PM ... baaaie dankie  :love7: Vriendin se selfoon was stukkend en weer herstel en sy het teruggekom na my toe. En ons deel lang stemboodskappe met mekaar ... huil saam .... my trane is net so vlak soos hare. Ek het haar die 'link' bokant hierdie blad gestuur en sy gaan kyk of sy dit kan oopmaak en alles op haar tyd deurlees.

Ek kan nie in 'n paar woorde vir julle als vertel, alles wat sy deel nie, haar geloof en haar hoop sodat haar man goeie versorging kan kry al het hy haar al so seergemaak .... en haar lof aan God oor die Hulp waarvoor Hy sorg. Mense, dis wonderlik hoeveel genadetrane ons net so oor ons wange kan laat stroom.
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: PM on September 07, 2020, 03:34:20 PM
Dit is goed so.  As die gemoed vol word moet dit oorloop.  So het ons  maar elkeen ons eie probleme en ek is baie dankbaar dat jy daar is vir haar Adele.  Natuurlik sy vir jou ook. 
As sy wil kan ek haar registreer en dan kan sy saam gesels, waar nou kan sy net lees. 
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on September 21, 2020, 06:59:03 AM
Hierdie siekte beroof jou van so baie baie. Ek het nou net weer gelees hoe 'n man beskryf demensie hulle aftrede-drome verwoes het en watter ongelooflike wending hulle planne noodgedwonge nou neem. Hartverskeurend  :crybaby2: My hart gaan uit na julle ook Adele.

Ek deel gou die plasing van Dementia Australia:

This week is Dementia Action Week.  Each day this week we will share tips and resources to help you better understand dementia and support people living with dementia to continue to live well.

Today on day one, we are focusing on making home life easier with a few smart changes. Some of the simple things you can do are:

• Consider having the toilet door a different colour to other doors
• Consider symbols or photographs to indicate the function of the room
• Use a whiteboard or calendar to post notes of appointments.

Use our online home improvement tool to discover some easy ways you can make your home more dementia-friendly, room by room.
For more information please visit:
https://www.dementia.org.au/dementia-action-week?fbclid=IwAR0w-uPJbovDSAFO7JqcH60l96BOO0Rjuclkp6I7cYcgbp-Nh8ntoPFR6pQ
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: PM on September 21, 2020, 09:59:42 AM
Dit is beslis nie maklik nie. 
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on October 13, 2020, 11:00:46 PM
En so het die 11 weke van ons kursus ook verby gegaan en het die volgende een "Preventing Dementia" 'n aanvang geneem. Dankbaar vir die voorreg om vertroubare inligting te kon bekom en deel met my sus wat ons moederlief versorg.

Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on October 14, 2020, 12:06:40 PM
Ek wil graag hierdie kosbare bydrae deel van Derek Harris op die Demensie forum in Suid Afrika:

I have accepted that my wife is gone but we didn't have the funeral yet.
Dementia has taken her and all that is left of her is her beautiful soul and a mangled brain and body. I give her love and emotional support which is much needed in her cruel world. I loved her for who she was and also love my earth angel for who and what she is today.


#Dementia/Alzheimers.

 :crybaby2: The long goodbye indeed.
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on October 14, 2020, 10:44:24 PM
Slukprobleme in Alzheimer's versus vaskulêre demensie.

'n Kliniese studie wat in Korea voltooi is, het die slukprobleme van mense met Alzheimer's in die laat stadium vergelyk met diegene met vaskulêre demensie en bevind dat diegene met Alzheimer meer sukkel om vloeistowwe te sluk, terwyl diegene met vaskulêre demensie meer gesukkel het om vaste voedsel te sluk.

Ook belangrik is die bevinding dat mense met frontotemporale demensie gedragspatrone toon wat hulle voedselverhouding beïnvloed. Sommige mense sal neigings toon om kompulsief te eet, voorkeur vir lekkers ontwikkel of baie vinnig eet, kos in hul mond bly druk totdat hulle verstik. Hierdie kennis is belangrik om te onthou in besprekings oor die versorging van hierdie verskillende aspekte van die siektes.
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on October 14, 2020, 11:21:52 PM
Hoekom demensie lyers weier om te eet of drink:

Een van die ontstellendste fases gedurende die versorgingstydperk van demensie-lyers is wanneer die persoon opgehou het met eet of drink. Ongelukkig is dit dikwels 'n natuurlike deel van die verloop van die siekte. As versorger is dit belangrik om sommige van die oorsake van hierdie stadium van die siekte te verstaan en wat dit beteken vir die persoon vir wie jy omgee.

In die gevorderde stadium van demensie ontstaan probleme om te kou of te sluk. Om te eet en drink is 'n komplekse proses wat die beheersentrum in die brein en sterk spiere in die nek en keel insluit. Namate demensie vorder, beïnvloed dit hierdie gebiede en veroorsaak simptome wat dan deur versorgers waargeneem word. Hierdie simptome sluit in: hoes of verstikking, keelskoonmaak, geluide maak tydens die slukproses, oordrewe bewegings van die mond of tong, weiering om te sluk of om voedsel in die mond te hou en selfs om die kos uit te spoeg.

Dit is dus te verstane dat versorgers bekommerd gaan raak oor hulle geliefdes en wonder of hulle gaan sterf weens honger of dors?

In die eindfase van demensie, wanneer hierdie fase gewoonlik ontwikkel, neem die behoefte aan inname van voedsel en vloeistof geleidelik af met verloop van tyd en het die liggaam reeds begin aanpas. Die aktiwiteite het gewoonlik ook afgeneem, dus hoef die persoon nie soveel kalorieë in te neem nie. As versorgers dit verstaan en die aktiwiteitsvlakke waarneem, kan dit die versorgers help om te verstaan waarom daar nie soveel kos of vloeistof nodig is nie. Mediese hulp kan verkry word om waarnemings te doen en die versorger te verseker dat ontwatering nie 'n faktor is nie, of stappe doen om te help.

Wat is kunsmatige voeding en hidrasie ( Artificial Nutrition And Hydration - ANH)?

ANH verwys na enige metode wat gebruik word om voedsel en vloeistowwe te verskaf aan diegene wat nie in staat is om voedsel te sluk of deur die mond in te neem nie. ANH word gewoonlik toegedien deur 'n voedingsbuis wat deur die neus in die maag gaan, maar dit kan ook gedoen word deur 'n buis wat direk na die maagwand gaan.

Vloeistof word ook binneaars toegedien of onderhuids onder die vel geplaas. Soms is ANH moeilik vir die persoon met demensie. Gedwonge voeding in hierdie fase is 'n punt vir 'n debat in die versorgingsproses en word nie aanbeveel nie.

Gesondheidswerkers en versorgers wat verstaan dat dit 'n normale deel van die siekteproses is, kan teen ANH besluit. Om die voedingsbuise in te sit, is ontstellend vir die persoon met die siekte wat aan die buise kan trek en soms dan in die proses ook uittrek. Hierdie plekke kan maklik besmet raak en die gevaar van infeksies verhoog. Die persoon wat met demensie leef, verstaan kan dalk glad nie verstaan waarom hulle in die hospitaal moet wees vir die prosedures nie en kan onsteld word weens die onbekende omgewing.

Onlangse studies dui daarop dat die toedien van voedsel en vloeistowwe deur ANH meer skade kan doen as goed.

Die gee van voedsel deur 'n buis verander nie aan die hoes of verstikkingsproses nie. Soms kan vloeistowwe in die longe beland wat longontsteking veroorsaak. As die persoon bedgebonde is  verminder dit mobiliteit, bevorder dit swakheid en veroorsaak ontwikkeling van gevaarlike infeksies soos o.a bedsere.

Die jongste studies toon dat een derde van die mense met gevorderde demensie wat 'n voedingsbuis het, binne een maand sterf.

As versorger is die grootste kommer dat die persoon met demensie nie ly nie. Sodra ons verstaan dat dit 'n normale deel van die siekte is, word dit makliker om te sien waarom die persoon nie meer nodig het om soveel te eet of drink nie. In die meeste gevalle sal hulle geen teken toon dat hulle honger of dors is nie, maar as hulle dit wel toon is dit nodig om mediese hulp te verkry sodat aanbevelings gedoen kan word oor watter tipe alternatiewe voeding die persoon moet ontvang om te verseker dat hulle nie honger of dors is nie en so gemaklik moontlik gemaak word.

As die persoon wil eet of drink, maar sukkel om te sluk, is dit belangrik dat 'n gesondheidswerker/mediese personeel/spraakterapeut die vermoë om te sluk ondersoek. 'n Gebalanseerde dieet in hierdie stadium is nie so belangrik nie, bied eerder voedsel en vloeistof aan die persoon wat met gemak gesluk kan word. As hulle net soetgoed of koue goed wil verkies is dit wenslik om toe te gee aan die versoeke.

Wat kan ek doen om te help?

Eerstens moet versorgers enige fisiese probleme soos mondsere, tandpyn, te los kunsgebit, infeksies of medisyne wat eetlus kan beïnvloed, uitsluit. Probeer dan om die aangebode kos of vloeistof na behoefte te verander.
Gee sagte, maar smaaklike kos wat minimaal gekou moet word en in verskeidenheid temperature by elke maaltyd.
Vermy harde voedsel met 'n growwer tekstuur en gemengde voedsel soos graan.
Gebruik kleiner toebehore en spesiaal ontwerpte drinkbekers.
Laat die persoon in 'n gemaklike posisie regop sit.
Laat ekstra tyd toe, want dit 'n tydsame proses word maar sal die moeite werd wees as jy sien dat hulle 'n maaltyd geniet.

BRON: https://hellocaremail.com.au/dementia-stop-eating-drinking/?fbclid=IwAR3VCMCslK6JMP12rI43b6nlO351JDWCdR57JSgjQAKJagtrF0blJEhUR88
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on October 27, 2020, 12:19:32 AM
Hierdie was by verre vir Outop en myself nog die mees skokkende openbaring en weergawe van presies hoe demensie jou beroof van menswees en die ongelooflike impak op die versorger. As jy gelukkig is om die rype ouderdom van 85 te behaal is jou kans om demensie te hê, 50%! Daar word elke drie sekondes iemand in die wêreld gediagnoseer met demensie en elke 66 sekondes word iemand met Alzheimer's gediagnoseer in die USA. Dit is seker een van die wreedste siektes en word beskryf as 'n 'faceless killer'.

In die onderstaande dokumentêr ervaar ons die impak van Malcolm wat op 51 jarige ouderdom met early onset dementia gediagnoseer was en die kyker kan die verloop van die siekte volg tot aan die einde.

https://www.youtube.com/watch?v=HYDxZQXYT5k&fbclid=IwAR1Ex7ldtVQ-FkpPui7SR9G9Rjd7YmtXGfEiZ48JtqR5zEOBrWz2pfAN1qM
Malcolm and Barbara: Love's Farewell (Alzheimer's Documentary) | Real Stories
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on November 05, 2020, 12:00:32 AM
Ons het so baie gehoor van hoe 'n terminale diagnose en versorging van die pasiënt, gesinne laat verbrokkel. Vanoggend kan ek getuig dat ons familie nou deel vorm van hierdie statistieke. Eie gesondheidsprobleme van versorger, die onkunde rakende die korrekte behandeling van demensie pasiënte, gebrek aan insig hoekom die persone met 'n sterwende brein so optree en soveel meer faktore wat aanleiding gegee het tot die traumatiese gebeure wat gevolg het.

Vir my in die buiteland was die proses hartverskeurend want ek moes 'n buffer vorm tussen versorger en pasiënt. Die kursus het my 'n klein kykie en insig gegee in die betrokke partye se onderskeie paaie met hierdie monster. Afstand het dit onmoontlik gemaak om bystand in die vorm van persoonlike versorging en tydelike (broodnodige) wegbreek uit die situasie vir die versorger te kon gee.

Ek kon inligting en kennis deel maar dit was nie genoeg nie. Covid se beperkinge het bygedra tot die plofbare situasie.

Ek deel die volgende skakels:

https://dailycaring.com/8-ways-to-deal-with-false-dementia-accusations/

https://dailycaring.com/14-ways-of-dealing-with-aggressive-behavior-in-dementia/

https://www.agingcare.com/articles/coping-with-nursing-home-decision-149754.htm

https://www.seniorlink.com/blog/50-tips-on-transitioning-a-loved-one-to-memory-dementia-or-alzheimers-careyour-blog-post-title-here
 :book1: :headbang: :notworthy:
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: PM on November 17, 2020, 04:13:49 PM
Baie baie dankie vir al jou harde werk om inligting oor te dra.  My hart gaan uit na elke liewe versorging en lyer wat deur hierdie trauma moet gaan.  Sterkte. 
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: adele on November 17, 2020, 06:06:24 PM
 :love7: Liewe Raaitjie, mag jul getroos word met die wete dat sy goed versorg sal word, ons bid vir versorgers wat verstaan.
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on November 19, 2020, 12:36:44 PM
Duisend dankies vir julle omgee maters  :love7: Op die oomblik is ons harte nog stukkend en onsekerheid oor hoe my ma die groot verandering so kort na my stiefpa se dood gaan verwerk, vreet mens op. Nie 'n idee wat dit aan haar gesondheid gaan doen nie.

Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on May 19, 2021, 12:11:45 AM
'n Hele klompie maande later kan ek kom getuig: So trots op my moederlief. Sy besef dat daar 'n probleem is met 'onthou' maar daar is geen tekens van die vorige aggressie wat beskryf was nie. Waar sy nou versorg word deur my ander sus en swaer, is die terugvoering gerusstellend en moederlief word beskryf as 'n liefdevol-verstrooide pasientjie. Ons is innig dankbaar.

Hierdie afdeling was werklik afgeskeep die laaste paar maande en ek wil graag meer konsentreer op Lewy Body Dementia. Soos wat ek reeds by Asemdief gedeel het, het my eie ervaring met hallusinasies ons ernstiger laat navorsing doen oor hierdie toestand. Tot ons sekerheid het dat dit alles bloot toegeskryf kan word aan verhoogde drukking en suurstof tekort, het ek die plasing eers verwyder. Indien jy dit wel gelees het en enige vrae het, kontak my asseblief.

As 'n mens luister na wat persone ervaar met LBD is een van die kommerwekkende simptome wat kan dui op hierdie demensie-tipe, die voorkoms van 'hallusinasies' in die begin stadium van die toestand in vergelyking met die voorkoms van hallusinasies in meer gevorderde vorme van ander demensies. Dokters/spesialiste is verstom oor hoe duidelik pasiente hulle hallusinasies in alle vorme kan herroep. Verbasend kan hallusinasies al jou sintuie insluit en nie net jou sig nie. Dus kla pasiente oor vreemde reuke, probleme met smaak (sout proe soet ens.) Daar is ook  gehoorprobleme en tas-sintuig kan ook verwar word as 'n gevoel dat iemand aan jou raak of iets onder jou vel kriewel.

Nog 'n groot probleem is dat jou balans aangetas word en ernstige beserings opgedoen kan word indien die persoon val. 'n Ander simptoom wat soms jare kan voorkom voordat enige ander simptome verskyn is die fisiese uitvoering van aksies wat in drome geskied en ook hier is daar die gevaar van besering. Vir die pasient sowel as die persoon in die nabyheid.

Dit neem soms jare om hierdie vorm van demensie te diagnoseer aangesien dit soms verwar word met Alzheimer's of Parkinson's weens die verstywing van ledemate en rukkerige bewegings. Ander word gediagnoseer met 'sielkundige probleme'.

Baie kla ook oor asemhalings- en hartprobleme en na voltooing van 'n reeks toetse kon geen fisiese probleem opgespoor word nie. Ek deel met toestemming die volgende beskrywing van 'n LBD pasient: Curry Whisenhunt

"Before I was diagnosed with (LBD) Lewy body dementia in 2016, some of my first symptoms were, loss of breath, severe fatigue but unable to sleep, and hallucinations. When crossing Arizona I would see saguaro cacti waving at me, running along side of me also.  I would see people riding on my running boards trying to get in while I was going down the road.

I even had a giant lizard try to get in while I was driving. Then I started seeing people cross in front of me on the hiway, but yet I could see through them. I saw broke down vehicles in the middle of the road, I would slow and scoot over for them then see through them too. I had delusions of people being in my truck and found all my cabinets open and my food stuff and microwave all in the floor of my sleeper...... while walking sparky at billy the kids gravesite, in New Mexico.

I drove the truck approximately 60 miles after this but didn’t know it.  Don’t remember driving it at all........ and so many other hallucinations like these......

I drove nights by choice and slept during the daytime, but it got to where I wasn’t sleeping. I’d work 14 hours, then take a 10 hour break to eat and sleep, and shower and be ready to go again, but it got to where I was only sleeping 2-3 hours a day. It got to where I was so tired I would only drive 10 hours and take a 14 hour break. I would be so tired I wouldn’t get up to eat or shower. Instead of showering every night, I’d go 4-5 days without showering and stay in bed trying to sleep.

 I never did cause myself to have a late load, because I’d still drive 600 miles a night. But my eating and hygiene took a back seat to trying to sleep. I would come home for 2-3 days and I’d sleep the whole time I was home. It was very irregular for me. My depth perception got way off, I’d come to an intersection with a stop sign and I would find myself stopped halfway out in the intersection, I would go to take exit ramps only to realize I hadn’t slowed down enough to take them without rolling my truck, so I had to pass them by. I’d be driving down the road in very familiar places and not know where I was. I was leaving truckstops and heading east when I should’ve gone west......Linda Dudley Whisenhunt and I contributed all these things to just being tired and overworked. I also lost my breath.

I got so bad I couldn’t walk the length of my truck and trailer without being exhausted and out of breath, this shortness of breath lasted over 70 days before Linda talked me into going to see a doctor. I knew something was wrong, but I really thought with all the above that I was losing my mind. That I was going crazy mentally. I started having to take home time pretty regular to get into see the doctor. She had no idea what was going on. I asked her one day if it could be dementia, she told me no....... she thought with my family history and the fact that I was smoking 4  packs a day, that I had cancer.

Meanwhile while she got me set up to see a lung specialist. the fatigue and hallucinations and confusion continued. I’ve seen the walls of our house heaving in and out like our house is breathing. I’ve looked down at my thigh while sitting, only to see it covered in blood, I’d go to wipe the blood away only to realize, there was no blood, I was hallucinating again.....
no problems were found in my lungs. They were in good shape, so next was a heart specialist, again no problems, my heart is strong. Then the neurologist, she too said no dementia, it must be cancer somewhere in my body, but no one could find it. I had mri’s run, cat scans, all kinds of blood tests, eeg ran, they tested me for everything possible but no cancer....... anywhere

It was 8 months of let down, we needed to know what was going on and why. Linda got all my medical records, copies of all the different tests and all, put them in a nice notebook and we started all over again.  My new pcp I went to see, so he could refer me to an oncologist to find the hidden cancer everyone said I had. He looked at and read all my records, all the test results and said you don’t have cancer, you have Lewy body dementia........  what was this? We had never heard of it before. But we came home with the reason for all these things happening to me. We immediately hit the internet, found the Lewy body Dementia Association and started meeting others who had been through this same stuff...... it was a big relief to have a diagnosis, even if it wasn’t a favorable one........ there’s a lot more to tell since then. It’s been over 4 years since I was diagnosed...... I would love to write a book about this,  people need to know what Lewy body does to a person.

All the above is prior to diagnosis, it’s just a short summary of that time. There were many other episodes and symptoms.

A printable booklet that the Lewy Body Dementia association distributes about living and managing Lewy body dementia. It’s for families and people living with Lewy body https://www.lbda.org/lewy-body-dementia-information-for-patients-families-and-professionals/?fbclid=IwAR2TDLtmFZEe0CrvXI73qAfKo_4uKWpfBSsPo52oXb_4jdwpeIWz3HzkSUg

https://www.youtube.com/watch?v=ODpjtJHD7HY
It Took Seven Doctors to Diagnose Don Kent (former Lawyer) with Lewy Body Dementia
   
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on May 19, 2021, 01:13:25 AM
https://www.youtube.com/watch?v=oTOCXCpVkVQ

Don Kent is living with Lewy Body Dementia and illustrates what it is like to live with Lewy Body Dementia.

https://www.youtube.com/watch?v=DR_bWjhAzQs&t=401s
Behavior and mood symptoms in Lewy body dementia

https://www.youtube.com/watch?v=xxJuNw9PV50&t=775s
Man With Lewy Body Dementia Misdiagnosed for Years
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on May 20, 2021, 01:36:53 AM
SYNTap™ Biomarker Test

Frustrated with the exhausting, uncertain diagnostic journey of LBD? Not to mention the overpowering stress of frequent misdiagnosis! Groundbreaking change is here!

The SYNTap™ Biomarker Test diagnoses LBD, ending the endless unknowing. Misdiagnosis is a grim fact for LBD patients. Conservatively estimated up to 50%!  :crybaby2: Let’s END that now! Get Tested

It’s a test tracing the biomarker, misfolded Synuclein, which drives Lewy Body Dementia. By detecting LBD on a molecular level, doctors can now diagnose the disease with confidence.

Who should take this test?
Early memory disorder symptoms, which could be Alzheimer’s or other brain diseases.

Signs of cognitive decline and autonomic symptoms, including sleep disorders, constipation, heart rate problems, or fainting spells.

Signs of cognitive decline and movement problems, including rigidity, tremors, shuffling, or leaning to one side.
The SYNTap biomarker test helps doctors ascertain LBD, empowering proper treatment plans for their patients.

The benefits are abundant and remarkable. Specifically, this biomarker test:

Enables LBD early diagnosis. Even decades before symptoms appear.

Differentiates LBD from Alzheimer’s and other brain diseases, empowering physicians to better match the right patient with the right drug.

Terminates the turbulent ride of the emotional, financial, and mental drain of unknowingness for the patients and their loved ones.

Extinguishes the misery of misdiagnosis, which leads to drug mistreatment causing more harm than help.

* https://amprionme.com/lewy-body-dementia/lbd-test/?fbclid=IwAR0h8KSoRJ5HykvfYg21hAAaLdGVoWXnOuFvjqb0JktzUCKBjWZs4Ts9GuI
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: PM on June 29, 2021, 09:59:28 AM
Soos altyd! Ongelooflike inligting.  Dankie Raaitjie.
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on September 03, 2021, 05:23:16 AM
Soos altyd, my voorreg mater. Het vandag op die poskoets vanaf Kanada, 'n wonderlike skakel ontvang met horde inligting en artikels rakende Lewy Body Dementia. Ons krap nog steeds gereeld kop oor die afkortings wat medici gebruik en wil graag 'n paar rakende demensie met ons lesers deel:

AD — Alzheimer’s Disease
ADL — Activities of Daily Living – dressing/bathing/ feeding oneself
BP — Blood Pressure
CG — Caregiver
DME — Durable Medical Equipment–wheel chair, shower chair
DPOA — Durable Power of Attorney
LBD — Lewy Body Dementia (or Dementia with Lewy Bodies)
LO — Loved One
LW — Living Will
MPOA — Medical Power of Attorney
PCP — Primary Care Physician
PD — Parkinson’s Disease
POA — Power of Attorney
REM — Rapid Eye Movement sleep disorder
URI — Upper Respiratory Infection
UTI — Urinary Tract Infection

https://www.lewybodydementia.ca/lewy-body-dementia-phases-and-stages/?fbclid=IwAR2xYOqCCNAv9-Q3u74TkNlXycVzUF0jK_iRMY-1V937FKH7QoKeNW6FoLM
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: PM on September 06, 2021, 09:32:05 AM
Baie dankie Raaitjie.   :wave:
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Naas on September 12, 2021, 05:36:18 PM
Die kollege waar ek gewerk het het my grensloos verwar en geirriteer met hulle afkortings. Die spul kan nie behoorlik engels praat nie nou gebruik hulle groot wworde wat hulle self nie verstaan nie en maak daarvan afkortings. Nou praat hulle in afkortings en niemand wat luister weet waarvan hulle praat nie.
Dit laat my bink aan die arme mense wat onder die breinmoordenaar deurloop. Hulle kan later nie hul eie name onthou nie en nou praat die mense rondom hulle nog in afkortings ook.
Shame.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: PM on September 12, 2021, 05:40:44 PM
Naas, ek het half verwwag dat jy jou eie weergawe van die afkortings gaan bring.   :bootyshake:
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Naas on September 12, 2021, 06:16:06 PM
Ek is jammer maar ek haat onnodige afkortings.
Afkortings is my insiens daar om geskrewe kommunikasie te vergemaklik maar as mense eers in afkortings begin gesels is my moermeter onmiddelik deur die rooi.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: PM on September 12, 2021, 09:12:27 PM
Dan haat jy seker die kinders se sms-taal.  :book1:
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Naas on September 12, 2021, 09:44:45 PM
My kinders weet ek lees dit nie. Ignoreer dit soos 'n stopstraat.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: PM on September 12, 2021, 09:48:01 PM
Raaitjie gaan vir ons kom donderer  hier in haar ernstige onderwerp. 
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Naas on September 12, 2021, 10:04:13 PM
Oeps.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on September 12, 2021, 10:57:36 PM
 :sign10: Humor was nog altyd 'n sterk kruk, veral as dit by skeet en kwaal kom. Stem saam oor die verwarring wat die afkortings bring Naas en die ouens neem aan jy weet presaaisly waarvan hulle praat! Ek moet gewoonlik by Prof Google gaan kersopsteek en mens se tyd is hoeka so kosbaar. In die pandok is ons nou op die stadium waar ons notas vir mekaar los om te onthou wat ons moes onthou en dan vergeet ek om die nota vir Outop in sy kosblik te sit dat hy kan onthou om te gaan reel vir gas. Nou sal ek 'n nota moet maak om te onthou van die nota wat kosblik toe moet gaan.
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: PM on September 12, 2021, 11:05:10 PM
Dit is 'n feit.  Ons maak ook aantekeninge oor alles en nog wat en partykeer vergeet ons, maar ons sin vir humor oorheers altyd. 
Ek onthou 'n advertensie wat jare gelede op die tellie was:  Wou ek gaan stort of het ek klaar gestort?
Hannes sê, kom hier dat ek kan ruik!  :sign10:   O hallie ha! Slaat my dood asseblief! 
Eintlik is dit nie 'n grappie nie, maar 'n mens se sin vir humor trek jou deur!
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on September 12, 2021, 11:12:11 PM
O wee. Die ouderdom. In een van die seminare oor demensie vertel 'n lyer dat hy wakker geword het langs die mooiste vrou en toe weet hy nie of hy moet geld op die bedkassie los of is dit sy vrou langs hom nie. Grappie of waarheid... die breindief beroof jou van te veel :crybaby2:
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: PM on September 12, 2021, 11:14:46 PM
 :munky2: O gatta patatta.  Ek kan glo dat dit 'n truksvy was!   :angel4:
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on September 18, 2021, 12:29:02 AM
Vandag deel ek ons geliefde Antjie Patat se bydrae. Ek het dit in geheel met grootste respek gegaps want dit is seker die mees roerendste getuienis van hoe die breindief nie net die slagoffer nie maar ook die geliefdes raak:

"Daardie verdomde 'vergeet' kom haal haar herken uit haar stem, uit haar lyf en uit haar oe... vergeet van die verskil tussen dag en nag, die ligte skakelaar teen die mure moes gemerk word "aan" bo "af" onder.

SON IS DAG, DONKER IS NAG.... Stowe ontkoppel, vuurhoudjies wegsteek, messe wegsteek. 

Hoe sy haar kinders een vir een begin vergeet, en hulle vriendelik vra wat hul naam is, en dan onthou sy het so kind met so naam, en vertel hulle moet kom kuier as haar kind weer tuis is...  Hoe sy haar ongelooflike man, my oom, vra of hy met haar getroud is, en soms nie onthou, en soms net hom en sy arms onthou as hy haar regdraai, want sy kry nie n manier om op n stoel te sit nie, die rigtings / wysborde het verdwyn. Maar sy het altyd liefde gevoel en gegee. 

Toe die vergeet van eet, of hongerte, en die organe wat nie meer die seine brein toe kry nie...

My hele hart uitgeruk, opgekap in stukke, vertrap, die siekte het my bewus gemaak van die belangrikheid dat n mens ALTYD waardig voel, al weet hy /sy nie meer waar hulle is nie. 

Om menswaardig te voel en behandel te word, met respek, sal deurdring tot die diepste wese van mens en dier, sonder n taal. Net n gebaar... Die gesindheid met ander woorde van mense om jou, sal blywend wees... al is die begrip verstrengel in n woud met monsters, of n see met wonders of n donker gat of n niks...

 :crybaby2: :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Antjie Patat on September 18, 2021, 11:55:56 AM
Ai Meraaitjie

Ek kry net nie die toesluit sleutel van hierdie verdomde "vergeet heiden" nie. Die hoofstuk is soos meeste van my gebede...oop, nooit n "amen" nie, want ek begin soms sommer weer terwyl ek al opstaan en ander dinge doen.... my gesig gelig soms met n frons der fronse... my kleinheid in my verstaan oor die "alles" in die lewe...
As ek een wens in hierdie wereld gehad het, was dit om Alzheimers en Dimensie met wortel, tak en elke aangrensende luis daarop, uit te roei, af te vee soos die masker gedrog.
Hier is hoe ek dit ervaar..steeds... dis maar net ek, ek praat namens myself.... my gewaarwordinge..

Nie almal, en veral nie die ouer mense, het die voorreg om n ordentlike versorger or plek of selfs lewensmaat of kinders te he met die regte kennis, begrip en liefde nie...

Wanneer so mens in die gange van vergeet worstel om by lig en asem uit te kom, om iewers die verstrengeling van n liefdevolle man, met hope liefde en geduld te soek, en dan op te gee. Dan terug te sak in die donker deurmekaar, alleen, bang vreemde grotte en afgronde. Ek het gesien en gehoor,..

Ek het my liefste peetma sien terugkom uit die newels, die herken in haar sagte bruin oe, en mooi glimlag, haar man vasgryp en sy hand omklem. Vir n oomblik onthou iets is nie reg nie, onthou dis n vergeet siekte, wat hom van haar wegruk, sy kon haar kinders herkennend groet, gryp en almal dan met hemelse hoop en verligting amper hardop bid, "bly...bly...bly asb mamma bly...!" My oom wat diep in haar oe kyk, sy sien hulle troudag en probeer hom sag soen, ai... 

Dan kom sluip die vergeet ondier ongenooid terug, sy vra my, of ek vir oupa (my peetpa) gegroet het, en se vir haar eie liefling dogter wat Fibro in sy ergste graad het, "haai jy lyk net soos my dogter..."  Ek voel die koue in die vertrek, sien die oe van my oom...potblou oe.... wasig en desperaat....."wag, Manda wag... ek is mos hier..."
En dan is sy weg...iewers in n donker onbekende berg, op n onstuimige see, langs n ondier, waarin sy veg om weer by lig uit te kom... en almal wat amper wanhopig wag vir die gesig uitdrukking... maar sy laat haar kop op haar bors sak....
En so bly dit soms vir baie lank..... geen eet, geen begrip, geen glimlag, geen lewe...niks

Wanneer sy oefeninge moet doen, en my peetpa haar na die kombuis tafel lei, is daar geen begrip van waar die stoel begin of eindig nie, hy moet help. Wanneer sy wel vir n kort oomblik uit die newels wegbreek, met bomenslike krag haar geliefdes in n kort onthou kom soek, veiligheid en warmte kom soek, dan kan sy nie onthou hoe om op te staan, uit die bed te klim... aan te trek, uit te trek, badkamer toe te gaan. Haar lewensmaat met die blou oe, stort haar, trek haar aan, was haar hare, en bloudroog elke dag, en het selfs geleer om haar mooi gesig, die liefde van sy lewe, te grimeer... haar voer, wasgoed was, huis skoonmaak, en altyd naby is...
Die kinders en kleinkinders wat gou kom inloer ingeval sy terug is... die hope fotos..
Haar hartseer snikke soms as sy weer skielik uit die mistigheid ontsnap en besef dat sy in n oogwink gaan verdwyn...

My fotos, kleintyd by hulle in die berge.... vakansies by hulle, opskool nie koshuis toe nie, maar by hulle gebrly, vakansie werk by haar werk...
Hoe sy my altyd vertel hoe sy verlang, sy was maar eintlik my ma, my tweede ma.
Ek het geleer om die siekte te haat met n passie....

By "verkeerde" versorgers, wederhelftes of kinders, kan sulke mense eerder wil bly in die vergetelheid as om ongenaakbaar behandel te word, sonder begrip, as so persoon voor kuiermese nakend uit n kamer kom, of in die gang verdwaal en n glips kry, of twee uur in die oggend die stoof aansit om kos te maak, of die wasgoed wil was, of histeries te huil

WAARDIGHEID, kos niks, en dit maak almal rustig... dit is outomaties RESPEK, en dit is outomaties  MENSLIKHEID.
Dit kan met enige van ons gebeur, waarom is party mense so walglik met sulke slagoffers..... ???

Jammer vir die lang relaas... dis die eerste keer wat ek hardop se wat in my borrel en bruis

Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Antjie Patat on September 18, 2021, 12:49:44 PM
My peetpa het haar na die plekke gevat waar hulle die gelukkigste was, voor die vergeet te erg geraak het...
Die laaste een was nie lekker nie, sy was omgesukkeld en wou net huistoe gaan...
Ek wonder so baie oor sy stilte...
Wat gaan deur n man se hart, gedagtes elke dag as hy haar vashou... wat vertel hy haar, wat herinner hy haar aan,
Hoeveel keer roep hy ook huilend na haar om haar kop te lig sodat hy haar mooi bruin oe kan sien...
Hoe min rus het hy gekry omdat hy alleen haar versorger was, en wou wees... elke sekonde so lank moontlik by haar bly...
Watter gesprekke het hulle gehad as man en vrou as sy terugkeer uit die newels en dis net hulle, en sy besef wat aangaan? Wat sou sy vir hom se, en wat belowe hy haar... die liefdes van mekaar se lewe...
Hoeveel keer het sy snikke en trane oor haar wange geloop?
Hy praat nie baie nie, was n kluisenaar vir meer as n jaar nadat sy vir laas weggeraak het in die newels...

Ek was op n rivierboot besig met bemarking vir n toer pakket net na sy nie weer sou wakker word nie....
Ek het by die oop venster uitgeleun, by my kajuit,  terwyl die boot rustig voortseil, oppad na die Swazilandse grens toe, diep in die Lebombo berge.... Op n oomblik op daardie dag, kon ek die wind aanhoudend by my voel.... terwyl die bome in die verte en die lang gras nie beweeg het nie... Dit was n gewaarwording dat sy by my was in n donker uur.... ek kon dit aanvoel, en het dit omarm...

Maar ek wonder baie oor my peetpa.... die heilige onthou wat hy in sy blou oe en mooi hart toegsluit hou, net vir hulle oomblikke...
Hy se hy drink elke oggend sy eerste koppie koffie by die ou groente tonnels op die plot...
Is dit waar sy soms saam hom 'koffie drink'....?
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on September 18, 2021, 10:50:16 PM
Hoe skryf ek dankie vir so kosbare bydrae liefste ou Antjie? Ek sukkel om te sien. My oge swem in die trane en ek kan nie die knop n my keel afgesluk kry nie  :icon_biggrin: Hierdie onding word nie verniet beskou as die 'lang groet nie'.  Jou beskrywings is hartroerend en my hart is stukkend vir jou part matertjie. Dit is hel vir almal betrokke sniksnik.

Ek wil Assie se woorde ook hier bewaar:

Die geestesoog se beelde
wat nie bestaan nie
maar ook 'n werklike bedreiging is
los bang tralies in onwerklikheid.
© Assie
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Antjie Patat on September 19, 2021, 07:53:39 AM
ASSIE se woorde, is treffend!
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Naas on September 19, 2021, 03:21:12 PM
Ont hou?

Bleek lê die karkasse
op gister se vlaktes.
Kaal gevreet
deur die kake van vergeet

Omkyk word ‘n woestyn
waarin gedagtes verdrink,
versmoor…
verdwyn…

Fotos van geliefdes,
bekendes…
vervaag…
verdof…
verdwyn…

Leë oë staar soekend
na bleek karkasse,
toe gewaai
deur breinloos wind.

Seldsame oases
verdor tot vergetelheid…
Verdwyn uit gedagtes…
Kaal vlaktes…

Verlossing kom
met ewig rus…

© Naas Breytenbach

 :icon_bigsmurf:
 
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Antjie Patat on September 19, 2021, 04:19:01 PM
NAAS !! Ongelooflik.
Hemelweet..... treffend treffend.....
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on September 19, 2021, 10:57:08 PM
Rillings hardloop deur my hele lyf. Naas, Naas, Naas!!! Sjoe sjoe. Reeds met die titel het jy 'n dolk-beeld geskep en dan volg die rou woorde. Ek staar na die skerm met my hand voor my mond in totale verwondering mater.   :notworthy: :icon_salut:

Ek deel die skakel na my plasing oor hallusinasies hier vir lesers wat inligting soek rakende die voorkoms:
https://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4667.msg34478;topicseen#msg34478
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: PM on September 20, 2021, 03:34:14 PM
Shoe.  Naas sê jy kry drie soorte. Die wat kan tel en die wat nie kan tel nie.
Kyk hoe tel ek!  Ek tel my seeninge tien by tien!
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on November 11, 2021, 11:35:30 PM
Ons sal altyd met trots kan sê dat ons hier op die forum 'n deeltjie bygedrae het om bewusmaking te doen rakende pulmonale hipertensie. In 2012 het Denneys op Facebook gevra of daar iemand is wat kan help om hulle bewusmakingsblad te vertaal in Afrikaans. So gevra, so gedaan. Met die onskatbare hulp van jou PM kon ons koppe bymekaar sit en die vertaling doen.

 :hello2: :notworthy: :icon_salut:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PHSAvoorbladafrikaansevertaling.jpg)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/PHSAafrikaanseweergawevanagterblad.jpg)

https://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2203.msg13956#msg13956
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: PM on November 12, 2021, 04:26:22 AM
Ek sit ook nou weer met trane in my oge en probeer om daardeur te fokus. 
Raaitjie, die klein deeltjie wat ek bygedra het is niks.  Jy het al die navorsing en werk wat daarmee gepaart gaan gedoen en daarvoor knik ek my kop en  buig my knie.  :notworthy:
Title: Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
Post by: Meraai vannie Baai on June 19, 2022, 05:23:05 AM
 'n Voorreg gewees om die navorsing te kon doen mater.