Author Topic: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar  (Read 24457 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
« Reply #60 on: September 12, 2021, 05:36:18 PM »
Die kollege waar ek gewerk het het my grensloos verwar en geirriteer met hulle afkortings. Die spul kan nie behoorlik engels praat nie nou gebruik hulle groot wworde wat hulle self nie verstaan nie en maak daarvan afkortings. Nou praat hulle in afkortings en niemand wat luister weet waarvan hulle praat nie.
Dit laat my bink aan die arme mense wat onder die breinmoordenaar deurloop. Hulle kan later nie hul eie name onthou nie en nou praat die mense rondom hulle nog in afkortings ook.
Shame.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
« Reply #61 on: September 12, 2021, 05:40:44 PM »
Naas, ek het half verwwag dat jy jou eie weergawe van die afkortings gaan bring.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
« Reply #62 on: September 12, 2021, 06:16:06 PM »
Ek is jammer maar ek haat onnodige afkortings.
Afkortings is my insiens daar om geskrewe kommunikasie te vergemaklik maar as mense eers in afkortings begin gesels is my moermeter onmiddelik deur die rooi.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
« Reply #63 on: September 12, 2021, 09:12:27 PM »
Dan haat jy seker die kinders se sms-taal.  :book1:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
« Reply #64 on: September 12, 2021, 09:44:45 PM »
My kinders weet ek lees dit nie. Ignoreer dit soos 'n stopstraat.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
« Reply #65 on: September 12, 2021, 09:48:01 PM »
Raaitjie gaan vir ons kom donderer  hier in haar ernstige onderwerp. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
« Reply #66 on: September 12, 2021, 10:04:13 PM »
Oeps.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
« Reply #67 on: September 12, 2021, 10:57:36 PM »
 :sign10: Humor was nog altyd 'n sterk kruk, veral as dit by skeet en kwaal kom. Stem saam oor die verwarring wat die afkortings bring Naas en die ouens neem aan jy weet presaaisly waarvan hulle praat! Ek moet gewoonlik by Prof Google gaan kersopsteek en mens se tyd is hoeka so kosbaar. In die pandok is ons nou op die stadium waar ons notas vir mekaar los om te onthou wat ons moes onthou en dan vergeet ek om die nota vir Outop in sy kosblik te sit dat hy kan onthou om te gaan reel vir gas. Nou sal ek 'n nota moet maak om te onthou van die nota wat kosblik toe moet gaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
« Reply #68 on: September 12, 2021, 11:05:10 PM »
Dit is 'n feit.  Ons maak ook aantekeninge oor alles en nog wat en partykeer vergeet ons, maar ons sin vir humor oorheers altyd. 
Ek onthou 'n advertensie wat jare gelede op die tellie was:  Wou ek gaan stort of het ek klaar gestort?
Hannes sê, kom hier dat ek kan ruik!  :sign10:   O hallie ha! Slaat my dood asseblief! 
Eintlik is dit nie 'n grappie nie, maar 'n mens se sin vir humor trek jou deur!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
« Reply #69 on: September 12, 2021, 11:12:11 PM »
O wee. Die ouderdom. In een van die seminare oor demensie vertel 'n lyer dat hy wakker geword het langs die mooiste vrou en toe weet hy nie of hy moet geld op die bedkassie los of is dit sy vrou langs hom nie. Grappie of waarheid... die breindief beroof jou van te veel :crybaby2:
« Last Edit: September 13, 2021, 07:51:18 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
« Reply #70 on: September 12, 2021, 11:14:46 PM »
 :munky2: O gatta patatta.  Ek kan glo dat dit 'n truksvy was!   :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
« Reply #71 on: September 18, 2021, 12:29:02 AM »
Vandag deel ek ons geliefde Antjie Patat se bydrae. Ek het dit in geheel met grootste respek gegaps want dit is seker die mees roerendste getuienis van hoe die breindief nie net die slagoffer nie maar ook die geliefdes raak:

"Daardie verdomde 'vergeet' kom haal haar herken uit haar stem, uit haar lyf en uit haar oe... vergeet van die verskil tussen dag en nag, die ligte skakelaar teen die mure moes gemerk word "aan" bo "af" onder.

SON IS DAG, DONKER IS NAG.... Stowe ontkoppel, vuurhoudjies wegsteek, messe wegsteek. 

Hoe sy haar kinders een vir een begin vergeet, en hulle vriendelik vra wat hul naam is, en dan onthou sy het so kind met so naam, en vertel hulle moet kom kuier as haar kind weer tuis is...  Hoe sy haar ongelooflike man, my oom, vra of hy met haar getroud is, en soms nie onthou, en soms net hom en sy arms onthou as hy haar regdraai, want sy kry nie n manier om op n stoel te sit nie, die rigtings / wysborde het verdwyn. Maar sy het altyd liefde gevoel en gegee. 

Toe die vergeet van eet, of hongerte, en die organe wat nie meer die seine brein toe kry nie...

My hele hart uitgeruk, opgekap in stukke, vertrap, die siekte het my bewus gemaak van die belangrikheid dat n mens ALTYD waardig voel, al weet hy /sy nie meer waar hulle is nie. 

Om menswaardig te voel en behandel te word, met respek, sal deurdring tot die diepste wese van mens en dier, sonder n taal. Net n gebaar... Die gesindheid met ander woorde van mense om jou, sal blywend wees... al is die begrip verstrengel in n woud met monsters, of n see met wonders of n donker gat of n niks...

 :crybaby2: :notworthy: :icon_salut:

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
« Reply #72 on: September 18, 2021, 11:55:56 AM »
Ai Meraaitjie

Ek kry net nie die toesluit sleutel van hierdie verdomde "vergeet heiden" nie. Die hoofstuk is soos meeste van my gebede...oop, nooit n "amen" nie, want ek begin soms sommer weer terwyl ek al opstaan en ander dinge doen.... my gesig gelig soms met n frons der fronse... my kleinheid in my verstaan oor die "alles" in die lewe...
As ek een wens in hierdie wereld gehad het, was dit om Alzheimers en Dimensie met wortel, tak en elke aangrensende luis daarop, uit te roei, af te vee soos die masker gedrog.
Hier is hoe ek dit ervaar..steeds... dis maar net ek, ek praat namens myself.... my gewaarwordinge..

Nie almal, en veral nie die ouer mense, het die voorreg om n ordentlike versorger or plek of selfs lewensmaat of kinders te he met die regte kennis, begrip en liefde nie...

Wanneer so mens in die gange van vergeet worstel om by lig en asem uit te kom, om iewers die verstrengeling van n liefdevolle man, met hope liefde en geduld te soek, en dan op te gee. Dan terug te sak in die donker deurmekaar, alleen, bang vreemde grotte en afgronde. Ek het gesien en gehoor,..

Ek het my liefste peetma sien terugkom uit die newels, die herken in haar sagte bruin oe, en mooi glimlag, haar man vasgryp en sy hand omklem. Vir n oomblik onthou iets is nie reg nie, onthou dis n vergeet siekte, wat hom van haar wegruk, sy kon haar kinders herkennend groet, gryp en almal dan met hemelse hoop en verligting amper hardop bid, "bly...bly...bly asb mamma bly...!" My oom wat diep in haar oe kyk, sy sien hulle troudag en probeer hom sag soen, ai... 

Dan kom sluip die vergeet ondier ongenooid terug, sy vra my, of ek vir oupa (my peetpa) gegroet het, en se vir haar eie liefling dogter wat Fibro in sy ergste graad het, "haai jy lyk net soos my dogter..."  Ek voel die koue in die vertrek, sien die oe van my oom...potblou oe.... wasig en desperaat....."wag, Manda wag... ek is mos hier..."
En dan is sy weg...iewers in n donker onbekende berg, op n onstuimige see, langs n ondier, waarin sy veg om weer by lig uit te kom... en almal wat amper wanhopig wag vir die gesig uitdrukking... maar sy laat haar kop op haar bors sak....
En so bly dit soms vir baie lank..... geen eet, geen begrip, geen glimlag, geen lewe...niks

Wanneer sy oefeninge moet doen, en my peetpa haar na die kombuis tafel lei, is daar geen begrip van waar die stoel begin of eindig nie, hy moet help. Wanneer sy wel vir n kort oomblik uit die newels wegbreek, met bomenslike krag haar geliefdes in n kort onthou kom soek, veiligheid en warmte kom soek, dan kan sy nie onthou hoe om op te staan, uit die bed te klim... aan te trek, uit te trek, badkamer toe te gaan. Haar lewensmaat met die blou oe, stort haar, trek haar aan, was haar hare, en bloudroog elke dag, en het selfs geleer om haar mooi gesig, die liefde van sy lewe, te grimeer... haar voer, wasgoed was, huis skoonmaak, en altyd naby is...
Die kinders en kleinkinders wat gou kom inloer ingeval sy terug is... die hope fotos..
Haar hartseer snikke soms as sy weer skielik uit die mistigheid ontsnap en besef dat sy in n oogwink gaan verdwyn...

My fotos, kleintyd by hulle in die berge.... vakansies by hulle, opskool nie koshuis toe nie, maar by hulle gebrly, vakansie werk by haar werk...
Hoe sy my altyd vertel hoe sy verlang, sy was maar eintlik my ma, my tweede ma.
Ek het geleer om die siekte te haat met n passie....

By "verkeerde" versorgers, wederhelftes of kinders, kan sulke mense eerder wil bly in die vergetelheid as om ongenaakbaar behandel te word, sonder begrip, as so persoon voor kuiermese nakend uit n kamer kom, of in die gang verdwaal en n glips kry, of twee uur in die oggend die stoof aansit om kos te maak, of die wasgoed wil was, of histeries te huil

WAARDIGHEID, kos niks, en dit maak almal rustig... dit is outomaties RESPEK, en dit is outomaties  MENSLIKHEID.
Dit kan met enige van ons gebeur, waarom is party mense so walglik met sulke slagoffers..... ???

Jammer vir die lang relaas... dis die eerste keer wat ek hardop se wat in my borrel en bruis

« Last Edit: September 19, 2021, 08:34:21 AM by Antjie Patat »

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
« Reply #73 on: September 18, 2021, 12:49:44 PM »
My peetpa het haar na die plekke gevat waar hulle die gelukkigste was, voor die vergeet te erg geraak het...
Die laaste een was nie lekker nie, sy was omgesukkeld en wou net huistoe gaan...
Ek wonder so baie oor sy stilte...
Wat gaan deur n man se hart, gedagtes elke dag as hy haar vashou... wat vertel hy haar, wat herinner hy haar aan,
Hoeveel keer roep hy ook huilend na haar om haar kop te lig sodat hy haar mooi bruin oe kan sien...
Hoe min rus het hy gekry omdat hy alleen haar versorger was, en wou wees... elke sekonde so lank moontlik by haar bly...
Watter gesprekke het hulle gehad as man en vrou as sy terugkeer uit die newels en dis net hulle, en sy besef wat aangaan? Wat sou sy vir hom se, en wat belowe hy haar... die liefdes van mekaar se lewe...
Hoeveel keer het sy snikke en trane oor haar wange geloop?
Hy praat nie baie nie, was n kluisenaar vir meer as n jaar nadat sy vir laas weggeraak het in die newels...

Ek was op n rivierboot besig met bemarking vir n toer pakket net na sy nie weer sou wakker word nie....
Ek het by die oop venster uitgeleun, by my kajuit,  terwyl die boot rustig voortseil, oppad na die Swazilandse grens toe, diep in die Lebombo berge.... Op n oomblik op daardie dag, kon ek die wind aanhoudend by my voel.... terwyl die bome in die verte en die lang gras nie beweeg het nie... Dit was n gewaarwording dat sy by my was in n donker uur.... ek kon dit aanvoel, en het dit omarm...

Maar ek wonder baie oor my peetpa.... die heilige onthou wat hy in sy blou oe en mooi hart toegsluit hou, net vir hulle oomblikke...
Hy se hy drink elke oggend sy eerste koppie koffie by die ou groente tonnels op die plot...
Is dit waar sy soms saam hom 'koffie drink'....?
« Last Edit: September 18, 2021, 12:52:23 PM by Antjie Patat »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Demensie - Sambreel van 'n breinmoordenaar
« Reply #74 on: September 18, 2021, 10:50:16 PM »
Hoe skryf ek dankie vir so kosbare bydrae liefste ou Antjie? Ek sukkel om te sien. My oge swem in die trane en ek kan nie die knop n my keel afgesluk kry nie  :icon_biggrin: Hierdie onding word nie verniet beskou as die 'lang groet nie'.  Jou beskrywings is hartroerend en my hart is stukkend vir jou part matertjie. Dit is hel vir almal betrokke sniksnik.

Ek wil Assie se woorde ook hier bewaar:

Die geestesoog se beelde
wat nie bestaan nie
maar ook 'n werklike bedreiging is
los bang tralies in onwerklikheid.
© Assie
« Last Edit: September 18, 2021, 11:01:06 PM by Meraai vannie Baai »